previous next

LUKAS 18

Hou áán totdat die regter luister!

1 Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om aan te toon dat hulle moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.2 Hy het gesê: "In 'n sekere stad was daar 'n regter wat God nie geëer en sy medemens nie gerespekteer het nie.

3 Daar was ook 'n weduwee in daardie stad wat aangehou het om hom te vra: 'Laat aan my reg geskied in my saak teen my opponent.'
4 "Vir 'n tyd lank was hy onwillig, maar hy het naderhand vir homself gesê: 'Al eer ek God nie en respekteer ek ook nie my medemens nie -

5 omdat hierdie weduwee my so onophoudelik teister, sal ek haar saak behartig, anders sal sy my nog heeltemal gedaan maak.'"
6 Toe sê die Here: "Luister net wat sê die onregverdige regter.7 Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes nie - hulle wat dag en nag na Hom roep? Sal Hy aanhou om hulle geduld te toets?

8 Ek sê vir julle: Hy sal aan hulle reg laat geskied, en baie gou ook! Nietemin, sal Ek, die Seun van die Mens, wanneer Ek kom, geloof op aarde vind?"

'n Fariseër en 'n tollenaar bid in die tempel

9 Toe het Jesus hierdie gelykenis vertel met die oog op sommige mense wat oortuig is dat hulle saak voor God reg is, maar die ander mense verag het:10 "Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar.11 Die Fariseër het gaan staan en by homself gebid: 'O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie - diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar.

12 Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee 'n tiende van alles wat ek verdien!'

13 "Die tollenaar het op 'n afstand bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: 'O God, wees my, sondaar, genadig!'

14 "Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word."

Aanvaar die koninkryk van God soos 'n kindjie

15 Die mense het hulle kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak. Die dissipels het gesien wat aangaan, en die mense voor stok gekry.16 Jesus het egter die kindertjies nadergeroep en gesê: "Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense wat deel het aan die koninkryk van God.

17 Ek verseker julle, wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie aanvaar nie, sal nooit daar ingaan nie."

Gee alles prys en volg Jesus om aan God se koninkryk deel te kry

18 Iemand uit die geledere van die geestelike leiers het aan Jesus gevra: "Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërf?"
19 Jesus het gereageer: "Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, dit is God.

20 Jy ken mos die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuienis aflê nie, en eer jou vader en jou moeder."

21 Hy het geantwoord: "Al hierdie dinge het ek nagekom van kleins af."
22 Toe Jesus dit hoor, het Hy vir die man gesê: "Tog is daar een ding wat by jou kortkom: Verkoop alles wat jy besit en gaan deel die opbrengs aan die armes uit, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan hierheen en word my dissipel."

23 Toe hy dit hoor, het die man baie afgehaal gevoel, want hy was skatryk.
24 Toe Jesus sien dat hy so afgehaal lyk, sê Hy: "Hoe moeilik is dit tog nie vir mense wat ryk is aan aardse besittings om aan die koninkryk van God deel te kry nie!

25 Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryke om aan die koninkryk van God deel te kry."

26 Die mense wat dit gehoor het, sê toe: "Wie is dan in staat om verlos te word?"

27 Jesus het gereageer: "Dié dinge wat by mense onmoontlik is, is juis by God moontlik."

28 Petrus sê toe daarop: "Kyk, ons het ons eie besittings prysgegee en U gevolg."
29 Jesus het geantwoord: "Ek verseker julle, daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God hulle huis of vrou of broers of ouers of kinders prysgegee het,

30 wat nie soveel keer meer in hierdie tyd ontvang nie, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe."

Jesus praat weer oor sy komende dood

31 Jesus het die twaalf eenkant geneem en vir hulle gesê: "Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe en alles wat deur die profete opgeteken is oor die Seun van die Mens sal volledig vervul word.32 Hy sal uitgelewer word aan die nie-Jode en bespot, beledig en ook op gespoeg word.33 En nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak. Op die derde dag sal Hy egter weer opstaan."

34 Hulle het egter niks hiervan verstaan nie. Hierdie verduideliking was vir hulle verberg en hulle het nie begryp wat Hy sê nie.

Die blinde van Jerigo kan weer sien!

35 Jesus het in die omgewing van Jerigo aangekom. 'n Blinde man het langs die pad gesit en bedel.36 Toe hy die skare hoor wat verbyloop, het hy probeer uitvind wat aan die gang is.37 Hulle het hom toe vertel dat Jesus van Nasaret besig is om verby te loop.38 Die blinde het hard uitgeroep: "Jesus, Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!"

39 Die mense wat vooruit geloop het, het hom bestraf om hom stil te kry, maar hy het eerder nog harder uitgeroep: "Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!"
40 Jesus het gaan staan en opdrag gegee dat die man na Hom toe gebring moes word. Soos hy naderbeweeg, vra Jesus vir hom:41 "Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?"
Sy antwoord was: "Here, dat ek net weer kan sien!"
42 Jesus het hom geantwoord: "Sien weer! Jou geloof het jou gered."

43 Eensklaps het die man weer gesien; hy het Jesus gevolg en God geloof. Die hele volk wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.

LUKE 18

A Widow and a Judge

1 Jesus told his disciples a story about how they should keep on praying and never give up:
2 In a town there was once a judge who didn't fear God or care about people.

3 In that same town there was a widow who kept going to the judge and saying, “Make sure that I get fair treatment in court.”
4 For a while the judge refused to do anything. Finally, he said to himself, “Even though I don't fear God or care about people,

5 I will help this widow because she keeps on bothering me. If I don't help her, she will wear me out.”

6 The Lord said:
Think about what that crooked judge said.
7 t Won't God protect his chosen ones who pray to him day and night? Won't he be concerned for them?

8 He will surely hurry and help them. But when the Son of Man comes, will he find on this earth anyone with faith?

A Pharisee //and a Tax Collector


9 Jesus told a story to some people who thought they were better than others and who looked down on everyone else:
10 Two men went into the temple to pray.t One was a Pharisee and the other a tax collector.t 11 The Pharisee stood over by himself and prayed, t “God, I thank you that I am not greedy, dishonest, and unfaithful in marriage like other people. And I am really glad that I am not like that tax collector over there.

12 I go without eatingt for two days a week, and I give you one tenth of all I earn.”

13  t The tax collector stood off at a distance and did not think he was good enough even to look up toward heaven. He was so sorry for what he had done that he pounded his chest and prayed, “God, have pity on me! I am such a sinner.”

14  t Then Jesus said, “When the two men went home, it was the tax collector and not the Pharisee who was pleasing to God. If you put yourself above others, you will be put down. But if you humble yourself, you will be honored.”

Jesus Blesses Little Children

(Matthew 19.13-15; Mark 10.13-16)


15 Some people brought their little children for Jesus to bless. But when his disciples saw them doing this, they told the people to stop bothering him. 16 So Jesus called the children over to him and said, “Let the children come to me! Don't try to stop them. People who are like these children belong to God's kingdom.t

17 You will never get into God's kingdom unless you enter it like a child!”

A Rich and Important Man

(Matthew 19.16-30; Mark 10.17-31)


18 An important man asked Jesus, “Good Teacher, what must I do to have eternal life?”
19 Jesus said, “Why do you call me good? Only God is good.

20 t You know the commandments: ‘Be faithful in marriage. Do not murder. Do not steal. Do not tell lies about others. Respect your father and mother.’ ”

21 He told Jesus, “I have obeyed all these commandments since I was a young man.”
22 When Jesus heard this, he said, “There is one thing you still need to do. Go and sell everything you own! Give the money to the poor, and you will have riches in heaven. Then come and be my follower.”

23 When the man heard this, he was sad, because he was very rich.
24 Jesus saw how sad the man was. So he said, “It's terribly hard for rich people to get into God's kingdom!

25 In fact, it's easier for a camel to go through the eye of a needle than for a rich person to get into God's kingdom.”

26 When the crowd heard this, they asked, “How can anyone ever be saved?”

27 Jesus replied, “There are some things that people cannot do, but God can do anything.”

28 Peter said, “Remember, we left everything to be your followers!”
29 Jesus answered, “You can be sure that anyone who gives up home or wife or brothers or family or children because of God's kingdom

30 will be given much more in this life. And in the future world they will have eternal life.”

Jesus Again Tells about //His Death

(Matthew 20.17-19; Mark 10.32-34)


31 Jesus took the twelve apostles aside and said:
We are now on our way to Jerusalem. Everything that the prophets wrote about the Son of Man will happen there.
32 He will be handed over to foreigners, t who will make fun of him, mistreat him, and spit on him.

33 They will beat him and kill him, but three days later he will rise to life.

34 The apostles did not understand what Jesus was talking about. They could not understand, because the meaning of what he said was hidden from them.

Jesus Heals a Blind Beggar

(Matthew 20.29-34; Mark 10.46-52)


35 When Jesus was coming close to Jericho, a blind man sat begging beside the road. 36 The man heard the crowd walking by and asked what was happening. 37 Some people told him that Jesus from Nazareth was passing by. 38 So the blind man shouted, “Jesus, Son of David, t have pity on me!”

39 The people who were going along with Jesus told the man to be quiet. But he shouted even louder, “Son of David, have pity on me!”
40 Jesus stopped and told some people to bring the blind man over to him. When the blind man was getting near, Jesus asked,

41 “What do you want me to do for you?”
“Lord, I want to see!” he answered.
42 Jesus replied, “Look and you will see! Your eyes are healed because of your faith.” 43 At once the man could see, and he went with Jesus and started thanking God. When the crowds saw what happened, they praised God.