previous next

Lukas 18

1 Jesus het vir sy volgelinge die volgende verhaal vertel om hulle te leer om aan te hou bid:2 "Eendag was daar 'n baie kwaai regsgeleerde. Hy was vir g'n mens in sy stad bang nie. Ook nie eens vir God nie.3 In dieselfde stad het daar ook 'n vrou gebly wie se man dood was. Sy was betrokke in 'n regsgeding met iemand anders. Sy het kort-kort na die hardkoppige regsgeleerde toe gekom en hom gesmeek om haar saak vir haar te hanteer.4 Maar hy het botweg geweier. Op 'n dag het hy egter vir homself gesê: 'Ek weet nie wat met my aangaan nie. Ek's vir niemand bang nie, nie eens vir God nie.5 En tog dink ek ek gaan daardie weduwee help. Wie weet, netnou maak sy my naam sleg, of dalk kom gee sy my sommer nog voor almal 'n oorveeg.'"
6 Die Here Jesus sê toe: "Sien julle dat daardie hardkoppige regsgeleerde op die ou end bereid was om die vrou te help?7 Wat sal God dan nie alles doen vir sy kinders wat Hy persoonlik uitgekies het om in Hom te glo nie?8 Hy luister na almal wat dag en nag tot Hom bid. Hy sal uitkoms gee. En gou ook! Hou maar net aan om te bid.
"Ek is egter oor een ding bekommerd. Glo julle regtig wat Ek sê? Sê nou Ek kom later terug na die wêreld toe en Ek vind dan uit dat julle nooit aanhou glo het nie? Glo en bid, want een van die dae breek God se nuwe wêreld aan."
9  Baie "godsdienstige" mense het gedink hulle saak met God is in orde omdat hulle allerhande godsdienstige wette streng gehoorsaam. Hierdie mense het op almal neergesien wat nie al dié wette gehou het nie. Jesus het net mooi niks van hierdie godsdienstige snobisme gehou nie. Hy het toe vir die mense die volgende verhaal vertel:10 "Op 'n dag het twee mans daar na die tempel in Jerusalem toe gegaan om God te aanbid. Die een was 'n Fariseër en die ander een 'n belastinggaarder. (Hierdie belastinggaarders was bekend as tollenaars. Hulle het nie die godsdienstige wette gehoorsaam nie. Daarom is hulle as groot sondaars beskou.)
11 "Die Fariseër het toe begin bid: 'God, ek sê vir U dankie dat ek nie 'n slegte mens is nie. Kyk net: ek steel nie ander mense se goed nie. Ek lieg en bedrieg nie. Ek slaap ook nie rond nie. Ja, en ek is ook nie so 'n groot sondaar soos hierdie tollenaar wat langs my staan nie.
12 "'O ja, kyk net wat doen ek alles: ek vas twee keer elke week. Ek gee ook 'n tiende van elke sent wat ek verdien.'
13 "Die tollenaar het daar eenkant gaan staan. Hy het so skaam gekry oor al sy sondes dat hy nie eens wou opkyk nie. Hy het sy kop laat sak, met sy hand op sy bors geslaan en gesê: 'God, ek is 'n sondaar. Help my! Wees my genadig!'"
14 Toe sê Jesus vir die mense wat na Hom luister: "Hierdie tollenaar se gebed is dadelik verhoor. God het sy lewe in 'n oogwink splinternuut gemaak. Maar die Fariseër het met leë hande daar weggestap. Hy het gedink hy lewe goed genoeg om 'n plek in die hemel te kry. Maar dit werk nie so nie. Almal wat te veel van hulleself dink om vir God te vra om hulle te red, sal nog baie spyt wees. Maar almal wat voor God kom buig en op Hom vertrou om hulle lewe splinternuut te maak, sal verhoog word."
15  Kort daarna het ouers hulle klein kindertjies na Jesus toe gebring in die hoop dat Hy sy hande op hulle sou sit en vir hulle sou bid. Maar die dissipels het hulle weggejaag. Hulle wou nie hê dat die mense Jesus met sulke "onbelangrike" dinge lastig val nie.16 Toe Jesus dit sien, het Hy egter dadelik vir sy dissipels gesê: "Wag! Wat vang julle aan? Moenie die kindertjies wegjaag nie. Laat hulle na My toe kom.17 God se nuwe wêreld is juis vir almal soos hulle bedoel. By Hom is daar plek vir almal wat soos klein kindertjies van hulle hemelse Vader afhanklik is. Weet julle, as julle nie verander en soos kinders word nie, sal julle nooit die binnekant van God se nuwe wêreld sien nie."
18  Op 'n dag het 'n baie belangrike man vir Jesus gesê: "Goeie Leermeester, sê my, wat moet ek doen sodat ek vir altyd in God se wêreld kan bly?"
19 "Vir wat kom spreek jy My hier voor almal aan as 'goeie Leermeester'?" het Jesus vinnig gereageer. "Jy weet mos dat daar net Een is wat regtig goed is: God. Maar nou ja, jy moet God se voorskrifte gehoorsaam.20 En jy ken tog al God se voorskrifte: jy mag nie met iemand buite jou huwelik 'n seksuele verhouding hê nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie leuens vertel nie, en jy moet respek hê vir jou pa en ma."
21 "Ag wat, ek doen al daardie dinge van kleins af," sê die man.22 Daarop antwoord Jesus: "Wel, dan is daar nog net een klein dingetjie wat jy moet doen. Gaan verkoop al jou besittings. Gee dan al die geld vir die armes. Laat staan alles waarmee jy besig is en word een van my volgelinge. As jy dit doen, het jy vir jou 'n kosbare skat in die hemel bymekaargemaak. Dan sal jy definitief 'n plek in God se nuwe wêreld kry."
23 Hierdie woorde het die man baie omgekrap, want hy was skatryk. Hy was nie van plan om alles wat hy het aan sy familie en aan die armes uit te deel nie.
24 Toe Jesus agterkom hoe omgekrap die ryk man is, sê Hy vir sy dissipels: "Sien julle, dis glad nie maklik vir iemand wat ryk is om 'n plek in God se nuwe wêreld te kry nie.25 Dit is selfs vir 'n groot kameel makliker om deur die klein gaatjie van 'n naald te stap as wat dit vir 'n ryk persoon is om sy voete in God se nuwe wêreld te sit."
26 Die omstanders was verbysterd oor hierdie woorde. Hulle vra Hom toe: "Maar wie op aarde kan dan gered word?"
27 Jesus sê toe vir hulle: "Ja, julle is reg. Op julle eie kan julle nooit daar uitkom nie. Maar God kan enigiets doen. Vertrou op Hom."
28 Maar Petrus was nog nie tevrede nie: "Wag 'n bietjie, Here! Sê asseblief reguit vir ons wat ons kans is om daar uit te kom. Kyk, ons het immers al ons besittings verkoop en u volgelinge geword."
29 "Ek het baie goeie nuus vir julle!" het Jesus dadelik geantwoord. "Ek gee julle vandag die versekering dat almal wat iets groots moes opoffer om te doen wat God vra, definitief 'n plek in sy nuwe wêreld sal kry. As jy jou familie moet opoffer omdat jy in My glo, sal jy daarvoor vergoed word. Sommer nou al.30 Ja, jy sal elke dag oorlaai word met God se goedheid. En jy sal vir seker ook 'n plek kry in sy nuwe wêreld."
31  Op 'n dag het Jesus die twaalf dissipels eenkant toe geroep. Hy sê toe vir hulle: "Julle weet dat ons op pad is Jerusalem toe. Ek moet soontoe gaan om alles te laat waar word wat daar in die Bybel oor die Seun van die mens geskryf is.32 Daar in Jerusalem gaan 'n spul ongelowiges My vang. Hulle sal My voor almal spot en beledig en slaan.33 Uiteindelik sal hulle My ook doodmaak. Maar moenie bekommerd wees nie; die dood is nie sterk genoeg om My vir altyd in sy greep vas te hou nie. Ek sal op die derde dag weer lewendig word."
34 Die dissipels het egter niks verstaan van wat Jesus vir hulle sê nie. Die tyd was nog nie reg dat hulle dit alles sou verstaan nie.
35  Later, toe Jesus naby Jerigo kom, sit daar 'n blinde langs die pad en bedel.36 Die man het agtergekom 'n groot klomp mense stap by hom verby. "Wat is aan die gang?" vra hy toe.
37 "Jesus van Nasaret gaan hier verby," het iemand geantwoord.38 Die blinde man het dadelik hard begin skree: "Jesus, Seun van Dawid, kry my jammer, asseblief!"39 Maar die mense het vir hom gesê: "Bly stil! Hou op om so te skree!" Dit het nie gehelp nie. Die blinde het net nog harder geskree: "Jesus, Seun van Dawid, kry my jammer, asseblief!"
40 Jesus gaan staan toe stil en sê vir die mense: "Bring daardie man wat so skree na My toe."
41 Toe die blinde naby Jesus kom, vra Hy hom: "Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?"
"Ag, Here, ek wil so graag sien!" antwoord hy.
42 "Nou toe, sien dan! Jou wens het waar geword omdat jy glo," het Jesus gesê.
43 Dadelik kon die man weer sien. Hy kon sy oë nie glo nie. Vol blydskap het hy by die res van die skare ingeval en agter Jesus begin aanstap. Hy het oor en oor vir God dankie gesê omdat Hy so goed vir hom is. Die mense was net so opgewonde. Hulle het ook God se Naam grootgemaak oor wat gebeur het.

Luke 18

Prayer and the Parable of the Persistent Widow

1 Thent Jesust told them a parable to show them they should alwayst pray and not lose heart.s2 He said,t “In a certain cityt there was a judges who neither feared God nor respected people.t3 There was also a widows in that cityt who kept comingt to him and saying, ‘Give me justice against my adversary.’4 Fort a while he refused, but later ont he said to himself, ‘Though I neither fear God nor have regard for people,t5 yet because this widow keeps on bothering me, I will give her justice, or in the end she will wear me outt by her unending pleas.’”t6 And the Lord said, “Listen to what the unrighteous judge says!s7 Won’tt God give justice to his chosen ones, who cry outs to him day and night?t Will he delays long to help them?

8 I tell you, he will give them justice speedily.t Nevertheless, when the Son of Man comes, will he find faiths on earth?”

The Parable of the Pharisee and Tax Collector

9 Jesust also told this parable to some who were confident that they were righteous and looked downt on everyone else.10 “Two men went ups to the temple to pray, one a Pharisees and the other a tax collector.s11 The Pharisee stood and prayed about himself like this:t ‘God, I thanks you that I am not like other people:t extortionists,t unrighteous people,s adulterers – or even like this tax collector.s12 I fast twices a week; I give a tentht of everything I get.’13 The tax collector, however, stoodt far off and would not even look upt to heaven, but beat his breast and said, ‘God, be mercifult to me, sinner that I am!’t

14 I tell you that this man went down to his home justifieds rather than the Pharisee.t For everyone who exaltss himself will be humbled, but he who humbles himself will be exalted.”

Jesus and Little Children

15 Now peoplet were even bringing their babiest to him for him to touch.t But when the disciples saw it, they began to scold those who brought them.t16 But Jesus called for the children,t saying, “Let the little children come to me and do not try to stop them, for the kingdom of Gods belongs to such as these.s

17 I tell you the truth,t whoever does not receives the kingdom of God like a childs will nevert enter it.”

The Wealthy Ruler

18 Nowt a certain rulers asked him, “Good teacher, what must I do to inherit eternal life?”s19 Jesust said to him, “Why do you call me good?s No one is good except God alone.20 You know the commandments: ‘Do not commit adultery, do not murder, do not steal, do not give false testimony, honor your father and mother.’”s21 The mant replied, “I have wholeheartedly obeyedt all these lawsts since my youth.”s22 When Jesus heard this, he said to him, “One thing you still lack. Sell all that you haves and give the moneyt to the poor,s and you will have treasures in heaven. Thent come, follow me.”23 But when the mant heard this he became very sad,t for he was extremely wealthy.24 When Jesus noticed this,st he said, “How hards it is for the rich to enter the kingdom of God!s25 In fact, it is easier for a camel to go through the eye of a needles than for a rich person to enter the kingdom of God.”26 Those who heard this said, “Thent who can be saved?”s27 He replied, “What is impossibles for mere humanst is possible for God.”28 And Peter said, “Look, we have left everything we ownt to follow you!”t29 Thent Jesust said to them, “I tell you the truth,t there is no one who has left home or wife or brotherst or parents or children for the sake of God’s kingdom

30 who will not receive many times mores in this aget – and in the age to come, eternal life.”s

Another Prediction of Jesus’ Passion

31 Thent Jesust took the twelve aside and said to them, “Look, we are going up to Jerusalem,s and everything that is written about the Son of Man by the prophets will be accomplished.t32 For he will be handed overs to the Gentiles; he will be mocked,s mistreated,t and spat on.s33 They will flog him severelyt and kill him. Yett on the third day he will rise again.”

34 Butt the twelvet understood none of these things. Thist saying was hidden from them, and they did not grasps what Jesus meant.t

Healing a Blind Man

35 Ast Jesust approachedt Jericho,s a blind man was sitting by the road begging.36 When he heard a crowd going by, he asked what was going on.37 Theyt told him, “Jesus the Nazarene is passing by.”38 Sot he called out,t “Jesus, Son of David,s have mercys on me!”39 And those who were in fronts scoldedt him to get him to be quiet, but he shouteds even more, “Son of David, have mercy on me!”40 Sot Jesus stopped and ordered the beggart to be brought to him. When the mant came near, Jesust asked him,41 “What do you want me to do for you?” He replied,t “Lord, let me see again.”t42 Jesust said to him, “Receivet your sight; your faith has healed you.”t

43 And immediately he regainedt his sight and followed Jesus,t praisings God. Whent all the people saw it, they toot gave praise to God.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.