previous next

LUKAS 2

Geboorte van Jesus Christus.

1 EN in daardie dae het daar t’n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.

2 Hierdie teerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius tgoewerneur van Sírië was.

3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.

4 En Josef het ook opgegaan van tGaliléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na tdie stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, tomdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,

5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, tdie vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.

6 En tterwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;

7 en sy het thaar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Die herders van Betlehem.


8 EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.

9 En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en tgroot vrees het hulle oorweldig.

10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

11  tdat vir julle vandag tin die stad van Dawid gebore is tdie Saligmaker wat tChristus, tdie Here, is.

12 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

13 En skielik was daar saam met die engel ’n tmenigte van die hemelse leërskare twat God prys en sê:

14  tEer aan God in die hoogste hemele en tvrede op aarde, tin die mense ’n welbehae!

15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na tBetlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.

16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.

17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.

18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;

19  tmaar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.

20 En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.

Besnydenis en voorstelling van Jesus.


21  tEN toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom tJesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.

22 En nadat tdie dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, thet hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,

23 soos geskrywe is in die wet van die Here: tElke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;

24 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: t’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.

Símeon en Anna.


25 EN daar was ’n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en tvroom en het die tvertroosting van Israel tverwag, en die Heilige Gees was op hom.

26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy tdie dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

27 En hy het tdeur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring tom met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,

28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:

29  tNou laat U, tHere, u dienskneg gaan in vrede tvolgens u woord,

30 omdat my oë tu heil gesien het,

31  twat U berei het voor die oë van al die volke —

32  t’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

33 En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.

34 En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind tis bestemd tot t’n val en ’n opstanding van baie in Israel en tot ’n teken twat weerspreek sal word —

35 ja, ’n tswaard sal deur jou eie siel gaan — sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.

36 En daar was Anna, ’n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van tAser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;

37 en sy was ’n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en tmet vaste en gebede God gedien, tnag en dag.

38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die tverlossing tverwag het.

39 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na tGaliléa, na thulle stad Násaret.

40 En tdie Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

Die Kind Jesus tussen die leraars.


41 EN sy ouers was gewoond om telke jaar met die tpaasfees na Jerusalem te gaan.

42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.

43 En nadat tdie feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.

44 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle ’n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.

45 En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.

46 En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van tdie leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.

47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

48 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.

49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek tin die dinge van Joh. 2:16my Vader moet wees nie?

50 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.

51 En Hy het saam met hulle gegaan en in tNásaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder thet al hierdie dinge in haar hart bewaar.
52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en tin genade by God en die mense.

Luke 2

1  IN THOSE days it occurred that a decree went out from Caesar Augustus that the whole Roman empire should be registered.2  This was the first enrollment, and it was made when Quirinius was governor of Syria.3  And all the people were going to be registered, each to his own city or town.4  And Joseph also went up from Galilee from the town of Nazareth to Judea, to the town of David, which is called Bethlehem, because he was of the house and family of David,5  To be enrolled with Mary, his espoused (married) wife, who was about to become a mother. 6  And while they were there, the time came for her delivery,7  And she gave birth to her Son, her Firstborn; and she wrapped Him in swaddling clothes and laid Him in a manger, because there was no room or place for them in the inn.8  And in that vicinity there were shepherds living [out under the open sky] in the field, watching [in shifts] over their flock by night.9  And behold, an angel of the Lord stood by them, and the glory of the Lord flashed and shone all about them, and they were terribly frightened.10  But the angel said to them, Do not be afraid; for behold, I bring you good news of a great joy which will come to all the people.11  For to you is born this day in the town of David a Savior, Who is Christ (the Messiah) the Lord! 12  And this will be a sign for you [by which you will recognize Him]: you will find [after searching] a Baby wrapped in swaddling clothes and lying in a manger. [I Sam. 2:34; II Kings 19:29; Isa. 7:14.]13  Then suddenly there appeared with the angel an army of the troops of heaven (a heavenly knighthood), praising God and saying,14  Glory to God in the highest [heaven], and on earth peace among men with whom He is well pleased [men of goodwill, of His favor].15  When the angels went away from them into heaven, the shepherds said one to another, Let us go over to Bethlehem and see this thing (saying) that has come to pass, which the Lord has made known to us.16  So they went with haste and [by searching] found Mary and Joseph, and the Baby lying in a manger.17  And when they saw it, they made known what had been told them concerning this Child,18  And all who heard it were astounded and marveled at what the shepherds told them.19  But Mary was keeping within herself all these things (sayings), weighing and pondering them in her heart.20  And the shepherds returned, glorifying and praising God for all the things they had heard and seen, just as it had been told them.21  And at the end of eight days, when [the Baby] was to be circumcised, He was called Jesus, the name given by the angel before He was conceived in the womb.22  And when the time for their purification [the mother’s purification and the Baby’s dedication] came according to the Law of Moses, they brought Him up to Jerusalem to present Him to the Lord--23  As it is written in the Law of the Lord, Every [firstborn] male that opens the womb shall be set apart and dedicated and called holy to the Lord--24  And [they came also] to offer a sacrifice according to what is said in the Law of the Lord: a pair of turtledoves or two young pigeons. 25  Now there was a man in Jerusalem whose name was Simeon, and this man was righteous and devout [cautiously and carefully observing the divine Law], and looking for the Consolation of Israel; and the Holy Spirit was upon him.26  And it had been divinely revealed (communicated) to him by the Holy Spirit that he would not see death before he had seen the Lord’s Christ (the Messiah, the Anointed One).27  And prompted by the [Holy] Spirit, he came into the temple [enclosure]; and when the parents brought in the little child Jesus to do for Him what was customary according to the Law,28  [Simeon] took Him up in his arms and praised and thanked God and said,29  And now, Lord, You are releasing Your servant to depart (leave this world) in peace, according to Your word.30  For with my [own] eyes I have seen Your Salvation, 31  Which You have ordained and prepared before (in the presence of) all peoples,32  A Light for revelation to the Gentiles [to disclose what was before unknown] and [to bring] praise and honor and glory to Your people Israel. 33  And His [legal] father and [His] mother were marveling at what was said about Him.34  And Simeon blessed them and said to Mary His mother, Behold, this Child is appointed and destined for the fall and rising of many in Israel, and for a sign that is spoken against--35  And a sword will pierce through your own soul also--that the secret thoughts and purposes of many hearts may be brought out and disclosed.36  And there was also a prophetess, Anna, the daughter of Phanuel, of the tribe of Asher. She was very old, having lived with her husband seven years from her maidenhood, 37  And as a widow even for eighty-four years. She did not go out from the temple enclosure, but was worshiping night and day with fasting and prayer.38  And she too came up at that same hour, and she returned thanks to God and talked of [Jesus] to all who were looking for the redemption (deliverance) of Jerusalem.39  And when they had done everything according to the Law of the Lord, they went back into Galilee to their own town, Nazareth.40  And the Child grew and became strong in spirit, filled with wisdom; and the grace (favor and spiritual blessing) of God was upon Him. 41  Now His parents went to Jerusalem every year to the Passover Feast. 42  And when He was twelve years [old], they went up, as was their custom.43  And when the Feast was ended, as they were returning, the boy Jesus remained behind in Jerusalem. Now His parents did not know this,44  But, supposing Him to be in the caravan, they traveled on a day’s journey; and [then] they sought Him [diligently, looking up and down for Him] among their kinsfolk and acquaintances.45  And when they failed to find Him, they went back to Jerusalem, looking for Him [up and down] all the way.46  After three days they found Him [came upon Him] in the [court of the] temple, sitting among the teachers, listening to them and asking them questions.47  And all who heard Him were astonished and overwhelmed with bewildered wonder at His intelligence and understanding and His replies.48  And when they [Joseph and Mary] saw Him, they were amazed; and His mother said to Him, Child, why have You treated us like this? Here Your father and I have been anxiously looking for You [distressed and tormented].49  And He said to them, How is it that you had to look for Me? Did you not see and know that it is necessary [as a duty] for Me to be in My Father’s house and [occupied] about My Father’s business?50  But they did not comprehend what He was saying to them.51  And He went down with them and came to Nazareth and was [habitually] obedient to them; and his mother kept and closely and persistently guarded all these things in her heart.52  And Jesus increased in wisdom (in broad and full understanding) and in stature and years, and in favor with God and man.