LUKAS 6
Jesus neem ferm standpunt in oor die Sabbat
1 Een Sabbatdag toe Jesus deur graanlande loop, het sy dissipels koringare afgebreek, dit in hulle hande uitgevryf en die koringkorrels geëet.
2 Maar sommige Fariseërs het gesê: "Julle moenie dit doen nie! Dis teen die wet om op die Sabbat te werk en graan te oes."
3 Jesus het geantwoord: "Het julle nooit in die Skrif gelees wat koning Dawid gedoen het toe hy en sy manskappe honger was nie?
4 Hy het selfs in die huis van God ingegaan en die offerbrood wat vir die priesters alleen bedoel was, geëet en daarvan vir sy manskappe gegee. Daardeur is die wet mos ook verbreek.
5 "En," voeg Jesus by, "Ek, die Seun van die Mens, is Here oor die Sabbat."
Jesus genees op die Sabbat 'n man met 'n misvormde hand
6 Op 'n ander Sabbatdag was daar 'n man met 'n gebreklike regterhand in die sinagoge terwyl Jesus die mense geleer het.7 Die skrifkenners en Fariseërs het Jesus fyn dopgehou om te sien of Jesus die man op die Sabbat sou genees, want hulle was gretig om 'n klag teen Hom te lê.
8 Maar Jesus het geweet wat hulle dink. Hy sê toe vir die man met die misvormde hand: "Kom staan hier waar almal jou kan sien." Die man het toe vorentoe gegaan.
9 Toe sê Jesus vir sy kritici: "Ek het 'n vraag om aan julle te stel. Is dit wetlik reg om goeie dade op die Sabbat te doen, of is dit 'n dag om kwaad te doen? Is hierdie 'n dag om lewens te red of om dit te vernietig?"
10 Hy het hulle almal in die rondte aangekyk en sê toe vir die man: "Steek jou hand uit." Die man het sy hand uitgesteek en dit het weer normaal geword!
11 Hieroor was Jesus se vyande buite hulleself van woede en het onder mekaar bly redeneer oor wat om met Hom te doen.
Twaalf van Jesus se dissipels word as apostels gekies
12 Eendag kort hierna het Jesus na 'n berg gegaan om te bid, en Hy het die hele nag in gebed deurgebring.
13 Teen dagbreek het Hy al sy dissipels bymekaargeroep en twaalf van hulle gekies om apostels te wees. Hier is hulle name:
14 Simon (Hy het hom ook Petrus
genoem),
Andreas (Petrus se broer),
Jakobus,
Johannes,
Filippus,
Bartolomeus,
15 Matteus,
Tomas,
Jakobus (seun van Alfeus),
Simon (die Yweraar),
16 Judas (seun van Jakobus),
Judas Iskariot (wat Hom later
uitgelewer het).
Vanuit alle oorde kom die skares om te sien en te luister
17 Toe hulle teen die berghang afgekom het, het die dissipels saam met Jesus op 'n groot gelykte gaan staan, omring deur baie ander volgelinge en die skares. Daar was mense van oral oor Judea en Jerusalem en so ver noord as die kusgebied van Tirus en Sidon.18 Hulle het gekom om na Hom te luister en om genees te word, en Jesus het baie bose geeste uitgedryf.
19 Almal het aan Hom probeer raak, want genesende krag het van Hom uitgegaan, en hulle is almal genees.
Gelukkig is hulle wat arm, honger en gehaat is
20 Jesus het na sy dissipels gekyk en gesê:
"Gelukkig is julle wat arm is,
want die koninkryk van God
is júlle deel.
21 Gelukkig is julle wat nou
honger is,
want julle sal versadig word.
Gelukkig is julle wat nou huil,
want die tyd sal kom
dat julle van blydskap sal lag.
22 Gelukkig is julle wanneer
die mense
julle haat,
en wanneer hulle julle uitsluit
en beskimp
en julle naam deur die modder
sleep
ter wille van My,
die Seun van die Mens.
23 "Wanneer dit gebeur, verheug julle! Ja, spring rond van vreugde! Want 'n groot beloning wag vir julle in die hemel. Onthou, die profete van vroeër is net so deur julle voorvaders behandel."
Oppas vir kortstondige en tydelike rykdom, voorspoed en geluk
24 "Ellende wag op julle wat nou
ryk is,
want julle het julle enigste geluk
reeds nou.
25 Ellende wag op julle
wat nou versadig
en voorspoedig is,
want vir julle kom daar 'n tyd
van ontsettende hongersnood.
Ellende wag op julle
wat sorgeloos lag,
want julle gelag
sal in rou en treur verander.
26 Ellende wag op julle
wat deur die skares
geprys word,
want hulle voorvaders
het ook die vals profete
geprys."
Wees lief vir jou vyand!
27 "Maar as julle gewillig is om te luister, sê Ek julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat.28 Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak.29 As iemand jou op die wang klap, draai ook die ander wang. As iemand jou bo-kleed vra, bied ook jou onderkleed aan.30 Gee wat jy het aan enigiemand wat dit van jou vra; en as iets van jou weggeneem word, moenie dit probeer terugkry nie.
31 Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.
32 "Dink julle julle is verdienstelik as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die sondaars doen dit!33 En as julle net goeddoen aan dié wat aan julle goeddoen, is dit dan so wonderlik? Die sondaars doen dit tog ook.
34 En as julle geld leen net aan dié wat julle kan terugbetaal, is dit iets besonders? Selfs sondaars leen aan sondaars om die volle bedrag terug te kry.
35 "Nee, julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes.
36 Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is."
Vergewe eerder en laat staan jou kritiek
37 "Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word.
38 As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet - klein of groot - dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang."
39 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: "Hoe kan 'n blinde persoon 'n ander blinde lei? Die eerste sal in 'n sloot val en die ander een saam aftrek.
40 'n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word.
41 "En waarom sien jy die splinter in jou vriend se oog raak en sien nie die yslike stomp in jou eie oog nie?
42 Hoe kan jy dan vir jou vriend sê: 'Vriend, laat ek jou help om die splinter uit jou oog te kry,' terwyl jy nie verby die stomp in jou eie oog kan sien nie? Skynheilige! Raak eers ontslae van die stomp in jou eie oog, dan sal jy goed genoeg kan sien om die splinter uit jou vriend se oog te haal."
'n Boom word aan sy vrugte geken
43 "'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie.44 'n Boom word geken aan die soort vrugte wat hy dra. Vye groei tog nie aan doringbosse, of druiwe aan braambosse nie.
45 'n Goeie mens bring goeie dade voort uit 'n goeie hart, en 'n slegte mens bring slegte dade voort uit 'n bose hart. Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê."
Die twee soorte huise
46 "Waarom noem julle My dan 'Here' as julle My nie gehoorsaam nie?47 Ek sal aan julle verduidelik hoe dit is wanneer iemand na My toe kom, na my onderrig luister en My gehoorsaam.48 Dis soos 'n man wat 'n huis bou op 'n sterk fondament wat op 'n rotsbasis gelê is. Wanneer die vloedwater styg en die huis tref, staan dit stewig, want dit is goed gebou.
49 Maar enigeen wat luister en nie gehoorsaam nie, is soos 'n man wat 'n huis sonder fondament bou. Wanneer die vloedwater teen daardie huis aanbruis, sal dit tot 'n puinhoop inmekaarstort."
LUKE 6
A Question about the Sabbath
(Matthew 12.1-8; Mark 2.23-28)
1 t One Sabbath when Jesus and his disciples were walking through some wheat fields, t the disciples picked some wheat. They rubbed the husks off with their hands and started eating the grain.
2 Some Pharisees said, “Why are you picking grain on the Sabbath? You're not supposed to do that!”
3 t Jesus answered, “You surely have read what David did when he and his followers were hungry.
4 t He went into the house of God and took the sacred loaves of bread that only priests were supposed to eat. He not only ate some himself, but even gave some to his followers.”
5 Jesus finished by saying, “The Son of Man is Lord over the Sabbath.”A Man with a Paralyzed Hand
(Matthew 12.9-14; Mark 3.1-6)
6 On another Sabbatht Jesus was teaching in a synagogue, and a man with a paralyzed right hand was there.
7 Some Pharisees and teachers of the Law of Moses kept watching Jesus to see if he would heal the man. They did this because they wanted to accuse Jesus of doing something wrong.
8 Jesus knew what they were thinking, so he told the man to stand up where everyone could see him. And the man stood up.
9 Then Jesus asked, “On the Sabbath should we do good deeds or evil deeds? Should we save someone's life or destroy it?”
10 After he had looked around at everyone, he told the man, “Stretch out your hand.” He did, and his bad hand became completely well.
11 The teachers and the Pharisees were furious and started saying to one another, “What can we do about Jesus?”Jesus Chooses His Twelve Apostles
(Matthew 10.1-4; Mark 3.13-19)
12 About that time Jesus went off to a mountain to pray, and he spent the whole night there. 13 The next morning he called his disciples together and chose twelve of them to be his apostles. 14 One was Simon, and Jesus named him Peter. Another was Andrew, Peter's brother. There were also James, John, Philip, Bartholomew, 15 Matthew, Thomas, and James the son of Alphaeus. The rest of the apostles were Simon, known as the Eager One, t
16 Jude, who was the son of James, and Judas Iscariot, t who later betrayed Jesus.Jesus Teaches, Preaches, //and Heals
(Matthew 4.23-25)
17 Jesus and his apostles went down from the mountain and came to some flat, level ground. Many other disciples were there to meet him. Large crowds of people from all over Judea, Jerusalem, and the coastal towns of Tyre and Sidon were there too. 18 These people had come to listen to Jesus and to be healed of their diseases. All who were troubled by evil spirits were also healed.
19 Everyone was trying to touch Jesus, because power was going out from him and healing them all.Blessings and Troubles
(Matthew 5.1-12)
20 Jesus looked at his disciples and said:
God will bless you people
who are poor.
His kingdom belongs to you!
21 God will bless
you hungry people.
You will have plenty
to eat!
God will bless you people
who are now crying.
You will laugh!
22 t God will bless you when others hate you and won't have anything to do with you. God will bless you when people insult you and say cruel things about you, all because you are a follower of the Son of Man.
23 t Long ago your own people did these same things to the prophets. So when this happens to you, be happy and jump for joy! You will have a great reward in heaven.
24 But you rich people
are in for trouble.
You have already had
an easy life!
25 You well-fed people
are in for trouble.
You will go hungry!
You people
who are laughing now
are in for trouble.
You are going to cry
and weep!
26 You are in for trouble when everyone says good things about you. That is what your own people said about those prophets who told lies.Love for Enemies
(Matthew 5.38-48; 7.12a)
27 This is what I say to all who will listen to me:
Love your enemies, and be good to everyone who hates you. 28 Ask God to bless anyone who curses you, and pray for everyone who is cruel to you. 29 If someone slaps you on one cheek, don't stop that person from slapping you on the other cheek. If someone wants to take your coat, don't try to keep back your shirt. 30 Give to everyone who asks and don't ask people to return what they have taken from you.
31 t Treat others just as you want to be treated.
32 If you love only someone who loves you, will God praise you for that? Even sinners love people who love them. 33 If you are kind only to someone who is kind to you, will God be pleased with you for that? Even sinners are kind to people who are kind to them.
34 If you lend money only to someone you think will pay you back, will God be pleased with you for that? Even sinners lend to sinners because they think they will get it all back.
35 t But love your enemies and be good to them. Lend without expecting to be paid back.t Then you will get a great reward, and you will be the true children of God in heaven. He is good even to people who are unthankful and cruel.
36 Have pity on others, just as your Father has pity on you.Judging Others
(Matthew 7.1-5)
37 Jesus said:
Don't judge others, and God won't judge you. Don't be hard on others, and God won't be hard on you. Forgive others, and God will forgive you.
38 If you give to others, you will be given a full amount in return. It will be packed down, shaken together, and spilling over into your lap. The way you treat others is the way you will be treated.
39 t Jesus also used some sayings as he spoke to the people. He said:
Can one blind person lead another blind person? Won't they both fall into a ditch?
40 t Are students better than their teacher? But when they are fully trained, they will be like their teacher.
41 You can see the speck in your friend's eye, but you don't notice the log in your own eye.
42 How can you say, “My friend, let me take the speck out of your eye,” when you don't see the log in your own eye? You show-offs! First, get the log out of your own eye; then you can see how to take the speck out of your friend's eye.A Tree and Its Fruit
(Matthew 7.17-20; 12.34b,35)
43 A good tree cannot produce bad fruit, and a bad tree cannot produce good fruit. 44 t You can tell what a tree is like by the fruit it produces. You cannot pick figs or grapes from thornbushes.
45 t Good people do good things because of the good in their hearts, but bad people do bad things because of the evil in their hearts. Your words show what is in your heart.Two Builders
(Matthew 7.24-27)
46 Why do you keep on saying that I am your Lord, when you refuse to do what I say? 47 Anyone who comes and listens to me and obeys me 48 is like someone who dug down deep and built a house on solid rock. When a flood came and the river rushed against the house, it was built so well that it didn't even shake. 49 But anyone who hears what I say and doesn't obey me is like someone whose house wasn't built on solid rock. As soon as the river rushed against that house, it was smashed to pieces!