LUKAS 14
Wat doen jy as jou seun of bees in 'n put val?
1 Een Sabbatdag het Jesus vir 'n ete-uitnodiging by die huis van 'n leier van die Fariseërs aangekom. Die mense het Hom fyn dopgehou,2 want daar was 'n man wie se arms en bene geswel was.
3 Jesus vra toe die Fariseërs en wetskenners: "Wel, is dit volgens wet toelaatbaar om mense op die Sabbatdag gesond te maak, of nie?"
4 Toe hulle stilbly, het Jesus die siek man aangeraak, hom genees en huis toe gestuur.
5 Toe het Hy na hulle gedraai en gevra: "Wie van julle werk nie op die Sabbat nie? As jou seun of bees in 'n put val, sal jy hom nie dadelik daar uithaal nie?"
6 Weer kon hulle geen antwoord hierop gee nie.
Hoogmoedigheid pas nie in by Jesus se vereistes nie
7 Toe Jesus sien dat almal wat na die ete genooi was, naby die kop van die tafel probeer sit, het Hy hulle hierdie raad gegee:8 "As julle na 'n bruilof genooi word, moenie altyd die beste plek uitsoek nie. Wat as daar iemand belangriker as jy ook genooi is?
9 Die gasheer sal sê: 'Laat hierdie persoon asseblief hier sit.' Dan sal jy met 'n rooi gesig opnuut moet plek soek - aan die end van die tafel!
10 "Maak liewer so - sit aan die end van die tafel. Dan, wanneer die gasheer jou sien, sal hy kom en sê: 'Vriend, ons het 'n beter plek as dit vir jou!' Dan sal jy voor al die ander gaste vereer word;
11 want die hoogmoediges sal verneder word, maar die nederiges sal vereer word."
12 Toe draai Hy na sy gasheer. "Wanneer jy 'n middag- of aandete gee," het Hy gesê, "moenie jou vriende, broers, familie en ryk bure nooi nie. Want hulle sal jou beloon deur jou terug te nooi.13 Nooi liewer die armes, kreupeles, verlamdes en blindes.
14 Jy sal geseënd wees, want by die opstanding van die godvresendes sal God jou beloon omdat jy hulle wat jou nie kon beloon nie, genooi het."
Die groot feesmaal en so baie verskonings
15 Toe hy dit hoor, het 'n man wat saam met Jesus aan tafel was, uitgeroep: "Wat 'n voorreg sal dit wees om deel te hê aan die feesmaal in die koninkryk van God!"
16 Maar Jesus het hom geantwoord: "'n Man het 'n groot feesmaal voorberei en baie uitnodigings uitgestuur.17 Toe alles gereed was, het hy 'n slaaf rondgestuur om die gaste te laat weet dat hulle maar kan kom.18 Maar hulle het almal begin verskoning maak. Een het gesê hy het pas 'n stuk grond gekoop en wou daarna gaan kyk. Hy vra dus om verskoon te word.19 'n Ander een het gesê hy het nou net vyf paar osse gekoop en wil hulle gaan probeer.
20 'n Ander een was pas getroud, en het gesê hy kon nie kom nie.
21 "Die slaaf het toe teruggekom en aan sy baas vertel wat hulle gesê het. Die baas het kwaad geword en sê toe: 'Gaan gou in die strate en stegies van die stad en nooi die armes, die kreupeles, die verlamdes en blindes.'22 Nadat die slaaf dit gedoen het, het hy gerapporteer: 'Daar is plek vir nog meer.'23 Sy baas sê toe: 'Gaan uit op die paaie en lanings en dring aan by enigiemand wat jy teëkom om te kom sodat my huis vol kan word.
24 Want ek sê vir julle, niemand van dié wat genooi is, sal selfs die kleinste proeseltjie smaak van wat ek vir hulle voorberei het nie.'"
Om 'n dissipel te wees kos opofferings en beplanning
25 Groot skares het Jesus gevolg. Hy het omgedraai en vir hulle gesê:26 "As iemand na My toe kom, moet jy My liewer hê as jou eie pa en ma, vrou en kinders, broers en susters, en ook nie jou eie lewe gering ag nie. Anders kan jy nie my dissipel wees nie.
27 En jy kan nie my dissipel wees as jy nie jou eie kruis dra en My volg nie.
28 "Moenie eers begin voordat jy die koste bereken het nie. Want wie sal met die oprigting van 'n gebou begin sonder om eers kwotasies te kry en te sien of daar genoeg geld is om die rekeninge te betaal?29 Anders kan jy dalk net die fondament voltooi voordat die geld opraak. En dan sal almal mos vir jou lag!
30 Dan sal hulle sê: 'Daardie kêrel het mooi begin bou, maar sy geld was op nog lank voordat hy klaar was.'
31 "Of watter koning sal ooit droom om oorlog toe te gaan voordat hy saam met sy raadgewers gaan sit en beplan het of hy met sy 10 000 man sterk genoeg is om die aankomende 20 000 soldate te verslaan?32 As hy nie kan nie, sal hy, terwyl die vyand nog ver is, 'n afvaardiging stuur om vredesvoorstelle te maak.
33 Só kan niemand my dissipel word sonder om alles vir My prys te gee nie.
34 "Sout is goed om smaak te gee. Maar as dit sy smaak verloor het, hoe kry 'n mens dit weer sout?
35 Smaaklose sout is selfs nie goed vir die grond of vir bemesting nie. Dit word weggegooi. Enigeen wat gewillig is om te hoor, moet luister en verstaan!"
LUKE 14
Jesus Heals a Sick Man
1 One Sabbath, Jesus was having dinner in the home of an important Pharisee, and everyone was carefully watching Jesus. 2 All of a sudden a man with swollen legs stood up in front of him. 3 Jesus turned and asked the Pharisees and the teachers of the Law of Moses, “Is it right to heal on the Sabbath?”
4 But they did not say a word.
Jesus took hold of the man. Then he healed him and sent him away. 5 t Afterwards, Jesus asked the people, “If your son or ox falls into a well, wouldn't you pull him out at once, even on the Sabbath?”
6 There was nothing they could say.How To Be a Guest
7 Jesus saw how the guests had tried to take the best seats. So he told them:
8 t When you are invited to a wedding feast, don't sit in the best place. Someone more important may have been invited.
9 Then the one who invited you will come and say, “Give your place to this other guest!” You will be embarrassed and will have to sit in the worst place.
10 When you are invited to be a guest, go and sit in the worst place. Then the one who invited you may come and say, “My friend, take a better seat!” You will then be honored in front of all the other guests.
11 t If you put yourself above others, you will be put down. But if you humble yourself, you will be honored.
12 Then Jesus said to the man who had invited him:
When you give a dinner or a banquet, don't invite your friends and family and relatives and rich neighbors. If you do, they will invite you in return, and you will be paid back. 13 When you give a feast, invite the poor, the paralyzed, the lame, and the blind.
14 They cannot pay you back. But God will bless you and reward you when his people rise from death.The Great Banquet
(Matthew 22.1-10)
15 After Jesus had finished speaking, one of the guests said, “The greatest blessing of all is to be at the banquet in God's kingdom!”
16 Jesus told him:
A man once gave a great banquet and invited a lot of guests.
17 When the banquet was ready, he sent a servant to tell the guests, “Everything is ready! Please come.”
18 One guest after another started making excuses. The first one said, “I bought some land, and I've got to look it over. Please excuse me.”
19 Another guest said, “I bought five teams of oxen, and I need to try them out. Please excuse me.”
20 Still another guest said, “I've just now married, and I can't be there.”
21 The servant told his master what happened, and the master became so angry he said, “Go as fast as you can to every street and alley in town! Bring in everyone who is poor or paralyzed or blind or lame.”
22 When the servant returned, he said, “Master, I've done what you told me, and there is still plenty of room for more people.”
23 His master then told him, “Go out along the back roads and make people come in, so my house will be full.
24 Not one of the guests I first invited will get even a bite of my food!”Being a Disciple
(Matthew 10.37,38)
25 Large crowds were walking along with Jesus, when he turned and said:
26 t You cannot be my disciple, unless you love me more than you love your father and mother, your wife and children, and your brothers and sisters. You cannot follow me unless you love me more than you love your own life.
27 t You cannot be my disciple unless you carry your own cross and follow me.
28 Suppose one of you wants to build a tower. What is the first thing you will do? Won't you sit down and figure out how much it will cost and if you have enough money to pay for it? 29 Otherwise, you will start building the tower, but not be able to finish. Then everyone who sees what is happening will laugh at you.
30 They will say, “You started building, but could not finish the job.”
31 What will a king do if he has only 10,000 soldiers to defend himself against a king who is about to attack him with 20,000 soldiers? Before he goes out to battle, won't he first sit down and decide if he can win? 32 If he thinks he won't be able to defend himself, he will send messengers and ask for peace while the other king is still a long way off.
33 So then, you cannot be my disciple unless you give away everything you own.Salt and Light
(Matthew 5.13; Mark 9.50)
34 Salt is good, but if it no longer tastes like salt, how can it be made to taste salty again? 35 It is no longer good for the soil or even for the manure pile. People simply throw it out. If you have ears, pay attention!