previous next

Lukas 15

1 Teen daardie tyd was dit mode vir die godsdienstige leiers van die Jode om na Jesus te kom luister en Hom dan te kritiseer oor alles wat Hy sê en doen.2 Op 'n dag was hulle juis weer vies vir Hom omdat Hy saam met 'n klomp mense geëet het wat in hulle oë onrein was omdat hulle nie al die Joodse godsdienstige reëls en wette nagekom het nie.
3 Jesus sê toe vir hulle:4 "Sê My, wat sal julle maak as julle 100 skape het en een raak weg? Sal julle nie die ander 99 net daar in die veld laat staan en daardie een gaan soek wat weg is nie?5 Wanneer julle daardie skaap uiteindelik kry, sal julle so bly wees dat julle hom net daar op julle skouers sal tel en terugdra na die ander toe.6 Later sal julle dan julle vriende en familie oornooi om saam met julle te kom feesvier oor die skaap wat teruggevind is. Julle sal vir hulle sê: 'Wees bly saam met my, want ek het my skaap wat weg was weer gekry. Hy is nou veilig terug tussen al die ander skape.'
7 "Weet julle, in God se wêreld gaan dit net so. Daar is groot vreugde in die hemel as een sondaar na God toe terugkom. Ja, daar is groter blydskap oor een mens wat van die verkeerde pad af terugkom as oor al God se kinders wat elke dag doen wat Hy van hulle vra."
8  "Nog 'n voorbeeld: 'n vrou wat net 'n klein bietjie geld op haar naam het en dit dan iewers in haar huis laat lê, sal dadelik daarna begin soek. Sy sal die huis van hoek tot kant fynkam.9 As sy die geld uiteindelik kry, is sy verskriklik bly. Dan nooi sy al haar vriendinne oor om saam met haar fees te vier: 'Kom wees saam met my bly, want ek het my geld gekry wat weggeraak het.'
10 "Net so is daar groot vreugde in die hemel wanneer een sondaar terugkom op die regte pad. Dan vier al die engele voor God se troon fees."
11  Toe vertel Jesus nog 'n verhaal: "Eendag was daar 'n man met twee seuns.12 Die jongste seun kom toe op 'n dag by sy pa en sê vir hom: 'Pa, ek wil nou dadelik my erfporsie hê. Ek wil nie wag tot Pa eers dood is nie.'
"Die pa het sy goed verdeel en vir elke seun sy erfporsie gegee.
13 'n Paar dae later het die jongste seun sy goed gevat en padgegee. Hy het in 'n ander land gaan bly. Daar het hy sy erfporsie uitgemors. Hy het die een wilde partytjie na die ander gehou en gedoen net wat sy hart begeer.14 Kort voor lank was al sy geld op. Toe breek daar 'n groot hongersnood in die land uit sodat die jongman niks gehad het om te eet nie.15 Hy het later gaan werk vir iemand wat in daardie land bly. Al werk wat hy vir die jongman gehad het, was om varke op te pas.16 Later was die arme man so honger dat hy selfs bereid was om die varke se kos te eet. Maar die eienaar het geweier.
17 "Op 'n dag sit die jongman toe by homself en dink: 'Wat vang ek aan met my lewe? Selfs my pa se slawe daar op sy plaas het 'n beter lewe as ek. Hulle het almal oorgenoeg kos om te eet, maar ek het nie eens 'n stukkie droë brood om my honger te stil nie. Hier sit ek en sterf van ellende!18 Vandag nog gaan ek terug na my pa se huis toe. Ek sal vir hom sê: Pa, ek het baie lelik met Pa gemaak. Ek het ook nie na God geluister nie.19 Ek verdien nie om langer Pa se seun te wees nie. Vat my asseblief terug as 'n doodgewone werker hier op Pa se plaas.'
20 "Die jongman het toe teruggegaan na sy pa se huis toe. Toe hy nog 'n hele ent van die huis af was, het sy pa hom herken. Hy was so bly dat hy dadelik na hom toe gehardloop het. Toe hy by sy seun kom, het hy hom omhels en hom gesoen van blydskap.
21 "Toe sê die seun vir sy pa: 'Pa, ek het baie lelik met Pa gemaak. Ek het ook nie na God geluister nie. Ek verdien nie om langer Pa se seun genoem te word nie.'
22 "Maar die pa het gou vir sy werkers gesê: 'Gaan haal die beste stel klere in my kas en bring dit vir my seun. Vat ook 'n ring en 'n paar goeie skoene en gee dit vir hom.23 Ja, en gaan slag gou-gou daardie kalf wat ons lankal vetmaak vir 'n spesiale geleentheid. Vandag gaan daar feesgevier word.24 Ons gaan eet en lag en bly wees, want my seun is terug! Ek het gedink hy's al dood, maar kyk, hy leef! Hy was weg, maar nou's hy terug waar hy hoort: in sy pa se huis.'
25 "Die ouer broer het nie geweet sy broer is terug nie, want hy was buite in die veld. Toe hy naby die huis kom, sien hy dat daar 'n groot partytjie op die plaas aan die gang is. Van ver af kon hy die musiek hoor en al die mense wat feesvier en dans.26 Hy roep toe een van die werkers en vra: 'Wat is aan die gang?'
27 "'Jou broer is terug!' antwoord hy. 'Jou pa is so bly dat hy daardie vetgemaakte kalf geslag het om dit te vier dat jou broer lewend terug is.'
28 "Maar die oudste broer was so kwaad hieroor dat hy nie eens sy broer wou gaan groet nie. Toe sy pa daarvan hoor, was hy hartseer. Hy het na sy oudste seun toe gestap en vir hom gaan vra om saam met hulle te kom feesvier.
29 "'Vir wat?' vra hy. 'My lewe lank doen ek alles wat Pa wil hê. Nog nie een dag het ek geweier om te doen wat Pa sê nie. Tog het Pa nog nooit vir my 'n partytjie gehou nie. Pa het nog nie eens vir my gesê om 'n paar van my vriende oor te nooi om by my te kom kuier nie.30 Maar toe daardie ander seun van Pa uit die bloute hier opdaag na hy al Pa se besittings uitgemors het op 'n spul straatvroue en op dronkpartytjies, word die heel beste kalf op die plaas vir hom geslag. Ek kan dit nie glo nie!'
31 "Toe antwoord die pa: 'My kind, wat praat jy alles? Jy is dan my eie vlees en bloed. Alles wat ek het, is joune.32 Maar vandag vier ons fees oor jou broer, want hy was dood en nou lewe hy weer. Jou broer was weg, maar nou is hy terug in ons huis waar hy hoort.'"

Luke 15

The Parable of the Lost Sheep and Coin

1 Now all the tax collectorss and sinners were comingt to hear him.

2 Butt the Phariseess and the experts in the lawt were complaining,t “This man welcomest sinners and eats with them.”
3 Sot Jesust told thems this parable:t4 “Which onet of you, if he has a hundreds sheep and loses one of them, would not leave the ninety-nine in the open pasturet and go look fort the one that is lost until he finds it?s5 Thent when he has found it, he places it on his shoulders, rejoicing.6 Returningt home, he calls togethers hist friends and neighbors, telling them, ‘Rejoice with me, because I have found my sheep that was lost.’

7 I tell you, in the same way there will be more joy in heaven over one sinners who repents than over ninety-nine righteous peoplet who have no need to repent.t
8 “Or what woman, if she has ten silver coinss and losest one of them,t does not light a lamp, sweept the house, and search thoroughly until she finds it?9 Thent when she has found it, she calls together hert friends and neighbors, saying, ‘Rejoices with me, for I have found the coint that I had lost.’

10 In the same way, I tell you, there is joy in the presence of God’s angelss over one sinner who repents.”

The Parable of the Compassionate Father

11 Thent Jesust said, “A man had two sons.12 Thet younger of them said to hist father, ‘Father, give me the share of the estatet that will belongt to me.’ Sot he divided hist assets between them.s13 Aftert a few days,t the younger son gathered together all he had and left on a journey to a distant country, and there he squanderedt his wealtht with a wild lifestyle.14 Thent after he had spent everything, a severe famine took place in that country, and he began to be in need.15 So he went and worked fort one of the citizens of that country, whot sent him to his fields to feed pigs.s16 Het was longing to eatt the carob podst the pigs were eating, butt no one gave him anything.17 But when he came to his sensest he said, ‘How many of my father’s hired workers have foodt enough to spare, but here I am dying from hunger!18 I will get up and go to my father and say to him, “Father, I have sinneds against heavens and againstt you.19 I am no longer worthy to be called your son; treat met like one of your hired workers.”’20 Sot he got up and went to his father. But while he was still a long way from homet his father saw him, and his heart went out to him;ts he ran and huggedt his sont and kissed him.21 Thent his son said to him, ‘Father, I have sinned against heavens and against you; I am no longer worthy to be called your son.’s22 But the father said to his slaves,t ‘Hurry! Bring the best robe,s and put it on him! Put a ring on his fingert and sandalss on his feet!23 Bringt the fattened calft and kill it! Let us eatt and celebrate,

24 because this son of mine was dead, and is alive again – he was lost and is found!’s Sot they began to celebrate.
25 “Now his older son was in the field. Ast he came and approached the house, he heard musics and dancing.26 Sot he called one of the slavest and asked what was happening.27 The slave replied,t ‘Your brother has returned, and your father has killed the fattened calft because he got his sont back safe and sound.’28 But the older sont became angryt and refuseds to go in. His father came out and appealed to him,29 but he answeredt his father, ‘Look! These many years I have worked like a slavet for you, and I never disobeyed your commands. Yett you never gave me even a goats so that I could celebrate with my friends!30 But when this son of yourss came back, who has devoureds your assets with prostitutes,s you killed the fattened calfs for him!’31 Thent the fathert said to him, ‘Son, you are always with me, and everything that belongs to me is yours.

32 It was appropriatet to celebrate and be glad, for your brothers was dead, and is alive; he was lost and is found.’”s

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.