previous next

Lukas 6

1 Een sabbatdag het Jesus deur 'n koringland geloop. Sy dissipels het honger geword. Hulle het toe van die ryp koringare afgepluk, die kaf gou uitgevryf en die koring geëet.2 'n Paar Fariseërs wat hulle soos valke dopgehou het, het dit dadelik raakgesien. "En wat is hier aan die gang?" wou hulle weet. "Julle weet mos 'n mens mag nie kos op die sabbat bymekaarmaak nie."
3 Jesus het hulle geantwoord: "Ken julle dan nie julle Bybel nie? Onthou julle nie wat Dawid en sy manne gedoen het toe hulle honger geword het nie?4 Het julle vergeet hoe hy die reëls oortree het deur in die huis van God in te gaan en van die brood op die altaar te vat en te eet wat spesiaal vir God opsy gesit is? Net die priesters is mos toegelaat om dit te eet.
5 "Wel, nou is Ek, die Seun van die mens, hier by julle. En Ek is baie belangriker as die sabbat. Ek sê nou wat op die sabbat gedoen mag word en wat nie."
6  Op 'n ander sabbatdag het Jesus na 'n Joodse sinagoge toe gegaan waar die mense bymekaargekom het om God te dien. Hy het hulle daar geleer. Daar was 'n man wie se regterhand heeltemal misvorm was. Dit was ineengetrek sodat hy dit glad nie kon gebruik nie.7 Die skrifkenners en die Fariseërs het Jesus fyn dopgehou. Hulle wou sien of Hy dit sou waag om iemand op die sabbat gesond te maak sodat hulle Hom kon aankla dat Hy God se wet oortree.8 Jesus het geweet hulle hou Hom dop, maar Hy het Hom nie aan hulle gesteur nie. Hy het vir die man met die misvormde hand gesê: "Kom staan hier!" Die man het dadelik opgestaan en na Jesus toe gekom.
9 Toe vra Jesus vir die godsdienstige leiers: "Sê 'n bietjie vir My: Moet 'n mens op die sabbat goed doen, of moet 'n mens slegte dinge doen? Moet 'n mens iemand anders se lewe red, of moet jy hom doodmaak?"
10 Jesus het om Hom gekyk, maar niemand het dit gewaag om iets te antwoord nie. Toe sê Hy vir die man: "Steek jou hand uit." Hy het dit gedoen. Dit was gesond, so goed soos nuut. Die godsdienstige leiers was briesend daaroor.11 Dadelik het hulle begin planne maak hoe hulle van Hom ontslae kon raak.
12  Kort daarna het Jesus een aand teen 'n berg opgeklim om te gaan bid. Hy het die hele nag in gebed tot God deurgebring.13 Die volgende dag het Jesus sy volgelinge na Hom toe geroep. Hy het toe twaalf van hulle uitgekies. Hierdie twaalf mans het Jesus sy apostels genoem, sy spesiale verteenwoordigers. Hulle name is:14 Simon (Jesus het hom Petrus genoem), Andreas, Petrus se broer, Jakobus, Johannes, Filippus, Bartolomeus,15 Matteus, Tomas, Jakobus, die seun van Alfeus, Simon (die mense het hom "ywerige Simon" genoem),16 Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskariot (hy het Jesus later verraai).
17  Toe Jesus saam met hulle van die berg af kom, het Hy daar onder op die oop vlakte gaan staan. Baie van sy volgelinge en 'n hele klomp ander mense het daar na Hom toe gestroom. Van oor die hele Judea en Jerusalem, selfs van die kusgebied van Tirus en Sidon af, het mense in 'n groot massa na Jesus toe gekom.18 Hulle wou Hom hoor preek en ook van hulle siektes genees word. Jesus het dit toe gedoen. Mense wat deur bose geeste beset is, is deur Hom bevry.19 Almal het probeer om aan Jesus te raak. Hy was so vol krag dat Hy almal wat siek was, gesond gemaak het.
20 Toe kyk Jesus na sy volgelinge en sê vir hulle: "Julle is gelukkig as julle nou arm is. God sal dan vir julle 'n plek gee in sy nuwe wêreld.
21 "Julle is gelukkig as julle nou honger is. God sal sorg dat julle genoeg kos het om te eet in sy nuwe wêreld.
"Julle is gelukkig as julle nou hartseer is. God sal sorg dat julle in sy nuwe wêreld lag en feesvier.
22 "Julle is gelukkig as ander mense julle haat, julle verstoot en julle sleg behandel. As hulle julle beledig en julle goeie naam onder hulle voete vertrap omdat julle my volgelinge is, moet julle baie bly wees.23 Spring dan op en dans rond van vreugde, want daar wag 'n groot beloning op julle in God se nuwe wêreld. Wanneer mense julle slegsê, is julle in baie goeie geselskap: God se boodskappers is nog altyd so behandel.
24 "Vir al julle rykes wat net agter geld aanhardloop, lê daar groot probleme voor. Julle het julle beloning klaar ontvang. God skuld julle niks meer nie.
25 "Daar wag groot probleme op julle wat julle nou vol eet. In God se nuwe wêreld sal daar nie vir julle plek wees nie. Julle sal buite staan en honger ly.
26 "Daar wag groot probleme op julle wat dink dat die lewe een groot gefuif is. Wanneer God se nuwe wêreld aanbreek, sal julle verskriklik huil, want julle sal moet buite bly.
"Daar wag groot probleme op julle wanneer mense heeltyd net mooi dinge oor julle moet sê. Onthou: in die ou dae het die mense ook mooi dinge oor al die vals boodskappers van die Here te sê gehad."
27  "Kom Ek sê nou vir julle hoe Ek wil hê julle moet leef. Julle moet julle vyande liefhê. Wees goed vir almal wat julle haat. Moenie hulle sleg behandel nie.
28 "Spreek die Here se seën uit oor elkeen wat julle vloek. Moenie iets leliks terugsê nie. Bid vir almal wat julle beledig.
29 "As iemand jou deur jou gesig klap om jou te beledig, moenie terugslaan nie. Nee, sê vir hom om jou sommer nog 'n keer op jou ander wang te klap.
"As iemand jou klere wil vat, skenk dan nog 'n ekstra stel van jou beste klere aan hom.
30 "As iemand iets van jou wil hê, gee dit. Wanneer iemand iets van jou gevat het, moenie dit later gaan terugvra nie.
31 "As daar een reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Spring hulle dan voor: gaan tree eerste so teenoor hulle op.
32 "As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom en wat lief is vir julle, moet julle nie verwag om 'n medalje vir goeie diens by God daarvoor te kry nie. Almal doen dit tog, ook die slegte mense wat hulle nie aan God steur nie. En as julle net goeie dinge doen vir dié wat goeie dinge vir julle doen, het julle nog niks besonders gedoen nie. Selfs slegte mense doen dit ook.33 As julle ook net bereid is om iets te leen aan mense wat dit later aan julle sal teruggee, het julle nog niks buitengewoons gedoen nie. Sondaars doen dit ook.34 Hulle leen ook dinge aan hulle vriende, solank hulle dit op die ou end net terugkry.
35 "Ek sê vir julle: julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan hulle. Deel julle besittings met ander sonder om iets terug te verwag. Dan wag daar 'n groot prys op julle in die hemel. As julle vir ander mense omgee sonder om enigiets terug te verwag, is julle regtig kinders van die Allerhoogste.36 Want dit is presies hoe God is. Hy gee baie om vir almal hier op die aarde, of hulle goed is of sleg. Julle moet soos God wees: maak julle hart en julle hande oop vir ander mense. Gee regtig vir hulle om."
37  "Moenie ander mense oordeel nie. Dan sal God julle ook nie oordeel nie. Moenie ander mense tot in die doderyk verdoem nie. Dan sal God julle ook nie verdoem nie. Vergeef ander mense, dan sal God julle ook vergewe.
38 "Deel julle besittings met ander, dan sal God vir julle sorg. Julle sal nooit te min hê om van te leef nie. Julle sal van kop tot tone oorlaai word met goeie dinge. Ja, julle ganse lewe sal oorloop van goedheid. Al die goeie dinge wat julle met ander deel, sal op verrassende maniere na julle toe terugkom.
39 "As jy blind is, kan jy nie 'n ander blinde rondlei nie. Kort voor lank val julle albei in 'n sloot.
40 "'n Leerling is nooit belangriker as sy onderwyser nie. As hy alles weet wat sy onderwyser hom geleer het, weet hulle ewe veel. Ken daarom jou plek voor God en ander. Wees nederig.
41 "Waarom is jy so haastig om foute in ander mense se lewe uit te snuffel terwyl jy blind is vir al die sondes in jou eie lewe? Waarom sien jy so gou die kleinste splintertjie in jou vriend se oog raak terwyl jy blind is vir daardie groot houtstomp wat in jou eie oog vassit?42 En dan waag jy dit so ewe om vir jou vriend te sê: 'My ou broer, kom laat ek gou-gou daardie splintertjie uit jou lewe wegvat sodat jy weer reg kan leef,' maar jy sien nie die groot foute in jou eie lewe raak nie. Jou skynheilige! Haal eers die houtstomp uit jou eie oog uit, dan sal jy goed genoeg kan sien om daardie klein splintertjie uit jou vriend se oog te haal."
43  "'n Goeie boom dra nooit slegte vrugte nie. En 'n slegte boom dra ook nooit goeie vrugte nie.44 'n Mens ken 'n boom uit aan die soort vrugte wat dit oplewer. Niemand verwag tog om vye aan 'n doringbos te kry nie. Of druiwe aan 'n spul doringtakke nie.45 Goeie mense is soos goeie bome. Uit hulle binneste kom daar net goeie dinge. En slegte mense is soos slegte bome. Uit hulle binneste kom daar net lelike dinge. Luister maar net wat mense sê, dan weet julle watter soort mense hulle is. Mense se woorde wys wat in hulle harte aangaan.
46 "Julle praat so maklik. Kyk net hoe graag sê julle: 'Here, ons Here,' maar julle doen net mooi niks wat Ek vir julle sê nie.
47 "Mense wat luister na wat Ek sê en dit doen, is verstandig.48 Hulle is soos 'n man wat op 'n dag 'n huis begin bou het. Hierdie man het sy huis se fondament baie diep uitgegrawe tot in die rots. Sy huis was skaars klaar toe breek daar 'n groot storm los. Dit het net gereën en gereën. Kort voor lank het 'n massa vloedwater teen sy huis opgedam, maar dit het geen skade aan sy huis aangerig nie. Die huis se fondament was daarvoor veels te sterk. Dit was op rots gebou. So is mense wat doen wat Ek sê.
49 "Aan die ander kant: mense wat hoor wat Ek sê en dit nie doen nie, is soos 'n ander man wat sy huis sommer vinnig aanmekaargeslaan het, sonder 'n behoorlike fondament. Toe die storm daardie huis tref, het al die stormwater dit in 'n paar oomblikke uitmekaargeruk. Daar het net mooi niks van sy nuwe huis oorgebly nie. So sal dit met almal gaan wat nie doen wat Ek sê nie."

Luke 6

Lord of the Sabbath

1 Jesust was going through the grain fields ont a Sabbath,s and his disciples picked some heads of wheat,t rubbed them in their hands, and ate them.t2 But some of the Phariseess said, “Why are yout doing what is against the laws on the Sabbath?”3 Jesust answered them,t “Haven’t you read what David did when he and his companions were hungry –4 how he entered the house of God, tookt and ate the sacred bread,ts which is not lawfuls for any to eat but the priests alone, ands gave it to his companions?”ss

5 Thent he said to them, “The Son of Man is lordts of the Sabbath.”

Healing a Withered Hand

6 Ont another Sabbath, Jesust entered the synagogues and was teaching. Nowt a man was there whose right hand was withered.ts7 The experts in the lawt and the Phariseess watcheds Jesust closely to see ift he would heal on the Sabbath,s so that they could find a reason to accuse him.8 Butt he knews their thoughts,t and said to the man who had the withered hand, “Get up and stand here.”s Sot he rose and stood there.9 Thent Jesus said to them, “I ask you,s is it lawful to do good on the Sabbath or to do evil, to save a life or to destroy it?”10 Aftert looking aroundt at them all, he said to the man,t “Stretch out your hand.” The mant did so, and his hand was restored.s

11 But they were filled with mindless raget and began debating with one another what they would dot to Jesus.

Choosing the Twelve Apostles

12 Nowt it was during this time that Jesust went out to the mountaints to pray, and he spent all nights in prayer to God.t13 Whent morning came, he called his disciples and chose twelve of them, whom he also named apostles:s14 Simons (whom he named Peter), and his brother Andrew; and James, John, Philip, Bartholomew,s15 Matthew, Thomas,s James the son of Alphaeus, Simon who was called the Zealot,s

16 Judas the son of James, and Judas Iscariot,s who became a traitor.

The Sermon on the Plain

17 Thent he came down with them and stood on a level place.t And a large numbert of his disciples had gatheredtt along witht a vast multitude from all over Judea, fromt Jerusalem,s and from the seacoast of Tyres and Sidon.ss They came to hear him and to be healeds of their diseases,18 and those who suffered fromt uncleans spirits were cured.

19 Thet whole crowd was trying to touch him, because powers was coming out from him and healing them all.

20 Thent he looked upt at his disciples and said:
“Blesseds are you who are poor,s for the kingdom of God belongss to you.

21 “Blessed are you who hungers now, for you will be satisfied.s
“Blessed are you who weep now, for you will laugh.s
22 “Blessed are you when peoplet hate you, and when they exclude you and insult you and reject you as evilts on account of the Son of Man!

23 Rejoice in that day, and jump for joy, becauset your reward is great in heaven. For their ancestorst did the same things to the prophets.s

24 “But woes to you who are rich, for you have receiveds your comfortt already.

25 “Woe to you who are well satisfied with foodt now, for you will be hungry.
“Woe to yous who laughs now, for you will mourn and weep.

26 “Woe to yous when all peoplet speak well of you, for their ancestorst did the same things to the false prophets.
27 “But I say to you who are listening: Love your enemies,s do good to those who hate you,28 bless those who curse you, pray for those who mistreatt you.29 To the person who strikes you on the cheek,s offer the other as well,s and from the person who takes away your coat,t do not withhold your tunict either.s30 Give to everyone who asks you,s and do not ask for your possessionst backs from the person who takes them away.

31 Treat otherst in the same way that you would want them to treat you.s
32 “Ift you love those who love you, what credit is that to you? For even sinnerss love those who love them.s33 Ands if you do good to those who do good to you, what credit is that to you? Evens sinnerss do the same.34 And if you lend to those from whom you hope to be repaid,t what credit is that to you? Even sinnerss lend to sinners, so that they may be repaid in full.t35 But love your enemies, and do good, and lend, expecting nothing back.t Thent your reward will be great, and you will be sonss of the Most High,s because he is kind to ungrateful and evil people.t

36 Be merciful,s just as your Father is merciful.

Do Not Judge Others

37 “Dot not judge,s and you will not be judged;s do not condemn, and you will not be condemned; forgive,s and you will be forgiven.

38 Give, and it will be given to you: A good measure, pressed down, shaken together, running over,s will be pouredt into your lap. For the measure you use will be the measure you receive.”t
39 He also told them a parable: “Someone who is blind cannot lead another who is blind, can he?t Won’t they both falls into a pit?40 A disciplet is not greater thant his teacher, but everyone when fully trained will be like his teacher.41 Whyt do you see the specks in your brother’s eye, but fail to seet the beam of woods in your own?

42 How can you say to your brother, ‘Brother, let me remove the speck from your eye,’ while you yourself don’t see the beam in your own? You hypocrite! First remove the beam from your own eye, and then you can see clearly to remove the speck from your brother’s eye.
43 “Fort no good tree bears badt fruit, nor agains does a bad tree bear good fruit,44 for each tree is knowns by its own fruit. For figs are not gatheredt from thorns, nor are grapes pickedt from brambles.ts

45 The good person out of the good treasury of hist hearts produces good, and the evil person out of his evil treasuryt produces evil, for his mouth speakss from what fillst his heart.

46 “Whyt do you call me ‘Lord, Lord,’t and don’t do what I tell you?s
47 “Everyone who comes to me and listens to my words and puts them into practicet – I will show you what he is like:48 He is like a mant building a house, who dug down deep,t and laid the foundation on bedrock. Whent a flood came, the rivers burst against that house butt could not shake it, because it had been well built.s

49 But the person who hears and does not put my words into practicet is like a man who built a house on the ground without a foundation. Whent the river burst against that house,t it collapsed immediately, and was utterly destroyed!”ts

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.