LUKAS 20
Die vraag oor Jesus se gesag
(Matt. 21:23-27; Mark. 11:27-33)
1 Op een van daardie dae, toe Jesus by die tempel besig was om die volk te leer en aan hulle die evangelie te verkondig, het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes saam met die familiehoofde nader gestaan 2 en Hom gevra: “Sê vir ons, met watter gesag doen u hierdie dinge? Wie is dit wat u hierdie gesag gegee het?”
3 Hy antwoord hulle: “Ek gaan julle ook iets vra, en julle moet My dan sê: 4 Die doop van Johannes — kom dit van God of van mense af?”
5 Hulle redeneer toe onder mekaar: “As ons sê: ‘Van God af,’ sal hy sê: ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’ 6 En as ons sê: ‘Van mense af,’ sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.”
7 Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waar dit vandaan kom nie.
8 Daarop sê Jesus vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.”
Die gelykenis van die boere en die wingerd
(Matt. 21:33-46; Mark. 12:1-12)
9 Verder het Jesus aan die volk hierdie gelykenis vertel: “Daar was 'n man wat 'n wingerd aangeplant en dit aan boere verhuur het. Daarna was hy 'n hele ruk weg van die huis af. 10 Toe dit tyd was daarvoor, stuur hy 'n slaaf na die boere toe om sy deel van die wingerd se opbrengs te gaan haal. Maar die boere het die slaaf geslaan en met leë hande weggejaag. 11 Die eienaar het weer geprobeer en 'n ander slaaf gestuur. Maar hulle het hierdie een ook geslaan en uitgeskel en met leë hande weggejaag. 12 Die eienaar het nog 'n keer geprobeer en 'n derde slaaf gestuur. Hulle het hom geslaan dat die bloed loop, en hom uit die wingerd uitgegooi.
13 “Toe sê die eienaar van die wingerd: ‘Wat moet ek nou doen? Ek sal my geliefde seun stuur. Miskien sal hulle hom ontsien.’ 14 Maar toe die boere hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons slaan hom dood, dan is die erfenis ons s'n.’ 15 Toe gooi hulle hom uit die wingerd uit en slaan hom dood. Wat sal die eienaar van die wingerd dan met hulle doen? 16 Hy sal kom en daardie boere om die lewe bring en die wingerd vir ander mense gee.” Dié wat dit gehoor het, sê toe: “Nee, dit moenie gebeur nie!”
17 Maar Jesus het hulle aangekyk en gesê: “Wat beteken hierdie Skrifwoord dan: “ ‘Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword’t?
18 Elkeen wat op hierdie klip val, sal verpletter word; elkeen op wie hy val, sal hy vermorsel.”
19 Die skrifgeleerdes en die priesterhoofde het besef dat Jesus met hierdie gelykenis op hulle gesinspeel het. Daarom wou hulle Hom sommer daar en dan gevange neem, maar hulle was bang vir die volk.
Die vraag oor die betaal van belasting
(Matt. 22:15-22; Mark. 12:13-17)
20 Hulle het hulle kans afgewag. Toe stuur hulle geheime agente wat hulle as opreg voorgedoen het, om Jesus op een of ander uitspraak te probeer vastrek sodat hulle Hom aan die owerheidsgesag van die goewerneur kon uitlewer. 21 Hulle vra Hom toe: “Meneer, ons weet dat u in u prediking en onderrig regsinnig is. U let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid, en so maak u die wil van God bekend. 22 Is dit reg dat ons aan die keiser belasting betaal, of is dit nie?”
23 Maar Jesus het deur hulle slimstreek gesien en vir hulle gesê: 24 “Wys vir My 'n muntstuk. Wie se kop en naam is daarop?” Hulle antwoord: “Die keiser s'n.”
25 Toe sê Hy vir hulle: “Nou ja, gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.”
26 Hulle kon dit nie regkry om Hom voor die volk vas te trek op iets wat Hy gesê het nie. En verwonderd oor sy antwoord, het hulle maar stilgebly.
Die vraag oor die opstanding uit die dood
(Matt. 22:23-33; Mark. 12:18-27)
27 'n Aantal Sadduseërs — dit is die mense wat ontken dat daar 'n opstanding uit die dood is — kom toe nader en vra vir Jesus: 28 “Meneer, Moses het vir ons voorgeskryf: As iemand 'n getroude broer het wat kinderloos sterwe, moet hy met sy broer se weduwee trou en vir sy broer kinders verwek. 29 Nou was daar sewe broers. Die oudste het getrou en kinderloos gesterwe. 30 Ook die tweede 31 en die derde het met die weduwee getrou en kinderloos gesterwe, en so het dit met al sewe gegaan. 32 Daarna het die vrou ook gesterwe. 33 Die vrou nou, wie se vrou word sy met die opstanding? Al sewe het haar mos as vrou gehad.”
34 Jesus sê vir hulle: “In hierdie wêreld trou die mense met mekaar, 35 maar dié wat waardig geag is om deel te hê aan die toekomstige wêreld en aan die opstanding uit die dood, trou daar nie meer nie. 36 Hulle kan ook nie meer sterwe nie; hulle is soos die engele. Hulle is kinders van God, omdat hulle uit die dood opgestaan het. 37 Dat die dooies opgewek word, het Moses ook aangedui waar hy in die gedeelte oor die doringbos praat van ‘die Here, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob’t. 38 Hy is nie 'n God van dooies nie maar van lewendes, want by Hom leef hulle almal.”
39 Toe sê sommige van die skrifgeleerdes: “Meneer, u het goed geantwoord.”
40 Hulle het nie meer gewaag om Hom 'n enkele vraag te stel nie.
Die vraag oor die seun van Dawid
(Matt. 22:41-46; Mark. 12:35-37)
41 Maar Jesus het vir hulle gevra: “Hoe kan hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is? 42 Dawid sê tog self in die boek van die Psalms: “Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand
43 totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.t
44 “Dawid noem Hom dus ‘Here’; hoe kan Hy dan sy seun wees?”
Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes
(Matt. 23:1-36; Mark. 12:38-40; Luk. 11:37-54)
45 Terwyl die hele volk na Jesus luister, sê Hy vir sy dissipels: 46 “Pas op vir die skrifgeleerdes, wat graag met hulle deftige klere aan rondstap. Hulle hou van die begroetings op straat, die voorste banke in die sinagoges en die ereplekke by die maaltye. 47 Dit is hulle wat die huise van die weduwees inpalm en vir die skyn lang gebede opsê. Hulle sal baie swaar gestraf word.”
Luke 20
1 ONE DAY as Jesus was instructing the people in the temple [porches] and preaching the good news (the Gospel), the chief priests and the scribes came up with the elders (members of the Sanhedrin)2 And said to Him, Tell us by what [sort of] authority You are doing these things? Or who is it who gave You this authority?3 He replied to them, I will also ask you a question. Now answer Me:4 Was the baptism of John from heaven, or from men?5 And they argued and discussed [it] and reasoned together with themselves, saying, If we reply, From heaven, He will say, Why then did you not believe him?6 But if we answer, From men, all the people will stone us to death, for they are long since firmly convinced that John was a prophet.7 So they replied that they did not know from where it came.8 Then Jesus said to them, Neither will I tell you by what authority I do these things.9 Then He began to relate to the people this parable (this story to figuratively portray what He had to say): A man planted a vineyard and leased it to some vinedressers and went into another country for a long stay. 10 When the [right] season came, he sent a bond servant to the tenants, that they might give him [his part] of the fruit of the vineyard; but the tenants beat (thrashed) him and sent him away empty-handed.11 And he sent still another servant; him they also beat (thrashed) and dishonored and insulted him disgracefully and sent him away empty-handed.12 And he sent yet a third; this one they wounded and threw out [of the vineyard].13 Then the owner of the vineyard said, What shall I do? I will send my beloved son; it is probable that they will respect him.14 But when the tenants saw him, they argued among themselves, saying, This is the heir; let us kill him, so that the inheritance may be ours.15 So they drove him out of the vineyard and killed him. What then will the owner of the vineyard do to them?16 He will come and [utterly] put an end to those tenants and will give the vineyard to others. When they [the chief priests and the scribes and the elders] heard this, they said, May it never be!17 But [Jesus] looked at them and said, What then is [the meaning of] this that is written: The [very] Stone which the builders rejected has become the chief Stone of the corner [Cornerstone]? 18 Everyone who falls on that Stone will be broken [in pieces]; but upon whomever It falls, It will crush him [winnow him and scatter him as dust]. 19 The scribes and the chief priests desired and tried to find a way to arrest Him at that very hour, but they were afraid of the people; for they discerned that He had related this parable against them.20 So they watched [for an opportunity to ensnare] Him, and sent spies who pretended to be upright (honest and sincere), that they might lay hold of something He might say, so as to turn Him over to the control and authority of the governor.21 They asked Him, Teacher, we know that You speak and teach what is right, and that You show no partiality to anyone but teach the way of God honestly and in truth.22 Is it lawful for us to give tribute to Caesar or not?23 But He recognized and understood their cunning and unscrupulousness and said to them,24 Show Me a denarius (a coin)! Whose image and inscription does it have? They answered, Caesar’s.25 He said to them, Then render to Caesar the things that are Caesar’s, and to God the things that are God’s.26 So they could not in the presence of the people take hold of anything He said to turn it against Him; but marveling at His reply, they were silent.27 Also there came to Him some Sadducees, those who say that there is no resurrection.28 And they asked Him a question, saying, Teacher, Moses wrote for us [a law] that if a man’s brother dies, leaving a wife and no children, the man shall take the woman and raise up offspring for his brother. 29 Now there were seven brothers; and the first took a wife and died without [having any] children.30 And the second31 And then the third took her, and in like manner all seven, and they died, leaving no children.32 Last of all, the woman died also.33 Now in the resurrection whose wife will the woman be? For the seven married her.34 And Jesus said to them, The people of this world and present age marry and are given in marriage;35 But those who are considered worthy to gain that other world and that future age and to attain to the resurrection from the dead neither marry nor are given in marriage;36 For they cannot die again, but they are angel-like and equal to angels. And being sons of and sharers in the resurrection, they are sons of God.37 But that the dead are raised [from death]--even Moses made known and showed in the passage concerning the [burning] bush, where he calls the Lord, The God of Abraham, the God of Isaac, and the God of Jacob. 38 Now He is not the God of the dead, but of the living, for to Him all men are alive [whether in the body or out of it] and they are alive [not dead] unto Him [in definite relationship to Him].39 And some of the scribes replied, Teacher, you have spoken well and expertly [so that there is no room for blame].40 For they did not dare to question Him further.41 But He asked them, How can people say that the Christ (the Messiah, the Anointed One) is David’s Son?42 For David himself says in [the] Book of Psalms, The Lord said to my Lord, Sit at My right hand43 Until I make Your enemies a footstool for Your feet. 44 So David calls Him Lord; how then is He his Son?45 And with all the people listening, He said to His disciples,46 Beware of the scribes, who like to walk about in long robes and love to be saluted [with honor] in places where people congregate and love the front and best seats in the synagogues and places of distinction at feasts,47 Who make away with and devour widows’ houses, and [to cover it up] with pretense make long prayers. They will receive the greater condemnation (the heavier sentence, the severer punishment).