Lukas 21
Die arm weduwee se dank-offer
(Ook Mark 12:41-44)
1 Jesus het gesien die ryk mense gooi hulle tdank-offers in die tdankoffer-kis in die ttempel. 2 Hy het ook gesien ’n arm weduwee gooi twee klein tgeldstukkies in die kis. 3 Toe sê Jesus: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Hierdie arm weduwee het meer geld ingegooi as almal.
4 Al hierdie ryk mense het baie geld om in te gooi en daarna het hulle nog baie geld. Hierdie vrou is baie arm, maar sy het alles ingegooi, sy het nie meer geld om kos te koop nie.”Vyande sal die tempel afbreek
(Ook Matt 24:1-2; Mark 13:1-2)
5 Party van die mense het gepraat oor hoe mooi die ttempel is. Die bouers het die mure gebou met mooi klippe en hulle het dit mooi gemaak met tgewyde presente. Toe sê Jesus:
6 “Daar sal ’n tyd kom wanneer vyande al hierdie geboue sal afbreek. Daar sal nie een muur regop bly staan nie.”Mense sal baie swaar kry
(Ook Matt 24:3-9; 10:17-22; 24:13; Mark 13:3-13)
7 Die mense het toe vir Jesus gevra: “Wanneer sal die dinge gebeur waarvan U praat? Watter tteken sal vir ons wys wanneer al hierdie dinge sal gebeur?”
8 Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas dat niemand julle tbedrieg nie. Baie mense sal my Naam gebruik en sê: ‘Dit is Ek! Ek is tdie Christus!’ Hulle sal ook sê: ‘Die regte tyd het nou gekom.’ Maar julle moet hulle nie glo nie.
9 Julle moenie skrik wanneer julle hoor die mense maak oorlog of hulle is ongehoorsaam aan hulle regerings nie. Hierdie dinge moet eers gebeur, maar dit is dan nog nie dadelik die einde van alles nie.”
10 Toe het Jesus vir die mense gesê: “Die een volk sal teen die ander volk oorlog maak, die mense van een land sal teen die mense van ’n ander land oorlog maak. 11 Daar sal groot aardbewings wees, op baie plekke sal daar thongersnood wees. Baie mense sal siek word en sterf. Daar sal vreeslike dinge gebeur, en daar sal tekens in die lug wees, tekens wat ’n mens bangmaak. 12 Maar voor al hierdie dinge gebeur, sal die mense julle vang en hof toe vat in die tsinagoges, en hulle sal julle in die tronk gooi. Hulle sal julle ook hof toe vat voor konings en tgoewerneurs omdat julle aan My behoort. 13 Dan kan julle vir hulle van My vertel. 14 Julle moet besluit om nie voor die tyd gereed te maak vir wat julle sal sê wanneer julle in die hof kom nie, 15 want Ek sal vir julle sê wat julle moet sê. Julle sal soos twyse mense praat en julle vyande sal nie weet wat om te antwoord nie, hulle sal nie kan sê julle praat verkeerd nie. 16 Ook julle ouers, julle broers, julle familie en julle vriende sal vir julle hof toe vat. Hulle sal party van julle ook doodmaak. 17 Almal sal julle haat omdat julle aan My behoort. 18 Maar julle sal nie tverlore gaan nie, nie een haar van julle kop sal verlore gaan nie.
19 As julle aanhou glo, dan sal julle die tewige lewe kry.”Vyande sal Jerusalem verwoes en die gelowiges verdruk
(Ook Matt 24:15-16,19,21; Mark 13:14,17,19)
20 “Wanneer julle sien die soldate van die vyande is rondom Jerusalem, dan moet julle weet dit is nog net ’n kort tydjie, dan sal die vyande Jerusalem tverwoes. 21 Wanneer dít gebeur, dan moet die mense wat in Judea is, na die berge vlug. En die mense in Jerusalem moet weghardloop. En die mense buite die stad moenie na Jerusalem kom nie. 22 Want dit sal ’n tyd wees wanneer God die mense van Jerusalem sal straf, sodat alles kan gebeur wat in die Ou Testament geskryf is. 23 Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat babas verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink. Want die mense in die land Judea sal swaarkry, God sal dan begin om hulle swaar te straf.
24 Die vyande sal party mense van Judea doodmaak. En hulle sal ander mense vang en wegvat na al die ander volke van die wêreld. Ander mense sal in Jerusalem kom woon en hulle sal die stad tontwy. En al hierdie dinge sal aanhou totdat die tyd kom wanneer die Here die volke sal straf.”Die Seun van die mens sal weer kom
(Ook Matt 24:29-31; Mark 13:24-27)
25 “Daar sal wonderlike dinge gebeur met die son en die maan en die sterre. Die mense op die aarde sal baie bang word, want alles sal deurmekaar wees. Die branders van die see sal so wild word dat die mense nie sal weet wat gebeur nie. 26 Mense sal sterf omdat hulle bang is, omdat hulle sal weet dat vreeslike dinge in die wêreld sal gebeur. Ja, God sal die hemel skud en alles wat daarin is. 27 Dan sal almal vir My, die tSeun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom, en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen. Ek sal die Groot Koning wees.
28 Wanneer hierdie dinge begin gebeur, dan moet julle ophou om moedeloos te wees, want dan weet julle dat God julle gou sal kom vrymaak.”Die gelykenis van die vyeboom
(Ook Matt 24:32-35; Mark 13:28-31)
29 Jesus het vir sy tdissipels ’n tgelykenis vertel. Hy het gesê: “Julle moet kyk na die vyeboom en al die ander bome. 30 Wanneer die blare begin groei, dan weet julle en kan julle self sien die somer is naby. 31 So ook: Wanneer julle al hierdie dinge sien gebeur, dan moet julle weet die tyd is naby wanneer God Koning sal wees. 32 Ek sê vir julle, en dit is seker: Party mense wat nou lewe, sal nog lewe wanneer al hierdie dinge gebeur.
33 Die hemel en die aarde sal eendag verdwyn, maar my woorde sal altyd waar wees.”Niemand sal weet wanneer God Koning sal word nie
34 “Julle moet oppas, julle moenie julle geld mors en dronk word en bekommerd wees oor hoe julle sal lewe nie, want dan sal julle vir God vergeet. En die dag wanneer God Koning sal word, sal dan vir julle te skielik kom. 35 Dit sal wees soos ’n tvangstrik wat skielik ’n voël vang. Ja, dit sal skielik gebeur met al die mense wat op die aarde woon.
36 Julle moet altyd gereed wees. Julle moet bid dat julle krag sal hê om weg te vlug van al hierdie dinge wat gou sal gebeur. Julle moet bid dat julle gereed sal wees wanneer die tSeun van die mens julle sal toordeel.”
37 Jesus het in die dag vir die mense in die ttempel geleer, maar wanneer dit aand geword het, het Hy uitgegaan na die Olyf-berg en Hy het die hele nag daar gebly. 38 En vroeg die volgende oggend het al die mense weer na Hom kom luister by die tempel.
Luke 21
The Widow's Offering
1 As Jesus looked up, he saw rich people putting their gifts into the temple offering boxes.2 He also saw a poor widow put in two very small copper coins.
3 "What I'm about to tell you is true," Jesus said. "That poor widow has put in more than all the others.4 All of those other people gave a lot because they are rich. But even though she is poor, she put in everything. She had nothing left to live on."
Signs of the End
5 Some of Jesus' disciples were talking about the temple. They spoke about how it was decorated with beautiful stones and with gifts that honored God. But Jesus asked,6 "Do you see all this? The time will come when not one stone will be left on top of another. Every stone will be thrown down."
7 "Teacher," they asked, "when will these things happen? And what will be the sign that they are about to take place?"
8 Jesus replied, "Keep watch! Be careful that you are not fooled. Many will come in my name. They will claim, 'I am he!' And they will say, 'The time is near!' Do not follow them.9 Do not be afraid when you hear about wars and about fighting against rulers. Those things must happen first. But the end will not come right away."
10 Then Jesus said to them, "Nation will fight against nation. Kingdom will fight against kingdom.11 In many places there will be powerful earthquakes. People will go hungry. There will be terrible sicknesses. Things will happen that will make people afraid. There will be great and miraculous signs from heaven.
12 "But before all this, people will arrest you and treat you badly. They will hand you over to synagogues and prisons. You will be brought to kings and governors. All this will happen to you because of my name.13 In that way you will be witnesses to them.14 But make up your mind not to worry ahead of time about how to stand up for yourselves.15 I will give you words of wisdom. None of your enemies will be able to withstand them or oppose them.
16 "Even your parents, brothers, sisters, relatives and friends will hand you over to the authorities. They will put some of you to death.17 Everyone will hate you because of me.18 But not a hair on your head will be harmed.19 If you stand firm, you will gain life.
20 "A time is coming when you will see armies surround Jerusalem. Then you will know that it will soon be destroyed.21 Those who are in Judea should then escape to the mountains. Those in the city should get out. Those in the country should not enter the city.22 This is the time when God will punish Jerusalem. Everything will come true, just as it has been written.
23 "How awful it will be in those days for pregnant women! How awful for nursing mothers! There will be terrible suffering in the land. There will be great anger against those people.24 Some will be killed by the sword. Others will be taken as prisoners to all the nations. Jerusalem will be overrun by those who aren't Jews until the times of the non-Jews come to an end.
25 "There will be miraculous signs in the sun, moon and stars. The nations of the earth will be in terrible pain. They will be puzzled by the roaring and tossing of the sea.26 Terror will make people faint. They will be worried about what is happening in the world. The sun, moon and stars will be shaken from their places.
27 "At that time people will see the Son of Man coming in a cloud. He will come with power and great glory.28 When these things begin to take place, stand up. Hold your head up with joy and hope. The time when you will be set free will be very close."
29 Jesus told them a story. "Look at the fig tree and all the trees," he said.30 "When you see leaves appear on the branches, you know that summer is near.31 In the same way, when you see these things happening, you will know that God's kingdom is near.
32 "What I'm about to tell you is true. The people living at that time will certainly not pass away until all these things have happened.33 Heaven and earth will pass away. But my words will never pass away.
34 "Be careful. If you aren't, your hearts will be loaded down with wasteful living, drunkenness and the worries of life. Then the day the Son of Man returns will close on you like a trap. You will not be expecting it.35 That day will come upon every person who lives on the whole earth.
36 "Always keep watching. Pray that you will be able to escape all that is about to happen. Also, pray that you will not be judged guilty when the Son of Man comes."
37 Each day Jesus taught at the temple. And each evening he went to spend the night on the hill called the Mount of Olives.38 All the people came to the temple early in the morning. They wanted to hear Jesus speak.