LUKAS 8
Vroue wat vir Jesus gesorg het
1 In die tyd wat nou gevolg het, het Jesus die land deurkruis van die een stad en dorp na die ander. Oral het Hy gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig. Die twaalf was saam met Hom
2 en daarby 'n aantal vroue wat van bose geeste en siektes genees was. Daar was Maria, bekend as Magdalena, uit wie sewe bose geeste uitgegaan het, 3 en Johanna die vrou van Gusa, 'n hoë amptenaar van Herodes, en Susanna en baie ander. Hierdie vroue het uit eie middele vir Jesus en die twaalf gesorg.
Gelykenis van die saaier
(Matt. 13:1-9; Mark. 4:1-9)
4 Uit die verskillende dorpe het aanhoudend mense na Jesus toe gestroom, en toe 'n groot menigte saamgekom het, het Hy vir hulle 'n gelykenis vertel:
5 “'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op die pad geval, en dit is vertrap en die voëls het dit opgepik. 6 'n Ander deel het op 'n klipbank geval, en nadat dit opgekom het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. 7 Nog 'n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik. 8 Daar was ook 'n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en 'n honderdvoudige oes gelewer.”
Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”
Die doel van die gelykenisse
(Matt. 13:10-17; Mark. 4:10-12)
9 Sy dissipels het Hom gevra wat die betekenis van hierdie gelykenis is. 10 Hy het geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, maar vir die ander bly dit by gelykenisse sodat
“hulle kyk sonder om te sien
en hoor sonder om te verstaan.t”
Jesus verklaar die gelykenis van die saaier
(Matt. 13:18-23; Mark. 4:13-20)
11 “Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God. 12 Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. 13 Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op. 14 Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie. 15 Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”
Die gelykenis van die lamp
(Mark. 4:21-25)
16 “Niemand steek 'n lamp op en maak dit dan met iets toe of sit dit onder 'n bed nie. Inteendeel, hy sit dit op 'n staander sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien. 17 Daar is niks geheim wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie.
18 “Pas dus op hoe julle luister, want wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word, maar wie nie het nie, van hom sal ook wat hy dink dat hy het, weggevat word.”
Die moeder en die broers van Jesus
(Matt. 12:46-50; Mark. 3:31-35)
19 Die moeder en die broers van Jesus het na Hom toe gekom, maar vanweë die gedrang kon hulle nie tot by Hom kom nie. 20 Iemand sê toe vir Hom: “U moeder en u broers staan buite en wil met U praat.”
21 Maar Jesus sê: “My moeder en my broers is dié wat na die woord van God luister en daarvolgens handel.”
Jesus maak die storm stil
(Matt. 8:23-27; Mark. 4:35-41)
22 Op 'n dag het Jesus en sy dissipels in 'n skuit geklim en Hy het vir hulle gesê: 23 “Kom ons gaan na die oorkant van die meer toe.” Hulle vaar toe weg, en terwyl hulle seil, raak Jesus aan die slaap. 'n Hewige stormwind het op die meer losgebars en die skuit het vol water begin word sodat hulle in lewensgevaar was.
24 Hulle gaan toe na Jesus toe en maak Hom wakker met die uitroep: “Meneer, Meneer, ons vergaan!” Toe staan Hy op en bestraf die wind en die golwe.
25 Hulle het bedaar, en daar het stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: “Waar is julle geloof dan?”
Maar hulle was verskrik en verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog? Hy gee bevele aan wind en water, en hulle is aan Hom gehoorsaam!”
'n Besetene word van bose geeste bevry
(Matt. 8:28-34; Mark. 5:1-20)
26 Daarna het hulle verder gevaar na die land van die Geraseners, wat reg teenoor Galilea lê. 27 Toe Jesus daar aan wal gaan, het 'n man van 'n dorp af Hom tegemoet gekom. Hy was van bose geeste besete en het 'n hele tyd al nie meer klere gedra nie en ook nie in 'n huis gebly nie, maar tussen grafte. 28 Toe hy Jesus sien, skreeu hy en val op sy knieë voor Hom neer terwyl hy hard uitroep: “Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U, moet my nie pynig nie!”
29 Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan. Dit was 'n bose gees wat hom al baiekeer beetgepak het. Al het hulle hom met hand- en voetboeie vasgemaak om hom in bedwang te hou, het hy die boeie uitmekaar geruk en is hy deur die bose gees die woestyn in gejaag.
30 Toe vra Jesus hom: “Wat is jou naam?” “Legio,” antwoord hy, want daar het baie bose geeste in hom ingevaar.
31 Hulle het Jesus gesmeek om hulle nie na die onderaardse diepte toe terug te stuur nie.
32 Daar het 'n hele trop varke teen die berg geloop. Die bose geeste het Jesus gesmeek om hulle toe te laat om in die varke in te vaar. Hy het hulle dit toegelaat, 33 en die bose geeste het uit die man uitgegaan en in die varke ingevaar. Die trop sit toe op loop teen die hang af, die see in, en hulle versuip.
34 Toe die wagters sien wat gebeur het, hardloop hulle weg en gaan vertel dit in die dorp en op die plase. 35 Die mense gaan kyk toe wat gebeur het. Hulle kom by Jesus en daar kry hulle die man uit wie die bose geeste uitgevaar het. Hy sit by die voete van Jesus, met klere aan en by sy volle verstand, en hulle het bang geword. 36 Maar dié wat dit gesien het, het vir hulle vertel hoe die besetene genees is. 37 Toe het al die inwoners van die gebied van die Geraseners vir Jesus gevra om van hulle af weg te gaan omdat hulle baie bang was. Hy het toe in die skuit geklim en teruggegaan.
38 Die man uit wie die bose geeste uitgevaar het, het Jesus gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom weggestuur en gesê: 39 “Gaan terug na jou huis toe en vertel alles wat God vir jou gedoen het.”
Hy het toe gegaan en die hele dorp deur bekend gemaak wat Jesus vir hom gedoen het.
Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou met bloedvloeiing
(Matt. 9:18-26; Mark. 5:21-43)
40 Toe Jesus van die oorkant af terugkom, het die mense Hom verwelkom, want almal was Hom te wagte. 41 Skielik kom daar 'n man aan. Dit was Jaïrus, 'n raadslid van die sinagoge. Hy het op sy knieë voor Jesus se voete geval en Hom gesmeek om na sy huis toe te kom, 42 want sy enigste dogter het op sterwe gelê. Sy was omtrent twaalf jaar oud. Op pad daarheen het die mense om Jesus saamgedrom.
43 Onder hulle was 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het alles wat sy gehad het aan dokters uitgegee, maar niemand kon haar gesond maak nie. 44 Sy het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. Jesus vra toe: 45 “Wie het My aangeraak?” Toe almal ontken dat dit hulle is, sê Petrus: “Here, die mense dring tog rondom U saam en druk teen U.”
46 Maar Jesus sê: “Iemand het My aangeraak, want Ek het agtergekom dat daar krag van My uitgegaan het.”
47 Toe die vrou sien Hy weet dit is sy, het sy van angs gebewe en voor Hom kom neerval. Daar voor al die mense vertel sy Hom toe waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. 48 Toe sê Hy: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede!”
49 Terwyl Hy nog praat, kom daar iemand van die raadslid van die sinagoge se huis af om te sê: “U dogter is al dood. Moenie nog ons Leermeester lastig val nie.”
50 Maar Jesus het dit gehoor en sê vir hom: “Moet jou nie ontstel nie. Glo net, en sy sal gered word.”
51 Toe Jesus by die huis kom, het Hy niemand toegelaat om saam met Hom in te gaan nie, behalwe Petrus, Johannes en Jakobus, en die kind se pa en ma. 52 Die mense daar het almal gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Jesus sê: “Moenie huil nie, want sy is nie dood nie, sy slaap net.”
53 Hulle het Hom uitgelag, want hulle was seker dat sy dood is. 54 Maar Jesus het haar hand gevat en uitgeroep: “Dogtertjie, staan op!”
55 Haar lewe het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan. Toe gee Jesus opdrag dat hulle vir haar iets te ete moet gee. 56 Haar ouers was stom van verbasing, en Jesus het hulle verbied om vir iemand te vertel wat gebeur het.
Luke 8
1 SOON AFTERWARD, [Jesus] went on through towns and villages, preaching and bringing the good news (the Gospel) of the kingdom of God. And the Twelve [apostles] were with Him,2 And also some women who had been cured of evil spirits and diseases: Mary, called Magdalene, from whom seven demons had been expelled;3 And Joanna, the wife of Chuza, Herod’s household manager; and Susanna; and many others, who ministered to and provided for Him and them out of their property and personal belongings.4 And when a very great throng was gathering together and people from town after town kept coming to Jesus, He said in a parable:5 A sower went out to sow seed; and as he sowed, some fell along the traveled path and was trodden underfoot, and the birds of the air ate it up.6 And some [seed] fell on the rock, and as soon as it sprouted, it withered away because it had no moisture.7 And other [seed] fell in the midst of the thorns, and the thorns grew up with it and choked it [off].8 And some seed fell into good soil, and grew up and yielded a crop a hundred times [as great]. As He said these things, He called out, He who has ears to hear, let him be listening and let him consider and understand by hearing!9 And when His disciples asked Him the meaning of this parable,10 He said to them, To you it has been given to [come progressively to] know (to recognize and understand more strongly and clearly) the mysteries and secrets of the kingdom of God, but for others they are in parables, so that, [though] looking, they may not see; and hearing, they may not comprehend. 11 Now the meaning of the parable is this: The seed is the Word of God.12 Those along the traveled road are the people who have heard; then the devil comes and carries away the message out of their hearts, that they may not believe (acknowledge Me as their Savior and devote themselves to Me) and be saved [here and hereafter].13 And those upon the rock [are the people] who, when they hear [the Word], receive and welcome it with joy; but these have no root. They believe for a while, and in time of trial and temptation fall away (withdraw and stand aloof).14 And as for what fell among the thorns, these are [the people] who hear, but as they go on their way they are choked and suffocated with the anxieties and cares and riches and pleasures of life, and their fruit does not ripen (come to maturity and perfection).15 But as for that [seed] in the good soil, these are [the people] who, hearing the Word, hold it fast in a just (noble, virtuous) and worthy heart, and steadily bring forth fruit with patience.16 No one after he has lighted a lamp covers it with a vessel or puts it under a [dining table] couch; but he puts it on a lampstand, that those who come in may see the light.17 For there is nothing hidden that shall not be disclosed, nor anything secret that shall not be known and come out into the open.18 Be careful therefore how you listen. For to him who has [spiritual knowledge] will more be given; and from him who does not have [spiritual knowledge], even what he thinks and guesses and supposes that he has will be taken away.19 Then Jesus’ mother and His brothers came along toward Him, but they could not get to Him because of the crowd.20 And it was told Him, Your mother and Your brothers are standing outside, desiring to have an interview with You.21 But He answered them, My mother and My brothers are those who listen to the Word of God and do it!22 One of those days He and His disciples got into a boat, and He said to them, Let us go across to the other side of the lake. So they put out to sea.23 But as they were sailing, He fell off to sleep. And a whirlwind revolving from below upwards swept down on the lake, and the boat was filling with water, and they were in great danger.24 And the disciples came and woke Him, saying, Master, Master, we are perishing! And He, being thoroughly awakened, censured and blamed and rebuked the wind and the raging waves; and they ceased, and there came a calm.25 And He said to them, [Why are you so fearful?] Where is your faith (your trust, your confidence in Me--in My veracity and My integrity)? And they were seized with alarm and profound and reverent dread, and they marveled, saying to one another, Who then is this, that He commands even wind and sea, and they obey Him?26 Then they came to the country of the Gerasenes, which is opposite Galilee.27 Now when Jesus stepped out on land, there met Him a certain man out of the town who had [was possessed by] demons. For a long time he had worn no clothes, and he lived not in a house but in the tombs.28 And when he saw Jesus, he raised a deep (terrible) cry [from the depths of his throat] and fell down before Him [in terror] and shouted loudly, What have You [to do] with me, Jesus, Son of the Most High God? [What have we in common?] I beg You, do not torment me!29 For Jesus was already commanding the unclean spirit to come out of the man. For many times it had snatched and held him; he was kept under guard and bound with chains and fetters, but he would break the bonds and be driven by the demon into the wilderness (desert).30 Jesus then asked him, What is your name? And he answered, Legion; for many demons had entered him.31 And they begged [Jesus] not to command them to depart into the Abyss (bottomless pit). 32 Now a great herd of swine was there feeding on the hillside; and [the demons] begged Him to give them leave to enter these. And He allowed them [to do so].33 Then the demons came out of the man and entered into the swine, and the herd rushed down the steep cliff into the lake and were drowned.34 When the herdsmen saw what had happened, they ran away and told it in the town and in the country.35 And [people] went out to see what had occurred, and they came to Jesus and found the man from whom the demons had gone out, sitting at the feet of Jesus, clothed and in his right (sound) mind; and they were seized with alarm and fear.36 And those [also] who had seen it told them how he who had been possessed with demons was restored [to health].37 Then all the people of the country surrounding the Gerasenes’ district asked [Jesus] to depart from them, for they were possessed and suffering with dread and terror; so He entered a boat and returned [to the west side of the Sea of Galilee].38 But the man from whom the demons had gone out kept begging and praying that he might accompany Him and be with Him, but [Jesus] sent him away, saying,39 Return to your home, and recount [the story] of how many and great things God has done for you. And [the man] departed, proclaiming throughout the whole city how much Jesus had done for him.40 Now when Jesus came back [to Galilee], the crowd received and welcomed Him gladly, for they were all waiting and looking for Him.41 And there came a man named Jairus, who had [for a long time] been a director of the synagogue; and falling at the feet of Jesus, he begged Him to come to his house,42 For he had an only daughter, about twelve years of age, and she was dying. As [Jesus] went, the people pressed together around Him [almost suffocating Him].43 And a woman who had suffered from a flow of blood for twelve years and had spent all her living upon physicians , and could not be healed by anyone,44 Came up behind Him and touched the fringe of His garment, and immediately her flow of blood ceased.45 And Jesus said, Who is it who touched Me? When all were denying it, Peter and those who were with him said, Master, the multitudes surround You and press You on every side!46 But Jesus said, Someone did touch Me; for I perceived that [healing] power has gone forth from Me.47 And when the woman saw that she had not escaped notice, she came up trembling, and, falling down before Him, she declared in the presence of all the people for what reason she had touched Him and how she had been instantly cured.48 And He said to her, Daughter, your faith (your confidence and trust in Me) has made you well! Go (enter) into peace (untroubled, undisturbed well-being).49 While He was still speaking, a man from the house of the director of the synagogue came and said [to Jairus], Your daughter is dead; do not weary and trouble the Teacher any further.50 But Jesus, on hearing this, answered him, Do not be seized with alarm or struck with fear; simply believe [in Me as able to do this], and she shall be made well.51 And when He came to the house, He permitted no one to enter with Him except Peter and John and James, and the girl’s father and mother.52 And all were weeping for and bewailing her; but He said, Do not weep, for she is not dead but sleeping.53 And they laughed Him to scorn, knowing full well that she was dead.54 And grasping her hand, He called, saying, Child, arise [from the sleep of death]!55 And her spirit returned [from death], and she arose immediately; and He directed that she should be given something to eat.56 And her parents were amazed, but He charged them to tell no one what had occurred.