previous next

Lukas 23

1 Toe staan al die godsdienstige leiers op en vat Jesus na Pilatus toe. Hy was die Romeinse goewerneur.2 Daar aangekom, het hulle Jesus van 'n kant af beskuldig: "Hierdie man het ons volk op 'n dwaalspoor gebring. Hy is 'n vals boodskapper van God. Boonop stook hy die mense op om nie belasting aan die keiser te betaal nie. Hy vertel links en regs dat hy die Messias is. Hy dink ook hy is die koning, nie die keiser nie."
3 Pilatus vra toe vir Jesus: "Is al hierdie dinge waar? Dink jy regtig jy is die koning van die Jode?"
"U het dit gesê," het Jesus geantwoord.
4 "Ag nee wat, hy is onskuldig. Hy het niks verkeerds gedoen nie," het Pilatus vir die godsdienstige leiers en die skare gesê wat om hom saamgedrom het.
5 Maar die godsdienstige leiers was glad nie daarvoor te vinde nie. "Nee, hierdie man is baie gevaarlik. Hy stook almal op, van Galilea af tot hier in Jerusalem."
6 Toe Pilatus hoor dat hulle van Galilea praat, vra hy dadelik: "Kom hy dan uit Galilea?"
7 Toe almal ja sê, het Pilatus besluit om Jesus na Herodes Antipas, die heerser oor Galilea, te stuur, want hy was ook in daardie tyd in Jerusalem.
8 Toe Jesus by Herodes aankom, was hy bly. "Aha! Uiteindelik kry ek die man te sien van wie ek so baie gehoor het," het Herodes gesê. "Nou toe, doen gou vir my die een of ander groot teken."
9 Jesus het egter net daar gestaan sonder om enigiets te sê. Herodes het Hom die een ding na die ander gevra, maar Hy het niks geantwoord nie.10 Die godsdienstige leiers en die kenners van die Skrif wat ook daar was, het hierdie kans benut om Jesus van alles wat sleg is te beskuldig.11 Later was Herodes baie vies dat Jesus hom ignoreer. Hy en sy soldate het Hom sleggesê en rondgestamp. Toe het hulle vir Jesus deftige klere aangetrek. "Jy wil mos so graag 'n koning wees. Gaan wys nou vir Pilatus hoe lyk jy met jou koningsklere," het Herodes spottend vir Jesus gesê en Hom teruggestuur.
12 Terloops, op daardie dag het Pilatus en Herodes die strydbyl begrawe en goeie vriende geword.
13  Kort daarna het Pilatus al die belangrikste godsdienstige leiers van die Jode na hom toe ontbied. Hy sê toe vir hulle:14 "Kyk, julle het vir my kom sê dat hierdie Jesus 'n moeilikheidmaker is wat julle mense opstook. Ek het mooi na al die feite gekyk en agtergekom dat dit nie waar is nie. Hierdie man is onskuldig.15 As julle my nie wil glo nie, gaan vra dan vir Herodes. Hy het ook vir Jesus ondervra. Herodes het my laat weet dat hierdie man niks gedoen het wat die doodstraf verdien nie.16 So, kom ek sê vir julle wat ek gaan doen: ek sal dat die soldate hom 'n ordentlike drag slae gee. Maar daarna laat ek hom los."
17 Pilatus se voorstel het glad nie byval gevind by die skare nie.18 Hulle het hard begin skree: "Weg met daardie man! Laat Barabbas los!"19 Barabbas was in die tronk omdat hy vroeër in Jerusalem aan 'n opstand teen die Romeine deelgeneem het. Boonop was hy ook 'n moordenaar.
20 Pilatus wou dit nie doen nie. Daarom het hy weer probeer om die skare te oortuig dat Jesus losgelaat moes word.21 Maar hulle het hom doodgeskree: "Kruis toe met Jesus! Kruis toe met Jesus!"
22 Toe maak Pilatus die skare 'n derde keer stil en vra vir hulle: "Sê my, wat het hierdie man gedoen wat so verskriklik is dat julle hom wil dood hê? Ek sal dat my soldate hom 'n goeie drag slae gee. Daarna sal ek hom loslaat."
23 Maar die skare wou nie kopgee nie. Hulle het net al harder geskree dat Jesus gekruisig moes word.24 Uiteindelik het Pilatus ingegee: "Nou goed dan, laat hom maar gekruisig word!"
25 Pilatus het toe vir Barabbas losgelaat wat in die tronk was omdat hy 'n terroris en 'n moordenaar was. En vir Jesus het hy in die hande van die soldate en die mense oorgegee. Nou het die bloeddorstige skare eindelik hulle sin gekry.
26  Daarna het die soldate Jesus weggevat na die plek buitekant die stad waar die mense gewoonlik gekruisig is. Langs die pad sien hulle toe 'n man wat uit die veld nader gestap kom om te kyk wat aan die gang was. Sy naam was Simon. Hy was afkomstig uit Sirene in Afrika. Die soldate tel toe Jesus se kruis op sy rug en sê: "Toe, dra hierdie man se kruis! Stap agter hom aan tot daar waar hy gekruisig moet word."
27 'n Groot skare het ook agter Jesus aangestap. Baie vroue het hardop gehuil.28 Toe draai Jesus om en sê vir hulle: "Moenie oor My huil nie. Huil liewer oor julle stad. Want vir julle en julle kinders gaan dit bitter swaar wees hier.29 Daar sal tye kom dat die mense sal sê: 'Hoe gelukkig is daardie vroue wat nie kon kinders hê nie.'30 Hulle sal dan die berge smeek: 'Steek ons weg! Gee vir ons 'n plek waar ons veilig is teen ons vyande!' En vir die heuwels: 'Maak ons toe sodat hulle ons nie kan raaksien nie!'31 Kyk, as Jerusalem se mense bereid is om My dood te maak, moet hulle niks goeds te wagte wees nie. Jerusalem is soos 'n klomp dooie takke wat op 'n hoop lê. Al wat nog oorbly, is dat hulle aan die brand gesteek moet word."
32  Jesus is nie alleen gekruisig nie.33 Twee terroriste is ook saam met Hom daar op Golgota, "die Plek van die Kopbeen", gekruisig. Hulle kruise is aan weerskante van Syne in die grond ingeplant.
34 Daar aan die kruis het Jesus hardop vir God gesê: "My Vader, vergeef hierdie mense. Hulle weet glad nie waarmee hulle nou besig is nie." Maar die soldate het hulle nie aan Hom gesteur nie. Hulle was te besig om sy klere onder mekaar te verdeel deur lootjies te trek.
35 Baie mense het na Golgota gestroom om te sien hoe Jesus gekruisig word. Party van hulle het allerhande lelike dinge vir Hom gesê. Die godsdienstige leiers het ook saam gespot: "Ons het van vroeg tot laat gehoor hoe hy ander mense red. Nou is hy self in die moeilikheid. Laat hy homself dan nou red as hy die Gestuurde van God is! Laat ons sien of God regtig aan sy kant is soos hy sê."
36 Die soldate het lustig aan hierdie spottery deelgeneem deur 'n lap vol asyn in Jesus se mond te druk.37 "Hier hang die koning van die Jode," het hulle laggend uitgeroep. "Toe, wys ons hoe sterk jy is. Trek al daardie spykers uit jou uit en klim van die kruis af!"
38 Bokant Jesus se kop was 'n nota vasgesit: "Hierdie man is die koning van die Jode."
39 Later het een van die terroriste wat saam met Jesus gekruisig is ook met Hom begin spot: "Nou toe, waarvoor wag jy? As jy regtig die Messias is, kry ons hier af!"
40 Die man aan die ander kruis het hom egter gou stilgemaak. "Het jy g'n respek vir God nie? Jy staan nou onder sy oordeel!41 Ons twee verdien om hier te hang, want ons is misdadigers. Maar hierdie Man het net mooi niks verkeerds gedoen nie."
42 Toe kyk hierdie man na Jesus toe en sê: "Ag, Here, sal U asseblief aan my dink wanneer U daar in God se woonplek aankom?"
43 "Ek het baie goeie nuus vir jou," het Jesus dadelik geantwoord. "Jy gaan nie meer na die doderyk toe nie. Nee, jy gaan saam met My na die paradys toe. Vandag nog sal jy jou oë daar oopmaak."
44  Toe, skielik, word alles pikdonker. Van twaalfuur af tot drie-uur daardie45 Vrydagmiddag, toe die son op sy helderste moes skyn, was die hele gebied donker. Boonop het die swaar gordyn wat die allerheiligste deel van die tempel van die ander vertrekke afgeskei het, ook middeldeur geskeur.
46 Toe roep Jesus skielik baie hard uit: "My Vader, Ek is besig om te sterf. Ontvang My asseblief daar by U!" Daarna het Hy sy laaste asem uitgeblaas en gesterf.
47 Toe die Romeinse offisier wat daar by die kruis aan diens was dit hoor, het hy vir God gesê: "Hierdie man was regtig onskuldig. Hy het die hele tyd net gedoen wat U sê!"
48 Die skare daar om die kruis het dadelik hulle koppe laat sak en op hulle bors geslaan as teken van hartseer.49 'n Klompie van Jesus se getroue volgelinge het ook daar eenkant gestaan en alles aanskou. Onder hulle was die groepie vroue wat oral in Galilea agter Jesus aangekom het.
50  Toe Josef van Arimatea sien Jesus is dood, het hy vir Pilatus gaan vra of hy sy liggaam kon neem om begrawe te word.51-52 Josef was 'n lid van die Joodse Raad en 'n goeie en godvresende man. Hy het nie saamgestem met die manier waarop die Joodse Raad Jesus veroordeel en laat doodmaak het nie. Want hy het geglo dat God se nuwe wêreld sou kom soos Jesus gesê het.
53 Nadat Josef Jesus se liggaam van die kruis afgehaal het, het hy dit in skoon linnedoeke toegedraai en dit in 'n graf gaan begrawe wat aan hom behoort het. Dit was 'n nuwe graf wat in die rots uitgekap was.54 Hy het gesorg dat Jesus se liggaam begrawe was voordat die sabbatdag aangebreek het.
55 Die vroue wat uit Galilea saam met Jesus na Jerusalem toe gekom het, was ook by toe Josef Jesus se liggaam begrawe het. Hulle het alles aanskou.56 Daarna het hulle teruggegaan na die plek waar hulle gebly het. Hulle het gou al hulle kosbare salf en speserye bymekaargesit om Jesus se liggaam te gaan salf wanneer die sabbat verby was.

Luke 23

Jesus Brought Before Pilate

1 Thent the whole group of them rose up and brought Jesust before Pilate.s2 Theyt began to accuses him, saying, “We found this man subvertingts our nation, forbiddingt us to pay the tribute taxt to Caesart and claiming that he himself is Christ,ts a king.”3 Sot Pilate asked Jesus,t “Are you the kings of the Jews?” He replied, “You say so.”s4 Thent Pilate said to the chief priests and the crowds, “I find no basis for an accusationts against this man.”

5 But they persistedt in saying, “He incitess the people by teaching throughout all Judea. It started in Galilee and ended up here!”t

Jesus Brought Before Herod

6 Now when Pilate heard this, he asked whether the man was a Galilean.7 Whent he learned that he was from Herod’s jurisdiction,s he sent him over to Herod,s who also happened to be in Jerusalemss at that time.8 Whent Herod saw Jesus, he was very glad, for he had long desired to see him, because he had heard about him and was hoping to see him performt some miraculous sign.s9 Sot Herodt questioned him at considerable length; Jesust gave him no answer.10 The chief priests and the experts in the lawt were there, vehemently accusing him.s11 Even Herod with his soldiers treated him with contempt and mocked him. Then,t dressing him in elegant clothes,s Herodt sent him back to Pilate.

12 That very day Herod and Pilate became friends with each other,s for prior to this they had been enemies.t

Jesus Brought Before the Crowd

13 Thent Pilate called together the chief priests, thet rulers, and the people,14 and said to them, “You brought me this man as one who was misleadingt the people. When I examined him before you, It did not find this man guiltyt of anything you accused him of doing.15 Neither did Herod, for he sent him back to us. Look, he has done nothings deserving death.t

16 I will therefore have him floggedt and release him.”ss
18 But they all shouted out together,t “Take this mant away! Release Barabbas for us!”19 (Thist was a man who had been thrown into prison for an insurrections started in the city, and for murder.)s20 Pilate addressed them once again because he wanteds to release Jesus.21 But they kept on shouting,t “Crucify, crucifyts him!”22 A third time he said to them, “Why? What wrong has he done? I have found him guiltyt of no crime deserving death.s I will therefore flogt him and release him.”23 But they were insistent,t demanding with loud shouts that he be crucified. And their shouts prevailed.24 Sot Pilates decidedt that their demand should be granted.

25 He released the man they asked for, who had been thrown in prison for insurrection and murder. But he handed Jesus overt to their will.s

The Crucifixion

26 Ast they led him away, they seized Simon of Cyrene,s who was coming in from the country.t They placed the cross on his back and made him carry it behind Jesus.t27 A great number of the people followed him, among them womens who were mourningt and wailing for him.28 But Jesus turned to them and said, “Daughters of Jerusalem,ss do not weep for me, but weep for yourselvess and for your children.29 For this is certain:t The days are coming when they will say, ‘Blessed are the barren, the wombs that never bore children, and the breasts that never nursed!’ts30 Then they will begin to say to the mountains,s ‘Fall on us!’ and to the hills, ‘Cover us!’s

31 For if such things are donet when the wood is green, what will happen when it is dry?”s
32 Two other criminalsss were also led away to be executed with him.33 Sot when they came to the place that is called “The Skull,”s they crucifieds him there, along with the criminals, one on his right and one on his left.34 [But Jesus said, “Father, forgive them, for they don’t know what they are doing.”]s Thentthey threw dicetto divide his clothes.s35 The people also stood there watching, but the rulers ridiculedt him, saying, “He saved others. Let him saves himself ift he is the Christts of God, his chosen one!”36 The soldiers also mocked him, coming up and offering him sour wine,s37 and saying, “Ift you are the king of the Jews, save yourself!”

38 There was also an inscriptions over him, “This is the king of the Jews.”
39 One of the criminals who was hanging there railed at him, saying, “Aren’tss you the Christ?ts Save yourself and us!”40 But the other rebuked him, saying,t “Don’tt you fear God, since you are under the same sentence of condemnation?t41 And we rightly so, for we are getting what we deserve for what we did, but this man has done nothings wrong.”42 Thent he said, “Jesus, remember mes when you come ins your kingdom.”

43 And Jesust said to him, “I tell you the truth,t todays you will be with me in paradise.”s
44 It was nowt about noon,t and darkness came over the whole land until three in the afternoon,t45 because the sun’s light failed.ssss The temple curtaint was torn in two.

46 Then Jesus, calling out with a loud voice, said, “Father, into your hands I commit my spirit!”s And after he said this he breathed his last.
47 Now when the centurions saw what had happened, he praised God and said, “Certainly this man was innocent!”ts48 And all the crowds that had assembled for this spectacle, when they saw what had taken place, returned home beating their breasts.s

49 And all those who knew Jesust stood at a distance, and the women who had followed him from Galilee sawt these things.

Jesus’ Burial

50 Nowt there was a man named Joseph who was a member of the council,t a good and righteous man.51 (Het had not consentedss to their plan and action.) Het was from the Judean townt of Arimathea, and was looking forward tot the kingdom of God.s52 He went to Pilate and asked for the bodys of Jesus.53 Thent he took it down, wrapped it in a linen cloth,t and placed itt in a tomb cut out of the rock,t where no one had yet been buried.st54 It was the day of preparations and the Sabbath was beginning.t55 Thet women who had accompanied Jesust from Galilee followed, and they saw the tomb and how his body was laid in it.

56 Thent they returned and prepared aromatic spicest and perfumes.t
On the Sabbath they rested according to the commandment.s

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.