previous next

Lukas 7

1 Toe Jesus die mense klaar geleer het, het Hy weer na Kapernaum toe gegaan.2 Daar was 'n belangrike offisier in die Romeinse leër. Sy werker was baie siek. Almal het verwag dat hy enige oomblik sou doodgaan.3 Toe die offisier hoor dat Jesus in die dorp is, het hy gou 'n paar van die Joodse leiers in Kapernaum gevra om na Jesus toe te gaan. "Vra Hom om na my huis toe te kom en my werker gesond te maak," het die offisier gesê.
4 Toe die mans by Jesus kom, het hulle Hom vertel wat aan die gang was en Hom gesmeek om na die Romeinse offisier se huis toe te gaan. "Weet U, hy is 'n wonderlike man. As daar nou een persoon is wat 'n wonderwerk verdien, is dit daardie Romeinse offisier.5 Hy beteken so baie vir ons mense. Hy het selfs ons sinagoge hier in Kapernaum vir ons gebou," het hulle vir Jesus gesê.
6 Jesus het ingestem en saam met hulle gegaan. Toe hulle so 'n entjie van die offisier se huis af was, het hy van sy vriende na Jesus toe gestuur om vir Hom te sê: "Here, moet asseblief nie die moeite doen om verder te loop nie.7 Ek is nie belangrik genoeg dat U na my huis toe moet kom nie. Daarom het ek dit nie gewaag om na U toe te gaan nie. U kan maar net 'n woord sê, dan is my werker gesond.
8 "U sien, ek is 'n offisier in die leër. Ek weet presies hoe gesag werk. Ek moet heeltyd na my bevelvoerders luister. En my soldate moet weer heeltyd na my luister. As ek vir een sê: 'Staan op aandag!' doen hy dit, daar op die plek. En as ek vir 'n ander soldaat sê: 'Hardloop!' doen hy dit ook. Dieselfde geld vir my werker. Ek kan maar net vir hom sê: 'Maak die huis skoon!' dan doen hy dit. So, sê net een woord. Dit is heeltemal genoeg. U is die Here. As U praat, sal die siekte moet luister!"
9 Jesus was verbaas oor hierdie woorde. "Ongelooflik! Nog nêrens in die hele Israel het Ek iemand met so 'n groot geloof raakgeloop nie," het Hy vir die skare mense gesê wat saam met Hom gestap het.
10 Terwyl Jesus nog met die mense gestaan en praat het, het die werker skielik gesond geword. Toe die vriende van die offisier by sy huis aankom, was hy al weer vol lewe.
11  Die volgende dag het Jesus na 'n dorp toe gegaan met die naam Nain. 'n Groot klomp mense het saam met Hom soontoe gestap. Sy dissipels was ook by.
12 Toe Jesus by die ingang van Nain kom, het hulle op 'n groot groep mense afgekom wat 'n dooie na die begraafplaas buitekant die dorp gedra het. Dit was die enigste seun van 'n weduwee. Baie mense van die dorp het ook opgedaag vir die begrafnis. Hulle was saam met die weduwee hartseer oor haar seun se dood.
13 Toe die Here die weduwee sien, het Hy haar uit sy hart uit jammer gekry. Hy het vir haar gesê: "Moenie huil nie."14 Voordat iemand iets kon sê, het Jesus na die draagbaar toe gestap en dit vasgegryp. Toe die verbaasde draers tot stilstand kom, sê Jesus vir die dooie: "Jongman, word lewendig. Ek sê vir jou: staan nou dadelik op!"
15 Toe gebeur daar 'n groot wonderwerk. Reg voor almal het die seun lewendig geword. Hy het orent gekom en begin praat. Jesus het hom toe aan sy ma se sorg oorgelaat.
16 Die mense kon hulle oë nie glo nie. Hulle hartseer het dadelik plek gemaak vir blydskap. Met groot ontsag het hulle God se Naam begin loof en prys. "God het 'n baie belangrike boodskapper na ons toe gestuur!" het hulle uitgeroep.
17 Die nuus oor hierdie wonderwerk het soos 'n veldbrand deur die hele gebied versprei, selfs deur Judea.
18  Johannes die Doper het intussen ook gehoor wat Jesus alles doen. Sy volgelinge het hom op hoogte gehou van al Jesus se doen en late.19 Johannes het toe twee van hulle na die Here toe gestuur om vir Hom te vra: "Is U regtig die Een wat van God af na ons toe gestuur is, of nie? Sê ons asseblief eerlik. Ons wil nie die fout maak om dalk vir die verkeerde een te wag nie."
20-21 Toe Johannes se volgelinge by Jesus kom, sê hulle: "Johannes die Doper het ons na U toe laat kom. Hy wil weet of U die Een is wat van God af na ons toe gestuur is, of nie. Sê ons asseblief eerlik. Ons wil nie die fout maak om dalk vir die verkeerde een te wag nie."
Jesus was juis besig om 'n skare mense van allerhande siektes gesond te maak. Hy het mense bevry wat in die mag van bose geeste was en blindes laat sien.
22 Jesus sê toe vir hulle: "Kyk om julle. Kyk na al die wonderwerke wat Ek doen. En luister mooi na wat Ek sê. Gaan vertel dan vir Johannes: mense wat nie kon sien nie, sien nou weer; mense wat glad nie kon loop nie, stap nou weer rond; mense wat eenkant moes bly omdat hulle melaats was, is nou heeltemal gesond; dowes kan weer hoor; mense wat dood was, leef weer, en mense wat niks het nie, hoor nou skielik dat hulle vir God baie spesiaal is.
23 "Gelukkig is elkeen wat nie twyfel of Ek regtig die Een is wat van God af kom nie."
24  Toe Johannes se volgelinge daar weg is, het Jesus verder met die groot skare oor Johannes gepraat: "Wat het julle verwag om te sien toe julle agter Johannes die woestyn in is? Die een of ander kansvatter wat niks beteken nie? Natuurlik nie!25 Of dalk 'n ryk man wat mooi klere dra? Nee. Julle weet mos dat ryk mense nie in die woestyn bly nie. Hulle sit heeldag in groot, gerieflike huise, omring met alles wat hulle begeer.26 Ek vra weer 'n keer, wat het julle verwag om te sien? 'n Boodskapper van God? Wel, dan is julle heeltemal reg. Johannes is regtig 'n profeet.27 Om die waarheid te sê, hy is die heel belangrikste profeet wat nog ooit geleef het. Wat Maleagi geskryf het, is van hom waar:
'Ek, God, stuur iemand voor jou uit om vir almal te vertel dat jy kom. Hy sal sorg dat die mense van jou weet sodat jy jou werk makliker kan doen.'
28 "Daar was nog nooit in die geskiedenis so 'n belangrike man soos Johannes nie. En tog is almal in God se nuwe wêreld waarvoor hy julle wou voorberei belangriker as hy, selfs die heel onbelangrikste persoon."
29 Toe die mense en diegene wat gewoonlik as sondaars beskou is, hoor wat Jesus sê, het hulle God se Naam grootgemaak. Want hulle almal is met die doop van Johannes gedoop.30 Maar die Fariseërs en die kenners van die wet het hulle natuurlik nie gesteur aan wat God deur Johannes vir hulle gesê het nie. Daarom dat hulle botweg geweier het om hulle deur Johannes te laat doop.31 Toe sê Jesus: "Kom Ek gebruik 'n voorbeeld om te verduidelik hoe hardkoppig hierdie spul mense is.32 Ja, hulle is soos 'n klomp bedorwe kinders wat op 'n partytjie mekaar sit en verwyt: 'Ons speel die regte musiek, maar julle wil nie dans nie. Ons speel selfs vir julle 'n klomp treurige liedjies, maar julle sit daar soos 'n spul dooies en maak asof julle dit nie hoor nie.' Hierdie geslag is net soos daardie kinders wat met niks tevrede is nie. Hulle vind gedurig fout met alles.
33 "Kyk net: Johannes die Doper het in die woestyn gaan bly. Hy het glad nie lekker kos gehad om te eet nie, nie eens 'n stukkie vars brood of 'n bietjie wyn nie. En wat sê die mense toe van hom? 'Hy is van die duiwel besete!'
34 "Toe kom Ek, die Seun van die mens. Ek het dikwels saam met die mense geëet en gedrink. En wat sê julle toe? 'Kyk, Hy's 'n regte vraat en 'n suiplap! Hy kuier graag saam met sondaars en daardie spul wat ons godsdienstige wette verwerp.'
35 "Ja, al wat hierdie mense doen, is om fout te vind. Maar gelukkig sal diegene wat doen wat God vra, weet wat die waarheid is."
36  Op 'n dag het 'n Fariseër met die naam Simon vir Jesus uitgenooi om by hom te kom eet. Daar aangekom, het Jesus saam met Simon en 'n paar ander mans by die tafel gaan aansit.
37 In dieselfde dorp het daar ook 'n vrou gebly wat 'n baie slegte lewe gelei het. Toe sy hoor dat Jesus by Simon se huis gaan eet het, was sy baie opgewonde. Sy het toe 'n bottel met baie duur parfuum gevat en reguit na Simon se huis toe gegaan.38 Sy wou Jesus se voete gaan salf om vir Hom te wys hoeveel respek sy vir Hom het. Toe sy by Simon se huis kom, het sy ongenooid ingestap, tussen al die mans deur, tot by Jesus.
Toe die vrou agter Jesus op haar knieë gaan staan, het sy skielik in trane uitgebars. Haar trane oor haar stukkende lewe het toe op Jesus se voete geval. Sy het sy voete haastig met haar hare afgedroog. Daarna het sy sy voete gesoen en met die duur parfuum gesalf.
39 Simon was baie ontsteld oor wat hierdie vrou in sy huis aangevang het. Hy het goed geweet wie sy was. Hy dink toe in die stilligheid by homself: "As hierdie Jesus regtig 'n boodskapper van God is, sal Hy mos weet dat dié vrou wat nou aan Hom raak 'n groot sondaar is. Dan sal Hy haar wegjaag, want sy is besig om Hom onrein te maak."
40 Jesus het baie goed geweet wat Simon dink. Hy sê toe vir hom: "Simon, daar is iets wat Ek graag vir jou wil vertel."
"Praat maar. U is mos die leermeester. Ek luister," het Simon geantwoord.
41 Jesus vertel toe vir hom 'n kort verhaaltjie: "Twee mans het geld aan 'n bankbestuurder geskuld; die een 80 000 rand, en die ander 8 000 rand.42 Maar hulle kon nie hulle skuld betaal nie. Toe besluit die bestuurder na 'n ruk om hulle skuld af te skryf. Sê vir My: Wie van hierdie twee mans was die blyste? Wat dink jy?"
43 "Die een wat die meeste geld geskuld het," het Simon geantwoord.
"Jy is heeltemal reg," het Jesus gesê.
44 Toe draai Jesus na die vrou toe terwyl Hy nog met Simon praat. "Simon, jy het gesien wat hierdie vrou alles vir My gedoen het. Baie meer as jy. Jy het nie eens die moeite gedoen om water by jou deur neer te sit sodat die stof van my voete afgewas kon word toe Ek hier aangekom het nie. Maar hierdie vrou het my voete met haar trane gewas en met haar hare afgedroog.
45 "Jy het My ook nie baie hartlik ontvang nie, nie eens 'n warm handdruk of 'n vriendelike omhelsing gegee nie. Maar hierdie vrou kon nie ophou om my voete te soen nie.
46 "Jy het ook nie 'n geskenk vir My gehad nie, nie eens 'n bietjie reukolie wat Ek aan my hare kon sit om lekker te ruik nie. Maar hierdie vrou het sommer 'n hele bottel reukolie oor my voete uitgegooi.
47 "Ja, hierdie vrou het baie lelike dinge aangevang. Maar dis nou verby. Haar sondes is vergewe. God dink nie meer daaraan nie. Daarom doen sy al hierdie wonderlike dinge vir My. Jy het nie die vaagste idee wat dit vir 'n sondaar soos sy beteken om deur God vergewe te word nie. Daarom dien jy Hom so halfhartig."
48 Jesus kyk toe na die vrou en sê vir haar: "Ek het baie goeie nuus vir jou. Jou sondes tel nie meer by God nie."
49 Al die ander mense aan tafel het onder mekaar gesê: "Wie is hierdie man dat hy selfs die mag het om sondes te vergewe? Net God kan tog so iets doen!"
50 Jesus het vir die vrou gesê: "Dit wat jy vandag gedoen het, wys dat jy in God glo. Jou saak met Hom is nou in orde. Gaan leef in vrede met God."

Luke 7

Healing the Centurion’s Slave

1 After Jesust had finished teaching all this to the people,t he entered Capernaum.ss2 A centurions theret had a slavet who was highly regarded,t but who was sick and at the point of death.3 When the centuriont heardt about Jesus, he sent some Jewish elderss to him, asking him to comet and heal his slave.4 Whent they camet to Jesus, they urgedt him earnestly,t “He is worthyt to have you do this for him,5 because he loves our nation,t and event built our synagogue.”s6 Sot Jesus went with them. Whent he was not far from the house, the centurions sent friends to say to him, “Lord, do not trouble yourself,t for I am not worthys to have you come under my roof.7 That is whyt I did not presumet to come to you. Instead, say the word, and my servant must be healed.st8 For I too am a man set under authority, with soldiers under me.t I say to this one, ‘Go,’ and he goes,s and to another, ‘Come,’ and he comes, and to my slave, ‘Do this,’ and he does it.”t9 When Jesus heard this, he was amazedt at him. He turned and said to the crowd that followed him, “I tell you, not even in Israel have I found such faith!”s

10 Sot when those who had been sent returned to the house, they found the slaves well.

Raising a Widow’s Son

11 Soont afterwards Jesust went to a townt called Nain, and his disciples and a large crowd went with him.12 As he approached the town gate, a mant who had died was being carried out,t the only son of his mother (whot was a widows), and a large crowd from the townt was with her.13 Whent the Lord saw her, he had compassions for her and said to her, “Do not weep.”t14 Thent he came upt and toucheds the bier,s and those who carried it stood still. Het said, “Young man, I say to you, get up!”15 Sot the dead mant sat up and began to speak, and Jesust gave him backt to his mother.16 Feart seized them all, and they began to glorifyt God, saying, “A great prophets has appearedt among us!” and “God has come to helpt his people!”

17 Thist reports about Jesust circulatedt throughoutt Judea and all the surrounding country.

Jesus and John the Baptist

18 John’st disciples informed him about all these things. Sot John calledt two of his disciples19 and sent them to Jesuss to ask,t “Are you the one who is to come,s or should we look for another?”20 Whent the men came to Jesus,t they said, “John the Baptist has sent us to you to ask,t ‘Are you the one who is to come, or should we look for another?’”t21 At that very timet Jesust cured many people of diseases, sicknesses,t and evil spirits, and grantedt sight to many who were blind.22 Sot he answered them,t “Go tells John what you have seen and heard:s The blind see, the lame walk, lepers are cleansed, thet deaf hear, the dead are raised, the poor have good news proclaimed to them.

23 Blessed is anyonet who takes no offense at me.”
24 Whent John’s messengers had gone, Jesust began to speak to the crowds about John: “What did you go out into the wildernesst to see? A reed shaken by the wind?t25 Whatt did you go out to see? A man dressed in fancyt clothes?s Look, those who wear fancy clothes and live in luxuryt are in kings’ courts!t26 What did you go out to see? A prophet? Yes, I tell you, and moret than a prophet.27 This is the one about whom it is written, ‘Look, I am sending my messenger ahead of you,twho will prepare your way before you.’s28 I tell you, among those born of women no one is greaters than John.s Yet the one who is leasts in the kingdom of Gods is greater than he is.”29 (Nowt all the people who heard this, even the tax collectors,s acknowledgedt God’s justice, because they had been baptizedt with John’s baptism.

30 However, the Phariseess and the experts in religious lawt rejected God’s purposet for themselves, because they had not been baptizedt by John.t)s
31 “To what then should I compare the peoplet of this generation, and what are they like?

32 They are like children sitting in the marketplace and calling out to one another,t
‘We played the flute for you, yet you did not dance;s
we wailed in mourning,t yet you did not weep.’
33 For John the Baptist has comet eating no bread and drinking no wine,t and you say, ‘He has a demon!’s34 The Son of Man has come eating and drinking, and you say, ‘Look at him,t a glutton and a drunk, a friend of tax collectors and sinners!’s

35 But wisdom is vindicatedt by all her children.”t

Jesus’ Anointing

36 Now one of the Phariseess asked Jesust to have dinner with him, sot he went into the Pharisee’s house and took his place at the table.t37 Thent when a woman of that town, who was a sinner, learned that Jesust was diningt at the Pharisee’s house, she brought an alabaster jars of perfumed oil.ts38 Ast she stoodt behind him at his feet, weeping, she began to wet his feet with her tears. Shet wiped them with her hair,t kissedt them,t and anointeds them with the perfumed oil.39 Now when the Pharisee who had invited him saw this,t he said to himself, “If this man were a prophet,t he would know who and what kind of womans this is who is touching him, that she is a sinner.”40 Sot Jesus answered him,ts “Simon, I have something to say to you.” He replied,t “Say it, Teacher.”41 “A certain creditors had two debtors; one owed himt five hundred silver coins,ts and the other fifty.42 When they could not pay, he canceledt the debts of both. Now which of them will love him more?”43 Simon answered,t “I suppose the one who had the bigger debt canceled.”t Jesust said to him, “You have judged rightly.”44 Then,t turning toward the woman, he said to Simon, “Do you see this woman? I entered your house. You gave me no water for my feet,s but she has wet my feet with her tears and wiped them with her hair.45 You gave me no kiss of greeting,t but from the time I entered she has not stopped kissing my feet.46 You did not anoint my head with oil, but she has anointed my feets with perfumed oil.47 Therefore I tell you, her sins, which were many, are forgiven, thus she loved much;ts but the one who is forgiven little loves little.”48 Thent Jesust said to her, “Your sins are forgiven.”s49 Butt those who were at the tablet with him began to say among themselves, “Who is this, who even forgives sins?”

50 Het said to the woman, “Your faiths has saved you;s go in peace.”

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.