Lukas 8
Vroue wat vir Jesus en sy dissipels gesorg het
1 Jesus het deur baie stede gegaan, van die een stad na die ander stad. Hy het oral die goeie boodskap gebring dat God Koning is. Die twaalf tdissipels het saam met Hom gegaan. 2 Daar was ook vroue by hulle. Jesus het hierdie vroue voorheen gesond gemaak toe Hy tbose geeste uit hulle laat gaan het. Een van die vroue was Maria Magdalena. Sewe tduiwels het uit haar uitgegaan.
3 ’n Ander vrou was Johanna, die vrou van Gusa. Gusa was die hoof van die mense wat in koning tHerodes se paleis gewerk het. Susanna en nog baie ander vroue was ook by Jesus en sy dissipels. Hierdie vroue het hulle eie geld gebruik om vir Jesus en sy dissipels te sorg.Die gelykenis van die saaier
(Ook Matt 13:1-9; Mark 4:1-9)
4 Baie mense het na Jesus toe gekom uit al die stede wat daar naby was. Toe vertel Jesus vir hulle hierdie tgelykenis. Hy het gesê: 5 “’n Man was besig om saad te saai en terwyl hy gesaai het, het party van die saad op die voetpad in die koringland geval. Daar het die mense op die saad getrap en die voëls het dit opgepik. 6 Party van die saad het op vlak grond geval. Daar was klip onder die grond. Toe die saad begin groei, het dit gou droog geword omdat daar nie genoeg water in daardie grond was nie. 7 Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het saam met die saad gegroei, en die dorings het die plantjies heeltemal toegegroei.
8 Party van die saad het in tvrugbare grond geval. Hierdie saad het mooi gegroei, en daar was baie koring, 100 maal meer as wat die man gesaai het.”
Toe Jesus die gelykenis klaar vertel het, het Hy gesê: “As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê.”Jesus sê hoekom Hy gelykenisse vertel
(Ook Matt 13:10-11; Mark 4:10-11)
9 Jesus se tdissipels vra toe vir Hom wat die tgelykenis beteken.
10 Jesus het gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy Koning is en dat Hy regeer. Maar die ander mense verstaan dit nie. Ek vertel vir hulle gelykenisse.
“tDaarom kyk daardie mense,
maar hulle sien nie,
en hulle hoor,
maar hulle verstaan nie.”Jesus sê wat die gelykenis van die saaier beteken
(Ook Matt 13:18-23; Mark 4:13-20)
11 Jesus het toe vir die tdissipels gesê wat die tgelykenis beteken. Hy het gesê: “Die saad is die boodskap van God. 12 Wanneer die saad op die voetpad val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap van God hoor, maar dan kom tdie duiwel en hy vat die boodskap weg uit hulle harte. Dan kan hulle nie glo nie, en dan red God hulle nie. 13 Wanneer die saad in vlak grond val waar daar klippe onder die grond is, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor en glo en bly is daaroor. Maar daar is nie ’n diep wortel nie, hulle hou nie aan om te glo nie. Wanneer hulle swaarkry, dan hou hulle op om te glo. 14 Wanneer die saad tussen dorings val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor, maar hulle is bekommerd oor baie dinge en hulle wil net ryk word en lekker lewe. Dan is hulle soos plante met vrugte wat nooit ryp word nie.
15 Maar wanneer die saad in tvrugbare grond val, is dit soos wanneer mense die boodskap hoor en hulle glo dit met hulle hele hart. Hulle onthou die boodskap en hulle is soos plante wat altyd goeie vrugte dra.”Die gelykenis van die lamp
(Ook Matt 5:15; 10:26; 13:12; Mark 4:21-25)
16 Jesus het ook gesê: “’n Mens steek nie ’n tlamp op en sit dit dan onder ’n emmer of steek dit onder die bed weg nie. Nee, ’n mens sit ’n lamp op die lampstaander. Dan kan almal in die kamer die lig sien. 17 God is Koning. Niemand kan hierdie geheim wegsteek nie. Almal sal daarvan weet en almal sal dit kan sien.
18 Julle moet goed luister na die boodskap. Want as iemand verstaan en hy vertel vir almal dat God Koning is, dan sal God hom nog beter laat verstaan. Maar as iemand dit nie verstaan nie, dan sal God hom niks laat verstaan nie, ook as hy dink dat hy verstaan.”Jesus se ma en sy broers
(Ook Matt 12:46-47,50; Mark 3:31-32,35; Joh 15:14)
19 Jesus se ma en broers het vir Hom kom kuier. Hulle kon nie naby Hom kom nie, want daar was te veel mense rondom Hom.
20 Toe kom sê iemand vir Jesus: “Jou ma en jou broers staan hier buite en hulle wil jou graag sien.”
21 Maar Jesus het vir hulle gesê: “My ma en my broers is die mense wat die boodskap van God hoor en doen wat God wil hê.”Jesus maak die storm stil
(Ook Matt 8:23-27; Mark 4:35-41)
22 Eendag het Jesus saam met sy tdissipels in ’n boot geklim. Jesus sê toe vir hulle: “Kom ons gaan na die ander kant van die see.”
Hulle het dit gedoen. 23 Voordat hulle daar was, het Jesus aan die slaap geraak. Skielik het ’n sterk stormwind oor die see begin waai. Die boot het vol water geword en dit het gevaarlik geword vir hulle.
24 Die dissipels gaan toe na Jesus toe en hulle maak Hom wakker. Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, Meneer, ons sal verdrink.”
Toe Jesus wakker word, het Hy kwaai gepraat met die wind en die groot branders.
25 Die wind het opgehou waai, en alles het stil geword. Jesus sê toe vir die dissipels: “Hoekom glo julle nie?”
Maar die dissipels het baie groot geskrik en hulle was baie verbaas. Hulle het vir mekaar gevra: “Wie is hierdie Man? Hy sê vir die wind en die water hulle moet stil wees, en dan luister hulle na Hom!”Jesus jaag onrein geeste uit ’n man
(Ook Matt 8:28-34; Mark 5:1-20)
26 Jesus en sy tdissipels het toe verder gegaan tot by die land waar die Geraseners gewoon het, oos van Galilea. 27 Toe hulle uit die boot klim, kom daar ’n man uit die stad na Jesus toe. Die man was vol tduiwels, hy was mal. Hy het ’n lang tyd niks klere gedra nie en hy het nie in ’n huis gewoon nie. Hy het in die tgrafte gewoon.
28 Toe die man vir Jesus sien, het hy hard geskree en voor Jesus op die grond geval. Hy het hard geskree: “Wat wil U met my doen, Jesus, Seun van die tAllerhoogste God? Ek soebat U, U moenie vir my seermaak nie, asseblief.”
29 Die man het dit gesê omdat Jesus vir die tonrein gees gesê het hy moet uit die man uitgaan. Voorheen het die onrein gees die man baie maal aangeval. Dan moes die mense die man vasbind met kettings en tvoetboeie en hulle moes hom toesluit. Maar die man het altyd die kettings en boeie stukkend gebreek en dan het die duiwel hom in die woestyn ingejaag.
30 Jesus vra toe vir die man: “Wat is jou naam?”
En hy het geantwoord: “My naam is tLegioen.”
Hy het hierdie naam gekry omdat baie duiwels in hom gewoon het. 31 Die duiwels het Jesus gesoebat om hulle nie na die tonderwêreld te stuur nie. 32 ’n Groot trop varke het teen die kant van die berg gewei. Die duiwels het vir Jesus gesoebat om hulle in die varke te laat ingaan. Jesus het gesê hulle mag dit doen. 33 Die duiwels het uit die man uitgegaan en hulle het in die varke ingegaan. Die varke het teen die berg afgehardloop tot binne-in die see. Daar het almal verdrink. 34 Die wagters wat die varke opgepas het, het gesien wat gebeur het. Hulle het weggehardloop en hulle het alles gaan vertel in die stad en op die plase. 35 Die mense het gekom om te sien wat gebeur het. Toe hulle by Jesus kom, sien hulle die man, die duiwels het uit hom uitgegaan. Hy het by die voete van Jesus gesit. Hy het klere aangehad. Daar was nie meer duiwels in hom nie, hy was nie meer mal nie. Die mense het groot geskrik. 36 Die ander mense wat gesien het hoe Jesus die man gered het wat vol duiwels was, vertel toe alles. 37 Al die mense in die land waar die Gerasene gewoon het, het vir Jesus gevra om weg te gaan van hulle, want hulle almal het baie bang geword. Jesus het toe in die boot geklim en weggegaan. 38 Die man uit wie die duiwels gegaan het, het gesoebat om saam met Jesus te gaan. Maar Jesus het die man weggestuur en Hy het vir hom gesê:
39 “Gaan terug na jou huis en vertel vir die mense alles wat God vir jou gedoen het.”
Die man het weggegaan en hy het vir almal in die stad vertel wat Jesus vir hom gedoen het.Jesus maak ’n dogtertjie en ’n vrou gesond
(Ook Matt 9:18-26; Mark 5:21-43)
40 Jesus het teruggegaan na die provinsie Galilea. Baie mense het na Hom toe gekom, want almal het vir Hom gewag om te kom. 41 ’n Man het na Jesus toe gekom. Sy naam was Jaïrus. Hy was ’n belangrike man in die tsinagoge. Hy het voor Jesus op die grond gekniel en hy het vir Jesus gesoebat om na sy huis te kom. 42 Jaïrus se enigste dogtertjie was baie siek, sy was naby haar dood. Sy was twaalf jaar oud. Jesus het na haar toe gegaan. Daar was so baie mense dat hulle teen Jesus gedruk het. 43 Daar was ’n vrou wat twaalf jaar lank siek was. Sy het aangehou bloei. Sy het al haar geld gebruik om die dokters te betaal, maar niemand kon haar gesond maak nie. 44 Die vrou het van agter gekom en sy het aan die soom van Jesus se klere geraak. Sy het toe dadelik opgehou bloei.
45 Jesus het gevra: “Wie het aan My geraak?”
Almal het gesê hulle het nie aan Hom geraak nie. Petrus het gesê: “Here, hier is baie mense wat teen U druk.”
46 Maar Jesus het gesê: “Iemand het aan My geraak, want Ek het gevoel daar gaan krag uit My.”
47 Die vrou het gesien Jesus weet van haar. Sy het gebewe en sy het nader gekom en voor Jesus gekniel. Toe vertel sy daar voor al die mense hoekom sy aan Hom geraak het en dat sy dadelik gesond geword het.
48 Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, jy het nou gesond geword, want jy het geglo. Gaan nou huis toe, dit sal goed gaan met jou.”
49 Een van Jaïrus se mense het daar aangekom terwyl Jesus besig was om te praat. Die man het vir Jaïrus gesê: “Jou dogtertjie is dood. Jy moenie die Meneer nog pla nie.”
50 Maar Jesus het dit gehoor en Hy het vir Jaïrus gesê: “Jy moenie bang wees nie. Jy moet net glo, dan sal God jou dogter red.”
51 Toe Jesus by Jaïrus se huis kom, wou Hy nie hê die ander mense moet saam met Hom in die huis ingaan nie. Hy het net vir Petrus en Johannes en Jakobus en die ouers van die kind saamgeneem.
52 Die mense het almal gehuil en getreur oor die dogtertjie. Maar Jesus het gesê: “Julle moenie huil nie, want die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap.”
53 Die mense het vir Jesus gelag, want hulle het geweet die dogtertjie is dood.
54 Toe neem Jesus haar hand en Hy sê: “Kind, staan op.”
55 Die dogtertjie het weer begin lewe en sy het dadelik opgestaan. Jesus het toe gesê hulle moet vir haar iets gee om te eet. 56 Haar ouers was baie bly, maar Jesus het vir hulle gesê hulle mag glad nie vir iemand vertel wat gebeur het nie.
Luke 8
The Story of the Farmer
1 After this, Jesus traveled around from one town and village to another. He announced the good news of God's kingdom. The Twelve were with him.2 So were some women who had been healed of evil spirits and sicknesses. One was Mary Magdalene. Seven demons had come out of her.3 Another was Joanna, the wife of Cuza. He was the manager of Herod's household. Susanna and many others were there also. These women were helping to support Jesus and the Twelve with their own money.
4 A large crowd gathered together. People came to Jesus from town after town. As they did, he told a story. He said,5 "A farmer went out to plant his seed. He scattered the seed on the ground. Some fell on a path. People walked on it, and the birds of the air ate it up.6 Some seed fell on rocky places. When it grew, the plants dried up because they had no water.7 Other seed fell among thorns. The thorns grew up with it and crowded out the plants.8 Still other seed fell on good soil. It grew up and produced a crop 100 times more than the farmer planted."
When Jesus said this, he called out, "Those who have ears should listen."
9 His disciples asked him what the story meant.
10 He said, "You have been given the chance to understand the secrets of God's kingdom. But to outsiders I speak by using stories. In that way,
" 'They see, but they will not know what they are seeing.
They hear, but they will not understand what they are hearing.' (Isaiah 6:9)
11 "Here is what the story means. The seed is God's message.12 People on the path are those who hear. But then the devil comes. He takes away the message from their hearts. He does it so they won't believe. Then they can't be saved.13 Those on the rock are the ones who hear the message and receive it with joy. But they have no roots. They believe for a while. But when they are put to the test, they fall away from the faith.14 The seed that fell among thorns stands for those who hear the message. But as they go on their way, they are choked by life's worries, riches and pleasures. So they do not reach full growth.
15 "But the seed on good soil stands for those with an honest and good heart. They hear the message. They keep it in their hearts. They remain faithful and produce a good crop.
A Lamp on a Stand
16 "People do not light a lamp and then hide it in a jar or put it under a bed. Instead, they put it on a stand. Then those who come in can see its light.17 What is hidden will be seen. And what is out of sight will be brought into the open and made known.
18 "So be careful how you listen. If you have something, you will be given more. If you have nothing, even what you think you have will be taken away from you."
Jesus' Mother and Brothers
19 Jesus' mother and brothers came to see him. But they could not get near him because of the crowd.20 Someone told him, "Your mother and brothers are standing outside. They want to see you."
21 He replied, "My mother and brothers are those who hear God's word and do what it says."
Jesus Calms the Storm
22 One day Jesus said to his disciples, "Let's go over to the other side of the lake." So they got into a boat and left.
23 As they sailed, Jesus fell asleep. A storm came down on the lake. It was so bad that the boat was about to sink. They were in great danger.
24 The disciples went and woke Jesus up. They said, "Master! Master! We're going to drown!"
He got up and ordered the wind and the huge waves to stop. The storm quieted down. It was completely calm.
25 "Where is your faith?" he asked his disciples.
They were amazed and full of fear. They asked one another, "Who is this? He commands even the winds and the waves, and they obey him."
Jesus Heals a Man Controlled by Demons
26 Jesus and his disciples sailed to the area of the Gerasenes across the lake from Galilee.27 When Jesus stepped on shore, he was met by a man from the town. The man was controlled by demons. For a long time he had not worn clothes or lived in a house. He lived in the tombs.
28 When he saw Jesus, he cried out and fell at his feet. He shouted at the top of his voice, "Jesus, Son of the Most High God, what do you want with me? I beg you, don't hurt me!"
29 This was because Jesus had commanded the evil spirit to come out of the man. Many times the spirit had taken hold of him. His hands and feet were chained, and he was kept under guard. But he had broken his chains. And then the demon had forced him to go out into lonely places in the countryside.
30 Jesus asked him, "What is your name?"
"Legion," he replied, because many demons had gone into him.31 And they begged Jesus again and again not to order them to go into the Abyss.
32 A large herd of pigs was feeding there on the hillside. The demons begged Jesus to let them go into the pigs. And he allowed it.
33 When the demons came out of the man, they went into the pigs. Then the herd rushed down the steep bank. They ran into the lake and drowned.
34 Those who were tending the pigs saw what had happened. They ran off and reported it in the town and countryside.35 The people went out to see what had happened.
Then they came to Jesus. They found the man who was now free of the demons. He was sitting at Jesus' feet. He was dressed and thinking clearly. All this made the people afraid.
36 Those who had seen it told the others how the man who had been controlled by demons was now healed.37 Then all the people who lived in the area of the Gerasenes asked Jesus to leave them. They were filled with fear. So he got into the boat and left.
38 The man who was now free of the demons begged to go with him. But Jesus sent him away. He said to him,39 "Return home and tell how much God has done for you."
So the man went away. He told people all over town how much Jesus had done for him.
A Dying Girl and a Suffering Woman
40 When Jesus returned, a crowd welcomed him. They were all expecting him.
41 Then a man named Jairus came. He was a synagogue ruler. He fell at Jesus' feet. He begged Jesus to come to his house.42 His only daughter was dying. She was about 12 years old.
As Jesus was on his way, the crowds almost crushed him.
43 A woman was there who had a sickness that made her bleed. Her sickness had lasted for 12 years. No one could heal her.44 She came up behind Jesus and touched the edge of his clothes. Right away her bleeding stopped.
45 "Who touched me?" Jesus asked.
They all said they didn't do it. Then Peter said, "Master, the people are crowding and pushing against you."
46 But Jesus said, "Someone touched me. I know that power has gone out from me."
47 The woman realized that people would notice her. Shaking with fear, she came and fell at his feet. In front of everyone, she told why she had touched him. She also told how she had been healed in an instant.
48 Then he said to her, "Dear woman, your faith has healed you. Go in peace."
49 While Jesus was still speaking, someone came from the house of Jairus. Jairus was the synagogue ruler. "Your daughter is dead," the messenger said. "Don't bother the teacher anymore."
50 Hearing this, Jesus said to Jairus, "Don't be afraid. Just believe. She will be healed."
51 When he arrived at the house of Jairus, he did not let everyone go in with him. He took only Peter, John and James, and the child's father and mother.
52 During this time, all the people were crying and sobbing loudly over the child. "Stop crying!" Jesus said. "She is not dead. She is sleeping."
53 They laughed at him. They knew she was dead.
54 But he took her by the hand and said, "My child, get up!"
55 Her spirit returned, and right away she stood up. Then Jesus told them to give her something to eat.56 Her parents were amazed. But Jesus ordered them not to tell anyone what had happened.