previous next

Lukas 19

Jesus en Saggeus

1 Jesus het in Jerigo ingegaan en Hy het deur die stad geloop. 2 Daar het ’n man gewoon, sy naam was Saggeus. Hy was die hoof van die ttollenaars en hy was ’n ryk man. 3 Hy wou graag vir Jesus sien, hy wou sien wie Hy is. Maar omdat daar so baie mense was, kon Saggeus nie vir Jesus sien nie, want Saggeus was ’n kort mannetjie. 4 Toe het Saggeus verder op die pad gehardloop en hy het in ’n wildevye-boom geklim sodat hy vir Jesus kon sien, want Jesus moes daar verbyloop. 5 Toe Jesus by die boom kom, het Hy opgekyk en Hy het vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim gou af, want Ek moet vandag in jou huis bly.” 6 Saggeus het gou afgeklim en hy het vir Jesus in sy huis ingenooi. Saggeus was baie bly dat Jesus in sy huis wou bly.

7 Maar almal wat dit gesien het, was ontevrede. Hulle het gesê: “Jesus het by ’n sondige man se huis ingegaan om daar te bly.”

8 Saggeus het voor Jesus gaan staan en gesê: “Here, ek belowe ek sal die helfte van alles wat ek het, vir die arm mense gee. En as ek te veel geld van iemand gevat het, sal ek vier maal meer teruggee.”
9 Jesus sê toe vir Saggeus en vir almal wat ontevrede was: “Vandag het God die mense in hierdie huis gered, want Saggeus is ook van die tnageslag van Abraham.

10 Ek, die tSeun van die mens, het gekom om almal wat tverlore is, te soek en te red.”

Die gelykenis van die tien geldstukke

(Ook Matt 25:14-30)


11 Jesus het nog iets gesê vir die mense wat na Hom geluister het. Hy het vir hulle ’n tgelykenis vertel. Hy het dit gedoen omdat Hy naby Jerusalem was en omdat die mense gedink het wanneer Jesus in Jerusalem kom, dan sal God dadelik Koning word en regeer. Maar Jesus wou vir hulle reg leer. 12 Daarom het Hy vir hulle gesê: “Daar was ’n man, hy was ’n koning se seun. Hy het na ’n ver land gegaan om eers daar koning te word. Daarna sou hy terugkom en koning wees oor sy eie mense. 13 Toe roep hy tien van sy tslawe en hy gee vir hulle tien geldstukke en sê: ‘Julle moet met hierdie geld baie dinge koop en dit weer verkoop en meer geld kry totdat ek terugkom.’ 14 Maar baie van die mense het niks van die koning se seun gehou nie, en nadat hy weggegaan het, het hulle tboodskappers na hom toe gestuur om vir hom te sê: ‘Ons wil nie hê jy moet koning wees oor ons nie.’ 15 Maar die man het koning geword. Hy het teruggekom en toe laat roep hy die slawe vir wie hy die geld gegee het. Hy het vir hulle gevra wat hulle met die geld gedoen het. Hy wou weet wat hulle gekoop en verkoop het. 16 Die eerste slaaf het gekom en gesê: ‘Meneer, hier is die een geldstuk wat jy gegee het, en hier is nog tien geldstukke daarby.’ 17 Die koning het vir hom gesê: ‘Dit is goed. Jy is ’n goeie slaaf. Ek gee nou vir jou tien stede, jy moet oor hulle regeer, want jy het goed gewerk met die bietjie geld wat ek vir jou gegee het.’ 18 Toe kom die tweede slaaf en hy sê: ‘Meneer, hier is die een geldstuk wat jy gegee het, en hier is nog vyf geldstukke daarby.’

19 Die koning het ook vir hierdie slaaf gesê: ‘Ek gee vir jou vyf stede, jy moet oor hulle regeer.’
20 “’n Derde slaaf het gekom en gesê: ‘Meneer, hier is die geldstuk wat jy gegee het. Ek het dit mooi toegedraai in ’n lap en ek het dit gebêre, 21 want ek was bang vir jou omdat jy kwaai is. Jy vat van mense goed wat jy nie gegee het nie, en jy sny koring af wat jy nie gesaai het nie.’ 22 Toe sê die koning vir hom: ‘Jy is ’n slegte slaaf, jy het nou self gesê hoekom ek jou moet straf. Jy het geweet ek is kwaai, ek vat van mense goed wat ek nie gegee het nie en ek sny koring af wat ek nie gesaai het nie. 23 Hoekom het jy nie my geld in die bank gesit nie? Dan kon ek my geld en die trente gekry het toe ek teruggekom het.’ 24 Toe sê die koning vir sy tamptenare: ‘Vat die geldstuk van hom weg en gee dit vir die slaaf wat tien geldstukke het.’ 25 Hulle het vir hom gesê: ‘Meneer, hy het klaar tien geldstukke.’ 26 Maar die koning het gesê: ‘Ek sê vir julle, ek sal vir elkeen wat baie het, nog meer gee, en ek sal van elkeen wat nie baie het nie, ook die bietjie wegvat wat hy het.

27 En daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle moet wees nie, bring hulle en maak hulle dood hier voor my.’ ”

Jesus ry op ’n donkie in Jerusalem in

(Ook Matt 21:1-3,6-9; Mark 11:1-10; Joh 12:12-14)


28 Nadat Jesus hierdie tgelykenis vertel het, het Hy verder gegaan na Jerusalem. 29 Toe Hy naby die dorpies Betfage en Betanië op die Olyf-berg kom, het Jesus twee van sy tdissipels gestuur 30 en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie hier voor julle, en wanneer julle daar ingaan, sal julle ’n jong donkie sien wat vasgemaak is. Daar het nog nooit ’n mens op hom gesit nie. Maak hom los en bring hom hier.

31 En wanneer iemand vir julle vra hoekom julle die donkie losmaak, dan moet julle sê: Die Here wil hom gebruik.”
32 Daardie twee dissipels het toe gegaan en dit was alles soos Jesus vir hulle gesê het.

33 Toe hulle die donkie losmaak, het sy eienaars vir die dissipels gevra: “Hoekom maak julle die donkie los?”

34 Die dissipels het gesê: “Die Here wil hom gebruik.”
35 Die dissipels bring toe die jong donkie na Jesus toe, en hulle gooi van hulle klere oor die donkie, en hulle tel Jesus op die donkie. 36 Daarna het Jesus verder gery op die donkie, en die mense het van hulle klere op die pad voor Hom oopgegooi. 37 Toe Jesus naby Jerusalem kom, op die pad wat van die Olyf-berg na onder gaan, was al die mense wat saam met Jesus geloop het, baie bly. Hulle het hard begin skree en hulle het God geprys oor al die wonderlike dinge wat hulle gesien het.

38 Hulle het geskree:
tPrys die Man wat kom!
Hy is die Koning,
die Here het Hom gestuur!
Daar is vrede in die hemel,
God in die hoogste hemel
is Koning!

39 Party van die tFariseërs wat tussen die mense was, het vir Jesus gesê: “Meneer, jy moet vir jou dissipels sê hulle moet stilbly. Hulle mag nie hierdie dinge sê nie.”

40 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, dan sal die klippe hard skree en dit sê.”
41 Toe Jesus nader gaan en Jerusalem sien, het Hy gehuil oor die stad. 42 Hy het gesê: “Mense van Jerusalem, hoekom wil julle vandag nie verstaan wat dit is wat vir julle vrede sal bring nie. Julle wil dit nie sien nie. 43 Ek huil oor julle, want daar sal ’n tyd kom wanneer julle vyande ’n tgrondwal rondom die stad sal bou. Hulle soldate sal rondom julle wees en julle sal nie uit die stad kan gaan nie.

44 Julle vyande sal die stad tverwoes en hulle sal julle almal doodmaak. Hulle sal alles afbreek, daar sal nie een muur bly staan nie. Hoekom? Omdat die tyd gekom het wanneer God julle wil red, maar julle verstaan dit nie.”

Jesus jaag die verkopers uit die tempel

(Ook Matt 21:12-13; Mark 11:15-18; Joh 2:13-14,16)


45 Jesus het toe na die ttempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te verkoop. Jesus het hulle uitgejaag.

46 Hy het vir hulle gesê: “In die Ou Testament is geskryf: ‘God het gesê:
“ ‘tMy ttempel moet ’n plek wees
waar mense bid.’
tMaar julle het dit verander,
dit is nou ’n plek
waar diewe bymekaarkom.”
47 Jesus het elke dag vir die mense in die tempel geleer. Die tpriesterleiers, die tskrifgeleerdes en die leiers van die volk het planne gemaak om Hom dood te maak, 48 maar hulle kon nie besluit hoe hulle dit sal doen nie, want al die mense het van Jesus gehou en hulle het graag na Hom geluister.

Luke 19

Zacchaeus the Tax Collector

1 Jesus entered Jericho and was passing through.2 A man named Zacchaeus lived there. He was a chief tax collector and was very rich.
3 Zacchaeus wanted to see who Jesus was. But he was a short man. He could not see Jesus because of the crowd.4 So he ran ahead and climbed a sycamore-fig tree. He wanted to see Jesus, who was coming that way.
5 Jesus reached the spot where Zacchaeus was. He looked up and said, "Zacchaeus, come down at once. I must stay at your house today."6 So Zacchaeus came down at once and welcomed him gladly.
7 All the people saw this. They began to whisper among themselves. They said, "Jesus has gone to be the guest of a 'sinner.' "
8 But Zacchaeus stood up. He said, "Look, Lord! Here and now I give half of what I own to those who are poor. And if I have cheated anybody out of anything, I will pay it back. I will pay back four times the amount I took."
9 Jesus said to Zacchaeus, "Today salvation has come to your house. You are a member of Abraham's family line.10 The Son of Man came to look for the lost and save them."

The Story of Three Servants

11 While the people were listening to these things, Jesus told them a story. He was near Jerusalem. The people thought that God's kingdom was going to appear right away.
12 Jesus said, "A man from an important family went to a country far away. He went there to be made king and then return home.13 So he sent for ten of his servants. He gave them each about three months' pay. 'Put this money to work until I come back,' he said.
14 "But those he ruled over hated him. They sent some messengers after him. They were sent to say, 'We don't want this man to be our king.'
15 "But he was made king and returned home. Then he sent for the servants he had given the money to. He wanted to find out what they had earned with it.
16 "The first one came to him. He said, 'Sir, your money has earned ten times as much.'
17 " 'You have done well, my good servant!' his master replied. 'You have been faithful in a very small matter. So I will put you in charge of ten towns.'
18 "The second servant came to his master. He said, 'Sir, your money has earned five times as much.'
19 "His master answered, 'I will put you in charge of five towns.'
20 "Then another servant came. He said, 'Sir, here is your money. I have kept it hidden in a piece of cloth.21 I was afraid of you. You are a hard man. You take out what you did not put in. You harvest what you did not plant.'
22 "His master replied, 'I will judge you by your own words, you evil servant! So you knew that I am a hard man? You knew that I take out what I did not put in? You knew that I harvest what I did not plant?23 Then why didn't you put my money in the bank? When I came back, I could have collected it with interest.'
24 "Then he said to those standing by, 'Take his money away from him. Give it to the one who has ten times as much.'
25 " 'Sir,' they said, 'he already has ten times as much!'
26 "He replied, 'I tell you that everyone who has will be given more. But here is what will happen to anyone who has nothing. Even what he has will be taken away from him.27 And what about my enemies who did not want me to be king over them? Bring them here! Kill them in front of me!' "

Jesus Enters Jerusalem

28 After Jesus had said this, he went on ahead. He was going up to Jerusalem.
29 He approached Bethphage and Bethany. The hill there was called the Mount of Olives. Jesus sent out two of his disciples. He said to them,30 "Go to the village ahead of you. As soon as you get there, you will find a donkey's colt tied up. No one has ever ridden it. Untie it and bring it here.31 Someone may ask you, 'Why are you untying it?' If so, say, 'The Lord needs it.' "
32 Those who were sent ahead went and found the young donkey. It was there just as Jesus had told them.33 They were untying the colt when its owners came. The owners asked them, "Why are you untying the colt?"
34 They replied, "The Lord needs it."
35 Then the disciples brought the colt to Jesus. They threw their coats on the young donkey and put Jesus on it.36 As he went along, people spread their coats on the road.

37 Jesus came near the place where the road goes down the Mount of Olives. There the whole crowd of disciples began to praise God with joy. In loud voices they praised him for all the miracles they had seen. They shouted,

38 "Blessed is the king who comes in the name of the Lord!" (Psalm 118:26)
"May there be peace and glory in the highest heaven!"
39 Some of the Pharisees in the crowd spoke to Jesus. "Teacher," they said, "tell your disciples to stop!"
40 "I tell you," he replied, "if they keep quiet, the stones will cry out."
41 He approached Jerusalem. When he saw the city, he began to sob.42 He said, "I wish you had known today what would bring you peace! But now it is hidden from your eyes.
43 "The days will come when your enemies will arrive. They will build a wall of dirt up against your city. They will surround you and close you in on every side.44 You didn't recognize the time when God came to you. So your enemies will smash you to the ground. They will destroy you and all the people inside your walls. They will not leave one stone on top of another."

Jesus Clears Out the Temple

45 Then Jesus entered the temple area. He began chasing out those who were selling there.46 He told them, "It is written that the Lord said, 'My house will be a house where people can pray.' (Isaiah 56:7) But you have made it a 'den for robbers.' " (Jeremiah 7:11)
47 Every day Jesus was teaching at the temple. But the chief priests and the teachers of the law were trying to kill him. So were the leaders among the people.48 But they couldn't find any way to do it. All the people were paying close attention to his words.