previous next

Lukas 18

Die gelykenis van die weduwee en die regter

1 Jesus het toe vir die tdissipels ’n tgelykenis vertel. Hy wou hê hulle moet verstaan dat ’n mens moet aanhou bid en nie moedeloos moet word nie. 2 Hy het gesê: “In ’n stad was daar ’n tregter wat nie bang was vir God nie. Mense was ook nie vir hom belangrik nie. 3 In dieselfde stad was daar ’n weduwee. Sy het na die regter toe gegaan en vir hom gesê: ‘Daar is iemand wat nie reg doen aan my nie. Jy moet my asseblief help.’ 4 Die regter wou haar nooit help nie, maar ná ’n lang tyd het hy gedink: Ek is nie bang vir God nie en mense is nie vir my belangrik nie.

5 Maar ek sal die weduwee help, want sy is lastig en sy sal my nog baie moeg maak as sy so aanhou vra dat ek haar moet help.”
6 Toe sê die Here: “Het julle gehoor wat sê daardie slegte regter? Hy het gesê hy sal die weduwee help, 7 maar God sal sy mense help, dit is seker. Hy het hulle gekies en hulle roep elke dag en nag na Hom. Dink julle Hy sal lank wag om hulle te help?

8 Nee, Ek sê vir julle: Hy sal hulle dadelik help. Julle moet aanhou bid, sodat, wanneer die tSeun van die mens kom, Hy mense op die aarde sal kry wat glo.”

Die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar


9 Daar was party mense wat gedink het alles wat hulle doen, is genoeg om hulle tregverdig te maak. Hulle het ook gedink net húlle is belangrik. Maar Jesus het toe hierdie tgelykenis vir daardie mense vertel. Hy het gesê: 10 “Twee mans het na die ttempel gegaan om te bid. Die een man was ’n tFariseër en die ander man was ’n ttollenaar. 11 Die Fariseër het gaan staan en hy het só gebid: ‘My God, baie dankie dat ek nie soos die ander mense is nie. Hulle steel, hulle lewe nie soos U wil hê nie, en hulle pleeg tegbreuk. En dankie dat ek nie soos hierdie tollenaar is nie.

12 Ek tvas twee maal in ’n week, en ek gee ttiendes van alles wat ek kry.’

13 “Maar die tollenaar het ver weg gaan staan. Hy wou nie opkyk na die hemel nie, want hy het gedink hy is nie goed genoeg nie. Hy het homself top die bors geslaan en gesê: ‘My God, ek is ’n sondaar. U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help.’ ”

14 Daarna het Jesus gesê: “Ek sê vir julle, toe hierdie tollenaar weggaan van die tempel, was God tevrede met hom maar nie met die Fariseër nie. Want God sal elkeen tverneder wat dink hy is belangrik, en God sal elkeen wat tnederig is, belangrik maak.”

Jesus seën kindertjies

(Ook Matt 19:13-15; Mark 10:13-16)


15 Die mense het hulle kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy aan hulle kon raak. Toe die tdissipels dit sien, het hulle met die mense geraas. 16 Maar Jesus het die kindertjies geroep en gesê: “Laat die kinders na My toe kom en moenie hulle keer nie, want God is Koning oor mense soos hulle.

17 Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand nie soos ’n kindjie glo dat God sy Koning is nie, dan sal hy ook nie kan inkom waar God Koning is nie.”

Geld en rykdom

(Ook Matt 19:16-29; Mark 10:17-30)


18 ’n Leier van die Jode het vir Jesus gesê: “U is ’n goeie tleermeester. Sê vir my wat moet ek doen om die tewige lewe te kry.”
19 Maar Jesus het vir hom gesê: “Hoekom sê jy Ek is goed? Net God is goed, niemand anders nie.

20 Jy weet wat God in sy ttien tgebooie gesê het: ‘tJy mag nie tegbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie oor ander mense lieg nie, jy moet jou ouers respekteer.’ ”

21 Die man het vir Jesus gesê: “Vandat ek klein was, het ek alles gedoen wat God se wette sê.”

22 Toe Jesus dit hoor, het Hy vir hom gesê: “Jy moet nog een ding doen: Gaan verkoop alles wat jy het en deel die geld uit vir die arm mense. Dan sal jy ryk wees in die hemel. Kom dan hier en gaan saam met My.”
23 Die man het baie hartseer geword toe hy hoor wat Jesus sê, want hy was baie ryk. 24 Toe Jesus sien hoe hartseer die ryk man word, het Hy gesê: “Ryk mense sal nie maklik inkom waar God Koning is nie.

25 ’n Ryk man sal moeilik inkom waar God Koning is, ’n kameel sal makliker deur die oog van ’n naald kan gaan.”

26 Die mense wat dit gehoor het, sê toe: “As dit so is, wie sal kan inkom waar God Koning is?”

27 Jesus het lank na hulle gekyk en Hy het gesê: “Mense kan nie self daar inkom nie, net God kan hulle laat inkom. God kan alles doen wat Hy wil doen.”

28 Petrus het vir Jesus gesê: “Kyk na ons, ons het ons mense en ons goed gelos en ons gaan saam met U.”
29 Jesus het vir die tdissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand sy huis los of sy vrou of sy broers of sy ouers of sy kinders omdat hy gehoorsaam is aan God wat Koning is,

30 dan sal hy baie meer terugkry. Hy sal baie terugkry nou, in hierdie tyd. Maar daar kom ’n nuwe tyd, en dan sal hy die ewige lewe kry.”

Jesus sê die derde maal Hy sal sterf en weer lewe

(Ook Matt 20:17-19; Mark 10:32-34)


31 Jesus het met die twaalf tdissipels gepraat. Hy het vir hulle gesê: “Luister, ons gaan na Jerusalem, en alles wat die tprofete oor die tSeun van die mens geskryf het, sal daar met My gebeur. 32 Die Joodse leiers sal My vir die theidene gee, en die heidene sal My spot en sleg van My praat en op My spoeg

33 en My met ’n tsweep slaan en My doodmaak. Maar op die derde dag sal Ek weer lewe.”

34 Die dissipels het niks verstaan wat Jesus gesê het nie. God het hulle nie laat verstaan wat hierdie woorde beteken nie. Hulle kon dit nie verstaan nie.

Die blinde man by Jerigo

(Ook Matt 9:27-31; 20:29-34; Mark 10:46-52)


35 Toe Jesus naby die stad Jerigo kom, was daar ’n blinde man wat langs die pad gesit en bedel het. 36 Die blinde man het gehoor toe baie mense daar verbygaan, en hy het gevra wat daar gebeur. 37 Hulle het vir hom gesê dit is Jesus van Nasaret wat verbygaan.

38 Toe begin die blinde man skree: “Jesus, tSeun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!”

39 Die mense wat voor geloop het, het met hom geraas en gesê hy moet stilbly, maar hy het aangehou en nog harder geskree: “Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!”
40 Jesus het gaan staan en Hy het gesê hulle moet die blinde man na Hom toe bring. Toe die man nader kom, vra Jesus vir hom:

41 “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
En die blinde man antwoord: “Meneer, ek wil sien!”

42 Jesus het vir hom gesê: “Kyk, jy sien nou! Jy sien, want jy het geglo.”
43 Die blinde man kon dadelik sien, en hy het Jesus gevolg terwyl hy God prys. Toe die mense dit sien, het almal God geprys oor wat Jesus gedoen het.

Luke 18

The Story of the Widow Who Would Not Give Up

1 Jesus told his disciples a story. He wanted to show them that they should always pray and not give up.2 He said, "In a certain town there was a judge. He didn't have any respect for God or care about people.3 A widow lived in that town. She came to the judge again and again. She kept begging him, 'Make things right for me. Someone is doing me wrong.'
4 "For some time the judge refused. But finally he said to himself, 'I don't have any respect for God. I don't care about people.5 But this widow keeps bothering me. So I will see that things are made right for her. If I don't, she will wear me out by coming again and again!' "
6 The Lord said, "Listen to what the unfair judge says.
7 "God's chosen people cry out to him day and night. Won't he make things right for them? Will he keep putting them off?8 I tell you, God will see that things are made right for them. He will make sure it happens quickly.
"But when the Son of Man comes, will he find people on earth who have faith?"

The Story of the Pharisee and the Tax Collector

9 Jesus told a story to some people who were sure they were right with God. They looked down on everybody else.10 He said to them, "Two men went up to the temple to pray. One was a Pharisee. The other was a tax collector.
11 "The Pharisee stood up and prayed about himself. 'God, I thank you that I am not like other people,' he said. 'I am not like robbers or those who do other evil things. I am not like those who commit adultery. I am not even like this tax collector.12 I fast twice a week. And I give a tenth of all I get.'
13 "But the tax collector stood not very far away. He would not even look up to heaven. He beat his chest and said, 'God, have mercy on me. I am a sinner.'
14 "I tell you, the tax collector went home accepted by God. But not the Pharisee. Everyone who lifts himself up will be brought down. And anyone who is brought down will be lifted up."

Little Children Are Brought to Jesus

15 People were also bringing babies to Jesus. They wanted him to touch them. When the disciples saw this, they told the people to stop.
16 But Jesus asked the children to come to him. "Let the little children come to me," he said. "Don't keep them away. God's kingdom belongs to people like them.17 What I'm about to tell you is true. Anyone who will not receive God's kingdom like a little child will never enter it."

Jesus and the Rich Ruler

18 A certain ruler asked Jesus a question. "Good teacher," he said, "what must I do to receive eternal life?"
19 "Why do you call me good?" Jesus answered. "No one is good except God.20 You know what the commandments say. 'Do not commit adultery. Do not commit murder. Do not steal. Do not give false witness. Honor your father and mother.' " (Exodus 20:12-16; Deuteronomy 5:16-20)
21 "I have obeyed all those commandments since I was a boy," the ruler said.
22 When Jesus heard this, he said to him, "You are still missing one thing. Sell everything you have. Give the money to those who are poor. You will have treasure in heaven. Then come and follow me."
23 When the ruler heard this, he became very sad. He was very rich.
24 Jesus looked at him. Then he said, "How hard it is for rich people to enter God's kingdom!25 Is it hard for a camel to go through the eye of a needle? It is even harder for the rich to enter God's kingdom!"
26 Those who heard this asked, "Then who can be saved?"
27 Jesus replied, "Things that are impossible with people are possible with God."
28 Peter said to him, "We have left everything we had in order to follow you!"
29 "What I'm about to tell you is true," Jesus said to them. "Has anyone left home or family for God's kingdom?30 They will receive many times as much in this world. In the world to come they will live forever."

Jesus Again Tells About His Coming Death

31 Jesus took the Twelve to one side. He told them, "We are going up to Jerusalem. Everything that the prophets wrote about the Son of Man will come true.32 He will be handed over to people who are not Jews. They will make fun of him. They will laugh at him and spit on him. They will whip him and kill him.33 On the third day, he will rise from the dead!"
34 The disciples did not understand any of this. Its meaning was hidden from them. So they didn't know what Jesus was talking about.

A Blind Beggar Receives His Sight

35 Jesus was approaching Jericho. A blind man was sitting by the side of the road begging.36 The blind man heard the crowd going by. He asked what was happening.37 They told him, "Jesus of Nazareth is passing by."
38 So the blind man called out, "Jesus! Son of David! Have mercy on me!"
39 Those who led the way commanded him to stop. They told him to be quiet. But he shouted even louder, "Son of David! Have mercy on me!"
40 Jesus stopped and ordered the man to be brought to him. When the man came near, Jesus spoke to him.41 "What do you want me to do for you?" Jesus asked.
"Lord, I want to be able to see," the blind man replied.
42 Jesus said to him, "Receive your sight. Your faith has healed you."
43 Right away he could see. He followed Jesus, praising God. When all the people saw it, they also praised God.