previous next

Lukas 21

1 Daarna het Jesus gekyk hoe al die ryk mense na die groot skatkis in die tempel toe kom om hulle geldelike bydraes daarin te gooi.2 So tussen al die mense deur merk Hy toe op hoe 'n arm weduwee vinnig 'n paar sent in die skatkis gooi en wegstap.
3 "Sien julle die weduwee wat daar van die skatkis af wegstap? Wel, sy het so pas die grootste skenking ooit aan die tempel gemaak.4 Haar paar sente was meer as al die sakke vol geld wat die ryk mense elke dag soontoe aandra. Hulle gee uit hulle oorvloed so 'n ietsie weg, maar sy het alles vir God gegee wat sy op haar naam gehad het. Nou het sy nie meer 'n sent op haar naam oor nie."
5  Daarna het party van Jesus se volgelinge met mekaar gestaan en praat oor hoe mooi die tempel is. Hulle het hulle verkyk aan die reuseklippe en aan al die pragtige versierings.6 Jesus sê toe: "Een van die dae sal daar niks oor wees van alles wat julle nou hier voor julle eie oë sien nie. Hierdie gebou gaan tot op die grond afgebreek word."
7 Toe sê sy volgelinge benoud vir Hom: "Leermeester, sê vir ons wanneer dit gaan gebeur. Sê asseblief ook vir ons hoe ons sal weet wanneer die einde van die wêreld naby is."
8 "Wees versigtig vir daardie mense wat allerlei stories hieroor opmaak," sê Jesus toe vir hulle. "Baie mense sal sommer uit die bloute hier by julle opdaag en sê: 'Kyk, dit is Ek, die Messias! Nou is God se nuwe wêreld uiteindelik hier!' Maar moenie na hulle luister nie. Hulle is 'n spul leuenaars.
9 "Wanneer mense begin oorlog maak en mekaar probeer uitwis, is die einde ook nog nie daar nie. Moenie dan paniekerig raak nie. Hierdie dinge gaan nog alles gebeur.10 Nasies sal mekaar met geweld probeer oorheers en die een heerser sal van die ander heerser probeer ontslae raak.11 Daar sal ook op baie plekke aardbewings wees en kos sal baie skaars raak. Hongersnood sal aan die orde van die dag wees. So ook allerhande siektes. Groot rampe sal die aarde tref. Al dié slegte dinge sal die aarde teister.
12 "Net voor al hierdie dinge gebeur, sal julle ook baie swaarkry. Ongelowiges sal julle vang en julle mishandel. En mense wat maak asof hulle godsdienstig is, sal julle voor hulle leiers aankla. Baie van julle sal in tronke gegooi word. Julle sal ook in die howe en voor hooggeplaaste mense gedaag word omdat julle in My glo. Maar moenie bekommerd wees nie.13 Daar sal wonderlike geleenthede wees om vir My te getuig.14 Moenie 'n slapelose nag hê oor wat julle moet sê nie.15 Ek sal julle saak hanteer. Ek sal presies die regte woorde vir julle gee om te sê. Ek sal julle soveel wysheid gee dat julle vyande se monde van verbasing sal oophang. Hulle sal nie weet wat om julle te antwoord nie.
16 "Die slegte nuus is dat julle vyande partykeer uit julle eie huis sal kom. Julle ouers en julle broers en susters, ja, julle eie familie en julle beste vriende sal julle in die rug steek. Hulle sal julle soos misdadigers uitlewer. Party van hulle sal selfs so ver gaan om julle dood te maak.
17 "Die mense sal julle haat en met julle spot omdat julle my volgelinge is.18 Maar moenie bang wees nie. Daar sal nie 'n haar uit julle koppe val sonder God se wete nie. Hou maar net aan glo.19 Onthou: God se nuwe wêreld wag op almal wat tot die bitter einde toe volhard."
20  "As julle die dag sien dat 'n vreemde leër besig is om Jerusalem te omsingel, moet julle weet dat sy dae getel is.21 Dan moet julle so gou moontlik daar padgee. Gaan kruip iewers in die heuwels in Judea weg. Maak net dat julle wegkom! As julle dalk buite Jerusalem bly en op pad soontoe is, draai dadelik om.22 Want dit sal 'n verskriklike tyd wees. God se oordeel sal dan op Jerusalem uitgegiet word net soos die profete lankal gewaarsku het.
23 "Ek kry veral vroue jammer wat dan verwag of wat nog klein babatjies het. Hulle gaan bitter swaarkry! Want oral gaan daar groot bloedvergieting en lyding wees. Dit sal 'n tyd van wraak wees soos Jerusalem nog nooit beleef het nie.24 Baie mense sal in daardie tyd doodgemaak word of as gevangenes na ander lande toe weggevat word. Ander volke sal in Jerusalem instroom en dit onder hulle voete vertrap. Hierdie dinge sal aanhou totdat God uiteindelik besluit dis genoeg."
25  "Op 'n dag sal verskriklike dinge begin gebeur.
"Die son, die maan en die sterre sal skielik onheilspellend begin verander. Hulle sal nie meer dieselfde lyk nie. Hulle sal begin skud en uit die hemel val.
"Oral op die aarde sal chaos losbreek. Die natuurwette wat alles in die skepping beheer, sal skielik hulle krag verloor. Dan sal die see oor almal begin spoel.
26 "Al hierdie dinge sal die mense rasend van vrees maak. Almal sal doodbang wees.27 Maar dan, skielik, sal die Seun daar wees. Almal sal Hom sien wanneer Hy met sy hemelse krag en heerlikheid op die toneel verskyn.
28 "Wanneer al hierdie dinge begin gebeur, moet julle nie bang wees nie. Want God se nuwe wêreld waarna julle so uitgesien het, is dan voor die deur. Begin solank kyk of julle nie al die Seun sien aankom nie, want Hy gaan enige oomblik op die toneel verskyn!
29 "Julle het netnou gevra wanneer al hierdie dinge gaan gebeur. Wel, luister gou na hierdie voorbeeld uit die natuur. Hoe weet 'n boer die somer is naby? Hy kyk na die vrugtebome.30 As hulle blaartjies en blommetjies begin maak, weet hy dat die somer net om die draai is.31 Nou ja, al hierdie dinge wat Ek so pas vir julle vertel het, moet vir julle soos die 'blaartjies en blommetjies' wees wat sê dat God se nuwe wêreld voor die deur is.
32 "Luister mooi. Wat Ek nou sê, is spesiaal vir julle bedoel. In julle leeftyd sal hierdie dinge al begin gebeur. Moenie dink dis net praatjies nie.33 Julle dink die hemel en die aarde staan vas, maar Ek sê vir julle dat my woorde nog honderd maal vaster staan.
34 "Staan reg vir daardie groot dag. Wees gereed. Moenie julle oorgee aan dronkpartytjies en allerhande vieslike sondes nie. Moet ook nie so besig raak met julle werk dat julle vergeet om te kyk hoe laat dit al op God se horlosie is nie. Dan gaan daardie dag julle heeltemal onkant betrap. Moenie soos baie ander mense op die laaste dag benoud begin rondhardloop omdat julle nie gereed is nie.
35 "Ek waarsku julle nou voor die tyd: kry julle lewe in orde. Vandag nog! Bid elke dag dat die Here julle sal oppas en julle sal help om reg te leef.36 Dan sal julle vol vreugde voor die Seun van die mens gaan staan."
37  In daardie tyd het Jesus elke dag na die tempel toe gegaan om met die mense te praat oor God se nuwe wêreld. In die aande het Hy op die Olyfberg net buitekant Jerusalem gaan slaap.38 'n Groot skare mense het al vroeg elke oggend na die tempel toe gestroom om te hoor wat Hy sê.

Luke 21

The Widow’s Offering

1 Jesust looked upt and saw the rich putting their gifts into the offering box.tss2 He also saw a poor widow put in two small copper coins.s3 Het said, “I tell you the truth,t this poor widow has put in more than all of them.s

4 For they all offered their gifts out of their wealth.t But she, out of her poverty, put in everything she had to live on.”t

The Signs of the End of the Age

5 Nowt while some were speaking about the temple, how it was adorneds with beautiful stones and offerings,t Jesust said,6 “As for these things that you are gazing at, the days will come when not one stone will be left on another.s All will be torn down!”t7 Sot they asked him,t “Teacher, when will these thingss happen? And what will be the sign thatt these things are about to take place?”8 Het said, “Watch outt that you are not misled. For many will come in my name, saying, ‘I am he,’t and, ‘The time is near.’ Do not follow them!

9 And when you hear of wars and rebellions,t do not be afraid.t For these things must happen first, but the end will not come at once.”s

Persecution of Disciples

10 Then he said to them, “Nation will rise up in armst against nation, and kingdom against kingdom.11 There will be great earthquakes, and faminess and plagues in various places, and there will be terrifying sightst and great signss from heaven.12 But before all this,s they will seizet you and persecute you, handing you over to the synagoguess and prisons. Yout will be brought before kings and governors because of my name.13 This will be a time for you to serve as witnesses.t14 Therefore be resolvedt not to rehearset ahead of time how to make your defense.15 For I will give you the wordst along with the wisdomt that none of your adversaries will be able to withstand or contradict.16 You will be betrayed even by parents,s brothers, relatives,t and friends, and they will have some of you put to death.17 You will be hated by everyone because of my name.s18 Yett not a hair of your head will perish.s

19 By your endurances you will gains your lives.t

The Desolation of Jerusalem

20 “But when you see Jerusalems surroundeds by armies, then know that itst desolations has come near.21 Then those who are in Judea must flees to the mountains. Thoset who are inside the city must depart. Thoset who are out in the country must not enter it,22 because these are days of vengeance,t to fulfillt all that is written.23 Woe to those who are pregnant and to those who are nursing their babies in those days! For there will be great distresss on the earth and wrath against this people.

24 Theyt will fall by the edget of the sword and be led away as captivess among all nations. Jerusalemt will be trampled down by the Gentiles until the times of the Gentiles are fulfilled.s

The Arrival of the Son of Man

25 “And there will be signs in the sun and moon and stars,s and on the earth nations will be in distress,t anxioust over the roaring of the sea and the surging waves.26 People will be fainting from feart and from the expectation of what is coming on the world, for the powers of the heavens will be shaken.s27 Thent they will see the Son of Manarriving in a clouds with power and great glory.

28 But when these thingss begin to happen, stand up and raise your heads, because your redemptions is drawing near.”

The Parable of the Fig Tree

29 Thent he told them a parable: “Look at the fig tree and all the other trees.t30 When they sprout leaves, you seet for yourselves and know that summer is now near.31 So also you, when you see these things happening, knowt that the kingdom of Gods is near.32 I tell you the truth,t this generations will not pass away until all these things take place.

33 Heaven and earth will pass away, but my words will never pass away.s

Be Ready!

34 “But be on your guardts so that your hearts are not weighed down with dissipation and drunkenness and the worries of this life, and that day close down upon you suddenly like a trap.s35 Fort it will overtaket all who live on the face of the whole earth.s

36 But stay alert at all times,s praying that you may have strength to escape all these things that mustt happen, and to stand before the Son of Man.”
37 Sot every day Jesust was teaching in the temple courts,t but at night he went and stayedt on the Mount of Olives.ts

38 And all the peoples came to him early in the morning to listen to him in the temple courts.st

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.