previous next

Lukas 23

Jesus staan voor Pilatus

(Ook Matt 27:1-2,11; Mark 15:1-2; Joh 18:28,33-34,37)

1 Die hele tJoodse Raad het toe opgestaan en hulle het vir Jesus na Pilatus toe geneem.

2 Hulle het begin om Jesus te beskuldig. Hulle het gesê: “Ons het uitgevind dat hierdie man ons volk topstandig maak. Hy sê die mense moenie belasting betaal aan die tkeiser nie. Hy sê ook hy is ’n koning, tdie Christus.”

3 Pilatus het vir Jesus gevra: “Is jy die tkoning van die Jode?”
Toe antwoord Jesus vir Pilatus: “Jy sê self Ek is.”

4 Pilatus het vir die tpriesterleiers en die mense gesê: “Ek dink nie hierdie man het enige iets verkeerd gedoen nie.”

5 Maar die priesterleiers het aangehou om te sê: “Hy maak die mense opstandig, want hy het begin om vir die mense in Galilea verkeerde dinge te leer, en nou doen hy dit ook in die hele land Judea.”

Jesus voor Herodes


6 Toe Pilatus dit hoor, vra hy: “Kom hierdie man van Galilea?”
7 En toe hy hoor dat Jesus van Galilea kom waar tHerodes koning is, het hy vir Jesus na koning Herodes toe gestuur. Herodes was ook vir die tPaasfees in Jerusalem. 8 Herodes was baie bly om Jesus te sien, want hy wou graag vir Jesus ontmoet omdat hy baie van Hom gehoor het. Herodes het gehoop Jesus doen ’n twonderteken voor hom. 9 Herodes het vir Jesus lank uitgevra, maar Jesus het hom niks geantwoord nie. 10 Die tpriesterleiers en die tskrifgeleerdes was ook daar. Hulle het Jesus oor baie dinge beskuldig by Herodes. 11 Toe het Herodes en sy soldate vir Jesus tverneder en Hom gespot. Hulle het vir Hom tdeftige klere aangetrek en Herodes het Hom teruggestuur na Pilatus toe.

12 Daardie dag het Herodes en Pilatus vriende geword. Voorheen was hulle vyande van mekaar.

Pilatus sê Jesus moet sterf

(Ook Matt 27:15-17,21-23,26; Mark 15:6-9,11-15; Joh 18:38-40; 19:16)


13 Toe het Pilatus die tpriesterleiers en die leiers van die volk en al die mense bymekaargeroep. 14 Hy het vir hulle gesê: “Julle het vir my hierdie man gebring en gesê hy maak die mense topstandig. Ek het geluister na wat hy sê, maar ek kon niks kry wat wys dat hy tskuldig is nie. 15 Herodes kon ook niks kry wat hy verkeerd gedoen het nie, want hy het vir Jesus teruggestuur na my toe. Jesus het niks verkeerd gedoen nie, ek kan hom nie laat doodmaak nie.

16 Daarom sal ek hom laat slaan, en dan sal ek hom uit die tronk laat kom.”
17  t

18 Maar toe het almal geskree: “Jy moet hierdie man wegvat. Ons wil hê jy moet vir Barabbas uit die tronk laat kom.”
19 Barabbas was in die tronk omdat hy die leier was van mense wat in Jerusalem opstandig geword het teen die Romeinse regering, en omdat hy iemand vermoor het. 20 Pilatus het weer met die Joodse leiers en met die mense gepraat, want hy wou graag vir Jesus uit die tronk laat kom.

21 Maar die mense het geskree: “tKruisig hom, kruisig hom!”

22 Pilatus het ’n derde maal met die mense gepraat. Hy het gesê: “Sê vir my, wat het hierdie man gedoen wat verkeerd is? Ek kan niks kry waaroor hy moet sterf nie. Ek sal hom laat slaan, en dan sal ek hom uit die tronk laat kom.”
23 Maar die mense het aangehou om hard te skree dat Pilatus vir Jesus moet laat kruisig. Hulle het so baie geskree 24 dat Pilatus besluit het om te doen wat hulle vra.

25 Hy het vir Barabbas laat uitkom, Barabbas wat in die tronk was omdat hy die leier was van mense wat opstandig was teen die Romeinse regering, en omdat hy iemand vermoor het. Pilatus het gedoen wat die mense gevra het, hy het gesê Jesus moet sterf, want dit is wat die mense wil hê.

Die soldate kruisig vir Jesus

(Ook Matt 27:31-33,35,37-39,41-42,44; Mark 15:20-22,24,26-27,31-32; Joh 19:17-19,29)


26 Die soldate het vir Jesus weggevat. Daar het ’n man van buite die stad gekom, sy naam was Simon, hy was van die stad Sirene. Die soldate het hom gevat en hulle het Jesus se tkruis op hom gesit. Hulle het vir hom gesê hy moet agter Jesus loop en hy moet die kruis dra. 27 Baie mense het agter Jesus geloop. Party van die vroue het hulleself top die bors geslaan en hulle het oor Jesus gehuil. 28 Toe draai Jesus om en sê vir hulle: “Vroue van Jerusalem, julle moenie oor My huil nie. Julle moet oor julleself huil en oor julle kinders.

29 Julle moet weet, daar sal ’n tyd kom wanneer die mense sal sê vroue wat nie kinders kan hê nie, en ook vroue wat nooit kinders gehad het nie, is gelukkige mense.”
30 Jesus het ook gesê: “In daardie tyd sal die mense vir die berge en die heuwels sê: ‘tJulle moet op ons val! Julle moet ons toemaak!’

31 Ek sê dit, want Ek is tonskuldig, en kyk wat gebeur met My. Julle kan self dink wat sal gebeur met Jerusalem, Jerusalem wat tskuldig is.”
32 Die soldate het ook twee ander mans weggevat om hulle saam met Jesus te kruisig. Hierdie mans was skelms. 33 Hulle kom toe by ’n plek, die plek se naam was Kopbeen. Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het ook die twee skelms gekruisig, een regs langs Jesus en die ander een links langs Hom.

34 Toe sê Jesus: “Vader, U moet die mense vergewe wat My kruisig, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
Die soldate wat vir Jesus gekruisig het, het Jesus se klere gevat. Hulle het lootjies getrek om te besluit watter klere elkeen moet kry.

35 Al die mense het daar gestaan en kyk wat gebeur. Die Joodse leiers het vir Jesus gespot. Hulle het gesê: “Hy het ander mense gered, nou moet Hy Homself red as Hy tdie Christus van God is, as God Hom gekies het om Koning te wees.”
36 Die soldate het ook vir Jesus gespot. Hulle wou hê Hy moet suur wyn drink.

37 Hulle het gesê: “As jy die tkoning van die Jode is, dan moet jy jouself red.”

38 Bo-aan die kruis het hulle op ’n plank geskryf hoekom hulle vir Jesus gekruisig het. Hulle het daarop geskryf: “Hierdie man is die koning van die Jode.”

39 Een van die skelms wat langs Jesus aan ’n kruis gehang het, wou vir Jesus tverneder en hy het gesê: “O, jy sê jy is die Christus. Dan moet jy jouself red en ook vir ons.”
40 Maar die ander skelm het gesê hy moet stilbly. Hy het gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Want hulle straf jou soos hulle vir Jesus straf.

41 Dit is reg dat hulle ons straf, want ons het verkeerde dinge gedoen. Maar Jesus het niks verkeerd gedoen nie.”

42 Toe sê hy vir Jesus: “Jesus, dink aan my wanneer God vir U Koning maak.”

43 En Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Vandag sal jy saam met My in die tparadys wees.”

Jesus sterf

(Ook Matt 27:45,50-51,54-55; Mark 15:33,37-41; Joh 19:29-30,25)


44 Dit was omtrent twaalfuur die middag. Dit het donker geword oor die hele land. Dit was donker tot drie-uur die middag. 45 Toe dit donker word, het die tgordyn in die ttempel van bo tot onder geskeur.

46 En Jesus het hard gesê: “tVader, Ek gee myself vir U.”
Nadat Jesus dit gesê het, het Hy gesterf.

47 Die kaptein van die Romeinse soldate het gesien wat gebeur. Hy het God geprys en gesê: “Hierdie man was regtig tonskuldig.”
48 Daar was baie mense wat kom kyk het wat gebeur. Hulle was jammer dat dit gebeur het en hulle het hulleself top die bors geslaan. Toe het hulle teruggegaan na hulle huise in die stad.

49 Maar al die mense wat vir Jesus geken het, ook die vroue wat saam met Jesus van Galilea gekom het, het daar gebly staan, ’n bietjie verder weg. Almal, ook die vroue, het gesien hoe Jesus sterf en wat alles gebeur.

Josef van Arimatea sit Jesus se liggaam in ’n graf

(Ook Matt 27:57-61; Mark 15:42-43,46-47; Joh 19:38,40-42)


50 Daar was ’n man, sy naam was Josef. Hy was ’n lid van die tJoodse Raad en hy was ’n goeie man wat gehoorsaam was aan al die tWette van Moses. 51 Josef het gedink die Raad het verkeerd besluit oor Jesus. Josef het gekom van die Joodse stad Arimatea. Hy het ook gewag dat die tyd sal kom wanneer God Koning sal wees oor almal. 52 Josef het na Pilatus toe gegaan en hy het vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus kan kry. 53 Toe het Josef die liggaam van die tkruis afgehaal en hy het dit in lap toegedraai. Hy het die liggaam in ’n tgraf gesit wat hulle in ’n rots gekap het. Hulle het nog nie voorheen iemand in daardie graf begrawe nie.

54 Dit het alles op die Vrydag gebeur, en daarna het die tSabbatdag begin.
55 Die vroue wat saam met Jesus gekom het van Galilea, het die graf gesien en hulle het ook gesien hoe Josef die liggaam van Jesus in die graf sit. 56 Daarna het die vroue teruggegaan na die stad. Hulle het lekkerruik-olie en salf gereedgemaak, hulle wou dit later aan Jesus se liggaam smeer. Maar op die Sabbatdag het hulle eers gerus, soos die Wette van Moses sê.

Luke 23

1 Then the whole group got up and led Jesus off to Pilate.2 They began to bring charges against Jesus. They said, "We have found this man misleading our people. He is against paying taxes to Caesar. And he claims to be Christ, a king."
3 So Pilate asked Jesus, "Are you the king of the Jews?"
"Yes. It is just as you say," Jesus replied.
4 Then Pilate spoke to the chief priests and the crowd. He announced, "I find no basis for a charge against this man."
5 But they kept it up. They said, "His teaching stirs up the people all over Judea. He started in Galilee and has come all the way here."
6 When Pilate heard this, he asked if the man was from Galilee.7 He learned that Jesus was from Herod's area of authority. So Pilate sent Jesus to Herod. At that time Herod was also in Jerusalem.
8 When Herod saw Jesus, he was very pleased. He had been wanting to see Jesus for a long time. He had heard much about him. He hoped to see Jesus do a miracle.
9 Herod asked him many questions, but Jesus gave him no answer.10 The chief priests and the teachers of the law were standing there. With loud shouts they brought charges against him.
11 Herod and his soldiers laughed at him and made fun of him. They dressed him in a beautiful robe. Then they sent him back to Pilate.12 That day Herod and Pilate became friends. Before this time they had been enemies.
13 Pilate called together the chief priests, the rulers and the people.14 He said to them, "You brought me this man. You said he was turning the people against the authorities. I have questioned him in front of you. I have found no basis for your charges against him.15 Herod hasn't either. So he sent Jesus back to us. As you can see, Jesus has done nothing that is worthy of death.16-17 So I will just have him whipped and let him go."
18 With one voice the crowd cried out, "Kill this man! Give Barabbas to us!"19 Barabbas had been thrown into prison. He had taken part in a struggle in the city against the authorities. He had also committed murder.
20 Pilate wanted to let Jesus go. So he made an appeal to the crowd again.21 But they kept shouting, "Crucify him! Crucify him!"
22 Pilate spoke to them for the third time. "Why?" he asked. "What wrong has this man done? I have found no reason to have him put to death. So I will just have him whipped and let him go."
23 But with loud shouts they kept calling for Jesus to be crucified. The people's shouts won out.
24 So Pilate decided to give them what they wanted.25 He set free the man they asked for. The man had been thrown in prison for murder and for fighting against the authorities. Pilate gave Jesus over to them so they could carry out their plans.

Jesus Is Nailed to a Cross

26 As they led Jesus away, they took hold of Simon. Simon was from Cyrene. He was on his way in from the country. They put a wooden cross on his shoulders. Then they made him carry it behind Jesus.
27 A large number of people followed Jesus. Some were women whose hearts were filled with sorrow. They cried loudly because of him.
28 Jesus turned and said to them, "Daughters of Jerusalem, do not cry for me. Cry for yourselves and for your children.29 The time will come when you will say, 'Blessed are the women who can't have children! Blessed are those who never gave birth or nursed babies!'

30 It is written,
" 'The people will say to the mountains, "Fall on us!"
They'll say to the hills, "Cover us!" ' (Hosea 10:8)

31 People do these things when trees are green. So what will happen when trees are dry?"
32 Two other men were also led out with Jesus to be killed. Both of them had broken the law.33 The soldiers brought them to the place called The Skull. There they nailed Jesus to the cross. He hung between the two criminals. One was on his right and one was on his left.
34 Jesus said, "Father, forgive them. They don't know what they are doing." The soldiers divided up his clothes by casting lots.
35 The people stood there watching. The rulers even made fun of Jesus. They said, "He saved others. Let him save himself if he is the Christ of God, the Chosen One."
36 The soldiers also came up and poked fun at him. They offered him wine vinegar.37 They said, "If you are the king of the Jews, save yourself."
38 A written sign had been placed above him. It read, ~this is the king of the jews.=
39 One of the criminals hanging there made fun of Jesus. He said, "Aren't you the Christ? Save yourself! Save us!"
40 But the other criminal scolded him. "Don't you have any respect for God?" he said. "Remember, you are under the same sentence of death.41 We are being punished fairly. We are getting just what our actions call for. But this man hasn't done anything wrong."
42 Then he said, "Jesus, remember me when you come into your kingdom."
43 Jesus answered him, "What I'm about to tell you is true. Today you will be with me in paradise."

Jesus Dies

44 It was now about noon. The whole land was covered with darkness until three o'clock.45 The sun had stopped shining. The temple curtain was torn in two.46 Jesus called out in a loud voice, "Father, into your hands I commit my very life." After he said this, he took his last breath.
47 The Roman commander saw what had happened. He praised God and said, "Jesus was surely a man who did what was right."
48 The people had gathered to watch that sight. When they saw what happened, they beat their chests and went away.49 But all those who knew Jesus stood not very far away, watching those things. They included the women who had followed him from Galilee.

Jesus Is Buried

50 A man named Joseph was a member of the Jewish Council. He was a good and honest man.51 He had not agreed with what the leaders had decided and done. He was from Arimathea, a town in Judea. He was waiting for God's kingdom.
52 Joseph went to Pilate and asked for Jesus' body.53 He took it down and wrapped it in linen cloth. Then he put it in a tomb cut in the rock. No one had ever been buried there.54 It was Preparation Day. The Sabbath was about to begin.
55 The women who had come with Jesus from Galilee followed Joseph. They saw the tomb and how Jesus' body was placed in it.56 Then they went home. There they prepared spices and perfumes. But they rested on the Sabbath day in order to obey the Law.