previous next

LUKAS 20

Die doop van Johannes.

(Mt. 21:23-27 en ooreenk. pl.)

1  tEN op een van dié dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,

2 en hulle spreek met Hom en sê: Vertel ons deur watter gesag U hierdie dinge doen, of wie dit is wat U hierdie gesag gegee het?

3 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra — sê vir My:

4 die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?

5 Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

6 En as ons sê: Uit mense — sal die hele volk ons stenig, twant hulle is daarvan oortuig dat Johannes ’n profeet is.

7 Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waarvandaan nie.

8 En Jesus sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.

Gelykenis van die landbouers.

(Mt. 21:33-46 en ooreenk. pl.)


9 TOE begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel: t’n Sekere man het ’n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir ’n geruime tyd op reis gegaan.

10 En op die regte tyd het hy ’n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.

11 En hy het weer ’n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.

12 En hy het weer ’n derde gestuur, en hulle het ook hierdie een gewond en uitgedryf.

13 Toe sê die eienaar van die wingerd: Wat sal ek doen? Ek sal my geliefde seun stuur; miskien sal hulle ontsag hê as hulle hom sien.

14 Maar toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, sodat die erfdeel ons s’n kan wees.

15 En hulle het hom uit die wingerd gewerp en hom doodgemaak. Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?

16 Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie!

17 Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: tdie steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword?

18 Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.

Die vraag oor die belasting.

(Mt. 22:15-22 en ooreenk. pl.)


19 TOE tprobeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het.

20  tEn hulle het Hom in die oog gehou en spioene gestuur wat geveins het dat hulle regverdig was, sodat hulle Hom op ’n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die tgoewerneur.

21 En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer —

22 is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?

23 Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?

24 Wys My ’n tpenning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s’n.

25 Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

26 En hulle kon Hom nie voor die volk op ’n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.

Die Sadduseërs en die opstanding.

(Mt. 22:23-33 en ooreenk. pl.)


27 EN sommige van die Sadduseërs het gekom — hulle wat ontken dat daar ’n opstanding is — en Hom gevra

28 en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: tAs iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.

29 Nou was daar sewe broers, en die eerste het ’n vrou geneem en kinderloos gesterwe.

30 En die tweede het die vrou geneem, en hy het ook kinderloos gesterwe.

31 En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.

32 En ten laaste het die vrou ook gesterwe.

33 In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees? — want al sewe het haar as vrou gehad.

34 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;

35 maar die wat twaardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.

36 Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.

37 En dat die dode opgewek word, het Moses ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy die Here noem die tGod van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.

38 Hy is tog nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, want talmal leef vir Hom.

39 En sommige van die skrifgeleerdes antwoord en sê: Meester, U het goed gespreek.

40 En hulle het Hom nie tmeer iets durf vra nie.

Die Christus, die seun van Dawid.

(Mt. 22:41 vv. en ooreenk. pl.)


41  tTOE sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?

42 En Dawid self sê in die boek van die Psalms: tDie Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand

43 totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.

44 Dawid noem Hom dan Here, en hoe is Hy sy seun?

Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes.

(Mt. 23:1; Mk. 12:38-40.)


45 EN terwyl die hele volk luister, tsê Hy vir sy dissipels:

46 Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye.
47 Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal ’n swaarder oordeel ontvang.

Luke 20

1  ONE DAY as Jesus was instructing the people in the temple [porches] and preaching the good news (the Gospel), the chief priests and the scribes came up with the elders (members of the Sanhedrin)2  And said to Him, Tell us by what [sort of] authority You are doing these things? Or who is it who gave You this authority?3  He replied to them, I will also ask you a question. Now answer Me:4  Was the baptism of John from heaven, or from men?5  And they argued and discussed [it] and reasoned together with themselves, saying, If we reply, From heaven, He will say, Why then did you not believe him?6  But if we answer, From men, all the people will stone us to death, for they are long since firmly convinced that John was a prophet.7  So they replied that they did not know from where it came.8  Then Jesus said to them, Neither will I tell you by what authority I do these things.9  Then He began to relate to the people this parable (this story to figuratively portray what He had to say): A man planted a vineyard and leased it to some vinedressers and went into another country for a long stay. 10  When the [right] season came, he sent a bond servant to the tenants, that they might give him [his part] of the fruit of the vineyard; but the tenants beat (thrashed) him and sent him away empty-handed.11  And he sent still another servant; him they also beat (thrashed) and dishonored and insulted him disgracefully and sent him away empty-handed.12  And he sent yet a third; this one they wounded and threw out [of the vineyard].13  Then the owner of the vineyard said, What shall I do? I will send my beloved son; it is probable that they will respect him.14  But when the tenants saw him, they argued among themselves, saying, This is the heir; let us kill him, so that the inheritance may be ours.15  So they drove him out of the vineyard and killed him. What then will the owner of the vineyard do to them?16  He will come and [utterly] put an end to those tenants and will give the vineyard to others. When they [the chief priests and the scribes and the elders] heard this, they said, May it never be!17  But [Jesus] looked at them and said, What then is [the meaning of] this that is written: The [very] Stone which the builders rejected has become the chief Stone of the corner [Cornerstone]? 18  Everyone who falls on that Stone will be broken [in pieces]; but upon whomever It falls, It will crush him [winnow him and scatter him as dust]. 19  The scribes and the chief priests desired and tried to find a way to arrest Him at that very hour, but they were afraid of the people; for they discerned that He had related this parable against them.20  So they watched [for an opportunity to ensnare] Him, and sent spies who pretended to be upright (honest and sincere), that they might lay hold of something He might say, so as to turn Him over to the control and authority of the governor.21  They asked Him, Teacher, we know that You speak and teach what is right, and that You show no partiality to anyone but teach the way of God honestly and in truth.22  Is it lawful for us to give tribute to Caesar or not?23  But He recognized and understood their cunning and unscrupulousness and said to them,24  Show Me a denarius (a coin)! Whose image and inscription does it have? They answered, Caesar’s.25  He said to them, Then render to Caesar the things that are Caesar’s, and to God the things that are God’s.26  So they could not in the presence of the people take hold of anything He said to turn it against Him; but marveling at His reply, they were silent.27  Also there came to Him some Sadducees, those who say that there is no resurrection.28  And they asked Him a question, saying, Teacher, Moses wrote for us [a law] that if a man’s brother dies, leaving a wife and no children, the man shall take the woman and raise up offspring for his brother. 29  Now there were seven brothers; and the first took a wife and died without [having any] children.30  And the second31  And then the third took her, and in like manner all seven, and they died, leaving no children.32  Last of all, the woman died also.33  Now in the resurrection whose wife will the woman be? For the seven married her.34  And Jesus said to them, The people of this world and present age marry and are given in marriage;35  But those who are considered worthy to gain that other world and that future age and to attain to the resurrection from the dead neither marry nor are given in marriage;36  For they cannot die again, but they are angel-like and equal to angels. And being sons of and sharers in the resurrection, they are sons of God.37  But that the dead are raised [from death]--even Moses made known and showed in the passage concerning the [burning] bush, where he calls the Lord, The God of Abraham, the God of Isaac, and the God of Jacob. 38  Now He is not the God of the dead, but of the living, for to Him all men are alive [whether in the body or out of it] and they are alive [not dead] unto Him [in definite relationship to Him].39  And some of the scribes replied, Teacher, you have spoken well and expertly [so that there is no room for blame].40  For they did not dare to question Him further.41  But He asked them, How can people say that the Christ (the Messiah, the Anointed One) is David’s Son?42  For David himself says in [the] Book of Psalms, The Lord said to my Lord, Sit at My right hand43  Until I make Your enemies a footstool for Your feet. 44  So David calls Him Lord; how then is He his Son?45  And with all the people listening, He said to His disciples,46  Beware of the scribes, who like to walk about in long robes and love to be saluted [with honor] in places where people congregate and love the front and best seats in the synagogues and places of distinction at feasts,47  Who make away with and devour widows’ houses, and [to cover it up] with pretense make long prayers. They will receive the greater condemnation (the heavier sentence, the severer punishment).