LUKAS 20
Jesus se gesag uitgedaag
1 Op een van die dae, terwyl Jesus besig was om mense in die tempel te onderrig en die Goeie Nuus te verkondig, het die priesterhoofde en die skrifkenners saam met die familiehoofde nadergestaan en
2 vir Jesus gevra: "Sê vir ons met watter gesag doen jy hierdie dinge? Wie het jou hierdie gesag gegee?"
3 Sy reaksie was: "Ook Ek het 'n vraag vir julle.
4 Sê My, die doop van Johannes - was dit uit die hemel afkomstig of was dit 'n bloot menslike saak?"
5 Hulle het dit toe onder mekaar bespreek: "As ons sê dat dit uit die hemel kom, sal Hy sê: 'Waarom het julle hom dan nie geglo nie?'6 En as ons sou sê: 'Dit was 'n bloot menslike saak,' sal die hele volk ons stenig, want hulle is vas oortuig dat Johannes 'n profeet is."
7 Hulle antwoord was dat hulle nie weet waarvandaan dit kom nie.
8 Jesus het toe aan hulle gesê: "Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie."
Gelykenis van die slegte druiweboere
9 Hierna het Jesus vir die volk hierdie gelykenis vertel: "Daar was 'n man wat 'n wingerd geplant het en dit toe aan boere verhuur het. Daarna het hy vir 'n lang tyd weggegaan.10 Met oestyd het hy 'n slaaf na die boere toe gestuur met die doel dat hulle 'n deel van die druiwe-oes aan hom sou gee. Maar die boere het die slaaf geslaan en hom met leë hande teruggejaag.11 Die eienaar het verder gegaan en 'n ander slaaf gestuur. Maar hulle het daardie een ook afgeransel, hom beledig en met leë hande teruggejaag.
12 Die eienaar het toe nog verder gegaan en 'n derde slaaf gestuur, maar hulle het hom ernstig verwond en weggejaag.
13 "Toe sê die eienaar van die wingerd: 'Wat staan my nou te doen? Ek sal my lieflingseun stuur. Hopelik sal hulle hom met respek behandel.'
14 "Toe die boere hom egter sien, het hulle onder mekaar beraadslaag en gesê: 'Hierdie man is die erfgenaam. Laat ons hom doodmaak sodat die erfenis ons s'n kan wees.'
15 Hulle het hom toe uit die wingerd gejaag en vermoor.
"Wat moet die eienaar van die wingerd dan met hulle doen?16 Hy sal opdaag en daardie boere doodmaak en die wingerd aan ander mense gee."
Die mense wat dit gehoor het, sê toe: "Nee, dit mag nooit gebeur nie!"
17 Jesus het hulle stip aangekyk en gesê: "Wat is die betekenis van hierdie Skrifwoord dan?
'Juis daardie klip wat die bouers
afgekeur het,
het die hoekklip
van die gebou geword.'
18 "Elkeen wat op daardie klip val, sal verpletter word; elkeen op wie hy val, sal vergruis word."
19 Die skrifkenners en die priesterhoofde wou Hom daar en dan arresteer, maar hulle was bang vir die volk. Hulle het in elk geval besef dat hierdie gelykenis teen hulle gemik was.
Behoort mense belasting te betaal?
20 Hulle het hulle geleentheid afgewag en toe spioene wat voorgegee het dat hulle dit opreg bedoel, gestuur om Jesus op sy woord vas te trek. So sou hulle Hom aan die owerheid en die gesag van die goewerneur kon uitlewer.21 Hulle het Hom toe gevra: "Leermeester, ons weet dat u reg praat en onderrig, en dat u nie mense op die uiterlike beoordeel nie: U onderrig mense volgens die waarheid om op die pad van God te loop.
22 Is dit korrek dat ons aan die keiser belasting betaal of is dit nie?"
23 Jesus het dwarsdeur hulle skelmstreek gesien en sê toe vir hulle:24 "Wys vir My 'n Romeinse muntstuk. Wie se beeld en opskrif is daarop?"
Hulle antwoord: "Die keiser s'n."
25 Toe sê Jesus vir hulle: "Gee dan aan die keiser wat die keiser s'n is en aan God wat God s'n is."
26 Hulle kon duidelik nie daarin slaag om Jesus op grond van sy boodskap voor die volk vas te trek nie. Verwonderd oor sy antwoord het hulle liewer stilgebly.
Die Sadduseërs stel 'n strikvraag oor die opstanding
27 Sommige uit die geledere van die Sadduseërs, dié mense wat die opstanding uit die dood ontken het, staan toe nader en vra vir Jesus:28 "Leermeester, Moses het aan ons voorgeskryf: 'As iemand se getroude broer kinderloos doodgaan, moet só iemand met sy broer se weduwee trou en vir hom 'n nageslag verwek.'29 Daar was eenmaal sewe broers. Die eerste een het getrou en kinderloos gesterf.30 Ook die tweede31 en die derde broer het met die weduwee getrou, maar ook kinderloos gesterf. Net só het ook die res van die sewe kinderloos gesterf.32 Laastens het ook die vrou gesterf.
33 Wie se vrou word sy dan by die opstanding? Het al sewe die broers haar dan nie as vrou gehad nie?"
34 Jesus het hulle geantwoord: "Die mense van hierdie wêreld trou en word in die huwelik uitgegee,35 maar dié wat kwalifiseer vir die toekomstige wêreld en die opstanding uit die dood, trou nie meer nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie.36 Hulle kan ook nie meer doodgaan nie, want hulle is gelyk aan engele. Hulle is juis kinders van God omdat hulle kinders van die opstanding is.37 Die dooies word opgewek soos Moses reeds in die gedeelte oor die doringbos uitgewys het toe hy die Here genoem het 'die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob'.
38 Hy is mos nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes, want voor Hom leef hulle almal."
39 Sommige uit die geledere van die skrifkenners het gereageer: "Leermeester, u het dit mooi gestel."
40 Hulle het dit daarna nie meer gewaag om Hom iets te vra nie.
Jesus stel ook 'n strikvraag: Is die Messias die Seun van Dawid?
41 Jesus het vir hulle gevra: "Hoe kan hulle dan beweer dat die Messias die seun van Dawid is?42 Dawid sê self in die boek van die Psalms:
'Die Here het vir my Here gesê:
Sit aan my regterhand
43 totdat Ek jou vyande
heeltemal aan jou
onderwerp het.'
44 "Dawid noem Hom dan 'Here'; hoe kan Hy sy seun wees?"
Jesus waarsku teen die skrifkenners
45 Terwyl die hele volk aandagtig na Jesus luister, sê Hy aan sy dissipels:46 "Lig loop vir die skrifkenners. Hulle wil graag op en af loop met hulle ampsklere aan. Hulle is ook lief daarvoor om op die markplekke met respek gegroet te word en om die voorste sitplekke in die sinagoges, asook die ereplekke by die etes in te neem.
47 Hulle verorber die huise van die weduwees en huigel met lang gebede. Hulle sal 'n swaarder straf ontvang."
LUKE 20
A Question //about Jesus' Authority
(Matthew 21.23-27; Mark 11.27-33)
1 One day, Jesus was teaching in the temple and telling the good news. So the chief priests, the teachers, and the nation's leaders
2 asked him, “What right do you have to do these things? Who gave you this authority?”
3 Jesus replied, “I want to ask you a question.
4 Who gave John the right to baptize? Was it God in heaven or merely some human being?”
5 They talked this over and said to each other, “We can't say God gave John this right. Jesus will ask us why we didn't believe John.
6 And we can't say it was merely some human who gave John the right to baptize. The crowd will stone us to death, because they think John was a prophet.”
7 So they told Jesus, “We don't know who gave John the right to baptize.”
8 Jesus replied, “Then I won't tell you who gave me the right to do what I do.”Renters of a Vineyard
(Matthew 21.33-46; Mark 12.1-12)
9 t Jesus told the people this story:
A man once planted a vineyard and rented it out. Then he left the country for a long time. 10 When it was time to harvest the crop, he sent a servant to ask the renters for his share of the grapes. But they beat up the servant and sent him away without anything. 11 So the owner sent another servant. The renters also beat him up. They insulted him terribly and sent him away without a thing.
12 The owner sent a third servant. He was also beaten terribly and thrown out of the vineyard.
13 The owner then said to himself, “What am I going to do? I know what. I'll send my son, the one I love so much. They will surely respect him!”
14 When the renters saw the owner's son, they said to one another, “Someday he will own the vineyard. Let's kill him! Then we can have it all for ourselves.”
15 So they threw him out of the vineyard and killed him.
Jesus asked, “What do you think the owner of the vineyard will do?
16 I'll tell you what. He will come and kill those renters and let someone else have his vineyard.”
When the people heard this, they said, “This must never happen!”
17 t But Jesus looked straight at them and said, “Then what do the Scriptures mean when they say, ‘The stone the builders tossed aside is now the most important stone of all’?
18 Anyone who stumbles over this stone will get hurt, and anyone it falls on will be smashed to pieces.”
19 The chief priests and the teachers of the Law of Moses knew that Jesus was talking about them when he was telling this story. They wanted to arrest him right then, but they were afraid of the people.Paying Taxes
(Matthew 22.15-22; Mark 12.13-17)
20 Jesus' enemies kept watching him closely, because they wanted to hand him over to the Roman governor. So they sent some men who pretended to be good. But they were really spies trying to catch Jesus saying something wrong. 21 The spies said to him, “Teacher, we know you teach the truth about what God wants people to do. And you treat everyone with the same respect, no matter who they are.
22 Tell us, should we pay taxes to the Emperor or not?”
23 Jesus knew they were trying to trick him. So he told them,
24 “Show me a coin.” Then he asked, “Whose picture and name are on it?”
“The Emperor's,” they answered.
25 Then he told them, “Give the Emperor what belongs to him and give God what belongs to God.”
26 Jesus' enemies could not catch him saying anything wrong there in front of the people. They were amazed at his answer and kept quiet.Life in the Future World
(Matthew 22.23-33; Mark 12.18-27)
27 t The Sadducees did not believe that people would rise to life after death. So some of them came to Jesus
28 t and said:
Teacher, Moses wrote that if a married man dies and has no children, his brother should marry the widow. Their first son would then be thought of as the son of the dead brother.
29 There were once seven brothers. The first one married, but died without having any children. 30 The second one married his brother's widow, and he also died without having any children. 31 The same thing happened to the third one. Finally, all seven brothers married this woman and died without having any children. 32 At last the woman died.
33 When God raises people from death, whose wife will this woman be? All seven brothers had married her.
34 Jesus answered:
The people in this world get married. 35 But in the future world no one who is worthy to rise from death will either marry
36 or die. They will be like the angels and will be God's children, because they have been raised to life.
37 t In the story about the burning bush, Moses clearly shows that people will live again. He said, “The Lord is the God worshiped by Abraham, Isaac, and Jacob.”t
38 So the Lord isn't the God of the dead, but of the living. This means that everyone is alive as far as God is concerned.
39 Some of the teachers of the Law of Moses said, “Teacher, you have given a good answer!”
40 From then on, no one dared to ask Jesus any questions.About David's Son
(Matthew 22.41-46; Mark 12.35-37)
41 Jesus asked, “Why do people say that the Messiah will be the son of King David?t
42 t In the book of Psalms, David himself says,
‘The Lord said to my Lord,
Sit at my right sidet
43 until I make your enemies
into a footstool for you.’
44 David spoke of the Messiah as his Lord, so how can the Messiah be his son?”Jesus and the Teachers //of the Law of Moses
(Matthew 23.1-36; Mark 12.38-40; Luke 11.37-54)
45 While everyone was listening to Jesus, he said to his disciples:
46 Guard against the teachers of the Law of Moses! They love to walk around in long robes, and they like to be greeted in the market. They want the front seats in the synagogues and the best seats at banquets. 47 But they cheat widows out of their homes and then pray long prayers just to show off. These teachers will be punished most of all.