Lukas 15
Die gelykenis van die skaap wat weggeraak het
(Ook Matt 18:12-14)
1 Al die ttollenaars en tsondaars het na Jesus toe gekom om na Hom te luister.
2 Maar die tFariseërs en tskrifgeleerdes het begin kla en hulle het gesê: “Hierdie man kuier by sondaars en hy eet saam met hulle.”
3 Toe vertel Jesus vir hulle hierdie tgelykenis: 4 “As daar ’n man by julle is wat 100 skape het, en een van die skape raak weg, wat doen die man? Hy los die 99 skape in die veld en hy gaan soek die skaap wat weggeraak het totdat hy dit kry. 5 En as die man die skaap kry, dan is hy baie bly en hy tel dit op sy skouers. 6 Wanneer hy by die huis kom, dan roep hy sy vriende en bure en sê vir hulle: ‘Julle moet saam met my bly wees, want ek het my skaap gekry wat weg was.’
7 Ek sê vir julle, so sal almal in die hemel bly wees wanneer een sondaar verander en doen wat die Here wil hê. Hulle sal blyer wees oor hierdie één sondaar as oor 99 mense wat dink hulle lewe reg en dink dit is nie nodig om te verander nie.”Die gelykenis van die geldstuk wat weggeraak het
8 “En as daar ’n vrou is wat tien geldstukke het en sy verloor een, wat doen sy? Sy maak lig met ’n tlamp, sy vee die huis uit en soek oral totdat sy dit kry. 9 As sy die geldstuk kry, roep sy haar vriendinne en bure bymekaar en sê: ‘Julle moet saam met my bly wees, want ek het die geldstuk gekry wat ek verloor het.’
10 Ek sê vir julle, so sal die tengele van God bly wees oor een sondaar wat verander en doen wat God wil hê.”Die gelykenis van die seun wat weggegaan en teruggekom het
11 Jesus het ook gesê: “’n Man het twee seuns gehad. 12 Die jongste seun het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee vir my die goed wat ek van Pa moet terf.’ Die pa het toe vir elke seun gegee wat hy moet kry. 13 Kort daarna het die jongste seun al sy goed verkoop en hy het van die huis weggegaan na ’n ver land. Daar het hy wild gelewe en hy het sy geld uitgemors. 14 Toe hy al sy geld uitgemors het, het daar ’n groot thongersnood in daardie land gekom. Die seun het begin swaarkry. 15 Toe gaan werk hy by een van die mense van daardie land. Die man het hom gestuur om sy varke in die veld te laat wei. 16 Die seun het gewens hy kan saam met die varke eet van die tpeule sodat hy nie meer honger is nie, maar niemand het dit vir hom gegee nie. 17 Hy het toe ernstig begin dink oor sy lewe en hy het vir homself gesê: ‘My pa het baie mense wat vir hom werk, en hulle het almal genoeg kos. Maar ek? Hier sit ek en ek gaan amper dood van die honger. 18 Ek sal opstaan en na my pa toe gaan en ek sal vir hom sê: Pa, ek het sonde gedoen teen God en teen jou. 19 Ek is nie meer goed genoeg om jou seun te wees nie. Kan ek een van die mense wees wat vir jou werk?’ 20 Hy het toe opgestaan en hy het na sy pa toe gegaan. Toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien en sy pa was baie jammer vir hom. Hy het na sy seun toe gehardloop en hy het sy arms om sy seun se nek gesit en hom gesoen. 21 Toe sê die seun vir sy pa: ‘Pa, ek het sonde gedoen teen God en teen jou. Ek is nie meer goed genoeg om jou seun te wees nie.’ 22 Maar sy pa het vir die tslawe gesê: ‘Bring gou die beste klere en trek dit vir hom aan. Sit ’n ring aan sy vinger en trek vir hom sandale aan. 23 Bring die kalf wat ek vetgemaak het en slag dit, sodat ons kan eet en vrolik wees. 24 Want hierdie seun van my was dood en hy lewe weer, hy was weg en ons het hom weer gekry.’ Hulle het toe begin om vrolik tfees te vier. 25 Die oudste seun was in die veld. Toe hy later naby die huis kom, hoor hy die mense maak musiek en hulle dans. 26 Hy roep toe een van die slawe en vra vir hom wat by die huis gebeur. 27 Die slaaf het gesê: ‘Jou broer is hier, en jou pa is bly hy het jou broer gesond teruggekry. Daarom het hy die kalf geslag wat hy vetgemaak het.’ 28 Toe word die oudste seun baie kwaad en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa het uitgekom en hy het vir die seun gesoebat om in te gaan. 29 Hy het vir sy pa gesê: ‘Luister, Pa, ek werk al so baie jare vir jou en ek was nog altyd gehoorsaam, maar jy het nooit vir my ’n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. 30 Maar hierdie seun van jou het al jou goed by tprostitute uitgemors, en toe hy hier aankom, toe slag jy vir hóm die kalf wat jy vetgemaak het!’ 31 Die pa sê toe vir die oudste seun: ‘My kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is joune. 32 Ons móét vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en hy lewe weer, hy was weg en ons het hom weer gekry.’ ”
Luke 15
The Story of the Lost Sheep
1 The tax collectors and "sinners" were all gathering around to hear Jesus.2 But the Pharisees and the teachers of the law were whispering among themselves. They said, "This man welcomes sinners and eats with them."
3 Then Jesus told them a story.4 He said, "Suppose one of you has 100 sheep and loses one of them. Won't he leave the 99 in the open country? Won't he go and look for the one lost sheep until he finds it?5 When he finds it, he will joyfully put it on his shoulders6 and go home. Then he will call his friends and neighbors together. He will say, 'Be joyful with me. I have found my lost sheep.'
7 "I tell you, it will be the same in heaven. There will be great joy when one sinner turns away from sin. Yes, there will be more joy than for 99 godly people who do not need to turn away from their sins.
The Story of the Lost Coin
8 "Or suppose a woman has ten silver coins and loses one. She will light a lamp and sweep the house. She will search carefully until she finds the coin.9 And when she finds it, she will call her friends and neighbors together. She will say, 'Be joyful with me. I have found my lost coin.'
10 "I tell you, it is the same in heaven. There is joy in heaven over one sinner who turns away from sin."
The Story of the Lost Son
11 Jesus continued, "There was a man who had two sons.12 The younger son spoke to his father. He said, 'Father, give me my share of the family property.' So the father divided his property between his two sons.
13 "Not long after that, the younger son packed up all he had. Then he left for a country far away. There he wasted his money on wild living.14 He spent everything he had.
"Then the whole country ran low on food. So the son didn't have what he needed.15 He went to work for someone who lived in that country, who sent him to the fields to feed the pigs.16 The son wanted to fill his stomach with the food the pigs were eating. But no one gave him anything.
17 "Then he began to think clearly again. He said, 'How many of my father's hired workers have more than enough food! But here I am dying from hunger!18 I will get up and go back to my father. I will say to him, "Father, I have sinned against heaven. And I have sinned against you.19 I am no longer fit to be called your son. Make me like one of your hired workers." '20 So he got up and went to his father.
"While the son was still a long way off, his father saw him. He was filled with tender love for his son. He ran to him. He threw his arms around him and kissed him.
21 "The son said to him, 'Father, I have sinned against heaven and against you. I am no longer fit to be called your son.'
22 "But the father said to his servants, 'Quick! Bring the best robe and put it on him. Put a ring on his finger and sandals on his feet.23 Bring the fattest calf and kill it. Let's have a big dinner and celebrate.24 This son of mine was dead. And now he is alive again. He was lost. And now he is found.'
"So they began to celebrate.
25 "The older son was in the field. When he came near the house, he heard music and dancing.26 So he called one of the servants. He asked him what was going on.
27 " 'Your brother has come home,' the servant replied. 'Your father has killed the fattest calf. He has done this because your brother is back safe and sound.'
28 "The older brother became angry. He refused to go in. So his father went out and begged him.
29 "But he answered his father, 'Look! All these years I've worked like a slave for you. I have always obeyed your orders. You never gave me even a young goat so I could celebrate with my friends.30 But this son of yours wasted your money with some prostitutes. Now he comes home. And for him you kill the fattest calf!'
31 " 'My son,' the father said, 'you are always with me. Everything I have is yours.32 But we had to celebrate and be glad. This brother of yours was dead. And now he is alive again. He was lost. And now he is found.' "