Lukas 22
1 Die paasfees was nou voor die deur. Tydens hierdie fees het die Jode 'n lam geslag en ongesuurde brood geëet. Hulle het dan teruggedink aan hoe God hulle voorvaders daar uit Egipte bevry het.
2 Die godsdienstige leiers was baie omgekrap oor alles wat Jesus in die tempel gesê het. Hulle het toe besluit dis genoeg. Jesus moes doodgemaak word. Maar hulle het nie mooi geweet hoe nie, want die skare was in vervoering oor Hom. Toe kry hulle hulp uit 'n onverwagse oord.3 Judas Iskariot, een van Jesus se eie dissipels, het agteraf na hulle toe gekom en vir hulle gesê dat hy hulle sou help om Jesus te vang.4 Die duiwel self het in Judas ingevaar.
5 Die godsdienstige leiers was in ekstase oor Judas se aanbod. "Ons sal jou baie goed betaal," het hulle vir hom gesê.6 Hulle het toe saam 'n plan uitgewerk hoe om Jesus te vang. "Ek sal wag vir die regte oomblik, dan sal ek vir julle 'n teken gee sodat julle Hom kan arresteer," het Judas vir hulle gesê.
7 Die eerste dag van die paasfees waarop die paaslammetjies geslag moes word, het toe aangebreek.8 Jesus het vir Petrus en Johannes geroep en gesê: "Gaan kry asseblief vir ons die paasmaaltyd gereed. Ons moet dit saam vier."
9 "Waar moet ons dan die paasmaaltyd gaan voorberei?" vra hulle toe vir Hom. "Nie een van ons het dan 'n blyplek hier in Jerusalem nie."
10 "Gaan gou in Jerusalem in," sê Jesus vir hulle. "Wees op die uitkyk vir 'n man wat 'n emmer water dra.11 Stap saam met hom na sy huis toe en sê vir hom: 'Ons Meester vra: Waar is die kamer waar Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd moet kom eet?'
12 "Dan sal daardie man julle na 'n groot kamer op die boonste verdieping van sy huis toe vat waar alles klaar regstaan vir die paasmaaltyd."
13 Petrus en Johannes is toe daar weg en het alles net so aangetref soos Jesus vir hulle gesê het. Hulle het toe gou-gou aan die werk gespring en die paasmaaltyd voorberei.
14 Teen sononder het die paasmaaltyd begin. Jesus en al twaalf apostels was daar.15 Hy sê toe vir hulle: "Ai, as julle net weet hoe Ek uitgesien het na hierdie paasmaaltyd saam met julle. Dis my laaste ete saam met julle voordat my swaarkry en lyding begin.16 Ja, Ek sal vir seker nie weer so feesvier voordat God se nuwe wêreld in al sy glorie hier is nie."
17 Toe vat Jesus die beker met die wyn. Nadat Hy vir God daarvoor dankie gesê het, sê Hy: "Neem die wyn en deel dit onder julle almal uit.18 Weet julle, Ek sal eers weer so saam met julle wyn drink wanneer ons daardie nuwe hemelse wyn aan my Vader se tafel drink."
19 Toe vat Jesus die brood, sê vir God daarvoor dankie, breek dit in stukke en gee dit vir sy dissipels. "Vat dit en eet," sê Hy. "Dit is my liggaam. Dink elke keer aan My as julle saam hierdie brood breek en eet. Onthou dan dat Ek my lewe vir julle opgeoffer het."
20 Toe almal klaar geëet het, vat Jesus weer die beker wyn en sê: "Hierdie beker is die teken en die bewys dat God 'n splinternuwe ooreenkoms met julle maak. My bloed wat binnekort gaan vloei, sal al julle sondes wegwas. Dit sal maak dat julle in 'n nuwe verhouding met God staan.
21 "Maar Ek het ook slegte nuus. Een van julle wat hier saam met My aan die tafel sit, gaan My nog in die rug steek.22 God het besluit dat Ek, die Seun van die mens, moet kom ly. Maar daar wag groot probleme op dié een wat gaan maak dat Ek in die hande van my vyande beland."
23 Die dissipels was baie geskok daaroor. Hulle het onderlangs vir mekaar gevra: "Wie van ons sal so 'n verskriklike ding aanvang?"
24 Terwyl hulle nog aan tafel sit, het die dissipels aan die stry geraak oor wie van hulle die belangrikste is.25 Toe sê Jesus vir hulle: "Moenie soos baie mense in magsposisies maak nie. Hulle hou daarvan om oor ander baas te speel. Hulle wil gedurig met groot respek behandel word omdat hulle so belangrik is.26 Maar julle moenie soos hulle wees nie.27 As julle regtig belangrik wil wees, moet julle die minste wees. Dié van julle wat die meeste respek verdien, moet van nou af die heel geringste wees. Behandel ander mense met groot respek, maak nie saak wie hulle is nie. Elkeen van julle wat 'n baie belangrike posisie wil beklee, moet nou dadelik julle moue oprol en begin om ander gelowiges te dien.
"Sê My, wie is die belangrikste persoon by 'n feesmaal, die eregaste of die kelners wat hulle bedien? Ja, natuurlik: die eregaste. Maar kyk net wat Ek kom doen het. Ek wat die heel belangrikste van almal is, het my koningsklere uitgetrek. Ek dien julle almal. Ek het die belangrikste plekke aan julle afgestaan.
28 "Julle wat my volgelinge is, is so kosbaar vir My. Julle was bereid om deur dik en dun by My te staan.29 Daarom het Ek 'n wonderlike geskenk vir julle. Ek gaan vir julle elkeen 'n spesiale plek gee daar in die splinternuwe wêreld wat God aan my sorg toevertrou het.30 Daar sal ons almal saam feesvier. Julle sal die eregaste aan my tafel wees en saam met My eet en drink. Ja, julle sal selfs saam met My oor Israel se finale lot besluit."
31 Jesus draai toe na Simon Petrus toe: "Simon! My liewe Simon, as jy net weet hoe hard die duiwel probeer om julle uit my hand uit te ruk.32 Maar moenie bekommerd wees nie: Ek het spesifiek vir jou gebid! Ek het God gevra om te sorg dat jy nooit sal ophou glo nie. Nou is jou geloof maar swak, maar een van die dae sal dit anders wees. Glo My! Wanneer daardie dag aanbreek, moet jy asseblief omsien na al die ander gelowiges. Bemoedig hulle dan en sorg dat hulle geloof ook sterk is."
33 Petrus antwoord toe vinnig: "Here, U moet U nie bekommer nie. My geloof is glad nie so klein nie. Ek sal deur dik en dun by U staan, ook al moet U tronk toe gaan of doodgemaak word."
34 Toe antwoord Jesus hom: "Petrus, moenie so selfversekerd wees nie. Ek sê vir jou, vannag nog sal jy jou rug vir My draai. Nog voor die haan môreoggend kraai, sal jy drie keer maak of jy My nie ken nie."
35 Daarna draai Jesus na die ander dissipels toe en sê vir hulle: "Onthou julle hoe Ek julle 'n ruk gelede uitgestuur het om vir die mense te gaan sê God se nuwe wêreld is hier? Wel, Ek het toe vir julle gesê om nie 'n beursie vol geld of ekstra klere saam te vat nie. Sê My, het julle toe iets kortgekom? Het julle een aand honger gaan slaap?"
"Nee!" het hulle soos een man geantwoord.
36 "Maar kyk, vannag is alles anders! Nou moet julle al julle geld bymekaarmaak. Pak julle klere in. En as julle nie 'n wapen het nie, sorg dat julle een in die hande kry.37 Julle ken mos daardie woorde in die Bybel: 'Hy is soos 'n misdadiger behandel'? Wel, Ek gaan dit nou waar laat word. Die tyd is nou hier!"
38 Toe sê die dissipels vir Jesus: "Ons sal doen wat U sê. Ons het darem twee swaarde hier tussen ons as dinge regtig handuit ruk."
"Dis meer as genoeg," het Jesus geantwoord.
39 Toe die ete klaar was, het Jesus opgestaan en oudergewoonte weer na die Olyfberg toe gestap. So ook sy dissipels.40 Daar aangekom, sê Hy vir hulle: "Julle moet ernstig bid dat julle nie in die versoeking beland en teen God sondig nie."
41 Jesus het toe 'n ent van hulle af weggestap, omtrent so ver as wat 'n mens met 'n klip kan gooi.42 Daar het Hy op sy knieë neergeval en begin bid: "My Vader, kan U nie asseblief u planne verander sodat Ek nie meer die pad wat vir My voorlê, hoef te loop nie? Is daar nie dalk 'n ander uitweg nie? Maar Ek probeer nie nou self allerhande planne maak nie. Maak U die planne! Ek val daarby in."
43 Terwyl Jesus nog bid, het 'n engel daar na Hom toe gekom om Hom krag te gee vir alles wat op Hom gewag het.44 Jesus was nou in 'n geweldige stryd gewikkel. Hy het so ernstig gebid dat Hy later papnat van die sweet was. Dit het soos bloeddruppels van Hom afgeloop en op die grond geval.
45 Toe Jesus klaar gebid het, het Hy opgestaan en teruggestap na sy dissipels toe. Hulle almal was vas aan die slaap. 'n Paar van hulle het 'n rukkie vantevore met trane in die oë aan die slaap geraak toe hulle sien hoe swaar Jesus kry.46 Hy sê toe vir hulle: "Word wakker! Dis nie nou die tyd om te lê en slaap nie. Julle moet nou bid dat julle nie voor die sonde swig nie."
47 Jesus se woorde was skaars koud of Judas, een van sy twaalf apostels, daag daar op met 'n groot skare mense kort op sy hakke. Hy stap toe tot by Jesus en soen Hom daar voor almal.
48 "Judas, is dit hoe jy nou die Seun van die mens uitverkoop? Verraai jy My met 'n soen, wat eintlik veronderstel is om te wys hoe lief jy My het?" het Jesus hom gevra.
49 Die ander dissipels was baie geskok toe hulle agterkom dat Judas sy verraaier is. "Here, sê net, dan baklei ons! Ons sal U beskerm," sê hulle vir Jesus.50 Voordat Hy kon antwoord, pluk een van die dissipels skielik 'n swaard uit en kap daarmee die regteroor van een van die hoëpriester se werkers af.
51 "Stop! Hou dadelik op!" het Jesus gou vir hom gesê. Toe raak Hy die werker se oor aan. Dit was dadelik gesond.
52 Daarna draai Jesus na al die belangrike godsdienstige leiers en die soldate toe wat opgedaag het om Hom te kom vang: "Vir wat is julle tot die tande toe gewapen? Is Ek dalk 'n gevaarlike skelm dat julle met al hierdie wapens op My toesak?53 Dagin en daguit het Ek daar in die tempel vir julle gepreek. Hoekom het julle My nie toe gevang nie? Hoekom moet julle hier in die middel van die nag op My afkom asof Ek 'n misdadiger is? Maar, nou ja, dis mos die oomblik waarvoor julle al so lank gewag het. Nou is dit regtig 'n baie donker uur."
54 Die mense het Jesus gevange geneem. Van daar af is hulle met Hom reguit na die hoëpriester se huis toe. Petrus het hulle op 'n veilige afstand gevolg.55 Hy het gesien dat 'n klompie mense 'n vuur daar in die agterplaas gemaak het om hulle warm te hou. Hy het toe tussen hulle gaan sit.56 Een van die vroue wat in die hoëpriester se kombuis werk, het hom dadelik herken. Sy sê vir die ander: "Ek het daardie man al saam met Jesus van Nasaret gesien. Hy is een van sy vriende."
57 Maar Petrus het dit dadelik ontken en gesê: "Vroumens, jy maak 'n groot fout! Ek en daardie man is glad nie vriende nie."
58 'n Rukkie later het iemand anders ook vir Petrus herken en vir hom gesê: "Maar jy is dan een van die volgelinge van daardie Jesus!"
"Kyk, jy's heeltemal laf!" het Petrus vinnig gereageer.
59 'n Uur of wat later het nog iemand vir die ander mense gesê: "Sowaar, daardie man is ook 'n volgeling van daardie man van Nasaret. Luister net na sy aksent. Hulle klomp daar in Galilea sê mos sekere woorde anders as ons hier in Judea."
60 "Hoor hier, ek was nog nooit eens naby Hom nie," het Petrus geantwoord. Terwyl hy nog praat, het 'n haan iewers in die vroeë oggendure gekraai.61 Jesus het geweet dat Petrus so 'n entjie van Hom af tussen die mense staan. Die Here draai toe om en kyk hom stip in die oë. Toe tref die Here se woorde van vroeër die aand vir Petrus soos 'n voorhamer: "Nog voor die haan môreoggend kraai, sal jy drie keer maak of jy My nie ken nie."62 Petrus het toe in die donker ingehardloop en bitterlik gehuil.
63 Intussen het die spul wat vir Jesus gevang het met Hom gespot en Hom rondgestamp.64 Hulle het Hom geslaan en gesê: "Toe, sê vir ons wat is die man se naam wat jou slaan. Jy is mos so 'n groot profeet!"65 Hulle het Jesus ook beledig en allerhande godslasterlike dinge teenoor Hom kwytgeraak.
66 Die volgende oggend het 'n paar godsdienstige leiers besluit om Jesus voor die Joodse Raad te bring. 'n Noodvergadering van die Joodse Raad waarop al die belangrikste godsdienstige leiers sitting gehad het, is dadelik belê.67 Toe Jesus voor hulle kom, sê hulle vir Hom: "Kyk, moenie met ons speletjies speel nie. Sê reguit vir ons: is jy die Christus, die Een wat deur God na ons toe gestuur is, of nie?"
68 "Wat help dit Ek antwoord julle? Julle sal My in elk geval nie glo nie," het Jesus gesê. "En as Ek julle iets vra, sal julle My ook nie antwoord nie.69 Maar kyk, van nou af sal alles begin verander. Julle sal nog die Seun van die mens op die belangrikste plek in die hemel sien sit. Hy sal daar langs God wees aan wie al die mag behoort."
70 "Dink jy regtig jy is die Seun van God?"
"Julle sê Ek is!"
71 Toe het die lede van die Joodse Raad ontplof van woede. "Wat meer het ons nodig? Nou het ons mos uit sy eie mond gehoor dat hy 'n godslasteraar is. Hy maak asof hy God is."
Luke 22
Judas’ Decision to Betray Jesus
1 Now the Feast of Unleavened Bread,s which is called the Passover, was approaching.
2 Thet chief priests and the experts in the lawt were trying to find some wayt to executet Jesus,t for they were afraid of the people.s
3 Thent Satans entered Judas, the one called Iscariot, who was one of the twelve.t4 He went away and discussed with the chief priests and officers of the temple guardt how he mightt betray Jesus,t handing him over to them.t5 Theyt were delighteds and arranged to give him money.s
6 Sot Judast agreed and began looking for an opportunity to betray Jesust when no crowd was present.ts
The Passover
7 Then the day for the feastt of Unleavened Bread came, on which the Passover lamb had to be sacrificed.s8 Jesust sent Peter and John, saying, “Go and prepare the Passovers for us to eat.”t9 Theyt said to him, “Where do you want us to preparet it?”10 He said to them, “Listen,t when you have entered the city, a man carrying a jar of waters will meet you.s Follow him into the house that he enters,11 and tell the owner of the house,t ‘The Teacher says to you, “Where is the guest room where I may eat the Passover with my disciples?”’12 Then he will show you a large furnished room upstairs. Make preparations there.”
13 Sot they went and found thingst just as he had told them,s and they prepared the Passover.
The Lord’s Supper
14 Nowt when the hour came, Jesust took his place at the tablet and the apostles joinedt him.15 And he said to them, “I have earnestly desiredt to eat this Passover with you before I suffer.16 For I tell you, I will not eat it againt until it is fulfilleds in the kingdom of God.”s17 Thent he took a cup,s and after giving thanks he said, “Take this and divide it among yourselves.18 For I tell you that from now on I will not drink of the fruitt of the vine until the kingdom of God comes.”s19 Thent he took bread, and after giving thanks he broke it and gave it to them, saying, “This is my bodys which is given for you.s Do this in remembrance of me.”
20 And in the same way he tookt the cup after they had eaten,t saying, “This cup that is poured out for you is the new covenants in my blood.
A Final Discourse
21 “But look, the hand of the one who betrayss me is with me on the table.s22 For the Son of Man is to go just as it has been determined,s but woe to that man by whom he is betrayed!”
23 Sot they began to question one another as to which of them it could possibly be who would do this.
24 A dispute also startedt among them over which of them was to be regarded as the greatest.t25 Sot Jesust said to them, “The kings of the Gentiles lord it over them, and those in authority over them are called ‘benefactors.’s26 Not so with you;t instead the one who is greatest among you must become like the youngest, and the leadert like the one who serves.s
27 For who is greater, the one who is seated at the table,t or the one who serves? Is it nott the one who is seated at the table? But I am among you as ones who serves.
28 “You are the ones who have remainedt with me in my trials.29 Thust I grants to you a kingdom,t just as my Father granted to me,
30 that you may eat and drink at my table in my kingdom, and you will sitt on thrones judgings the twelve tribes of Israel.
31 “Simon,s Simon, pay attention!t Satan has demanded to have you all,s to sift you like wheat,s32 but I have prayed for you, Simon,s that your faith may not fail.s Whent you have turned back,t strengthens your brothers.”33 But Petert said to him, “Lord, I am ready to go with you both to prison and to death!”s
34 Jesus replied,t “I tell you, Peter, the rooster will not crows today until you have denieds three times that you know me.”
35 Thent Jesust said to them, “When I sent you out with no money bag,t or traveler’s bag,t or sandals, you didn’t lacks anything, did you?” They replied,t “Nothing.”36 He said to them, “But now, the one whot has a money bag must take it, and likewise a traveler’s bagt too. And the one who has no sword must sell his cloak and buy one.37 For I tell you that this scripture must bes fulfilled in me, ‘And he was counted with the transgressors.’ts For what is written about me is being fulfilled.”t
38 Sot they said, “Look, Lord, here are two swords.”s Then he told them, “It is enough.”s
On the Mount of Olives
39 Thent Jesust went out and made his way,t as he customarily did, to the Mount of Olives,s and the disciples followed him.40 When he came to the place,s he said to them, “Pray that you will not fall into temptation.”s41 He went away from them about a stone’s throw, knelt down, and prayed,42 “Father, if you are willing, taket this cups away from me. Yet not my will but yourss be done.”43 Then an angel from heaven appeared to him and strengthened him.44 And in his anguisht he prayed more earnestly, and his sweat was like drops of blood falling to the ground.]sss45 Whent he got up from prayer, he came to the disciples and found them sleeping, exhaustedt from grief.
46 Sot he said to them, “Why are you sleeping? Get up and pray that you will not fall into temptation!”s
Betrayal and Arrest
47 While he was still speaking, suddenly a crowd appeared,t and the man named Judas, one of the twelve, was leading them. He walked upt to Jesus to kiss him.s48 But Jesus said to him, “Judas, would you betray the Son of Man with a kiss?”s49 Whent those who were around him saw what was about to happen, they said, “Lord, shouldt we use our swords?”s50 Thent one of thems struck the high priest’s slave,t cutting off his right ear.51 But Jesus said,t “Enough of this!” And he touched the man’st ear and healeds him.52 Thent Jesus said to the chief priests, the officers of the temple guard,t and the elders who had come out to get him, “Have you come out with swords and clubs like you would against an outlaw?t
53 Day after day when I was with you in the temple courts,t you did not arrest me.t But this is your hour,t and that of the powert of darkness!”
Jesus’ Condemnation and Peter’s Denials
54 Thent they arrestedt Jesus,t led him away, and brought him into the high priest’s house.s But Peter was following at a distance.55 When they had made a fire in the middle of the courtyard and sat down together, Peter sat down among them.56 Then a slave girl,t seeing him as he sat in the firelight, stared at him and said, “This man was with him too!”57 But Petert denied it: “Woman,s I don’t knows him!”58 Thent a little later someone elses saw him and said, “You are one of them too.” But Peter said, “Man,t I am not!”59 And after about an hour still another insisted,t “Certainly this man was with him, because he too is a Galilean.”s60 But Peter said, “Man, I don’t know what you’re talking about!” At that moment,t while he was still speaking, a rooster crowed.t61 Thent the Lord turned and looked straight at Peter, and Peter remembered the word of the Lord,t how he had said to him, “Before a rooster crows today, you will deny me three times.”
62 And he went outside and wept bitterly.s
63 Nowt the men who were holding Jesust under guard began to mock him and beat him.64 Theyt blindfolded him and asked him repeatedly,t “Prophesy! Who hit you?”ts
65 They also said many other things against him, revilingt him.
66 When day came, the council of the elders of the people gathered together, both the chief priests and the experts in the law.t Thent they led Jesust away to their councils67 and said, “Ift you are the Christ,ts tell us.” But he said to them, “Ift I tell you, you will nott believe,68 and ift I ask you, you will nott answer.69 But from now onsthe Son of Man will be seated at the right hands of the powers of God.”70 Sot they all said, “Are you the Son of God,s then?” He answeredt them, “You says that I am.”
71 Thent they said, “Why do we need further testimony? We have heard it ourselvess from his own lips!”t