previous next

LUKAS 21

'n Brandarm weduwee se kosbare gawe

1 Jesus het opgekyk en sy oog laat gaan oor hoe die rykes hulle bydraes in die offergawekis gooi.2 Hy sien toe ook hoe 'n arm weduwee twee muntstukkies ingooi,3 en Hy sê: "Ek verseker julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as hulle almal.

4 Hulle almal het uit hulle oorvloed ingegooi, maar sy het, ten spyte van haar behoeftigheid, alles ingegooi wat sy as lewensonderhoud gehad het."

Jesus se profesie-preek: Wees altyd waaksaam!

5 Terwyl sommige druk in gesprek was oor die tempel, oor die mooi klipblokke en gewyde geskenke waarmee dit versier is, het Jesus gesê:

6 "Hierdie dinge wat julle sien - daar sal dae kom wanneer nie een klip op 'n ander een sal oorbly nie. Alles sal gesloop word."

7 Hulle vra toe vir Jesus: "Leermeester, wanneer sal hierdie dinge dan gebeur en wat is die teken van wanneer dit gaan gebeur?"
8 In reaksie daarop het Jesus gesê: "Pas op sodat julle nie mislei word nie, want baie sal na vore tree en maak of hulle namens My optree en sê: 'Ek is die een,' en: 'Die tyd het aangebreek!' Moenie agter hulle aanloop nie!

9 Wanneer julle ook al hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie, want hierdie dinge moet eers gebeur, maar die einde volg nie onmiddellik nie."
10 Daarop het Hy aan hulle gesê: "Nasie sal teen nasie optrek en koninkryk teen koninkryk.

11 Daar sal hewige aardbewings wees, en van plek tot plek sal daar hongersnood en epidemies wees. Daar sal vreesaanjaende dinge voorkom en magtige tekens van die hemel af.
12 "Nog voordat al hierdie dinge oor julle kom, sal hulle julle arresteer en vervolg. Hulle sal julle aan die sinagoges en tronke oorlewer; hulle sal julle voor konings en goewerneurs sleep omdat julle in my Naam optree.

13 Dit sal aan julle 'n geleentheid gee om te getuig.
14 "Neem julle nou reeds voor om julle nie te bekommer oor julle verdediging nie,15 want Ek sal aan julle die regte woorde en die wysheid gee wat al julle teenstanders nie sal kan opponeer of weerlê nie.16 Julle sal uitgelewer word deur ouers, broers, familie en vriende, en hulle sal sommige van julle doodmaak.17 Julle sal ook deur almal gehaat word omdat julle in my Naam optree.18 Maar selfs nie 'n haar op julle kop sal verlore gaan nie.

19 Deur julle volharding sal julle julle lewe behou."

Jesus se profesie-preek: die verwoesting van Jerusalem

20 "Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle kennis neem dat sy vernietiging aangebreek het.21 Dan moet die mense wat in Judea is, na die berge toe vlug, en die mense wat in die middel van die stad self is, moet dit ontruim, en die mense wat op die platteland is, moet nie Jerusalem binnegaan nie.22 Daardie dae is dae van vergelding sodat wat geskryf staan in vervulling moet gaan.23 Groot ellende wag op die verwagtende vroue en ook op dié wat nog borsvoed gedurende daardie dae, want daar sal groot benoudheid in die land heers en God se toorn sal op hierdie volk rus.

24 Sommige sal deur die skerpkant van die swaard omkom en ander sal as gevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal vertrap word deur die vreemde nasies totdat die tyd van die nasies verby is."

Jesus se profesie-preek: die koms van die Seun van die Mens

25 "Daar sal wondertekens wees wat die son, maan en sterre betref. En op die aarde sal daar onrus onder die nasies wees uit angs vir die gebulder van die see en sy golwe.26 Mense word flou van vrees en van die voorbodes oor wat nog vir die wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemel sal geskud word.27 En dan sal hulle vir My, die Seun van die Mens, sien kom op 'n wolk met krag en groot heerlikheid.

28 Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan fier en regop en lig julle koppe op, want dan het julle verlossing naby gekom."

Jesus se profesie-preek: die gelykenis van die vyeboom

29 Jesus het toe aan hulle 'n gelykenis vertel: "Let op die vyeboom en al die ander bome.30 Wanneer julle sien dat hulle begin bot, weet julle uit julle eie dat die somer naby is.31 Net so weet julle ook dat die koningsheerskappy van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.32 Ek verseker julle, hierdie geslag sal beslis nie uitsterf voordat alles gebeur het nie.

33 Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde sal beslis nie vergaan nie."

Jesus se profesie-preek: oproep om waaksaam te bly

34 "Spits julle daarop toe dat julle sinne nie afgestomp word van te veel eet en drink en deur die bekommernisse van die lewe nie, en dat daardie dag julle nie onverhoeds35 soos 'n strik oorval nie. Want daardie dag sal oor al die aardbewoners kom.

36 Wees wakker en bid altyddeur vir krag om alles wat gaan gebeur, veilig te deurstaan sodat julle kan verskyn voor My, die Seun van die Mens."
37 Bedags was Jesus besig om in die tempel onderrig te gee en snags het Hy uitgegaan en op die Olyfberg gaan oornag.

38 En soggens vroeg het die hele volk na Hom kom luister in die tempel.

LUKE 21

A Widow's Offering

(Mark 12.41-44)

1 Jesus looked up and saw some rich people tossing their gifts into the offering box. 2 He also saw a poor widow putting in a few cents. 3 And he said, “I tell you that this poor woman has put in more than all the others.

4 Everyone else gave what they didn't need. But she is very poor and gave everything she had.”

The Temple Will Be Destroyed

(Matthew 24.1,2; Mark 13.1,2)


5 Some people were talking about the beautiful stones used to build the temple and about the gifts that had been placed in it. Jesus said,

6 “Do you see these stones? The time is coming when not one of them will be left in place. They will all be knocked down.”

Warning about Trouble

(Matthew 24.3-14; Mark 13.3-13)


7  t Some people asked, “Teacher, when will all this happen? How can we know when these things are about to take place?”

8 Jesus replied:
Don't be fooled by those who will come and claim to be me. They will say, “I am Christ!” and “Now is the time!” But don't follow them.

9 When you hear about wars and riots, don't be afraid. These things will have to happen first, but this isn't the end.
10 Nations will go to war against one another, and kingdoms will attack each other.

11 There will be great earthquakes, and in many places people will starve to death and suffer terrible diseases. All sorts of frightening things will be seen in the sky.
12 Before all this happens, you will be arrested and punished. You will be tried in your synagogues and put in jail. Because of me you will be placed on trial before kings and governors.

13 But this will be your chance to tell about your faith.
14  t Don't worry about what you will say to defend yourselves. 15 I will give you the wisdom to know what to say. None of your enemies will be able to oppose you or to say that you are wrong. 16 You will be betrayed by your own parents, brothers, family, and friends. Some of you will even be killed. 17 Because of me, you will be hated by everyone. 18 But don't worry!t

19 You will be saved by being faithful to me.

Jerusalem Will Be Destroyed

(Matthew 24.15-21; Mark 13.14-19)


20 When you see Jerusalem surrounded by soldiers, you will know that it will soon be destroyed. 21 If you are living in Judea at this time, run to the mountains. If you are in the city, leave it. And if you are out in the country, don't go back into the city. 22 t This time of punishment is what is written about in the Scriptures. 23 It will be an awful time for women who are expecting babies or nursing young children! Everywhere in the land people will suffer horribly and be punished.

24 Some of them will be killed by swords. Others will be carried off to foreign countries. Jerusalem will be overrun by foreign nations until their time comes to an end.

When the Son of Man Appears

(Matthew 24.29-31; Mark 13.24-27)


25  t Strange things will happen to the sun, moon, and stars. The nations on earth will be afraid of the roaring sea and tides, and they won't know what to do. 26 People will be so frightened that they will faint because of what is happening to the world. Every power in the sky will be shaken.t 27 t Then the Son of Man will be seen, coming in a cloud with power and great glory.

28 When all of this starts happening, stand up straight and be brave. You will soon be set free.

A Lesson from a Fig Tree

(Matthew 24.32-35; Mark 13.28-31)


29 Then Jesus told them a story:
When you see a fig tree or any other tree
30 putting out leaves, you know that summer will soon come. 31 So, when you see these things happening, you know that God's kingdom will soon be here. 32 You can be sure that some of the people of this generation will still be alive when all of this takes place.

33 The sky and the earth won't last forever, but my words will.

A Warning


34 Don't spend all of your time thinking about eating or drinking or worrying about life. If you do, the final day will suddenly catch you 35 like a trap. This day will surprise everyone on earth.

36 Watch out and keep praying that you can escape all that is going to happen and that the Son of Man will be pleased with you.
37  t Jesus taught in the temple each day, and he spent each night on the Mount of Olives. 38 Everyone got up early and came to the temple to hear him teach.