LUKAS 15
Blydskap oor een teruggevinde verlore skaap
1 Tollenaars en ander sondaars het dikwels na Jesus se onderrig kom luister.
2 Fariseërs en wetskenners het beswaar gemaak dat Hy met veragtelike mense geassosieer het - en selfs saam met hulle geëet het!
3 Jesus het toe hierdie gelykenis vertel:4 "As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie?5 En dan sal jy hom met blydskap op jou skouers huis toe dra.6 Wanneer jy tuis is, sal jy jou vriende en bure roep om saam bly te wees omdat jy jou verlore skaap gevind het.
7 Net so sal die hemel blyer wees oor een sondaar wat tot inkeer kom as oor 99 ander wat regverdig is en nie nodig het om tot inkeer te kom nie!"
Blydskap oor een teruggevinde verlore muntstuk
8 "Of veronderstel 'n vrou het tien waardevolle silwermuntstukke en verloor een daarvan. Sal sy nie 'n lamp opsteek en die huis van hoek tot kant uitvee totdat sy dit kry nie?9 En wanneer sy dit kry, roep sy haar vriende en bure om saam bly te wees omdat sy haar muntstuk gevind het.
10 Net so is daar blydskap onder God se engele as net een sondaar tot inkeer kom."
Blydskap oor 'n verlore seun wat terugkeer
11 Om dié punt verder te verklaar, het Jesus vir hulle die volgende verhaal vertel: "'n Man het twee seuns gehad.
12 Die jongste het vir sy pa gesê: 'Ek wil my deel van die boedel nou hê, eerder as om te wag tot Pa doodgaan.' Die pa het toe ingestem om sy goed tussen sy twee seuns te verdeel.
13 "'n Paar dae later het hierdie jonger seun al sy besittings in geld omskep, na 'n ver land gereis, en daar al sy geld verkwis met 'n uitspattige lewe.14 Teen die tyd dat sy geld opgeraak het, het 'n groot hongersnood oor die land gekom en hy het begin honger ly.15 Hy kry toe werk by 'n plaaslike boer en dié het hom die veld ingestuur om varke op te pas.
16 Die seun het só honger geword dat selfs die peule wat die varke gevreet het, vir hom smaaklik gelyk het. Maar niemand het hom enigiets gegee om te eet nie.
17 "Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: 'By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan!18 Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa;
19 ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as 'n gehuurde werker.'
20 "Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen.
21 Sy seun het vir hom gesê: 'Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie.'
22 "Maar sy pa sê vir die bediendes: 'Gou, bring die mooiste mantel in die huis, en trek dit vir hom aan. Kry 'n ring vir sy vinger, en sandale vir sy voete.23 En slag die vetgemaakte kalf. Ons moet feesvier,
24 want hierdie seun van my was dood en hy het nou teruggekeer na die lewe. Hy was verlore, maar nou is hy gevind.' Toe het hulle begin feesvier.
25 "Intussen het die ouer seun in die veld gewerk. Toe hy terugkom huis toe, hoor hy musiek en dansery in die huis,26 en hy vra toe een van die bediendes wat aangaan.
27 'Jou broer is terug!' is vir hom gesê. 'En jou pa het die vetgemaakte kalf geslag. Ons vier fees omdat hy veilig teruggekom het.'
28 "Die ouer broer het hom liederlik vererg en wou nie ingaan nie. Sy pa het toe uitgekom en hom gesoebat,29 maar hy het geantwoord: 'Ek het al die jare hard gewerk vir Pa en nooit geweier om enigiets te doen wat Pa my gesê het om te doen nie. En in al die tyd het Pa my nie eers 'n bokkie gegee om saam met my vriende fees te vier nie.
30 Maar toe hierdie seun van Pa terugkom nadat hy Pa se geld op prostitute gemors het, vier Pa fees en slag die beste kalf wat ons het.'
31 "Sy pa het vir hom gesê: 'Kyk, Seun, ek en jy is nog altyd hier bymekaar en alles wat ek het, is tog joune.
32 Ons moet hierdie gelukkige dag vier. Want jou broer was dood en het teruggekom na die lewe! Hy was verlore, maar nou is hy gevind!'"
LUKE 15
One Sheep
(Matthew 18.12-14)
1 t Tax collectorst and sinners were all crowding around to listen to Jesus.
2 So the Pharisees and the teachers of the Law of Moses started grumbling, “This man is friendly with sinners. He even eats with them.”
3 Then Jesus told them this story:
4 If any of you has 100 sheep, and one of them gets lost, what will you do? Won't you leave the 99 in the field and go look for the lost sheep until you find it? 5 And when you find it, you will be so glad that you will put it on your shoulder
6 and carry it home. Then you will call in your friends and neighbors and say, “Let's celebrate! I've found my lost sheep.”
7 Jesus said, “In the same way there is more happiness in heaven because of one sinner who turns to God than over 99 good people who don't need to.”One Coin
8 Jesus told the people another story:
What will a woman do if she has ten silver coins and loses one of them? Won't she light a lamp, sweep the floor, and look carefully until she finds it?
9 Then she will call in her friends and neighbors and say, “Let's celebrate! I've found the coin I lost.”
10 Jesus said, “In the same way God's angels are happy when even one person turns to him.”Two Sons
11 Jesus told them yet another story:
Once a man had two sons.
12 The younger son said to his father, “Give me my share of the property.” So the father divided his property between his two sons.
13 Not long after that, the younger son packed up everything he owned and left for a foreign country, where he wasted all his money in wild living.
14 He had spent everything, when a bad famine spread through that whole land. Soon he had nothing to eat.
15 He went to work for a man in that country, and the man sent him out to take care of his pigs.t
16 He would have been glad to eat what the pigs were eating, t but no one gave him a thing.
17 Finally, he came to his senses and said, “My father's workers have plenty to eat, and here I am, starving to death! 18 I will go to my father and say to him, ‘Father, I have sinned against God in heaven and against you.
19 I am no longer good enough to be called your son. Treat me like one of your workers.’ ”
20 The younger son got up and started back to his father. But when he was still a long way off, his father saw him and felt sorry for him. He ran to his son and hugged and kissed him.
21 The son said, “Father, I have sinned against God in heaven and against you. I am no longer good enough to be called your son.”
22 But his father said to the servants, “Hurry and bring the best clothes and put them on him. Give him a ring for his finger and sandalst for his feet. 23 Get the best calf and prepare it, so we can eat and celebrate.
24 This son of mine was dead, but has now come back to life. He was lost and has now been found.” And they began to celebrate.
25 The older son had been out in the field. But when he came near the house, he heard the music and dancing.
26 So he called one of the servants over and asked, “What's going on here?”
27 The servant answered, “Your brother has come home safe and sound, and your father ordered us to kill the best calf.”
28 The older brother got so angry that he would not even go into the house.
His father came out and begged him to go in. 29 But he said to his father, “For years I have worked for you like a slave and have always obeyed you. But you have never even given me a little goat, so that I could give a dinner for my friends.
30 This other son of yours wasted your money on prostitutes. And now that he has come home, you ordered the best calf to be killed for a feast.”
31 His father replied, “My son, you are always with me, and everything I have is yours. 32 But we should be glad and celebrate! Your brother was dead, but he is now alive. He was lost and has now been found.”