Lukas 5
Jesus kies sy eerste dissipels
(Ook Matt 4:18-22; Mark 1:16-20)
1 Eendag het Jesus by die see van Gennesaret gestaan en Hy het die boodskap van God vir die mense verduidelik. Baie mense het na Hom geluister en hulle het rondom Jesus gestaan en teen Hom gedruk. 2 Jesus het twee bote gesien wat langs die see lê. Die vissermanne was nie in die bote nie. Hulle was besig om die visnette te was. 3 Jesus het in een van die bote geklim. Dit was Simon se boot. Jesus het vir Simon gevra om ’n bietjie verder van die strand weg te roei. Jesus het gaan sit en Hy het uit die boot vir die mense geleer.
4 Toe Hy klaar gepraat het, het Hy vir Simon gesê: “Roei ’n bietjie verder tot waar die see diep is en gooi julle nette in die water om vis te vang.”
5 Simon het vir Jesus gesê: “Meneer, ons het die hele nag hard gewerk, maar ons het niks gevang nie. Maar as U sê ek moet dit doen, dan sal ek die nette ingooi.”
6 Toe Simon die nette in die see gooi, het hulle so baie visse gevang dat die nette amper stukkend geskeur het. 7 Hulle het hulle vriende in die ander boot geroep om te kom help. Hulle vriende het gekom en hulle het altwee bote vol visse gemaak. Dit was so vol, die bote het amper gesink.
8 Toe Simon Petrus dit sien, het hy voor Jesus op die grond geval en gesê: “Here, gaan weg van my, want ek is ’n man wat baie sonde doen.”
9 Simon Petrus en die ander mense saam met hom was baie verbaas oor die baie visse wat hulle gevang het.
10 Jakobus en Johannes was ook baie verbaas. Hulle was die seuns van Sebedeus en hulle het saam met Simon gewerk en visgevang. Jesus het vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy nie meer visvang nie, jy sal mense bymekaarmaak.”
11 Hulle het met die bote tot by die land geroei. Hulle het alles daar gelos en saam met Jesus gegaan.Jesus maak ’n melaatse man gesond
(Ook Matt 8:1-4; Mark 1:40-45)
12 Jesus het in ’n stad gekom. Daar was ’n tmelaatse man. Toe die melaatse man vir Jesus sien, het hy voor Jesus op die grond geval met sy gesig teen die grond. Hy het vir Jesus gesoebat en gesê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”
13 Jesus het sy hand uitgesteek en aan die man geraak en gesê: “Ek wil dit doen, Ek maak jou gesond.”
Dadelik was die man nie meer melaats nie.
14 Jesus het vir die man gesê: “Jy moet dit vir niemand vertel nie. Gaan wys vir die tpriester jy is gesond en doen dan wat Moses in die wette geskryf het. Bring die toffers omdat jy trein geword het. Dan sal die priesters weet jy is rein.”
15 Die mense het toe nog meer gepraat oor alles wat Jesus gedoen het. Baie mense het bymekaargekom om na Jesus te luister. Hulle wou ook hê Jesus moet hulle siektes gesond maak.
16 Jesus het altyd graag na stil plekke gegaan om alleen te wees en daar te bid.Jesus maak ’n verlamde man gesond
(Ook Matt 9:1-8; Mark 2:1-12)
17 Eendag was Jesus besig om vir die mense te leer. Daar was ook tFariseërs en tskrifgeleerdes wat na Hom geluister het. Hulle het gekom uit al die stede van Galilea en Judea en ook uit Jerusalem. Die Here het vir Jesus krag gegee om mense gesond te maak. 18 ’n Paar manne het ’n man wat verlam was, op ’n slaapmat nader gebring. Hulle het gekyk waar Jesus is, en hulle wou die man in die huis inbring en voor Jesus neersit. 19 Maar hulle kon nie naby Jesus kom nie, want daar was te veel mense. Hulle het toe op die dak geklim en van die dakteëls uitgehaal. Toe laat sak hulle die verlamde man op die slaapmat deur die gat in die dak tot voor Jesus. Almal het dit gesien.
20 Jesus het gesien hulle glo Hy kan die verlamde man gesond maak, en Hy het vir die man gesê: “My vriend, Ek vergewe jou sondes.”
21 Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het saggies met mekaar gepraat en gesê: “Wie is hierdie man? Hy maak of hy God is. ’n Méns kan nie sondes vergewe nie, net God kan.”
22 Maar Jesus het geweet wat hulle praat. Hy het vir hulle gesê: “Hoekom sê julle dit? 23 Wat is makliker om te sê: ‘Ek vergewe jou sondes,’ of ‘Staan op en loop?’
24 Ek wil nou vir julle wys dat Ek, die tSeun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.”
Toe sê Jesus vir die lam man: “Ek sê vir jou, staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.”
25 Die man het dadelik opgestaan. Almal het dit gesien. Hy het die slaapmat geneem waarop hy gelê het en hy het huis toe gegaan. Hy het aangehou om God te prys.
26 Al die mense was verbaas en hulle het God ook geprys. Hulle was bang en hulle het aangehou om God te teer. Hulle het gesê: “Vandag het ons wonderlike dinge gesien.”Jesus roep vir Levi
(Ook Matt 9:9-13; Mark 2:13-17)
27 Daarna het Jesus verder gegaan. Hy sien toe ’n ttollenaar by die ttolhek sit. Die tollenaar se naam was Levi. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My.”
28 Levi het opgestaan en alles daar gelos en hy het saam met Jesus gegaan. 29 Toe nooi Levi vir Jesus na ’n groot ete in sy huis. Daar was ook baie tollenaars en ander mense wat saam met hulle geëet het.
30 Maar party van die tFariseërs en hulle tskrifgeleerdes het later by Jesus se tdissipels kom kla en gevra: “Hoekom eet en drink julle saam met tollenaars en tsondaars?”
31 Jesus het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe.
32 Dit is hoekom Ek saam met daardie mense eet. Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie. Nee, Ek het gekom om sondaars te roep sodat hulle kan lewe soos God wil hê.”Hoekom Jesus se dissipels nie vas nie
(Ook Matt 9:14-17; Mark 2:18-22)
33 Party mense het vir Jesus gesê: “Johannes die Doper se tdissipels tvas baie maal en bid altyd wanneer hulle moet. Die tFariseërs se dissipels doen dit ook. Maar jou dissipels eet en drink.”
34 Jesus sê toe vir hulle: “Julle kan nie vir mense by ’n troue sê hulle mag niks eet nie. Die bruidegom is dan by hulle.
35 Maar daar sal ’n tyd kom wanneer die bruidegom nie meer by hulle sal wees nie. Dan sal hulle vas.”
36 Jesus vertel toe vir hulle ’n tgelykenis. Hy het gesê: “’n Mens skeur nie ’n lap uit nuwe klere om ou klere reg te maak nie, want dan het hy die nuwe klere ook geskeur. En ’n nuwe lap pas nie by ou klere nie. 37 En ’n mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. Die nuwe wyn sal die ou velsakke laat bars, en dan loop die wyn uit en die velsakke is stukkend. 38 Nee, ’n mens gooi nuwe wyn in nuwe velsakke. 39 Onthou ook: As ’n mens eers ou wyn geproe het, dan wil jy nie nuwe wyn drink nie, want die ou wyn smaak lekkerder.”
Luke 5
Jesus Chooses the First Disciples
1 One day Jesus was standing by the Sea of Galilee. The people crowded around him and listened to the word of God.2 Jesus saw two boats at the edge of the water. They had been left there by the fishermen, who were washing their nets.3 He got into the boat that belonged to Simon. Jesus asked him to go out a little way from shore. Then he sat down in the boat and taught the people.
4 When he finished speaking, he turned to Simon. He said, "Go out into deep water. Let the nets down so you can catch some fish."
5 Simon answered, "Master, we've worked hard all night and haven't caught anything. But because you say so, I will let down the nets."
6 When they had done so, they caught a large number of fish. There were so many that their nets began to break.7 So they motioned to their partners in the other boat to come and help them. They came and filled both boats so full that they began to sink.
8 When Simon Peter saw this, he fell at Jesus' knees. "Go away from me, Lord!" he said. "I am a sinful man!"
9 He and everyone with him were amazed at the number of fish they had caught.10 So were James and John, the sons of Zebedee, who worked with Simon.
Then Jesus said to Simon, "Don't be afraid. From now on you will catch people."
11 So they pulled their boats up on shore. Then they left everything and followed him.
Jesus Heals a Man With a Skin Disease
12 While Jesus was in one of the towns, a man came along. He had a skin disease all over his body. When he saw Jesus, he fell with his face to the ground. He begged him, "Lord, if you are willing to make me 'clean,' you can do it."
13 Jesus reached out his hand and touched the man. "I am willing to do it," he said. "Be 'clean'!" Right away the disease left him.
14 Then Jesus ordered him, "Don't tell anyone. Go and show yourself to the priest. Offer the sacrifices that Moses commanded. It will be a witness to the priest and the people that you are 'clean.' "
15 But the news about Jesus spread even more. So crowds of people came to hear him. They also came to be healed of their sicknesses.16 But Jesus often went away to be by himself and pray.
Jesus Heals a Man Who Could Not Walk
17 One day Jesus was teaching. Pharisees and teachers of the law were sitting there. They had come from every village of Galilee and from Judea and Jerusalem. They heard that the Lord had given Jesus the power to heal the sick.
18 Some men came carrying a man who could not walk. He was lying on a mat. They tried to take him into the house to place him in front of Jesus.19 They could not find a way to do this because of the crowd. So they went up on the roof. Then they lowered the man on his mat through the opening in the roof tiles. They lowered him into the middle of the crowd, right in front of Jesus.
20 When Jesus saw that they had faith, he said, "Friend, your sins are forgiven."
21 The Pharisees and the teachers of the law began to think, "Who is this fellow who says such an evil thing? Who can forgive sins but God alone?"
22 Jesus knew what they were thinking. So he asked, "Why are you thinking these things in your hearts?23 Is it easier to say, 'Your sins are forgiven'? Or to say, 'Get up and walk'?24 I want you to know that the Son of Man has authority on earth to forgive sins." So he spoke to the man who could not walk. "I tell you," he said, "get up. Take your mat and go home."
25 Right away, the man stood up in front of them. He took his mat and went home praising God.26 Everyone was amazed and gave praise to God. They were filled with wonder. They said, "We have seen unusual things today."
Jesus Chooses Levi
27 After this, Jesus left the house. He saw a tax collector sitting at the tax booth. The man's name was Levi.
"Follow me," Jesus said to him.
28 Levi got up, left everything and followed him.
29 Then Levi gave a huge dinner for Jesus at his house. A large crowd of tax collectors and others were eating with them.30 But the Pharisees and their teachers of the law complained to Jesus' disciples. They said, "Why do you eat and drink with tax collectors and 'sinners'?"
31 Jesus answered them, "Those who are healthy don't need a doctor. Sick people do.32 I have not come to get those who think they are right with God to follow me. I have come to get sinners to turn away from their sins."
Jesus Is Asked About Fasting
33 Some of the people who were there said to Jesus, "John's disciples often pray and go without eating. So do the disciples of the Pharisees. But yours go on eating and drinking."
34 Jesus answered, "Can you make the guests of the groom go without eating while he is with them?35 But the time will come when the groom will be taken away from them. In those days they will fast."
36 Then Jesus gave them an example. He said, "People don't tear a patch from new clothes and sew it on old clothes. If they do, they will tear the new clothes. Also, the patch from the new clothes will not match the old clothes.37 People don't pour new wine into old wineskins. If they do, the new wine will burst the skins. The wine will run out, and the wineskins will be destroyed.38 No, new wine must be poured into new wineskins.39 After people drink old wine, they don't want the new. They say, 'The old wine is better.' "