previous next

Lukas 20

1 Eendag toe Jesus in die tempel besig was om die mense te leer wat God van hulle vra, het 'n klomp van die godsdienstige leiers en 'n paar ander belangrike mense uit Jerusalem ook by die skare aangesluit.2 Hulle vra toe: "Wie gee jou die reg om al hierdie dinge te doen? Op wie se gesag tree jy op?"
3 Maar Jesus was reg vir hulle: "Laat Ek julle eers gou 'n vraag vra.4 Sê My, wie het Johannes die reg gegee om te doop? Was dit God of die mense?"
5 Die leiers het dadelik besef hulle is in 'n hoek. Hulle sê toe onderlangs vir mekaar: "Kyk, as ons sê God het Johannes die reg gegee, sal Jesus vir ons vra: 'Waarom het julle dan nie geglo wat hy gesê het nie?'6 As ons egter antwoord dat die mense Johannes die reg gegee het om te doop, sal die volk ons uitmekaarskeur. Hulle almal dink mos dat Johannes 'n profeet was wat sy gesag van God af gekry het."
7 Om uit die moeilikheid te bly antwoord hulle toe: "Nee, ons weet nie."
8 Jesus trek toe sy skouers op en sê: "Wel, dan kan Ek ook nie vir julle sê wie My die reg gee om te doen wat Ek doen nie."
9  Daarna het Jesus vir die mense die volgende verhaal vertel: "Daar was eendag 'n ryk boer wat 'n wingerd aangeplant het. Hy moes kort daarna op 'n reis na 'n ver land gaan. Hy verhuur toe die wingerd aan 'n groep ander boere. Die eienaar het met hulle ooreengekom dat hulle hom 'n deel van die druiwe as huur vir die grond sou betaal.
10 "Later, toe die druiwe begin ryp word, stuur die eienaar een van sy werkers om die deel wat hy moes kry te gaan haal. Maar die arme werker is deur die boere aangerand en weggejaag.
11 "Toe stuur die eienaar een van sy ander werkers na die plaas toe. Maar presies dieselfde het met hom gebeur. Hy is pimpel en pers geslaan en van 'n kant af beledig.12 Daarna het die boer 'n derde werker na sy plaas toe gestuur. Maar hy is halfdoodgeslaan en ook met leë hande van die plaas af weggejaag.
13 "Toe sê die eienaar vir homself: 'Wat moet ek nog doen? Al wat nog oorbly, is dat ek my seun vir wie ek so lief is na hulle toe moet stuur. Hulle behoort mos vir hom net soveel respek te hê as vir my.'
14 "Maar toe die huurders die seun sien aankom, het hulle gou-gou koppe bymekaargesit: 'Kyk, dis nou ons kans. As ons daardie seun doodmaak, sal ons later self die grond in die hande kan kry.'
15 "Toe pak die spul boere die seun en sleep hom tot buite die wingerd. Daar het hulle hom doodgemaak."
16 Jesus vra toe vir die mense: "Wat dink julle sal die eienaar met die klomp boere doen wanneer hy terugkom na sy wingerd toe? Kom Ek sê vir julle: hy sal al daardie boere doodmaak en sy wingerd aan ander mense gee."
Maar 'n klomp van die godsdienstige leiers wat na Hom geluister het, het vinnig geantwoord: "Nee, so iets sal nooit gebeur nie! Jy probeer maak asof ons soos daardie slegte boere in die verhaal is."
17 Jesus het hulle egter reguit in die oë gekyk en vir hulle gesê: "Julle is mos sulke danige kenners van die Bybel. Wel, sê 'n bietjie vir My wat die volgende teks beteken:
''n Klip wat die bouers nie wou gebruik nie en sommer eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien.'
18 "Oppas! Elkeen wat op hierdie 'klip' val, gaan bitter seerkry. Maar elkeen op wie hierdie 'klip' beland, gaan morsdood wees. Van hulle gaan daar net mooi niks oorbly nie."
Die Joodse godsdienstige leiers het die skimp gevang. Hulle het besef dat Jesus hierdie teks op Homself toegepas het en dat hulle die mense is wat Hom verwerp. Hulle was woedend daaroor. Hulle wou Hom sommer daar en dan in die tronk stop. Maar die gewone mense was baie beïndruk met Jesus. Daarom kon die leiers in daardie stadium niks aan Hom doen nie.
19  Die godsdienstige leiers wou hê dat Jesus iets moes sê wat Hom in die moeilikheid sou bring.20 Hulle besluit toe om 'n paar mense na Hom toe te stuur wat maak asof hulle verskriklik vroom is. Hierdie mans moes vir Jesus 'n lokval stel sodat hulle Hom kon vang en aan die owerhede uitlewer as Hy iets verkeerds sê.
21 Toe hierdie mense by Jesus aankom, sê hulle: "Leermeester, ons het jou leer ken as iemand wat net die waarheid praat. Jy loop God se pad reguit en leer die mense om dit ook te doen. Ons sien ook jy probeer nie gewild wees nie. Wat mense oor jou sê of dink, pla jou nie.22 Sê net gou vir ons, dink jy dis reg dat ons so baie belasting aan die Romeinse keiser betaal?"
23 Jesus sê toe: "Het iemand 'n geldstuk hier naby?" Vinnig het iemand vir Hom 'n muntstuk gegee.
24 Toe sê Jesus vir hulle: "Kyk mooi na dié geld. Wie se beeld is daarop en wie se naam is daarop geskryf?"
"Die keiser s'n," antwoord hulle.
25 "Nou ja, as hierdie geld met die keiser se beeld daarop die keiser s'n is, gee dit vir hom. Gee hom wat hy vra. Maar onthou: julle is volgens God se 'beeld' gemaak. Julle behoort aan Hom. Daarom moet julle julleself aan God gee. Die keiser is geregtig op julle geld, maar God is geregtig op julle hele lewe."
26 Hierdie antwoord het die wind heeltemal uit die mense se seile gehaal. Hulle plan om Jesus daar voor die skare uit te vang het heeltemal misluk. Jesus se antwoord was so goed dat hulle nie geweet het wat om te sê nie. Stil-stil is hulle toe maar daar weg terwyl die skare Jesus geëer het.
27  Skaars was hierdie spul weg of 'n klompie Sadduseërs daag daar op. Hulle was 'n invloedryke Joodse groep wat nie in die lewe na die dood geglo het nie.
28 "Leermeester, jy weet goed wat Moses gesê het: as 'n getroude man sonder kinders doodgaan, moet sy broer met sy weduwee trou. Hulle moet dan 'n seun kry om so te sorg dat die familienaam nie uitsterf nie. Wel, nou het ons die volgende probleem wat jy asseblief vir ons moet oplos.29 Sê nou daar is 'n familie met sewe seuns. Die eerste seun trou, maar gaan dood voor hy 'n kind kan hê.30 Volgens Moses se wet moet die weduwee met die tweede broer trou. Maar hy gaan ook dood sonder dat daar 'n kind is.31 Dan trou die derde een met haar. Maar presies dieselfde gebeur met hom. Hy sterf voordat sy vrou 'n kind het. So gaan dit uiteindelik met al sewe broers. Nie een van hulle laat 'n kind agter nie.32 Uiteindelik gaan die vrou dan sonder 'n kind dood.33 Nou, as daar 'n opstanding van die dooies is, sê vir ons, met watter man gaan daardie vrou in die hemel getroud wees? Al sewe was mos hier op aarde met haar getroud."
34 Jesus antwoord toe: "Kyk, julle verstaan dit heeltemal verkeerd. In hierdie wêreld trou mense nog, maar nie daar in God se nuwe wêreld nie.35 Diegene wat so gelukkig is om daar 'n plek te kry, gaan op 'n splinternuwe manier leef. Daar tel dinge soos getroud-wees glad nie meer nie.36 Daar gaan mense ook nie weer dood nie. Hulle gaan net soos die engele ook 'geestelike wesens' wees. Elkeen wat daar bly, sal 'n kind van God wees. God sal hulle weer lewendig maak en hulle daar by Hom 'n blyplek gee.
37 "Ja, die dooies sal weer lewendig word. Dit staan tog in die Bybel. Julle het mos al in Eksodus gelees hoe Moses die Here by die brandende doringbos aangespreek het as 'die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob'. Moses het dit gedoen omdat hy geweet het Abraham en Isak en Jakob is nie dood nie.38 Hulle leef op 'n splinternuwe manier daar by God. God is mos nie die God van die dooies nie. Nee, Hy is die God van die lewendes. Daarom wag daar vir almal wat nou vir Hom leef 'n plek in sy nuwe wêreld."
39 'n Paar van die skrifkenners wat ook na Jesus geluister het, was baie beïndruk met wat Hy gesê het: "Mooi so, Leermeester. U het goed geantwoord.40 Kyk, daardie klomp Sadduseërs is skoon stil."
41  Toe sê Jesus vir die godsdienstige leiers wat gedurig net regsit om Hom te probeer uitvang: "Ek het nou 'n vraag vir julle. Hoekom sê almal die Messias is die seun van Dawid?42 Dawid self noem Hom dan in een van sy psalms 'my Here'. Julle ken mos Dawid se bekende woorde:
'God, die Here, het vir my Here gesê: Kom sit hier op die spesiale ereplek langs My
43 totdat Ek al jou vyande magteloos voor jou voete laat lê.'
"Verklaar dit dan nou vir My:
44 As Dawid die Messias 'Here' noem, hoe kan Hy terselfdertyd ook nog Dawid se seun wees?"
Maar niemand het dit gewaag om daarop te antwoord nie.
45  Terwyl 'n groot groep mense na Jesus geluister het, het Hy na sy getrouste volgelinge gedraai en vir hulle gesê:46 "Julle moet lig loop vir al daardie groot kenners van die Bybel. Kyk, hulle loop oral rond met hulle blink kerkklere en hou daarvan dat almal hulle op straat groet. Hulle maak ook baie seker dat mense hulle in godsdienstige plekke raaksien. En hulle geniet dit om die middelpunt van belangstelling by elke funksie te wees.47 Net om te wys hoe vroom hulle is, gaan eet hulle die arm weduwees se kos op en bid lang gebede in die openbaar. Die skynheilige spul! God sal hulle baie swaarder as al die ander straf."

Luke 20

The Authority of Jesus

1 Now onet day, as Jesust was teaching the people in the temple courtst and proclaimingt the gospel, the chief priests and the experts in the lawt with the elders came ups2 and said to him,t “Tell us: By what authorityt are you doing these things?s Or who it is who gave you this authority?”3 He answered them,t “I will also ask you a question, and you tell me:4 John’s baptisms – was it from heaven or from people?”ts5 Sot they discussed it with one another, saying, “If we say, ‘From heaven,’ he will say, ‘Why did you not believe him?’6 But if we say, ‘From people,’ all the people will stone us, because they are convinced that John was a prophet.”7 Sot they replied that they did not knows where it came from.

8 Thent Jesus said to them, “Neither will I tell yous by whose authorityt I do these things.”

The Parable of the Tenants

9 Thent he began to tell the people this parable: “A mans planted a vineyard,s leased it to tenant farmers,s and went on a journey for a long time.10 When harvest time came, he sent a slaves to the tenants so that they would gives him his portion of the crop.t However, the tenants beat his slavets and sent him away empty-handed.11 Sot he sent another slave. They beat this one too, treated him outrageously, and sent him away empty-handed.s12 Sot he sent still a third. They even wounded this one, and threw him out.13 Thent the owner of the vineyard said, ‘What should I do? I will send my one dear son;ts perhaps they will respect him.’14 But when the tenants saw him, they said to one another, ‘This is the heir; let’s kill him so the inheritance will be ours!’15 Sot they threw him out of the vineyard and killeds him. What then will the owner of the vineyard do to them?16 He will come and destroys those tenants and give the vineyard to others.”s When the peoplet heard this, they said, “May this never happen!”s17 But Jesust looked straight at them and said, “Then what is the meaning of that which is written: ‘The stone the builders rejected has become the cornerstone’?ts18 Everyone who falls on this stone will be broken to pieces,t and the one on whom it falls will be crushed.”ts

19 Thent the experts in the lawt and the chief priests wanted to arrestt him that very hour, because they realized he had told this parable against them. Butt they were afraid of the people.

Paying Taxes to Caesar

20 Thent they watched him carefully and sent spies who pretended to be sincere.t They wanted to take advantage of what he might sayt so that they could deliver him up to the authority and jurisdictiont of the governor.21 Thust they asked him, “Teacher, we know that you speak and teach correctly,t and show no partiality, but teach the way of God in accordance with the truth.s22 Is it rightt for us to pay the tribute taxt to Caesart or not?”23 But Jesust perceived their deceitt and said to them,24 “Show me a denarius.ts Whose imagets and inscription are on it?”t They said, “Caesar’s.”25 Sot he said to them, “Then give to Caesar the things that are Caesar’s, and to God the things that are God’s.”s

26 Thust they were unable in the presence of the people to trapt him with his own words.t And stunnedt by his answer, they fell silent.

Marriage and the Resurrection

27 Now some Sadduceess (who contend that there is no resurrection)s came to him.28 They asked him,t “Teacher, Moses wrote for us that if a man’s brother dies leaving a wife but no children, that mantmust marrytthe widow and father childrentfor his brother.s29 Now there were seven brothers. The first one married a womant and died without children.30 The seconds31 and then the third married her, and in this same way all seven died, leaving no children.32 Finally the woman died too.

33 In the resurrection, therefore, whose wife will the woman be?s For all seven had married her.”t
34 Sot Jesus said to them, “The people of this aget marry and are given in marriage.35 But those who are regarded as worthy to share int that age and in the resurrection from the dead neither marry nor are given in marriage.s36 In fact, they can no longer die, because they are equal to angelss and are sons of God, since they aret sonst of the resurrection.37 But even Moses revealed that the dead are raisedt in the passage about the bush,s where he calls the Lord the God of Abraham and the God of Isaac and the God of Jacob.s38 Now he is not God of the dead, but of the living,s for all live before him.”t39 Thent some of the experts in the lawt answered, “Teacher, you have spoken well!”s

40 For they did not dare any longer to asks him anything.

The Messiah: David’s Son and Lord

41 Buts he said to them, “How is it that they say that the Christts is David’s son?s

42 For David himself says in the book of Psalms,
‘The Lord said to myslord,
“Sit at my right hand,

43 until I make your enemies a footstool for your feet.”’s

44 If David then calls him ‘Lord,’ how can he be his son?”t

Jesus Warns the Disciples against Pride

45 Ast all the people were listening, Jesust said to his disciples,46 “Bewaret of the experts in the law.t Theyt like walking around in long robes, and they love elaborate greetingss in the marketplaces and the best seatss in the synagoguess and the places of honor at banquets.

47 Theyt devours widows’ property,t and as a show make long prayers. They will receive a more severe punishment.”

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.