previous next

Lukas 7

Jesus maak ’n Romeinse offisier se slaaf gesond

(Ook Matt 8:5-10,13; Joh 4:46-51)

1 Toe Jesus klaar gepraat het met die mense, het Hy na die stad Kapernaum gegaan. 2 Daar het ’n Romeinse toffisier gewoon. Hy het ’n baie goeie tslaaf gehad. Die slaaf was ernstig siek, hy was amper dood. 3 Die offisier het gehoor van Jesus. Hy het party van die Joodse leiers na Jesus toe gestuur. Hulle moes vir Jesus sê die offisier vra Jesus moet asseblief die slaaf kom gesond maak. 4 Die leiers kom toe by Jesus en soebat en sê vir Hom: “Hierdie offisier is ’n baie goeie man. U moet asseblief sy slaaf gesond maak.

5 Die offisier is lief vir die Joodse volk en hy het ook ons tsinagoge gebou.”
6 Jesus het saam met hulle gegaan. Toe Hy naby die offisier se huis kom, kom ’n paar van die offisier se vriende na Jesus toe. Hulle het vir Jesus ’n boodskap van die offisier gebring. Hulle het gesê die offisier sê: “Here, dit is nie nodig dat U kom nie. Ek is nie ’n Jood nie, ek is nie goed genoeg dat U in my huis kom nie. 7 Dit is hoekom ek nie self na U toe gegaan het nie. Ek is nie goed genoeg nie. U kan net sê dat my slaaf gesond moet word, dan sal hy gesond word.

8 Ek is self ’n man wat moet doen wat ’n belangriker offisier vir my sê, en ek het soldate wat moet doen wat ek vir hulle sê. Wanneer ek vir een sê hy moet gaan, dan gaan hy. En wanneer ek vir ’n ander een sê hy moet kom, dan kom hy. Wanneer ek vir my slaaf sê hy moet iets doen, dan doen hy dit.”

9 Toe Jesus dit hoor, was Hy verbaas. Hy draai toe om na die mense wat saam met Hom geloop het en Hy sê vir hulle: “Ek sê vir julle, Ek het nog nooit ’n Israeliet gesien wat so sterk glo nie.”

10 Toe die offisier se vriende weer by sy huis kom, het hulle gesien die slaaf is heeltemal gesond.

Jesus laat ’n weduwee se seun weer lewe


11 Nie lank daarna nie het Jesus na die stad Nain gegaan. Sy tdissipels en baie ander mense het saam met Hom gegaan. 12 Toe Jesus naby die tpoort van die stad kom, sien Hy mense wat na ’n tgraf toe loop om iemand te begrawe. Dit was ’n weduwee se enigste seun wat gesterf het. Baie van die stad se mense was saam met haar.

13 Toe die Here haar sien, was Hy baie jammer vir haar en Hy het vir haar gesê: “Jy moenie huil nie.”

14 Jesus gaan toe nader en raak aan die kis waarin hulle die lyk van die jongman gedra het. Die manne wat die lyk gedra het, het gaan staan. Toe sê Jesus: “Jongman, Ek sê vir jou, staan op.”
15 Die jongman wat dood was, het regop gesit en hy het begin praat. So het Jesus die jongman teruggegee vir sy ma.

16 Al die mense was verbaas en bang oor wat gebeur het. Hulle het God geprys en gesê: “’n Belangrike tprofeet het by ons gekom.”
Hulle het ook gesê: “God het sy volk kom help.”

17 Die mense in die hele provinsie Judea en die plekke daar naby het gehoor wat Jesus hier gedoen het.

Jesus antwoord vir Johannes die Doper

(Ook Matt 11:2-6)


18 Die tdissipels van Johannes die Doper het vir hom alles vertel wat Jesus gedoen het. Johannes roep toe twee van sy dissipels

19 en stuur hulle na die Here toe om vir Hom te vra: “Is U tdie Christus wat moes kom? Of moet ons vir ’n ander Een wag?”

20 Johannes se dissipels het by Jesus gekom en gesê: “Johannes die Doper het ons gestuur om vir U te vra of U die Christus is wat moes kom, en of ons vir ’n ander Een moet wag.”
21 Jesus was besig om baie mense gesond te maak wat siek was. Hy het ook tbose geeste uit mense gejaag en Hy het baie blinde mense weer laat sien. 22 Jesus sê toe vir Johannes se dissipels: “Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: Blinde mense kan nou sien, kreupel mense kan nou loop, tmelaatse mense is weer gesond, dowe mense kan nou hoor, mense wat gesterf het, lewe weer, en arm mense hoor die goeie boodskap dat Jesus die Christus is.

23 En God sal mense tseën wat aanhou om in My te glo.”

Jesus en Johannes die Doper

(Ook Matt 11:7-15)


24 Die tboodskappers van Johannes het teruggegaan, en toe het Jesus vir die mense iets oor Johannes vertel. Jesus het gevra: “Wat het julle gedink sal julle sien toe julle in die woestyn na Johannes toe gegaan het? Het julle gedink julle sal iemand sien wat soos ’n triet in die wind heen en weer waai? Nee! 25 Het julle gedink julle sal ’n man sien wat mooi en duur klere dra? Nee, die mense wat mooi klere aantrek en blink goed het, woon in konings se paleise. 26 Maar wat wou julle gaan sien? ’n tProfeet? Ja, maar Ek sê vir julle: Julle het meer as ’n profeet gesien.

27 God het in die Ou Testament oor Johannes gepraat toe Hy gesê het:
tKyk, Ek stuur my boodskapper.
Hy sal voor jou gaan en hy sal
die pad gereedmaak vir jou.

28 “Ek sê vir julle, niemand is belangriker as Johannes nie, nie een van al die mense wat gebore is nie. Maar wanneer God Koning is, dan is die mens wat die minste belangrik is, nog belangriker as Johannes.”
29 Al die mense, ook die ttollenaars, het gedink God toordeel reg oor hulle, en daarom het hulle gevra dat Johannes hulle moet doop.

30 Maar die tFariseërs en die tskrifgeleerdes wou nie vir Johannes vra om hulle te doop nie, want hulle wou nie God se plan aanvaar nie, God se plan om hulle te red.

Mense is nooit tevrede nie

(Ook Matt 11:16-19)


31 Jesus het ook gesê: “Wat kan Ek sê van die mense wat vandag lewe? 32 Hulle is soos kinders wat op die toop stuk grond in die stad sit. Party kinders sê: ‘Ons het vir julle trou-musiek op die tfluit gespeel, maar julle wou nie dans nie.’ En die ander kinders sê: ‘Ons het vir julle ’n begrafnis-lied gesing, maar julle wou nie huil nie.’ 33 So doen die mense ook met Johannes die Doper en met My. Hulle is nooit tevrede nie. Toe Johannes hier was, het hy nie saam tfeesgevier nie. Toe sê julle: ‘Daar is ’n tduiwel in hom.’ 34 Nou het Ek, die tSeun van die mens, gekom en Ek vier graag fees. Nou sê julle: ‘Hy is ’n vraat en ’n dronklap. En Hy is ook ’n vriend van die ttollenaars en van mense wat nie doen wat die Here in sy wette sê nie.’

35 Die mense wat regtig weet wat die twysheid van God is, is die mense wat in My en Johannes geglo het.”

Jesus eet by Simon die Fariseër

(Ook Matt 26:6-13; Mark 14:3-9; Joh 12:1-8)


36 Een van die tFariseërs het vir Jesus genooi om by hom te kom eet. Jesus het by die Fariseër se huis gekom en Hy het by die tafel gaan sit. 37 Daar was ’n slegte vrou in die stad, almal het geweet sy is ’n slegte vrou. Sy het gehoor Jesus is by die huis van die Fariseër om daar te eet. Sy neem toe ’n tklip-kruikie met lekkerruik-olie 38 en sy gaan sit by Jesus se voete. Sy het aangehou huil. Sy het Jesus se voete met haar trane natgemaak en met haar hare afgedroog. Toe soen sy Jesus se voete en gooi die olie op sy voete.

39 Toe die Fariseër wat vir Jesus genooi het, dit sien, het hy gedink: As hierdie man ’n tprofeet was, dan sou hy geweet het watter soort vrou dit is wat aan hom raak. Hy sou geweet het sy is ’n slegte vrou.

40 Toe sê Jesus vir die Fariseër: “Simon, Ek wil vir jou iets sê.”
En Simon sê: “Meneer, sê dit vir my.”
41 Jesus vertel toe vir hom ’n tgelykenis: “Daar was twee mense wat geld geskuld het aan iemand wat vir hulle geld geleen het. Die een man het 500 tsilwer geldstukke geskuld, en die ander man het 50 silwer geldstukke geskuld.

42 Altwee mans kon nie hulle skuld betaal nie. Toe het die man wat die geld vir hulle geleen het, gesê hulle moenie die skuld terugbetaal nie, hulle mag die geld hou. Watter man sal die dankbaarste wees vir die man wat gesê het hulle mag die geld hou?”

43 Simon het gesê: “Ek dink die man wat die meeste geld geskuld het.”
Jesus sê toe: “Jy het reg gedink.”
44 Toe draai Jesus na die vrou en Hy sê vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Toe Ek by jou huis gekom het, het jy nie vir My water gegee om my voete te was nie, maar hierdie vrou het my voete met haar trane gewas en met haar hare afgedroog. 45 Jy het My nie gesoen toe jy My gegroet het nie. Maar hierdie vrou het aangehou om my voete te soen vandat Ek ingekom het. 46 Jy het ook nie lekkerruik-olie op my kop gegooi nie, maar hierdie vrou het lekkerruik-olie op my voete gegooi.

47 Daarom sê Ek vir jou, God het die baie sondes wat sy gedoen het, vergewe. Toe sy hierdie dinge aan My gedoen het, het sy gewys dat sy lief is vir My. Dit wys ook sy is baie dankbaar dat God haar baie sondes vergewe het. Jy dink jy het min sondes, maar God het dit vergewe. Jy wys ook hoe min dankbaar jy is en hoe min jy lief is vir Hom.”

48 Jesus sê toe vir die vrou: “Ek vergewe jou sondes.”

49 Die mense wat saam met Jesus by die tafel gesit het, begin toe met mekaar praat en hulle sê: “Wie is hierdie man wat sondes vergewe?”
50 Maar Jesus het vir die vrou gesê: “Omdat jy glo, daarom red Ek jou. Totsiens, dit sal goed gaan met jou.”

Luke 7

A Roman Commander Has Faith

1 Jesus finished saying all those things to the people. Then he entered Capernaum.
2 There the servant of a Roman commander was sick and about to die. His master thought highly of him.3 The commander heard about Jesus. So he sent some elders of the Jews to him. He told them to ask Jesus to come and heal his servant.
4 They came to Jesus and begged him, "This man deserves to have you do this.5 He loves our nation and has built our synagogue."6 So Jesus went with them.
When Jesus came near the house, the Roman commander sent friends to him. He told them to say, "Lord, don't trouble yourself. I am not good enough to have you come into my house.
7 That is why I did not even think I was fit to come to you. But just say the word, and my servant will be healed.8 I myself am a man who is under authority. And I have soldiers who obey my orders. I tell this one, 'Go,' and he goes. I tell that one, 'Come,' and he comes. I say to my servant, 'Do this,' and he does it."
9 When Jesus heard this, he was amazed at him. He turned to the crowd that was following him. He said, "I tell you, even in Israel I have not found anyone whose faith is so strong."
10 Then the men who had been sent to Jesus returned to the house. They found that the servant was healed.

Jesus Raises a Widow's Son From the Dead

11 Some time later, Jesus went to a town called Nain. His disciples and a large crowd went along with him.12 He approached the town gate. Just then, a dead person was being carried out. He was the only son of his mother. She was a widow. A large crowd from the town was with her.
13 When the Lord saw her, he felt sorry for her. So he said, "Don't cry."
14 Then he went up and touched the coffin. Those carrying it stood still.
Jesus said, "Young man, I say to you, get up!"
15 The dead man sat up and began to talk. Then Jesus gave him back to his mother.
16 The people were all filled with wonder and praised God. "A great prophet has appeared among us," they said. "God has come to help his people."17 This news about Jesus spread all through Judea and the whole country.

Jesus and John the Baptist

18 John's disciples told him about all these things. So he chose two of them.19 He sent them to the Lord. They were to ask Jesus, "Are you the one who was supposed to come? Or should we look for someone else?"
20 The men came to Jesus. They said, "John the Baptist sent us to ask you, 'Are you the one who was supposed to come? Or should we look for someone else?' "
21 At that very time Jesus healed many people. They had illnesses, sicknesses and evil spirits. He also gave sight to many who were blind.22 So Jesus replied to the messengers, "Go back to John. Tell him what you have seen and heard. Blind people receive sight. Disabled people walk. Those who have skin diseases are healed. Deaf people hear. Those who are dead are raised to life. And the good news is preached to those who are poor.23 Blessed are those who do not give up their faith because of me."
24 So John's messengers left. Then Jesus began to speak to the crowd about John. He said, "What did you go out into the desert to see? Tall grass waving in the wind?25 If not, what did you go out to see? A man dressed in fine clothes? No. Those who wear fine clothes and have many expensive things are in palaces.26 Then what did you go out to see? A prophet? Yes, I tell you, and more than a prophet.
27 "He is the one written about in Scripture. It says,
" 'I will send my messenger ahead of you.
He will prepare your way for you.' (Malachi 3:1)
28 I tell you, no one more important than John has ever been born. But the least important person in God's kingdom is more important than he is."
29 All the people who heard Jesus' words agreed that God's way was right. Even the tax collectors agreed. These people had all been baptized by John.30 But the Pharisees and the authorities on the law did not accept God's purpose for themselves. They had not been baptized by John.
31 "What can I compare today's people to?" Jesus asked. "What are they like?32 They are like children sitting in the market place and calling out to each other. They say,
" 'We played a flute for you.
But you didn't dance.
We sang a funeral song.
But you didn't cry.'
33 "That is how it has been with John the Baptist. When he came to you, he didn't eat bread or drink wine. And you say, 'He has a demon.'34 But when the Son of Man came, he ate and drank as you do. And you say, 'This fellow is always eating and drinking far too much. He's a friend of tax collectors and "sinners." '35 All who follow wisdom prove that wisdom is right."

A Sinful Woman Pours Perfume on Jesus

36 One of the Pharisees invited Jesus to have dinner with him. So he went to the Pharisee's house. He took his place at the table.
37 There was a woman in that town who had lived a sinful life. She learned that Jesus was eating at the Pharisee's house. So she came with a special sealed jar of perfume.38 She stood behind Jesus and cried at his feet. She began to wet his feet with her tears. Then she wiped them with her hair. She kissed them and poured perfume on them.
39 The Pharisee who had invited Jesus saw this. He said to himself, "If this man were a prophet, he would know who is touching him. He would know what kind of woman she is. She is a sinner!"
40 Jesus answered him, "Simon, I have something to tell you."
"Tell me, teacher," he said.
41 "Two people owed money to a certain lender. One owed him 500 silver coins. The other owed him 50 silver coins.42 Neither of them had the money to pay him back. So he let them go without paying. Which of them will love him more?"
43 Simon replied, "I suppose the one who owed the most money."
"You are right," Jesus said.
44 Then he turned toward the woman. He said to Simon, "Do you see this woman? I came into your house. You did not give me any water to wash my feet. But she wet my feet with her tears and wiped them with her hair.45 You did not give me a kiss. But this woman has not stopped kissing my feet since I came in.46 You did not put any olive oil on my head. But she has poured perfume on my feet.47 So I tell you this. Her many sins have been forgiven. She has loved a lot. But the one who has been forgiven little loves only a little."
48 Then Jesus said to her, "Your sins are forgiven."
49 The other guests began to talk about this among themselves. They said, "Who is this who even forgives sins?"
50 Jesus said to the woman, "Your faith has saved you. Go in peace."