previous next

LUKAS 16

Leer by wêreldlinge hoe om vir die ewigheid voor te berei

1 Jesus het hierdie verhaal aan sy dissipels vertel: "'n Ryk man het 'n bestuurder in diens gehad om sy sake te behartig, maar gou het 'n gerug die rondte gedoen dat die bestuurder sy baas se besittings verkwis.

2 Sy werkgewer roep hom toe in en sê: 'Wat hoor ek van jou? Stel jou verslag op, want jy gaan ontslaan word.'
3 "Die bestuurder het by homself gedink: 'Wat nou? Dis klaarpraat met my hier; ek het nie die krag om te gaan slote grawe nie en ek is te trots om te gaan bedel.

4 Ek het die oplossing! Dit gaan vir my boonop nog baie vriende besorg wat na my sal omsien as ek hier padgee!'
5 "Hy het toe elke persoon wat aan sy werkgewer geld geskuld het, ingeroep om die situasie te bespreek. Hy het vir die eerste een gevra: 'Hoeveel skuld jy hom?'

6 Die man het geantwoord: 'Ek skuld hom 100 vate olyfolie.' Die bestuurder sê toe: 'Skeur op daardie skuldbrief en teken 'n ander een vir 50.'

7 "'En hoeveel skuld jy my werkgewer?' het hy vir die volgende persoon gevra. '100 sakke koring,' was die antwoord. 'Hier,' het die bestuurder gesê, 'vat jou skuldbrief en vervang dit met een vir 80 sakke.'
8 "Die ryk man moes tog die oneerlike bestuurder prys omdat hy so uitgeslape was. En dit is waar dat die mense van hierdie wêreld onder mekaar vindingryker is as die godvresende mense.

9 Ek sê vir julle, gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, en maak só vriende. Op dié manier sal julle vrygewigheid vir julle 'n beloning in die hemel verseker."

Wees getrou in alles wat God aan jou toevertrou

10 "As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees. As jy selfs 'n klein bietjie oneerlik is, sal jy nie eerlik wees met groot verantwoordelikhede nie.11 En as julle onbetroubaar is met wêreldse rykdom, wie sal julle vertrou met die werklike rykdom van die hemel?

12 En as julle nie betroubaar is met ander mense se geld nie, waarom sal julle met julle eie geld vertrou word?

13 "Niemand kan twee eienaars dien nie. Want jy sal die een haat en die ander liefhê, of die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én geld dien nie."

God se koningsheerskappy maak die wet nie ongeldig nie

14 Die Fariseërs wat baie lief was vir hulle geld het natuurlik hiermee gespot.

15 Hy sê toe vir hulle: "Julle wil graag in die openbaar goed voorkom, maar God ken julle bose harte. Wat hierdie wêreld vereer, is 'n gruwel in die oë van God.
16 "Totdat Johannes die Doper begin preek het, was die wette van Moses en die profete julle riglyn. Maar van toe af word die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy verkondig en gretige skares trek op.

17 Dit beteken egter nie dat die wet sy geldigheid verloor het nie. Dit bly van krag tot in sy fynste besonderheid. Dit is sterker en meer blywend as hemel en aarde.

18 "Enigiemand wat van sy vrou skei en met iemand anders trou, maak hom skuldig aan huweliksverbreking, en enigeen wat 'n geskeide vrou trou, maak hom ook skuldig aan huweliksverbreking."

'n Ryk man word ontnugter

19 Jesus het gesê: "Daar was 'n ryk man wat pragtig aangetrek het en sorgeloos in weelde geleef het.20 Voor sy deur het 'n siek bedelaar genaamd Lasarus gelê.21 Terwyl Lasarus daar gelê en begeer het om van die oorskiet van die ryk man se tafel te kon kry, het die honde aan sy oop sere kom lek.22 Uiteindelik is die bedelaar dood, en hy is deur die engele weggedra om by Abraham te wees. Die ryk man het ook gesterf en is begrawe.

23 Hy het sy oë in die doderyk oopgemaak en terwyl hy gefolter word, het hy Lasarus in die verte by Abraham gesien.

24 "Die ryk man het geroep: 'Vader Abraham, ontferm u oor my! Stuur vir Lasarus hierheen om die punt van sy vinger in water te steek en my tong af te koel, want ek ly verskriklik in hierdie vlamme!'
25 "Maar Abraham het vir hom gesê: 'Kind, onthou gedurende jou leeftyd het jy alles gehad wat jy wou hê, en Lasarus niks. Maar nou is hy hier en word vertroos, en jy word gepynig.

26 En buitendien is daar 'n groot kloof wat ons skei. Enigeen wat van hier na julle wil oorgaan, word op die rand gestuit, en niemand van daar af kan na ons toe oorkom nie.'
27 "Toe sê die ryk man: 'Asseblief, vader Abraham, stuur hom na my pa se huis toe.

28 Want ek het vyf broers, en ek wil hê hy moet hulle waarsku teen hierdie plek van pyniging sodat hulle nie hier beland wanneer hulle sterf nie.'

29 "Maar Abraham het gesê: 'Hulle het Moses en die profete om hulle te waarsku. Jou broers kan hulle geskrifte enige tyd lees wanneer hulle wil.'

30 "Die ryk man het geantwoord: 'Nee, vader Abraham! Maar as iemand uit die dood na hulle gestuur word, sal hulle tot inkeer kom.'

31 "Maar Abraham het gereageer: 'As hulle nie na Moses en die profete luister nie, sal hulle ook nie luister nie selfs al sou iemand uit die dood opstaan.'"

LUKE 16

A Dishonest Manager

1 Jesus said to his disciples:
A rich man once had a manager to take care of his business. But he was told that his manager was wasting money.

2 So the rich man called him in and said, “What is this I hear about you? Tell me what you have done! You are no longer going to work for me.”
3 The manager said to himself, “What shall I do now that my master is going to fire me? I can't dig ditches, and I'm ashamed to beg.

4 I know what I'll do, so that people will welcome me into their homes after I've lost my job.”

5 Then one by one he called in the people who were in debt to his master. He asked the first one, “How much do you owe my master?”

6 “A hundred barrels of olive oil,” the man answered.
So the manager said, “Take your bill and sit down and quickly write ‘50.’ ”

7 The manager asked someone else who was in debt to his master, “How much do you owe?”
“A thousand sackst of wheat,” the man replied.
The manager said, “Take your bill and write ‘800.’ ”

8 The master praised his dishonest manager for looking out for himself so well. That's how it is! The people of this world look out for themselves better than the people who belong to the light.
9  t My disciples, I tell you to use wicked wealth to make friends for yourselves. Then when it is gone, you will be welcomed into an eternal home. 10 Anyone who can be trusted in little matters can also be trusted in important matters. But anyone who is dishonest in little matters will be dishonest in important matters. 11 If you cannot be trusted with this wicked wealth, who will trust you with true wealth? 12 And if you cannot be trusted with what belongs to someone else, who will give you something that will be your own?

13 t You cannot be the slave of two masters. You will like one more than the other or be more loyal to one than to the other. You cannot serve God and money.

Some Sayings of Jesus

(Matthew 11.12,13; 5.31,32; Mark 10.11,12)


14 The Pharisees really loved money. So when they heard what Jesus said, they made fun of him.

15 But Jesus told them:
You are always making yourselves look good, but God sees what is in your heart. The things that most people think are important are worthless as far as God is concerned.
16  t Until the time of John the Baptist, people had to obey the Law of Moses and the Books of the Prophets.t But since God's kingdom has been preached, everyone is trying hard to get in.

17 t Heaven and earth will disappear before the smallest letter of the Law does.

18  t It is a terrible sint for a man to divorce his wife and marry another woman. It is also a terrible sin for a man to marry a divorced woman.

Lazarus and the Rich Man


19 There was once a rich man who wore expensive clothes and every day ate the best food. 20 But a poor beggar named Lazarus was brought to the gate of the rich man's house. 21 He was happy just to eat the scraps that fell from the rich man's table. His body was covered with sores, and dogs kept coming up to lick them.

22 t The poor man died, and angels took him to the place of honor next to Abraham.t
The rich man also died and was buried.
23 t He went to hellt and was suffering terribly. When he looked up and saw Abraham far off and Lazarus at his side,

24 he said to Abraham, “Have pity on me! Send Lazarus to dip his finger in water and touch my tongue. I'm suffering terribly in this fire.”
25 Abraham answered, “My friend, remember that while you lived, you had everything good, and Lazarus had everything bad. Now he is happy, and you are in pain.

26 And besides, there is a deep ditch between us, and no one from either side can cross over.”
27 But the rich man said, “Abraham, then please send Lazarus to my father's home.

28 Let him warn my five brothers, so they won't come to this horrible place.”

29 Abraham answered, “Your brothers can read what Moses and the prophetst wrote. They should pay attention to that.”

30 Then the rich man said, “No, that's not enough! If only someone from the dead would go to them, they would listen and turn to God.”
31 So Abraham said, “If they won't pay attention to Moses and the prophets, they won't listen even to someone who comes back from the dead.”