LUKAS 19
Jesus gaan tuis by Saggeus
1 Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap.2 En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was 'n hooftollenaar en 'n ryk man.3 Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was.
4 Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in 'n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan.
5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: "Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan."
6 Saggeus het toe haastig afgeklim en Jesus opgewonde ontvang.
7 Almal wat dit gesien het, het geprotesteer en gesê: "Hy het jou werklik tuisgegaan by 'n sondige man!"
8 Saggeus het egter openlik gereageer en vir die Here gesê: "Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met 'n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug."
9 Jesus sê toe vir hom: "Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom, omdat ook hierdie man 'n seun van Abraham is.
10 Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom om wat verlore is, te soek en te red."
Tien slawe ontvang muntstukke om mee te woeker
11 Nadat die mense na Jesus geluister het, het Jesus self voortgegaan om 'n volgende gelykenis vir hulle te vertel. Die aanleiding was dat Jesus naby Jerusalem was en die mense gedink het dat die koningsheerskappy van God skielik, ja, enige oomblik sou begin.12 Jesus het gesê: "'n Sekere man van hoë afkoms het na 'n afgeleë landgebied vertrek om 'n koningskap te bekom en dan weer terug te kom.13 Hy het sy tien slawe geroep en aan hulle tien goue muntstukke gegee en gesê: 'Gaan doen besigheid daarmee totdat ek kom.'
14 Sy landgenote het hom egter gehaat en 'n afvaardiging agterna gestuur om te sê: 'Ons wil nie hierdie man as koning oor ons hê nie.'
15 "By sy terugkoms, nadat hy die koningskap ontvang het, het hy hierdie slawe aan wie hy die geld gegee het, geroep met die doel om agter te kom watter wins hulle gemaak het.
16 Die eerste het aangetree en gesê: 'Meneer, u muntstuk het 'n wins van tien muntstukke opgelewer.'
17 Sy reaksie was: 'Knap gedaan, goeie slaaf; omdat jy in die geringste getrou was, kry jy nou beheer oor tien stede.'
18 "Toe kom die tweede slaaf en sê: 'Meneer, u muntstuk het vyf muntstukke opgelewer.'
19 Aan hierdie slaaf sê hy toe: 'Jy kry beheer oor vyf stede.'
20 "Nog een het gekom en gesê: 'Meneer, kyk, hier is u muntstuk. Ek het dit in 'n doek gaan wegsteek.
21 Ek was bang vir u omdat u 'n hardvogtige besigheidsman is. U eis wat u nie belê het nie, en oes waar u nie gesaai het nie.'
22 "Hy sê vir hom: 'Uit jou eie mond oordeel ek jou nou. Jy is 'n slegte slaaf! Jy was deeglik daarvan bewus dat ek 'n hardvogtige man is wat opvra wat ek nie belê het nie, en oes waar ek nie gesaai het nie.
23 Waarom het jy nie dan maar my geld in 'n bank belê nie? Dan sou ek dit met rente by my terugkeer kon getrek het.'
24 "Hy het toe aan die omstanders die opdrag gegee: 'Vat die muntstuk van hom af weg, en gee dit aan die een wat die tien muntstukke het.'
25 Hulle antwoord hom: 'Meneer, hy het dan alreeds tien muntstukke.'
26 "Ek sê vir julle: 'Aan elkeen wat het, sal gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook weggevat word wat hy besit.
27 En daardie mense wat teen my vyandig was, wat nie wou hê dat ek koning oor hulle moet wees nie, bring hulle hier en maak hulle hier voor my oë dood.'"
Jesus gaan Jerusalem triomfantlik binne
28 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy voor die ander uit gegaan, op pad na Jerusalem toe.
29 Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, het Hy twee van sy dissipels vooruit gestuur met die opdrag:30 "Gaan na die dorpie daar oorkant; by die ingang sal julle 'n donkie kry wat vasgemaak is, waarop niemand nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom hier.
31 As enigiemand vir julle vra: 'Waarom maak julle hom los?' moet julle só sê: 'Die Here het hom nodig.'"
32 Die twee dissipels wat deur Jesus gestuur is, gaan kry toe alles net soos Hy vir hulle gesê het.
33 Terwyl hulle besig is om die donkie los te maak, sê sy eienaars vir hulle: "Waarom maak julle die donkie los?"
34 Hulle antwoord: "Die Here het hom nodig."
35 Hulle het die donkie na Jesus toe gebring. Hulle het hulle bo-klere op die donkie oopgesprei, en Jesus laat opklim.
36 Terwyl Jesus vorentoe beweeg, het die mense hulle bo-klere op die pad oopgesprei.37 Toe Hy naderkom, reeds op die afdraand van die Olyfberg, het die groot skare dissipels God uit volle bors begin loof en prys oor al die kragtige dade wat hulle gesien het.38 Hulle het gesing:
"Geseënd is Hy wat kom
in die Naam van die Here,
die Koning!
Vrede in die hemel
en heerlikheid
in die hoogste hemele!"
39 Sommige van die Fariseërs uit die skare het vir Jesus gesê: "Leermeester, bestraf jou dissipels!"
40 Jesus het gereageer: "Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe dit uitroep!"
Jesus huil oor Jerusalem
41 Toe Hy naderkom en die stad voor Hom sien, het Jesus oor die stad begin huil.
42 Hy het verder gesê: "As jy op hierdie oomblik maar net wou insien watter dinge vir jou vrede bring! Maar nou is dit weggesteek vir jou oë.43 Daar sal dae oor jou kom dat jou vyande skanse teen jou oprig, jou omsingel en jou van alle kante beleër.
44 Hulle sal jou met die grond gelykmaak en jou inwoners uitwis. En hulle sal nie een klip in jou op die ander laat bly nie omdat jy die beslissende tyd van God se genadige besoek aan jou verwerp het."
Jesus maak die tempel skoon
45 Jesus het die tempelgebied ingegaan en die smouse begin uitjaag.46 Hy sê vir hulle: "Daar staan geskryf:
'My huis moet 'n huis van
gebed wees,'
maar julle het dit 'n grot
vir rowers gemaak."
47 Jesus was dag na dag in die tempel besig om onderrig te gee. Die priesterhoofde en die skrifkenners en ook die ander volksleiers het 'n rede gesoek om Hom om die lewe te bring.
48 Hulle het egter niks gekry wat hulle in werking kon stel nie omdat die hele volk aan sy lippe gehang het.
LUKE 19
Zacchaeus
1 Jesus was going through Jericho, 2 where a man named Zacchaeus lived. He was in charge of collecting taxest and was very rich.
3-4 Jesus was heading his way, and Zacchaeus wanted to see what he was like. But Zacchaeus was a short man and could not see over the crowd. So he ran ahead and climbed up into a sycamore tree.
5 When Jesus got there, he looked up and said, “Zacchaeus, hurry down! I want to stay with you today.”
6 Zacchaeus hurried down and gladly welcomed Jesus.
7 Everyone who saw this started grumbling, “This man Zacchaeus is a sinner! And Jesus is going home to eat with him.”
8 Later that day Zacchaeus stood up and said to the Lord, “I will give half of my property to the poor. And I will now pay back four times as mucht to everyone I have ever cheated.”
9 Jesus said to Zacchaeus, “Today you and your family have been saved, t because you are a true son of Abraham.t
10 t The Son of Man came to look for and to save people who are lost.”A Story about Ten Servants
(Matthew 25.14-30)
11 t The crowd was still listening to Jesus as he was getting close to Jerusalem. Many of them thought that God's kingdom would soon appear,
12 and Jesus told them this story:
A prince once went to a foreign country to be crowned king and then to return.
13 But before leaving, he called in ten servants and gave each of them some money. He told them, “Use this to earn more money until I get back.”
14 But the people of his country hated him, and they sent messengers to the foreign country to say, “We don't want this man to be our king.”
15 After the prince had been made king, he returned and called in his servants. He asked them how much they had earned with the money they had been given.
16 The first servant came and said, “Sir, with the money you gave me I have earned ten times as much.”
17 “That's fine, my good servant!” the king said. “Since you have shown that you can be trusted with a small amount, you will be given ten cities to rule.”
18 The second one came and said, “Sir, with the money you gave me, I have earned five times as much.”
19 The king said, “You will be given five cities.”
20 Another servant came and said, “Sir, here is your money. I kept it safe in a handkerchief.
21 You are a hard man, and I was afraid of you. You take what isn't yours, and you harvest crops you didn't plant.”
22 “You worthless servant!” the king told him. “You have condemned yourself by what you have just said. You knew I am a hard man, taking what isn't mine and harvesting what I've not planted.
23 Why didn't you put my money in the bank? On my return, I could have had the money together with interest.”
24 Then he said to some other servants standing there, “Take the money away from him and give it to the servant who earned ten times as much.”
25 But they said, “Sir, he already has ten times as much!”
26 t The king replied, “Those who have something will be given more. But everything will be taken away from those who don't have anything.
27 Now bring me the enemies who didn't want me to be their king. Kill them while I watch!”Jesus Enters Jerusalem
(Matthew 21.1-11; Mark 11.1-11; John 12.12-19)
28 When Jesus had finished saying all this, he went on toward Jerusalem. 29 As he was getting near Bethphage and Bethany on the Mount of Olives, he sent two of his disciples on ahead. 30 He told them, “Go into the next village, where you will find a young donkey that has never been ridden. Untie the donkey and bring it here.
31 If anyone asks why you are doing this, just say, ‘The Lordt needs it.’ ”
32 They went off and found everything just as Jesus had said.
33 While they were untying the donkey, its owners asked, “Why are you doing that?”
34 They answered, “The Lordt needs it.”
35 Then they led the donkey to Jesus. They put some of their clothes on its back and helped Jesus get on. 36 And as he rode along, the people spread clothes on the roadt in front of him. 37 When Jesus started down the Mount of Olives, his large crowd of disciples were happy and praised God because of all the miracles they had seen.
38 t They shouted,
“Blessed is the king who comes
in the name of the Lord!
Peace in heaven
and glory to God.”
39 Some Pharisees in the crowd said to Jesus, “Teacher, make your disciples stop shouting!”
40 But Jesus answered, “If they keep quiet, these stones will start shouting.”
41 When Jesus came closer and could see Jerusalem, he cried
42 and said:
It is too bad that today your people don't know what will bring them peace! Now it is hidden from them. 43 Jerusalem, the time will come when your enemies will build walls around you to attack you. Armies will surround you and close in on you from every side.
44 They will level you to the ground and kill your people. Not one stone in your buildings will be left on top of another. This will happen because you did not see that God had come to save you.tJesus in the Temple
(Matthew 21.12-17; Mark 11.15-19; John 2.13-22)
45 When Jesus entered the temple, he started chasing out the people who were selling things.
46 t He told them, “The Scriptures say, ‘My house should be a place of worship.’ But you have made it a place where robbers hide!”
47 t Each day, Jesus kept on teaching in the temple. So the chief priests, the teachers of the Law of Moses, and some other important people tried to have him killed. 48 But they could not find a way to do it, because everyone else was eager to listen to him.