previous next

LUKAS 23

Pilatus bevind Jesus onskuldig, maar die Joodse leiers dring aan op sy kruisiging

1 Die hele vergadering het opgestaan en Jesus voor Pilatus gebring.

2 Hulle het die klag teen Hom begin voorlê: "Ons het bevind dat hierdie man ons volk opsweep; hy verbied hulle om belasting aan die keiser te betaal, terwyl hy beweer dat hy self die Messias, die Koning is."
3 Pilatus het Hom toe gevra: "Is jy die Koning van die Jode?"
Jesus het hom geantwoord: "Dit is soos u sê."

4 Daarop het Pilatus aan die priesterhoofde en die skare gesê: "Ek vind niks krimineels aan hierdie man nie."

5 Hulle het opgesweep geraak en aanhou roep: "Hy hits deur sy onderrig die volk deur die hele Judea aan. Hy het in Galilea begin en nou is hy ook hier."
6 Toe Pilatus dit hoor, het hy probeer uitvind of die man dan 'n Galileër is.

7 Nadat hy hom daarvan vergewis het dat Jesus wel uit dié gebied afkomstig is wat onder Herodes se beheer val, het hy Jesus na Herodes toe gestuur, wat juis gedurende daardie tyd in Jerusalem was.
8 Herodes was baie opgewonde om Jesus te sien. Hy het al vir 'n lang tyd die begeerte gehad om Jesus te sien omdat hy al soveel van Hom gehoor het. Hy het ook gehoop om te sien hoe Jesus die een of ander wonderteken verrig.

9 Hy het Jesus vraag op vraag gevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
10 Die priesterhoofde en die skrifkenners het daar gestaan en Jesus heftig beskuldig.11 Herodes, saam met sy soldate, het Jesus met veragting bespot. Hy het Hom 'n blink kleed aangetrek en Jesus teruggestuur na Pilatus toe.

12 Op daardie dag het Herodes en Pilatus mekaar se vriende geword, want vroeër was hulle vyande.
13 Daarna het Pilatus die priesterhoofde en die volksleiers bymekaargeroep14 en aan hulle gesê: "Julle het hierdie man voor my gebring as iemand wat die volk opgesweep het om te rebelleer. Ek het hom voor julle oë ondervra en ek het geen gronde gekry vir die aanklag waarvan julle hom beskuldig nie.15 Herodes het ook nie gronde gekry nie, want hy het hom teruggestuur na ons toe. Let ook daarop, Jesus het niks gedoen wat die doodstraf verdien nie.

16 Nadat ek hom laat gésel het, sal ek hom vrylaat."

18 Hulle het dit egter saam met die menigte uitgekreet: "Weg met hom! Laat Barabbas vir ons los!"
19 (Barabbas was in die tronk gegooi oor 'n oproer in die stad en oor 'n moord.)20 Pilatus het weer met hulle gaan redeneer omdat hy Jesus wou vrylaat,

21 maar hulle het dit bly uitkreet: "Kruisig, kruisig hom!"

22 Vir die derde keer sê Pilatus vir hulle: "Watter kwaad het hierdie man gedoen? Ek het in hom geen gronde vir die doodstraf gekry nie. Ek sal hom laat gésel en dan vrylaat."
23 Die mense het egter met oorverdowende stemme aanhou roep en eis dat Jesus gekruisig moes word. Hulle geskree het die oorhand gekry.24 Pilatus het daarop besluit dat hulle versoek uitgevoer moes word.

25 Hy het die man wat as gevolg van 'n opstand en moord in die tronk gegooi was, vrygelaat soos hulle geëis het, maar vir Jesus het hy volgens hulle wens uitgelewer.

Jesus gekruisig

26 Terwyl hulle besig was om Jesus weg te lei, het hulle ene Simon van Sirene, wat van die veld af gekom het, geforseer om die kruis agter Jesus aan te dra.

27 'n Groot menigte van die volk het Jesus gevolg, ook vroue wat op hulle bors geslaan en oor Hom gehuil het.
28 Jesus het na hulle toe gedraai en gesê: "Dogters van Jerusalem, moenie oor Mý huil nie; huil liewer oor julleself en julle kinders29 omdat daar dae kom wanneer mense sal sê: 'Gelukkig is die onvrugbare vroue en die moederskote wat nog nie 'n kind in die wêreld gebring het nie, sowel as die borste wat nog nooit gevoed het nie.'30 Dan sal mense aan die berge sê:
'Val op ons!'
en aan die heuwels:
'Bedek ons!'

31 "As hulle hierdie dinge aan 'n groen boom doen, wat sal dan met die droë gebeur?"
32 Twee ander misdadigers is ook saam met Jesus weggelei om tereggestel te word.

33 Toe hulle by die plek aankom wat Kopbeen genoem word, het hulle Jesus daar gekruisig, asook die misdadigers - een aan Jesus se regter- en een aan sy linkerkant.

34 Daarop het Jesus gesê: "Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!" Hulle het ook sy klere verdeel deur die lot te werp.

35 Die volk het net daar gestaan en toekyk. En die leiers het aangehou om Hom te bespot met dié woorde: "Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Messias, die uitverkorene van God is!"
36 Ook die soldate het vorentoe beweeg en Jesus gespot. Hulle het vir Hom asynwyn aangebied

37 en gesê: "As jy die Koning van die Jode is, red jouself."

38 Daar was ook 'n kennisgewing bokant Jesus se kop: "Hierdie man is die Koning van die Jode."

39 Een van die misdadigers wat daar gehang is, het Jesus aanhou beledig deur te sê: "Is jy dan nie die Messias nie? Red jouself en ook vir ons!"
40 Die ander een het hom egter bestraf en gesê: "Het jy óók nie respek vir God nie, alhoewel jy dieselfde straf as hierdie man ondergaan!41 Ons het dit terdeë verdien, want ons verdien die straf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie."

42 Hy het verder gesê: "Jesus, onthou my asseblief wanneer U in u koninkryk kom."

43 Jesus se antwoord was: "Ek verseker jou, vandag nog sal jy saam met My in die paradys wees."

Jesus van Nasaret, die Seun van God, sterf

44 Teen ongeveer twaalfuur het duisternis toegesak oor die hele land tot drie-uur toe.45 Die son is uitgedoof en die swaar gordyn van die tempel het middeldeur geskeur.

46 Met 'n harde stem het Jesus uitgeroep: "Vader, in u hande gee Ek my gees oor!" Nadat Hy dit gesê het, het Hy sy asem uitgeblaas.
47 Toe die Romeinse offisier oor honderd sien wat gebeur, het hy God geloof en gesê: "Hierdie man was werklikwaar regverdig."48 Die hele skare wat saamgedrom het vir hierdie skouspel en gesien het wat alles gebeur het, het as teken van rou op hulle bors geslaan en huis toe gegaan.

49 Maar Jesus se vriende, asook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op 'n afstand bly staan en al hierdie dinge aanskou.

Jesus word begrawe

50 Daar was 'n man met die naam Josef, 'n lid van die Joodse Raad, 'n goeie en regverdige man.51 Hy het nie vrede gehad met hulle besluite en optrede nie. Hy het van die Joodse dorp Arimatea af gekom en het uitgesien na die koninkryk van God.52 Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en Jesus se liggaam gevra.53 Nadat hy die liggaam afgehaal het, het hy dit in linne toegebind en in 'n rotsgraf gaan neerlê waarin niemand nog ooit begrawe was nie.

54 Dit was die Vrydagmiddag laat, die tyd van voorbereiding vir die naderende Sabbat.
55 Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het Josef gevolg en die rotsgraf gesien, asook hoe sy liggaam daarin neergelê word.56 Daarna het hulle teruggegaan huis toe om die aromatiese olie en speserye te gaan voorberei.
Op die Sabbat het hulle gerus volgens die gebod in die wet.

LUKE 23

Pilate Questions Jesus

(Matthew 27.1,2,11-14; Mark 15.1-5; John 18.28-38)

1 Everyone in the council got up and led Jesus off to Pilate.

2 They started accusing him and said, “We caught this man trying to get our people to riot and to stop paying taxes to the Emperor. He also claims that he is the Messiah, our king.”

3 Pilate asked Jesus, “Are you the king of the Jews?”
“Those are your words,” Jesus answered.

4 Pilate told the chief priests and the crowd, “I don't find him guilty of anything.”

5 But they all kept on saying, “He has been teaching and causing trouble all over Judea. He started in Galilee and has now come all the way here.”

Jesus //Is Brought before Herod


6 When Pilate heard this, he asked, “Is this man from Galilee?”

7 After Pilate learned that Jesus came from the region ruled by Herod, t he sent him to Herod, who was in Jerusalem at that time.

8 For a long time Herod had wanted to see Jesus and was very happy because he finally had this chance. He had heard many things about Jesus and hoped to see him work a miracle.
9 Herod asked him a lot of questions, but Jesus did not answer.

10 Then the chief priests and the teachers of the Law of Moses stood up and accused him of all kinds of bad things.
11 Herod and his soldiers made fun of Jesus and insulted him. They put a fine robe on him and sent him back to Pilate.

12 That same day Herod and Pilate became friends, even though they had been enemies before this.

The Death Sentence

(Matthew 27.15-26; Mark 15.6-15; John 18.39—19.16)


13 Pilate called together the chief priests, the leaders, and the people. 14 He told them, “You brought Jesus to me and said he was a troublemaker. But I have questioned him here in front of you, and I have not found him guilty of anything that you say he has done. 15 Herod didn't find him guilty either and sent him back. This man doesn't deserve to be put to death!

16-17 I will just have him beaten with a whip and set free.”t
18 But the whole crowd shouted, “Kill Jesus! Give us Barabbas!”

19 Now Barabbas was in jail because he had started a riot in the city and had murdered someone.
20 Pilate wanted to set Jesus free, so he spoke again to the crowds.

21 But they kept shouting, “Nail him to a cross! Nail him to a cross!”

22 Pilate spoke to them a third time, “But what crime has he done? I have not found him guilty of anything for which he should be put to death. I will have him beaten with a whip and set free.”
23 The people kept on shouting as loud as they could for Jesus to be put to death. 24 Finally, Pilate gave in.

25 He freed the man who was in jail for rioting and murder, because he was the one the crowd wanted to be set free. Then Pilate handed Jesus over for them to do what they wanted with him.

Jesus Is Nailed to a Cross

(Matthew 27.31-44; Mark 15.21-32; John 19.17-27)


26 As Jesus was being led away, some soldiers grabbed hold of a man named Simon who was from Cyrene. He was coming in from the fields, but they put the cross on him and made him carry it behind Jesus.
27 A large crowd was following Jesus, and in the crowd a lot of women were crying and weeping for him.

28 Jesus turned to the women and said:
Women of Jerusalem, don't cry for me! Cry for yourselves and for your children.
29 Someday people will say, “Women who never had children are really fortunate!” 30 t At that time everyone will say to the mountains, “Fall on us!” They will say to the hills, “Hide us!”

31 If this can happen when the wood is green, what do you think will happen when it is dry?t
32 Two criminals were led out to be put to death with Jesus.

33 When the soldiers came to the place called “The Skull,”t they nailed Jesus to a cross. They also nailed the two criminals to crosses, one on each side of Jesus.

34-35  t Jesus said, “Father, forgive these people! They don't know what they're doing.”t
While the crowd stood there watching Jesus, the soldiers gambled for his clothes. The leaders insulted him by saying, “He saved others. Now he should save himself, if he really is God's chosen Messiah!”
36  t The soldiers made fun of Jesus and brought him some wine.

37 They said, “If you are the king of the Jews, save yourself!”

38 Above him was a sign that said, “This is the King of the Jews.”

39 One of the criminals hanging there also insulted Jesus by saying, “Aren't you the Messiah? Save yourself and save us!”
40 But the other criminal told the first one off, “Don't you fear God? Aren't you getting the same punishment as this man? 41 We got what was coming to us, but he didn't do anything wrong.”

42 Then he said to Jesus, “Remember me when you come into power!”

43 Jesus replied, “I promise that today you will be with me in paradise.”t

The Death of Jesus

(Matthew 27.45-56; Mark 15.33-41; John 19.28-30)


44 Around noon the sky turned dark and stayed that way until the middle of the afternoon. 45 t The sun stopped shining, and the curtain in the templet split down the middle.

46 t Jesus shouted, “Father, I put myself in your hands!” Then he died.

47 When the Roman officer saw what had happened, he praised God and said, “Jesus must really have been a good man!”
48 A crowd had gathered to see the terrible sight. Then after they had seen it, they felt brokenhearted and went home.

49 t All of Jesus' close friends and the women who had come with him from Galilee stood at a distance and watched.

Jesus Is Buried

(Matthew 27.57-61; Mark 15.42-47; John 19.38-42)


50-51 There was a man named Joseph, who was from Arimathea in Judea. Joseph was a good and honest man, and he was eager for God's kingdom to come. He was also a member of the council, but he did not agree with what they had decided.
52 Joseph went to Pilate and asked for Jesus' body. 53 He took the body down from the cross and wrapped it in fine cloth. Then he put it in a tomb that had been cut out of solid rock and had never been used.

54 It was Friday, and the Sabbath was about to begin.t
55 The women who had come with Jesus from Galilee followed Joseph and watched how Jesus' body was placed in the tomb. 56 t Then they went to prepare some sweet-smelling spices for his burial. But on the Sabbath they rested, as the Law of Moses commands.