previous next

Lukas 16

Die gelykenis van die skelm bestuurder

1 Jesus het vir die tdissipels gesê: “’n Ryk man het ’n bestuurder gehad wat gekyk het dat dit goed gaan met sy geld en sy besigheid. Maar die werkers het vir die ryk man gaan vertel dat die bestuurder die ryk man se geld mors. 2 Toe roep die ryk man sy bestuurder en hy sê vir hom: ‘Ek hoor slegte stories oor jou. Bring al die boeke vir my sodat ek kan sien wat jy gedoen het. As die stories waar is, dan kan jy nie meer my bestuurder wees nie.’ 3 Die bestuurder het toe gedink: Wat sal ek doen? Ek dink my hoof gaan my wegjaag. Ek kan nie goed werk met my hande nie, en ek is te skaam om te bedel. 4 Ek weet wat ek sal doen sodat mense my na hulle huise sal uitnooi nadat die hoof my weggejaag het. 5 Toe het die bestuurder al die mense laat roep wat vir sy hoof iets skuld. Hy het vir die eerste man gevra: ‘Hoeveel skuld jy vir my hoof?’ 6 Die man het geantwoord: ‘Ek skuld 100 tvate olyf-olie.’ Die bestuurder sê toe: ‘Neem jou rekening en verander dit gou na 50 vate.’ 7 Daarna het die bestuurder vir ’n ander man gevra: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Die man het geantwoord: ‘Ek skuld 100 tsakke koring.’ Die bestuurder het gesê: ‘Neem jou rekening en verander dit na 80 sakke.’

8 Toe die hoof dit hoor, het hy gesê die bestuurder het ’n slim ding gedoen. Hy het gesê die skelm mense in die wêreld weet beter hoe hulle vir mekaar moet sorg. Hulle weet dit beter as die mense wat vir God dien.”
9 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “Ek sê vir julle, die mense van die wêreld gebruik baie maal hulle geld en hulle goed verkeerd, maar julle moet julle geld en julle goed reg gebruik, julle moet ander mense help. Dan sal julle welkom wees in God se tewige huis wanneer die aarde se tyd verby is en mense nie meer iets sal hê nie. 10 Iemand wat goed werk met iets wat nie tkosbaar is nie, sal ook goed werk met die dinge wat kosbaar is, die dinge wat God gee. Maar iemand wat sleg werk met iets wat nie kosbaar is nie, sal ook sleg werk met die dinge wat kosbaar is, die dinge wat God gee. 11 As julle die geld en goed verkeerd gebruik wat God in hierdie wêreld gee, dan sal God nie vir julle dinge gee wat kosbaar is nie. 12 En as julle nie reg werk met ander mense se goed nie, dan sal God ook nie vir julle iets gee wat aan julle kan behoort nie.

13 ’n Werker kan nie vir twee persone werk nie, want hy sal niks hou van die een persoon nie en hy sal baie hou van die ander persoon, óf hy sal hard werk vir die een persoon en hy sal niks wil doen vir die ander persoon nie. Julle kan nie vir God dien en óók dink geld en goed is ook so belangrik soos Hy nie.”

Die boeke van Moses, en God wat Koning is

(Ook Matt 11:12-13; 5:18,32; 19:9; Mark 10:11-12)


14 Toe die tFariseërs al hierdie dinge hoor, het hulle vir Jesus uitgelag, want hulle was baie lief vir geld. 15 En Jesus het vir die Fariseërs gesê: “Wanneer die mense julle kan sien, dan maak julle of julle baie goed is, maar God ken julle harte. Party dinge wat vir mense wonderlik is, is dinge waarvan God niks hou nie. 16 Die boeke van Moses en die boeke van die tprofete van die Ou Testament was belangrik totdat Johannes die Doper gekom het. Maar vandat Johannes die Doper gekom het, het Ek, Jesus, die goeie boodskap gebring dat God Koning is. En elkeen probeer baie hard om te wees by God wat Koning is. 17 Maar julle moet onthou, die hemel en die aarde sal makliker verdwyn as een tletter-strepie van die boeke van Moses.

18 Daarom, wanneer iemand skei van sy vrou en met ’n ander vrou trou, dan pleeg hy tegbreuk. En iemand wat met ’n geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.”

Die gelykenis van die ryk man en Lasarus


19 “Daar was ’n ryk man wat pragtige klere gedra het. Hy het elke dag die beste dinge in die wêreld geniet. 20 Maar by sy hek het daar ’n arm bedelaar gelê. Sy naam was Lasarus. Hy was vol sere. 21 Lasarus het gewens hy kan eet van die kos wat van die ryk man se tafel afval. Die honde het altyd gekom en hulle het Lasarus se sere gelek. 22 Toe het die arm bedelaar gesterf, en die tengele het hom weggedra om by tAbraham te wees. Die ryk man het ook gesterf, en hulle het hom begrawe. 23 Toe die ryk man wakker word in die tdoderyk, het hy baie pyn gehad. Hy het daar ver vir Lasarus by Abraham gesien. 24 Die ryk man roep toe en sê: ‘tVader Abraham, jy moet asseblief jammer wees vir my en jy moet vir Lasarus stuur sodat hy die punt van sy vinger met water kan natmaak en my tong kan koud maak, want ek het baie pyn in hierdie vuur.’ 25 Toe sê Abraham: ‘Kind, jy moet onthou dat jy in jou lewe op die aarde al die lekker dinge gehad het. Lasarus het die slegte dinge gehad. Nou troos God hier vir Lasarus, maar jy het pyn. 26 En daar is ook ’n diep kloof tussen ons en julle. Die mense wat hier is, kan nie na julle toe gaan nie. En die mense daar by julle kan ook nie na ons toe kom nie.’ 27 Die ryk man het gesê: ‘Ek vra mooi, stuur dan asseblief vir Lasarus na my pa se huis, 28 want ek het vyf broers. Hy moet hulle waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyn kom nie.’ 29 Toe sê Abraham vir die ryk man: ‘Jou broers het die boeke van Moses en die boeke van die tprofete, jou broers moet na húlle luister.’ 30 Maar die ryk man het geantwoord: ‘Nee, vader Abraham, as een van die mense wat dood is, na my broers toe gaan, dan sal hulle verander en doen wat God wil hê.’ 31 Maar Abraham het gesê: ‘As hulle nie doen wat die boeke van Moses en die profete sê nie, dan sal hulle ook nooit luister na iemand wat weer begin lewe het nie.’ ”

Luke 16

The Story of the Clever Manager

1 Jesus told his disciples another story. He said, "There was a rich man who had a manager. Some said that the manager was wasting what the rich man owned.2 So the rich man told him to come in. He asked him, 'What is this I hear about you? Tell me exactly how you have handled what I own. You can't be my manager any longer.'
3 "The manager said to himself, 'What will I do now? My master is taking away my job. I'm not strong enough to dig. And I'm too ashamed to beg.4 I know what I'm going to do. I'll do something so that when I lose my job here, people will welcome me into their houses.'
5 "So he called in each person who owed his master something. He asked the first one, 'How much do you owe my master?'
6 " 'I owe 800 gallons of olive oil,' he replied.
"The manager told him, 'Take your bill. Sit down quickly and change it to 400 gallons.'
7 "Then he asked the second one, 'And how much do you owe?'
" 'I owe 1,000 bushels of wheat,' he replied.
"The manager told him, 'Take your bill and change it to 800 bushels.'
8 "The manager had not been honest. But the master praised him for being clever. The people of this world are clever in dealing with those who are like themselves. They are more clever than God's people.
9 "I tell you, use the riches of this world to help others. In that way, you will make friends for yourselves. Then when your riches are gone, you will be welcomed into your eternal home in heaven.
10 "Suppose you can be trusted with very little. Then you can be trusted with a lot. But suppose you are not honest with very little. Then you will not be honest with a lot.
11 "Suppose you have not been worthy of trust in handling worldly wealth. Then who will trust you with true riches?12 Suppose you have not been worthy of trust in handling someone else's property. Then who will give you property of your own?
13 "No servant can serve two masters at the same time. He will hate one of them and love the other. Or he will be faithful to one and dislike the other. You can't serve God and Money at the same time."
14 The Pharisees loved money. They heard all that Jesus said and made fun of him.15 Jesus said to them, "You try to make yourselves look good in the eyes of other people. But God knows your hearts. What is worth a great deal among people is hated by God.

More Teachings

16 "The teachings of the Law and the Prophets were preached until John came. Since then, the good news of God's kingdom is being preached. And everyone is trying very hard to enter it.17 It is easier for heaven and earth to disappear than for the smallest part of a letter to drop out of the Law.
18 "Anyone who divorces his wife and gets married to another woman commits adultery. Also, the man who gets married to a divorced woman commits adultery.

The Rich Man and Lazarus

19 "Once there was a rich man. He was dressed in purple cloth and fine linen. He lived an easy life every day.20 A man named Lazarus was placed at his gate. Lazarus was a beggar. His body was covered with sores.21 Even dogs came and licked his sores. All he wanted was to eat what fell from the rich man's table.
22 "The time came when the beggar died. The angels carried him to Abraham's side. The rich man also died and was buried.23 In hell, the rich man was suffering terribly. He looked up and saw Abraham far away. Lazarus was by his side.24 So the rich man called out, 'Father Abraham! Have pity on me! Send Lazarus to dip the tip of his finger in water. Then he can cool my tongue with it. I am in terrible pain in this fire.'
25 "But Abraham replied, 'Son, remember what happened in your lifetime. You received your good things. Lazarus received bad things. Now he is comforted here, and you are in terrible pain.26 Besides, a wide space has been placed between us and you. So those who want to go from here to you can't go. And no one can cross over from there to us.'
27 "The rich man answered, 'Then I beg you, father. Send Lazarus to my family.28 I have five brothers. Let Lazarus warn them. Then they will not come to this place of terrible suffering.'
29 "Abraham replied, 'They have the teachings of Moses and the Prophets. Let your brothers listen to them.'
30 " 'No, father Abraham,' he said. 'But if someone from the dead goes to them, they will turn away from their sins.'
31 "Abraham said to him, 'They do not listen to Moses and the Prophets. So they will not be convinced even if someone rises from the dead.' "