LUKAS 22
Judas onderneem om Jesus uit te lewer
1 Die Fees van die Ongesuurde Brood, wat ook Pasga genoem word, was baie naby.
2 Die priesterhoofde en die skrifkenners het steeds bly soek na 'n onopvallende manier om van Jesus ontslae te raak, want hulle was bang vir die volk.
3 Satan het in Judas ingevaar wat Iskariot genoem is, een van die twaalf.4 Hy het toe weggegaan om te onderhandel met die priesterhoofde en die bevelvoerders van die tempelwag oor hoe hy Jesus aan hulle sou uitlewer.5 Hulle was opgewonde en het ooreengekom om geld aan hom te gee.
6 Judas het ten volle ingestem en na 'n gunstige geleentheid gesoek om Jesus uit te lewer waar die skares nie teenwoordig is nie.
Die laaste paasmaaltyd genuttig
7 Die Dag van die Ongesuurde Brood waarop die paaslam geslag moes word, het aangebreek.
8 Jesus het vir Petrus en Johannes gestuur en gesê: "Gaan maak die paasmaaltyd gereed sodat ons kan kom aansit."
9 Hulle vra toe vir Jesus: "Waar verkies U dat ons dit voorberei?"
10 Hy antwoord hulle: "Kyk, wanneer julle die stad binnegaan, sal 'n man julle teëkom wat 'n kan water dra. Volg hom tot in die huis waar hy ingaan,11 en sê vir die eienaar van die huis: 'Die Leermeester vra jou: Waar is die gastekamer waar Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd kan eet?'
12 Daardie man sal julle 'n groot bovertrek wys wat gereedgemaak is. Daar moet julle dit voorberei."
13 Hulle het vertrek en dit net so aangetref soos Jesus vir hulle gesê het en die paasete gereed gekry.
14 Toe die tyd aangebreek het, het Jesus vir die ete aangesit en die apostels saam met Hom.15 Hy sê toe vir hulle: "Ek het geweldig daarna uitgesien om hierdie paasete saam met julle te eet voordat Ek ly.
16 Want Ek sê vir julle, Ek sal dit beslis nie weer eet voordat dit binne die koninkryk van God sy volle vervulling gekry het nie."
17 Daarna het Jesus 'n beker geneem en 'n dankgebed uitgespreek. Vervolgens sê Hy: "Neem dit en deel dit onder mekaar.
18 Want Ek sê vir julle, Ek sal beslis van nou af nie weer van die vrug van die druiwestok drink voordat die koninkryk van God ten volle gekom het nie."
19 Jesus het ook brood geneem, 'n dankgebed uitgespreek, dit in stukke gebreek en vir hulle gegee terwyl Hy sê: "Dit is my liggaam wat ter wille van julle gegee word. Gebruik dit ter herinnering aan My."
20 Hy het dieselfde gedoen met die beker ná die ete en gesê: "Hierdie beker is die nuwe verbond, bevestig deur my bloed, wat ter wille van julle uitgegiet word.
21 "Maar kyk, die man wat My uitlewer, is hier saam met My aan die tafel.22 Met die Seun van die Mens sal dit inderdaad gaan volgens die beskikking van God, maar groot ellende wag op hom deur wie Hy uitgelewer word!"
23 Toe het die dissipels mekaar begin uitvra wie van hulle dit tog kon wees wat só iets sou doen.
Die belangrikste in die koninkryk van God
24 Daar het toe 'n wedywering onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word.
25 Jesus het egter gereageer: "Die konings van die nasies heers oor hulle, en dié wat gesag oor hulle uitoefen, laat noem hulleself weldoeners.
26 "By julle moet dit egter nie só gaan nie, maar die belangrikste een onder julle moet wees soos die geringste, en die een wat leiding gee, soos een wat dien.27 Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is of die een wat bedien? Dit is tog hy wat aan tafel is. Ek is egter in julle midde soos een wat dien.
28 Maar julle is die mense wat deur dik en dun in my swaarkry by My gebly het.
29 "Net soos my Vader 'n koninkryk aan My toegewys het, só bemaak Ek dit ook aan julle
30 sodat julle in my koninkryk kan eet en drink aan my tafel en kan sit op trone om oor die twaalf stamme van Israel reg te spreek."
Selfs die rots Petrus gaan voor die aanslag van Satan swig
31 "Simon, Simon!" het Jesus gesê. "Let op, Satan het God ernstig gevra dat hy julle soos koring kan sif,
32 maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie moet begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges ondersteun."
33 Petrus sê vir Jesus: "Here, ek is gereed om saam met U die pad te loop tot in die gevangenis en die dood."
34 Jesus het egter gereageer: "Petrus, Ek sê dit nou vir jou: 'n Haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal ontken het dat jy My ken nie."
35 Jesus het ook vir hulle gesê: "Toe Ek julle uitgestuur het sonder 'n geldbeurs of reissak of sandale, het julle enigiets kortgekom?"
Hulle antwoord was: "Nee, niks nie!"
36 Toe sê Jesus vir hulle: "Maar nou, wie 'n geldbeurs besit, moet dit saamneem; net so ook 'n reissak. En wie nie een het nie, moet sy klere verkoop om 'n swaard te kan koop.
37 Ek sê vir julle: Dit staan so in die Skrif en moet in My vervul word: 'Hy is saam met die wetteloses gereken.' Ja, want wat op My betrekking het, word nou voltrek."
38 Hulle sê toe daarop: "Here, let op, hier is twee swaarde."
Hy sê vir hulle: "Dis genoeg."
Jesus worstel in gebed met sy Vader
39 Jesus het uit die stad gegaan na die Olyfberg, soos Hy gewoond was om te doen. En die dissipels het Hom gevolg.
40 Toe Hy op 'n sekere plek kom, sê Hy vir hulle: "Hou aan bid dat julle nie aan versoeking sal toegee nie."
41 Jesus het Hom toe van hulle afgesonder, ongeveer 'n klipgooi ver. Daar het Hy gekniel en gebid:42 "Vader, as U wil, neem hierdie beker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!"43 Daar het 'n engel uit die hemel aan Jesus verskyn en Hom versterk.44 Terwyl Hy intense angs beleef, het Jesus nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos druppels bloed geword wat op die grond drup.
45 Nadat Jesus van die gebed opgestaan en by die dissipels gekom het, kry Hy hulle aan die slaap, gedreineer deur die hartseer.
46 Hy sê toe vir hulle: "Waarom is julle aan die slaap? Staan op en bid dat julle nie aan versoeking sal toegee nie."
Judas se verraderlike soen sit die finale proses aan die gang
47 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het 'n skare daar bymekaargekom. Die man wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor die mense uit geloop en al nader aan Jesus gekom om Hom te soengroet.
48 Jesus het gereageer: "Judas, lewer jy die Seun van die Mens uit met 'n soen?"
49 Toe dié wat saam met Jesus daar was, besef wat met Hom gaan gebeur, vra hulle: "Here, moet ons hulle met die swaard tref?"
50 Een uit hulle geledere het toe na die slaaf van die hoofpriester gekap en sy regteroor afgekap.
51 Maar Jesus het gereageer: "Hou dadelik op hiermee!" Daarna het Hy die oor aangeraak en dit gesond gemaak.
52 Jesus het toe aan die priesterhoofde en die bevelvoerders van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom aangetree het, gesê: "Het julle opgetrek met swaarde en knuppels soos teen 'n rower?
53 Ek was daagliks saam met julle in die tempel, en tog het julle My nie gearresteer nie. Maar hierdie is nou júlle tyd, die tyd van die mag van die duisternis."
Petrus verloën sy Leermeester, soos Jesus voorspel het
54 Nadat hulle Jesus gearresteer het, het hulle Hom weggelei en in die huis van die hoofpriester ingebring. Petrus het op 'n afstand gevolg.55 In die middel van die binnehof was daar 'n vuur wat knetterend gebrand het, met mense wat daar rondom sit. Petrus het tussen hulle gaan sit.
56 'n Diensmeisie het hom raakgesien waar hy sigbaar in die vlammegloed gesit het. Nadat sy hom goed bekyk het, sê sy: "Hý was ook saam met daardie man."
57 Petrus het dit egter heftig ontken: "Vrou, ek ken Hom glad nie!"
58 'n Rukkie later merk iemand anders hom op en sê: "Hy is mos ook uit hulle geledere."
Petrus se reaksie was: "Man, ek is beslis nie!"
59 Ná 'n tussenpose van ongeveer 'n uur het 'n ander persoon ferm bevestig: "Hierdie man was vir seker saam met hom. Hy is tog ook 'n Galileër."
60 Petrus het geantwoord: "Man, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie!" Eensklaps, terwyl hy nog besig is om te praat, het daar 'n haan gekraai.
61 Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk. Petrus het die Here se woorde onthou toe Hy aan hom gesê het: "Voordat die haan nog vannag kraai, sal jy drie keer ontken dat jy My ken."
62 En hy het buitentoe gegaan en onbedaarlik gehuil.
Soldate dryf die spot met Jesus
63 Die soldate wat Jesus bewaak het, het Hom gekoggel en geslaan.64 Hulle het Hom geblinddoek en aanhou sê: "Profeteer wie dit is wat jou geslaan het!"
65 Hulle het Hom bly laster deur baie ander dinge teen Hom kwyt te raak.
Jesus word deur die Joodse Raad skuldig bevind
66 Toe die nuwe dag breek, het die volksleiers, dit is die priesterhoofde en skrifkenners, saamgekom en hulle het Jesus voor hulle Raad gebring.
67 Hulle sê toe: "As jy die Messias is, sê dit vir ons."
Hy het hulle geantwoord: "As Ek dit vir julle sou sê, sal julle My glad nie glo nie.68 Al sou Ek ook 'n vraag stel, sal julle glad nie antwoord nie.
69 Maar van nou af sal Ek, die Seun van die Mens, aan die regterhand van die sterke God sit."
70 Toe vra hulle almal: "Is jy dan die Seun van God?"
Hy antwoord hulle: "Dit is soos julle sê - Ek is."
71 Die reaksie was: "Waarom het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos nou self uit sy eie mond gehoor!"
LUKE 22
A Plot To Kill Jesus
(Matthew 26.1-5,14,16; Mark 14.1,2,10,11; John 11.45-53)
1 t The Festival of Thin Bread, also called Passover, was near. 2 The chief priests and the teachers of the Law of Moses were looking for a way to get rid of Jesus, because they were afraid of what the people might do.
3 Then Satan entered the heart of Judas Iscariot, t who was one of the twelve apostles.
4 Judas went to talk with the chief priests and the officers of the temple police about how he could help them arrest Jesus. 5 They were very pleased and offered to pay Judas some money.
6 He agreed and started looking for a good chance to betray Jesus when the crowds were not around.Jesus Eats with His Disciples
(Matthew 26.17-25; Mark 14.12-21; John 13.21-30)
7 The day had come for the Festival of Thin Bread, and it was time to kill the Passover lambs.
8 So Jesus said to Peter and John, “Go and prepare the Passover meal for us to eat.”
9 But they asked, “Where do you want us to prepare it?”
10 Jesus told them, “As you go into the city, you will meet a man carrying a jar of water.t Follow him into the house 11 and say to the owner, ‘Our teacher wants to know where he can eat the Passover meal with his disciples.’
12 The owner will take you upstairs and show you a large room ready for you to use. Prepare the meal there.”
13 Peter and John left. They found everything just as Jesus had told them, and they prepared the Passover meal.The Lord's Supper
(Matthew 26.26-30; Mark 14.22-26; 1 Corinthians 11.23-25)
14 When the time came for Jesus and the apostles to eat, 15 he said to them, “I have very much wanted to eat this Passover meal with you before I suffer.
16 I tell you I will not eat another Passover meal until it is finally eaten in God's kingdom.”
17 Jesus took a cup of wine in his hands and gave thanks to God. Then he told the apostles, “Take this wine and share it with each other.
18 I tell you that I will not drink any more wine until God's kingdom comes.”
19 Jesus took some bread in his hands and gave thanks for it. He broke the bread and handed it to his apostles. Then he said, “This is my body, which is given for you. Eat this as a way of remembering me!”
20 t After the meal he took another cup of wine in his hands. Then he said, “This is my blood. It is poured out for you, and with it God makes his new agreement. 21 t The one who will betray me is here at the table with me!
22 The Son of Man will die in the way that has been decided for him, but it will be terrible for the one who betrays him!”
23 Then the apostles started arguing about who would ever do such a thing.An Argument about Greatness
24 t The apostles got into an argument about which one of them was the greatest.
25 t So Jesus told them:
Foreign kings order their people around, and powerful rulers call themselves everyone's friends.t 26 t But don't be like them. The most important one of you should be like the least important, and your leader should be like a servant.
27 t Who do people think is the greatest, a person who is served or one who serves? Isn't it the one who is served? But I have been with you as a servant.
28 You have stayed with me in all my troubles. 29 So I will give you the right to rule as kings, just as my Father has given me the right to rule as a king.
30 t You will eat and drink with me in my kingdom, and you will each sit on a throne to judge the twelve tribes of Israel.Jesus' Disciples //Will Be Tested
(Matthew 26.31-35; Mark 14.27-31; John 13.36-38)
31 Jesus said, “Simon, listen to me! Satan has demanded the right to test each one of you, as a farmer does when he separates wheat from the husks.t
32 But Simon, I have prayed that your faith will be strong. And when you have come back to me, help the others.”
33 Peter said, “Lord, I am ready to go with you to jail and even to die with you.”
34 Jesus replied, “Peter, I tell you that before a rooster crows tomorrow morning, you will say three times that you don't know me.”Moneybags, Traveling Bags, //and Swords
35 t Jesus asked his disciples, “When I sent you out without a moneybag or a traveling bag or sandals, did you need anything?”
“No!” they answered.
36 Jesus told them, “But now, if you have a moneybag, take it with you. Also take a traveling bag, and if you don't have a sword, t sell some of your clothes and buy one.
37 t Do this because the Scriptures say, ‘He was considered a criminal.’ This was written about me, and it will soon come true.”
38 The disciples said, “Lord, here are two swords!”
“Enough of that!” Jesus replied.Jesus Prays
(Matthew 26.36-46; Mark 14.32-42)
39 Jesus went out to the Mount of Olives, as he often did, and his disciples went with him.
40 When they got there, he told them, “Pray that you won't be tested.”
41 Jesus walked on a little way before he knelt down and prayed,
42 “Father, if you will, please don't make me suffer by drinking from this cup.t But do what you want, and not what I want.”
43 Then an angel from heaven came to help him.
44 Jesus was in great pain and prayed so sincerely that his sweat fell to the ground like drops of blood.t
45 Jesus got up from praying and went over to his disciples. They were asleep and worn out from being so sad.
46 He said to them, “Why are you asleep? Wake up and pray that you won't be tested.”Jesus Is Arrested
(Matthew 26.47-56; Mark 14.43-50; John 18.3-11)
47 While Jesus was still speaking, a crowd came up. It was led by Judas, one of the twelve apostles. He went over to Jesus and greeted him with a kiss.t
48 Jesus asked Judas, “Are you betraying the Son of Man with a kiss?”
49 When Jesus' disciples saw what was about to happen, they asked, “Lord, should we attack them with a sword?”
50 One of the disciples even struck at the high priest's servant with his sword and cut off the servant's right ear.
51 “Enough of that!” Jesus said. Then he touched the servant's ear and healed it.
52 Jesus spoke to the chief priests, the temple police, and the leaders who had come to arrest him. He said, “Why do you come out with swords and clubs and treat me like a criminal?
53 t I was with you every day in the temple, and you didn't arrest me. But this is your time, and darknesst is in control.”Peter Says //He Doesn't Know Jesus
(Matthew 26.57,58,67-75; Mark 14.53,54,66-72; John 18.12-18,25-27)
54 Jesus was arrested and led away to the house of the high priest, while Peter followed at a distance. 55 Some people built a fire in the middle of the courtyard and were sitting around it. Peter sat there with them,
56 and a servant girl saw him. Then after she had looked at him carefully, she said, “This man was with Jesus!”
57 Peter said, “Woman, I don't even know that man!”
58 A little later someone else saw Peter and said, “You are one of them!”
“No, I'm not!” Peter replied.
59 About an hour later another man insisted, “This man must have been with Jesus. They both come from Galilee.”
60 Peter replied, “I don't know what you are talking about!” Right then, while Peter was still speaking, a rooster crowed.
61 The Lord turned and looked at Peter. And Peter remembered that the Lord had said, “Before a rooster crows tomorrow morning, you will say three times that you don't know me.”
62 Then Peter went out and cried bitterly.
63 The men who were guarding Jesus made fun of him and beat him. 64 They put a blindfold on him and said, “Tell us who struck you!”
65 They kept on insulting Jesus in many other ways.Jesus Is Questioned //by the Council
(Matthew 26.59-66; Mark 14.55-64; John 18.19-24)
66 At daybreak the nation's leaders, the chief priests, and the teachers of the Law of Moses got together and brought Jesus before their council.
67 They said, “Tell us! Are you the Messiah?”
Jesus replied, “If I said so, you wouldn't believe me. 68 And if I asked you a question, you wouldn't answer.
69 But from now on, the Son of Man will be seated at the right side of God All-Powerful.”
70 Then they asked, “Are you the Son of God?”t
Jesus answered, “You say I am!”t
71 They replied, “Why do we need more witnesses? He said it himself!”