Lukas 19
1 Later het Jesus deur Jerigo gestap.2 Een van die mense wat daar gebly het se naam was Saggeus. Hy was die hoof van die berugte tollenaars wat belasting ingevorder het, en 'n skatryk man.3 Toe Saggeus hoor dat Jesus deur die dorp stap, het hy probeer om Hom tussen die mense deur te sien te kry. Maar hy kon nie, want hy was te kort.4 Toe maak hy 'n plan: hy het gou vooruitgehardloop en in 'n wildevyeboom gaan klim wat langs die pad gestaan het waar Jesus sou verbyloop.
5 Toe Jesus by die wildevyeboom kom, het Hy skielik gaan staan, opgekyk en gesê: "Saggeus, klim dadelik af. Maak gou! Want Ek moet vandag by jou kom oorbly."
6 Saggeus het omtrent uit die boom geval so vinnig het hy afgeklim. Hy was baie opgewonde dat Jesus besluit het om juis by hom te kom bly.
7 Natuurlik was die mense van die dorp glad nie bly oor Jesus se keuse nie. "Wat vang hy aan? Hoekom gaan bly hy by die grootste skelm in die dorp?"
8 Maar Saggeus se lewe het daardie dag heeltemal verander. Hy het voor die Here gaan staan en vir Hom gesê: "Kyk, van nou af gaan ek anders lewe. Daarom gee ek nou die helfte van alles wat ek besit vir die armes. In die verlede het ek baie mense verkul met geld. Maar ek gaan daardie geld vierdubbel aan hulle terugbetaal."
9 Jesus sê toe: "Vandag het God jou lewe splinternuut gemaak omdat jy My in jou huis toegelaat het. Jy tel nou ook onder die kinders van Abraham. Almal wat in My glo, is sy nageslag.10 Jy ook! Ek, die Seun van die mens, het gekom om mense te soek wat op die verkeerde pad leef. Ek maak hulle lewens splinternuut."
11 Terwyl almal so na Jesus sit en luister, het Hy vir hulle 'n storie vertel. Hulle was nou nie meer ver van Jerusalem af nie en party van sy volgelinge het gedink dat God se nuwe wêreld sommer nou enige oomblik sou aanbreek.
12 "Daar was eendag 'n baie belangrike man. Hy moes toe vir 'n lang tyd van sy grond af weggaan om die hoof te word van 'n koninkryk in 'n naburige gebied.13 Voor sy vertrek het hy tien van sy werkers laat roep. Hy het toe tien sakkies vol geld gevat en aan elkeen van hulle een gegee. 'Gaan doen nou goeie besigheid met my geld. Wanneer ek terugkom, moet julle vir my kom sê wat julle daarmee gemaak het.'
14 "Dié ryk man was nie gewild onder die burgers van die land nie. Toe hulle hoor dat hy vertrek het, het hulle 'n boodskap agter hom aangestuur: 'Ons hoop nie dat jy ook ons leier word nie, want ons hou niks van jou nie.'
15 "Kort nadat die man die heerser van die naburige gebied geword het, het hy na sy huis toe teruggekeer. Hy roep toe sy werkers bymekaar om by hulle te hoor wat hulle met sy geld gemaak het.
16 "Die eerste een kom toe en sê: 'Meneer, ek het die geld wat u my gegee het, gaan vertiendubbel. Hier is nou tien maal soveel as wat u vroeër vir my gegee het.'
17 "'Ongelooflik! Jy was getrou aan my selfs tot in die heel kleinste dingetjies. Daarom stel ek jou van nou af aan as die hoof oor tien stede in my landgebied.'
18 "Die tweede werker kom toe en sê: 'Meneer, ek het die geld wat u my gegee het vyf maal meer gemaak.'
19 "Die heerser was bly daaroor: 'Van vandag af maak ek jou die hoof van vyf stede in my landgebied.'
20 "Werker nommer drie het toe sy opwagting gemaak en gesê: 'Ag, Meneer, hier is al die geld veilig terug wat u aan my gegee het.21 Omdat ek weet u is 'n harde man, het ek besluit om u geld veilig weg te steek. Want u is iemand wat vat sonder om te gee en wat oes waar u nie geplant het nie.'
22 "Die heerser sê toe: 'Jy is regtig 'n hopelose werker, 'n nikswerd! Jy weet ek is baie streng en verwag net die beste van julle.23 Kon jy nie maar my geld in 'n bank gesit het nie? Dan kon ek ten minste rente op die geld gekry het.24 Vat hierdie man se geld weg en gaan gee dit aan daardie werker wat my geld vertiendubbel het.'
25 "Die ander werkers was baie verbaas daaroor: 'Maar, Meneer, hy het dan mos al klaar tien maal soveel geld as aan die begin. Waarom moet hy nog kry?'
26 "Toe antwoord die heerser: 'Almal wat bereid is om skouer aan die wiel te sit en hard te werk met dit wat hulle het, sal nog meer kry. Maar wie niks doen nie, sal uiteindelik ook nog die bietjie verloor wat hulle het.
27 "'En wat daardie spul mense hier in die omgewing betref wat nie wou hê ek moet die heerser word nie - bring hulle hier en maak hulle dood, sommer hier reg voor my.'"
28 Toe Jesus hierdie verhaal klaar vertel het, het Hy sy reis na Jerusalem voortgesit.
29 Hy kom toe by Betfage aan die voet van die Olyfberg, nie ver van Jerusalem af nie.30 "Gaan gou na Betfage toe," sê Jesus vir twee van sy volgelinge. "Nes julle die dorp inkom, sal julle 'n jong donkie daar kry. Niemand het nog ooit op hom gery nie. Bring hom vir My.31 As iemand vra wat julle doen, sê dan: 'Die Here het hierdie donkie nodig.'"
32 Die twee volgelinge het toe na Betfage gegaan en die jong donkie daar gekry.33 Terwyl hulle hom losmaak, kom sy eienaars daar aan en sê: "Wat vang julle aan? Hoekom maak julle die donkie los?"
34 "Die Here het hom nodig," het hulle geantwoord.
35 Hulle bring toe die donkie na Jesus toe. Daarna het die dissipels hulle klere gevat en 'n saal vir Hom gemaak waarop Hy kon sit.36 Toe Jesus begin ry, het hulle hulle klere uit respek voor Hom in die pad neergesit.37 Toe Jesus naby die lang afdraande kom wat van die Olyfberg af na Jerusalem toe loop, het 'n groot klomp van sy volgelinge begin om God hardop te loof en te prys. Hulle was baie bly oor al die groot dinge wat Hy gedoen het.38 Hulle het Jesus soos 'n koning daar in Jerusalem verwelkom en hard uitgeroep: "Prys Hom wat as Koning in die Naam van die Here kom! Nou seëvier God se hemelse vrede. Al die eer kom die allerhoogste God toe."
39 'n Klompie Fariseërs wat ook in die skare was, was baie geskok oor hierdie woorde. Hulle sê toe: "Leermeester, hou jou dissipels in toom! Jy kan mos nie toelaat dat hulle sulke dinge oor jou sê nie!"
40 Jesus antwoord: "En waarom nie? As hulle sou stilbly, sou die klippe hier langs die pad dieselfde oor My uitroep!"
41 Toe Jesus naby Jerusalem kom, was Hy baie hartseer. Terwyl die trane oor sy wange loop, sê Hy:42 "Jerusalem, as jy net jou oë wil oopmaak en besef wie vandag na jou toe kom. Dan sal God se vrede regtig hier aanbreek. Maar nou is jy stokblind! Daarom lê daar swaar tye vir jou voor.43 Een van die dae sal jou vyande hulle hier om die stad kom ingrawe.44 Hulle sal jou omsingel en al jou inwoners doodmaak. G'n kind of kraai sal oorbly nie. Ja, hierdie hele stad sal met die grond gelykgemaak word. Dis jou straf omdat jy jou rug vir My gedraai het. Ja, dié dag toe Ek by jou besoek kom aflê het, wou jy My nie ontvang nie."
45 In Jerusalem is Jesus reguit tempel toe. Langs die groot tempelgebou was daar 'n groot, oop plein. Hier op die tempelplein is offerdiere aan die mense verkoop wat nie self diere by hulle gehad het nie.46 Jesus het skielik begin om al die handelaars weg te jaag. Hy sê toe: "Gaan lees wat in die Skrif staan:
'Mense moet My kom aanbid hier in my huis. Julle het dit egter die bymekaarkomplek van 'n klomp skelms gemaak.'"
47 Daarna het Jesus elke dag na die tempel toe gekom om vir die mense te vertel van God se nuwe wêreld. Dit het al die belangrikste godsdienstige leiers van die stad woedend gemaak. Hulle kon dit nie verdra dat Jesus daar in hulle hoofkwartier sulke dinge sê nie. Daarom het hulle besluit om Hom dood te maak.48 Maar hulle was magteloos, want al die mense het aan Jesus se lippe gehang.
Luke 19
Jesus and Zacchaeus
1 Jesust entered Jerichos and was passing through it.2 Nowt a man named Zacchaeus was there; he was a chief tax collectors and was rich.3 Het was trying to get a look at Jesus,t but being a short man he could not see over the crowd.t4 Sot he ran on ahead and climbed up into a sycamore trees to see him, because Jesust was going to pass that way.5 And when Jesus came to that place, he looked ups and said to him, “Zacchaeus, come down quickly,t because I musts stay at your house today.”s6 So he came down quicklyt and welcomed Jesust joyfully.ts7 And when the peoplet saw it, they all complained,t “He has gone in to be the guest of a man who is a sinner.”s8 But Zacchaeus stopped and said to the Lord, “Look, Lord, half of my possessions I now gives to the poor, and ift I have cheated anyone of anything, I am paying back four times as much!”9 Thent Jesus said to him, “Today salvations has come to this household,s because he too is a son of Abraham!s
10 For the Son of Man cames to seek and to save the lost.”
The Parable of the Ten Minas
11 While the people were listening to these things, Jesust proceeded to tell a parable, because he was near to Jerusalem,s and because they thoughtt that the kingdom of Gods was going tot appear immediately.12 Therefore he said, “A noblemant went to a distant country to receives for himself a kingdom and then return.s13 And he summoned ten of his slaves,t gave them ten minas,s and said to them, ‘Do business with these until I come back.’14 But his citizenst hatedt him and sent a delegation after him, saying, ‘We do not want this mant to be kingt over us!’15 Whent he returned after receiving the kingdom, he summonedt these slaves to whom he had given the money. He wantedt to know how much they had earneds by trading.16 Sot the first one came before him and said, ‘Sir,t your minat has made ten minas more.’17 And the kingt said to him, ‘Well done, good slave! Because you have been faithfult in a very small matter, you will have authoritys over ten cities.’18 Thent the second one came and said, ‘Sir, your mina has made five minas.’19 Sot the kingt said to him, ‘And you are to be over five cities.’20 Then anothers slavet came and said, ‘Sir, here ist your mina that I put away for safekeepingt in a piece of cloth.t21 For I was afraid of you, because you are a severet man. You withdrawt what you did not depositt and reap what you did not sow.’22 The kingt said to him, ‘I will judge you by your own words,t you wicked slave!t So you knew, did you, that I was a severet man, withdrawing what I didn’t deposit and reaping what I didn’t sow?23 Why then didn’t you putt my money in the bank,t so that when I returned I could have collected it with interest?’24 And he said to his attendants,t ‘Take the mina from him, and give it to the one who has ten.’t25 Butt they said to him, ‘Sir, he has ten minas already!’s26 ‘I tell you that everyone who has will be given more,ts but from the one who does not have, even what he has will be taken away.s
27 But as for these enemies of mine who did not want me to be their king,t bring them here and slaughtert thems in front of me!’”
The Triumphal Entry
28 After Jesust had said this, he continued on ahead,t going up to Jerusalem.ss29 Nowt when he approached Bethphages and Bethany, at the place called the Mount of Olives,ts he sent two of the disciples,30 telling them,t “Go to the village ahead of you.t Whent you enter it, you will find a colt tied there that has never been ridden.t Untie it and bring it here.31 If anyone asks you, ‘Why are you untying it?’ just say, ‘The Lord needss it.’”32 So those who were sent ahead foundt it exactlys as he had told them.33 Ast they were untying the colt, its owners asked them,t “Why are you untying that colt?”34 They replied, “The Lord needs it.”35 Thent they brought it to Jesus, threw their cloakst on the colt,s and had Jesus get ont it.36 Ast he rode along, theyt spread their cloaks on the road.37 As he approached the road leading down fromt the Mount of Olives,s the whole crowd of hist disciples began to rejoicet and praises God with a loud voice for all the mighty workst they had seen:t38 “Blessed is the kingswho comes in the name of the Lord!s Peace in heaven and glory in the highest!”39 Butt some of the Phariseess in the crowd said to him, “Teacher, rebuke your disciples.”s
40 He answered,t “I tell you, if theyt keep silent, the very stoness will cry out!”
Jesus Weeps for Jerusalem under Judgment
41 Nowt when Jesust approacheds and saw the city, he wept over it,42 saying, “If you had only known on this day,s even you, the things that make for peace!t But now they are hiddens from your eyes.43 For the days will come upon you when your enemies will builds an embankments against you and surround you and close in on you from every side.
44 They will demolish youts – you and your children within your wallst – and they will not leave within you one stones on top of another,t because you did not recognize the time of your visitation from God.”ts
Cleansing the Temple
45 Thent Jesust entered the temple courtsts and began to drive out those who were selling things there,s
46 saying to them, “It is written, ‘My house will be a house of prayer,’s but you have turned it into a dentof robbers!”s
47 Jesust was teaching daily in the temple courts. The chief priests and the experts in the lawt and the prominent leaders among the people were seeking to assassinatets him,
48 butt they could not find a way to do it,t for all the people hung on his words.s