previous next

Lukas 20

Die mense wil weet wie het gesê Jesus mag hierdie dinge doen

(Ook Matt 21:23-27; Mark 11:27-33)

1 Jesus was eendag by die ttempel besig om vir die mense te leer. Hy het vir hulle die goeie boodskap gebring dat God Koning is. Die tpriesterleiers en die tskrifgeleerdes saam met die familieleiers het na Hom toe gekom

2 en hulle het vir Hom gevra: “Hoekom dink jy dat jy hierdie dinge mag doen? Wie het gesê jy mag dit doen?”
3 Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal vir julle ook ’n vraag vra, en dan moet julle vir My antwoord.

4 Johannes die Doper het mense gedoop. Wie het hom gestuur om dit te doen? Was dit God, of was dit mense?”
5 Die Joodse leiers het daaroor met mekaar gepraat en gesê: “As ons sê: ‘God het hom gestuur,’ dan sal Jesus vra: ‘Hoekom het julle nie geglo wat Johannes gesê het nie?’

6 Maar ons kan ook nie sê: ‘Dit was mense wat vir Johannes gestuur het om te doop’ nie. As ons dit sê, dan sal al die mense ons met klippe wil doodgooi, want hulle het geglo Johannes is ’n tprofeet.”
7 Daarom het hulle vir Jesus gesê hulle weet nie wie vir Johannes gestuur het nie.

8 Toe sê Jesus vir hulle: “Dan sal Ek ook nie vir julle sê wie het vir My gesê Ek mag hierdie dinge doen nie.”

Die gelykenis van die wingerd

(Ook Matt 21:33-42,44-46; Mark 12:1-12)


9 Toe begin Jesus vir die mense hierdie tgelykenis vertel. Hy het gesê: “’n Man het ’n klomp twingerdstokke op sy grond geplant. Daarna het hy gesê ander mense mag die twingerd huur. Toe het hy ’n lang tyd weggegaan. 10 Toe dit tyd was om die druiwe te pluk, het hy ’n tslaaf na die mense toe gestuur sodat hulle vir die eienaar die druiwe kan gee wat hy moet kry. Maar die mense het die slaaf geslaan en hom weggejaag. Hulle het vir hom niks gegee nie. 11 Die eienaar van die wingerd het nog ’n slaaf na hulle toe gestuur. Die mense het hom ook geslaan en hulle het slegte dinge gedoen aan hom. Hulle het hom weggejaag en vir hom niks gegee nie. 12 Die eienaar van die wingerd het toe ’n derde slaaf gestuur. Maar die mense het hierdie slaaf ook seergemaak en hom weggejaag. 13 Toe het die eienaar van die wingerd gesê: ‘Wat moet ek nou doen? Ek is baie lief vir my seun, ek sal hóm na hulle toe stuur. Hulle sal miskien my seun respekteer.’ 14 Toe die mense die eienaar se seun sien, het hulle vir mekaar gesê: ‘Hierdie seun sal eendag al die eienaar se goed kry. Kom ons maak hom dood, dan vat ons alles vir onsself.’ 15 Hulle het die eienaar se seun uit die wingerd gejaag en hulle het hom doodgemaak. Wat dink julle, wat sal die eienaar van die wingerd met die mense doen?

16 Hy sal kom en hy sal daardie mense doodmaak. Hy sal die wingerd vir ander mense gee.”
Toe sê die mense: “Nee, dit sal nooit gebeur nie! Hierdie wingerd sal nooit aan ander mense behoort nie!”

17 Jesus het ernstig na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken hierdie woorde in die Psalms:
tDie klip wat die bouers
nie wou gebruik nie,
daardie klip het die belangrikste
klip in die hele gebou geword.

18  tElkeen wat oor daardie klip val,
sal sy bene breek en sterf.
En as daardie klip op iemand val,
dan sal die klip so iemand
doodval?”

19 Die tskrifgeleerdes en die tpriesterleiers het toe dadelik probeer om Jesus te laat vang en toe te sluit. Hulle het geweet Hy het die gelykenis vertel om te wys hulle is soos daardie mense. Maar hulle was bang vir die mense, daarom het hulle nie vir Jesus gevang nie.

Aan wie moet die mense belasting betaal?

(Ook Matt 22:15-22; Mark 12:13-17)


20 Die leiers van die Jode het baie goed gekyk wat Jesus doen. Hulle het tspioene na Jesus toe gestuur. Die spioene het gemaak of hulle graag meer van Jesus wou leer. Die leiers wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, sodat Hy probleme kan kry. Dan kan hulle Hom vang en vir die Romeinse regering gee, sodat hulle Hom kan straf. 21 Die spioene het toe vir Jesus gevra: “Meneer, ons weet die dinge waaroor jy praat en wat jy leer, is reg. Jy is nie bang vir wat mense van jou sê nie. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en die dinge wat jy vir hulle leer, is waar.

22 Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die tkeiser belasting te betaal of nie?”
23 Jesus het geweet hulle wil hê Hy moet iets verkeerd sê waaroor hulle Hom kan vang, en Hy sê toe vir hulle:

24 “Wys vir My ’n tsilwer geldstuk.”
Toe hulle dit doen, vra Hy vir hulle: “Wie se kop en wie se naam is op hierdie geld?”
Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.”

25 Jesus sê toe vir hulle: “Dit is reg. Dan moet julle vir die keiser gee wat aan hom behoort, maar julle moet ook vir God gee wat aan Hóm behoort.”

26 Die spioene kon Hom nie vang nie, want niemand het gehoor dat Hy iets verkeerd gesê het nie. Hulle was baie verbaas oor wat Jesus geantwoord het en hulle het stilgebly.

Mense wat gesterf het, sal weer lewe

(Ook Matt 22:23-33; Mark 12:18-27)


27 ’n Paar tSadduseërs het na Jesus toe gekom. Die Sadduseërs het nie geglo dat die mense wat gesterf het, weer sal lewe nie. Hulle het vir Jesus gesê: 28 “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Hy het gesê: ‘tWanneer ’n man sterf en sy vrou lewe nog en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se kinders wees.’ 29 Daar was sewe broers. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf maar hy het nie kinders gehad nie. 30 Die tweede broer het met die oudste broer se weduwee getrou, 31 en ná hom het die derde broer met haar getrou, en so het al sewe broers met die vrou getrou. Hulle het almal gesterf, maar hulle het nie kinders gehad nie. 32 Later het die vrou ook gesterf.

33 Nou vra ons: Wie se vrou sal hierdie vrou wees wanneer al die mense wat gesterf het, weer lewe? Want die sewe broers was almal met haar getroud.”
34 Jesus het vir hulle gesê: “In hierdie lewe trou mense met mekaar. 35 Maar wanneer God Koning is, dan sal Hy die mense wat in Hom glo en wat gesterf het, weer laat lewe. Dan sal mense nie getroud wees nie, en hulle sal nie trou nie. 36 Want hulle sal wees soos die tengele wat nie sterf nie en wat by God in die hemel woon. Maar dit kan net gebeur as God hulle weer laat lewe. 37 Moses het ook vir ons gesê mense wat gesterf het, sal weer lewe. Hy het geskryf oor die bos wat gebrand het. tDaar sê Moses die Here is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.

38 God is nie die God van dooie mense nie, Hy is die God van mense wat lewe. Want vir God is almal wat in Hom glo, mense wat lewe.”

39 Party van die tskrifgeleerdes het vir Jesus gesê: “Meneer, jy het goed geantwoord.”

40 Die mense wou toe nie weer vir Jesus iets vra nie.

Is die Christus die Seun van Dawid?

(Ook Matt 22:41-45; Mark 12:35-37)


41 Jesus het vir die mense gevra: “Hoekom sê die mense tdie Christus is die tSeun van Dawid?

42 Want Dawid self sê in die boek van die Psalms:
tDie Here het vir my Here,
die Koning, gesê:
Sit hier langs My,
op die belangrikste plek,

43 Ek sal jou vyande
voor jou laat buig,
en jy sal jou voete op hulle sit.

44 “Dawid noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?”

Jesus waarsku die mense teen die skrifgeleerdes

(Ook Matt 23:1-2,5-6,14; Mark 12:37-40)


45 Toe sê Jesus vir sy tdissipels terwyl al die mense Hom kan hoor: 46 “Pasop vir die tskrifgeleerdes. Hulle wil graag met tdeftige klere rondloop en hulle wil hê almal moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom. Hulle wil graag sit op die belangrikste plekke in die tsinagoges en by die tfeeste. 47 Maar die skrifgeleerdes is mense wat weduwees tbedrieg en wat hulle huise vat. En hulle is mense wat baie lank bid sodat ander mense dit moet sien. God sal hulle baie swaar straf.”

Luke 20

The Authority of Jesus Is Questioned

1 One day Jesus was teaching the people in the temple courtyard. He was preaching the good news to them.
The chief priests and the teachers of the law came up to him. The elders came with them.
2 "Tell us by what authority you are doing these things," they all said. "Who gave you this authority?"
3 Jesus replied, "I will also ask you a question. Tell me,4 was John's baptism from heaven? Or did it come from men?"
5 They talked to each other about it. They said, "If we say, 'From heaven,' he will ask, 'Why didn't you believe him?'6 But if we say, 'From men,' all the people will throw stones at us and kill us. They believe that John was a prophet."
7 So they answered Jesus, "We don't know where John's baptism came from."
8 Jesus said, "Then I won't tell you by what authority I am doing these things either."

The Story of the Renters

9 Jesus went on to tell the people a story. "A man planted a vineyard," he said. "He rented it out to some farmers. Then he went away for a long time.
10 "At harvest time he sent a servant to the renters. They were supposed to give him some of the fruit of the vineyard. But the renters beat the servant. Then they sent him away with nothing.11 So the man sent another servant. They beat that one and treated him badly. They also sent him away with nothing.12 The man sent a third servant. The renters wounded him and threw him out.
13 "Then the owner of the vineyard said, 'What should I do? I have a son, and I love him. I will send him. Maybe they will respect him.'
14 "But when the renters saw the son, they talked the matter over. 'This is the one who will receive all the owner's property someday,' they said. 'Let's kill him. Then everything will be ours.'15 So they threw him out of the vineyard. And they killed him.
"What will the owner of the vineyard do to the renters?
16 He will come and kill them. He will give the vineyard to others."
When the people heard this, they said, "We hope this never happens!"

17 Jesus looked right at them and said, "Here is something I want you to explain the meaning of. It is written,
" 'The stone the builders didn't accept
has become the most important stone of all.' (Psalm 118:22)

18 Everyone who falls on that stone will be broken to pieces. But the stone will crush anyone it falls on."
19 The teachers of the law and the chief priests looked for a way to arrest Jesus at once. They knew he had told that story against them. But they were afraid of the people.

Is It Right to Pay Taxes to Caesar?

20 The religious leaders sent spies to keep a close watch on Jesus. The spies pretended to be honest. They hoped they could trap Jesus with something he would say. Then they could hand him over to the power and authority of the governor.
21 So the spies questioned Jesus. "Teacher," they said, "we know that you speak and teach what is right. We know you don't favor one person over another. You teach the way of God truthfully.22 Is it right for us to pay taxes to Caesar or not?"
23 Jesus saw they were trying to trick him. So he said to them,24 "Show me a silver coin. Whose picture and words are on it?"
25 "Caesar's," they replied.
He said to them, "Then give to Caesar what belongs to Caesar. And give to God what belongs to God."
26 They were not able to trap him with what he had said there in front of all the people. Amazed by his answer, they became silent.

Marriage When the Dead Rise

27 The Sadducees do not believe that people rise from the dead. Some of them came to Jesus with a question.28 "Teacher," they said, "Moses wrote for us about a man's brother who dies. Suppose the brother leaves a wife but has no children. Then the man must get married to the widow. He must have children to carry on his dead brother's name.
29 "There were seven brothers. The first one got married to a woman. He died without leaving any children.30 The second one got married to her.31 And then the third one got married to her. One after another, the seven brothers got married to her. They all died. None left any children.32 Finally, the woman died too.33 Now then, when the dead rise, whose wife will she be? All seven brothers were married to her."
34 Jesus replied, "People in this world get married. And their parents give them to get married.35 But it will not be like that when the dead rise. Those who are considered worthy to take part in what happens at that time won't get married. And their parents won't give them to be married.36 They can't die anymore. They are like the angels. They are God's children. They will be given a new form of life when the dead rise.
37 "Remember the story of Moses and the bush. Even Moses showed that the dead rise. The Lord said to him, 'I am the God of Abraham. I am the God of Isaac. And I am the God of Jacob.' (Exodus 3:6)38 He is not the God of the dead. He is the God of the living. In his eyes, everyone is alive."
39 Some of the teachers of the law replied, "You have spoken well, teacher!"40 And no one dared to ask him any more questions.

Whose Son Is the Christ?

41 Jesus said to them, "Why do people say that the Christ is the Son of David?

42 David himself says in the Book of Psalms,
" 'The Lord said to my Lord,
"Sit at my right hand

43 until I put your enemies
under your control." ' (Psalm 110:1)
44 David calls him 'Lord.' So how can he be David's son?"
45 All the people were listening. Jesus said to his disciples,46 "Watch out for the teachers of the law. They like to walk around in long robes. They love to be greeted in the market places. They love to have the most important seats in the synagogues. They also love to have the places of honor at dinners.47 They take over the houses of widows. They say long prayers to show off. God will punish those men very much."