previous next

LUKAS 8

Die vroue wat Jesus met hulle goed gedien het.

1 EN daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,

2 ook tsekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat tMagdaléna genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,

3 en tJohanna, die vrou van Gusa, t’n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.

Gelykenis van die saaier.

(Mt. 13:1-23 en ooreenk. pl.)


4  tEN toe daar ’n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur ’n gelykenis:

5 ’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ’n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.

6 En ’n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.

7 En ’n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.

8 En ’n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!

9 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog?

10 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, tsodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.

11  tDit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God.

12 Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.

13 En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ’n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.

14 En wat in die dorings geval het — dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.

15 En wat in die goeie grond val — dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ’n edele en goeie hart hou en tmet volharding vrug dra.

Gelykenis van die lamp.

(Mk. 4:21-25.)


16  tEN niemand steek ’n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder ’n bed nie; maar hy sit dit op ’n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.

17  tWant daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.

18  tPas dan op hoe julle hoor; twant elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.

Die familie van Jesus.

(Mt. 12:46-50 en ooreenk. pl.)


19  tEN sy moeder en broers het na Hom gekom, en weens die skare kon hulle Hom nie bereik nie.

20 Toe bring hulle Hom die boodskap en sê: U moeder en u broers staan buite en wil U sien.

21 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die twat die woord van God hoor en dit doen.

Jesus maak die storm stil.

(Mt. 8:23-27 en ooreenk. pl.)


22  tEN op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in ’n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant van tdie see. En hulle het weggevaar

23 En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar ’n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.

24 En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ’n stilte gekom.

25 En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!

Die besetene van Gádara.

(Mt. 8:28-34 en ooreenk. pl.)


26 EN hulle het geseil na die land van die tGadaréners, wat reg anderkant Galiléa is.

27 En toe Hy aan wal uitklim, kom ’n tsekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir ’n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in ’n huis gewoon nie, maar in die grafte.

28 En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ’n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie —

29 want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.

30 Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio — want baie duiwels het in hom ingevaar.

31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die tonderwêreld af te vaar nie.

32 En daar het ’n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat.

33 Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink.

34 En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel.

35 Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy taan die voete van Jesus sit, tgekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.

36 En die wat ooggetuies was, het ook aan hulle vertel hoe die besetene genees is.

37 En die hele menigte van die omtrek van die Gadaréners het Hom gevra om van hulle weg te gaan, omdat hulle deur ’n groot vrees bevang was. Toe het Hy in die skuit geklim en teruggegaan.

38 En tdie man uit wie die duiwels uitgevaar het, het Hom gebid om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom laat gaan en gesê:

39 Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en tdeur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het.

Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het.

(Mt. 9:18-26; Mk. 5:21-43.)


40  tEN toe Jesus terugkom, het die skare Hom verwelkom; want almal was Hom te wagte.

41  tEn daar kom ’n man wie se naam Jaïrus was, en hy was ’n owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom;

42 want sy tenigste dogter van omtrent twaalf jaar het op sterwe gelê. En terwyl Hy gaan, het die skare Hom verdring.

43 En ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie,

44 het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou.

45 Daarop sê Jesus: Wie is dit wat My aangeraak het? En toe almal dit ontken, sê Petrus en die wat by hom was: Meester, die skare druk en verdring U, en U sê: Wie is dit wat My aangeraak het?

46 Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het.

47 En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.

48 En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof t het jou gered. tGaan in vrede.

49 Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sê vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie.

50 Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

51 En toe Hy in die huis kom, het Hy niemand toegelaat om in te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes en die vader en die moeder van die meisie.

52 En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.

53 En hulle het Hom uitgelag, want hulle het geweet dat sy dood was.

54 En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sê: Dogtertjie, staan op!

55 En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee.
56 En haar ouers was verbaas, maar tHy het hulle bevel gegee om aan niemand te sê wat gebeur het nie.

Luke 8

1  SOON AFTERWARD, [Jesus] went on through towns and villages, preaching and bringing the good news (the Gospel) of the kingdom of God. And the Twelve [apostles] were with Him,2  And also some women who had been cured of evil spirits and diseases: Mary, called Magdalene, from whom seven demons had been expelled;3  And Joanna, the wife of Chuza, Herod’s household manager; and Susanna; and many others, who ministered to and provided for Him and them out of their property and personal belongings.4  And when a very great throng was gathering together and people from town after town kept coming to Jesus, He said in a parable:5  A sower went out to sow seed; and as he sowed, some fell along the traveled path and was trodden underfoot, and the birds of the air ate it up.6  And some [seed] fell on the rock, and as soon as it sprouted, it withered away because it had no moisture.7  And other [seed] fell in the midst of the thorns, and the thorns grew up with it and choked it [off].8  And some seed fell into good soil, and grew up and yielded a crop a hundred times [as great]. As He said these things, He called out, He who has ears to hear, let him be listening and let him consider and understand by hearing!9  And when His disciples asked Him the meaning of this parable,10  He said to them, To you it has been given to [come progressively to] know (to recognize and understand more strongly and clearly) the mysteries and secrets of the kingdom of God, but for others they are in parables, so that, [though] looking, they may not see; and hearing, they may not comprehend. 11  Now the meaning of the parable is this: The seed is the Word of God.12  Those along the traveled road are the people who have heard; then the devil comes and carries away the message out of their hearts, that they may not believe (acknowledge Me as their Savior and devote themselves to Me) and be saved [here and hereafter].13  And those upon the rock [are the people] who, when they hear [the Word], receive and welcome it with joy; but these have no root. They believe for a while, and in time of trial and temptation fall away (withdraw and stand aloof).14  And as for what fell among the thorns, these are [the people] who hear, but as they go on their way they are choked and suffocated with the anxieties and cares and riches and pleasures of life, and their fruit does not ripen (come to maturity and perfection).15  But as for that [seed] in the good soil, these are [the people] who, hearing the Word, hold it fast in a just (noble, virtuous) and worthy heart, and steadily bring forth fruit with patience.16  No one after he has lighted a lamp covers it with a vessel or puts it under a [dining table] couch; but he puts it on a lampstand, that those who come in may see the light.17  For there is nothing hidden that shall not be disclosed, nor anything secret that shall not be known and come out into the open.18  Be careful therefore how you listen. For to him who has [spiritual knowledge] will more be given; and from him who does not have [spiritual knowledge], even what he thinks and guesses and supposes that he has will be taken away.19  Then Jesus’ mother and His brothers came along toward Him, but they could not get to Him because of the crowd.20  And it was told Him, Your mother and Your brothers are standing outside, desiring to have an interview with You.21  But He answered them, My mother and My brothers are those who listen to the Word of God and do it!22  One of those days He and His disciples got into a boat, and He said to them, Let us go across to the other side of the lake. So they put out to sea.23  But as they were sailing, He fell off to sleep. And a whirlwind revolving from below upwards swept down on the lake, and the boat was filling with water, and they were in great danger.24  And the disciples came and woke Him, saying, Master, Master, we are perishing! And He, being thoroughly awakened, censured and blamed and rebuked the wind and the raging waves; and they ceased, and there came a calm.25  And He said to them, [Why are you so fearful?] Where is your faith (your trust, your confidence in Me--in My veracity and My integrity)? And they were seized with alarm and profound and reverent dread, and they marveled, saying to one another, Who then is this, that He commands even wind and sea, and they obey Him?26  Then they came to the country of the Gerasenes, which is opposite Galilee.27  Now when Jesus stepped out on land, there met Him a certain man out of the town who had [was possessed by] demons. For a long time he had worn no clothes, and he lived not in a house but in the tombs.28  And when he saw Jesus, he raised a deep (terrible) cry [from the depths of his throat] and fell down before Him [in terror] and shouted loudly, What have You [to do] with me, Jesus, Son of the Most High God? [What have we in common?] I beg You, do not torment me!29  For Jesus was already commanding the unclean spirit to come out of the man. For many times it had snatched and held him; he was kept under guard and bound with chains and fetters, but he would break the bonds and be driven by the demon into the wilderness (desert).30  Jesus then asked him, What is your name? And he answered, Legion; for many demons had entered him.31  And they begged [Jesus] not to command them to depart into the Abyss (bottomless pit). 32  Now a great herd of swine was there feeding on the hillside; and [the demons] begged Him to give them leave to enter these. And He allowed them [to do so].33  Then the demons came out of the man and entered into the swine, and the herd rushed down the steep cliff into the lake and were drowned.34  When the herdsmen saw what had happened, they ran away and told it in the town and in the country.35  And [people] went out to see what had occurred, and they came to Jesus and found the man from whom the demons had gone out, sitting at the feet of Jesus, clothed and in his right (sound) mind; and they were seized with alarm and fear.36  And those [also] who had seen it told them how he who had been possessed with demons was restored [to health].37  Then all the people of the country surrounding the Gerasenes’ district asked [Jesus] to depart from them, for they were possessed and suffering with dread and terror; so He entered a boat and returned [to the west side of the Sea of Galilee].38  But the man from whom the demons had gone out kept begging and praying that he might accompany Him and be with Him, but [Jesus] sent him away, saying,39  Return to your home, and recount [the story] of how many and great things God has done for you. And [the man] departed, proclaiming throughout the whole city how much Jesus had done for him.40  Now when Jesus came back [to Galilee], the crowd received and welcomed Him gladly, for they were all waiting and looking for Him.41  And there came a man named Jairus, who had [for a long time] been a director of the synagogue; and falling at the feet of Jesus, he begged Him to come to his house,42  For he had an only daughter, about twelve years of age, and she was dying. As [Jesus] went, the people pressed together around Him [almost suffocating Him].43  And a woman who had suffered from a flow of blood for twelve years and had spent all her living upon physicians , and could not be healed by anyone,44  Came up behind Him and touched the fringe of His garment, and immediately her flow of blood ceased.45  And Jesus said, Who is it who touched Me? When all were denying it, Peter and those who were with him said, Master, the multitudes surround You and press You on every side!46  But Jesus said, Someone did touch Me; for I perceived that [healing] power has gone forth from Me.47  And when the woman saw that she had not escaped notice, she came up trembling, and, falling down before Him, she declared in the presence of all the people for what reason she had touched Him and how she had been instantly cured.48  And He said to her, Daughter, your faith (your confidence and trust in Me) has made you well! Go (enter) into peace (untroubled, undisturbed well-being).49  While He was still speaking, a man from the house of the director of the synagogue came and said [to Jairus], Your daughter is dead; do not weary and trouble the Teacher any further.50  But Jesus, on hearing this, answered him, Do not be seized with alarm or struck with fear; simply believe [in Me as able to do this], and she shall be made well.51  And when He came to the house, He permitted no one to enter with Him except Peter and John and James, and the girl’s father and mother.52  And all were weeping for and bewailing her; but He said, Do not weep, for she is not dead but sleeping.53  And they laughed Him to scorn, knowing full well that she was dead.54  And grasping her hand, He called, saying, Child, arise [from the sleep of death]!55  And her spirit returned [from death], and she arose immediately; and He directed that she should be given something to eat.56  And her parents were amazed, but He charged them to tell no one what had occurred.