Lukas 8
1 Jesus het daarna deur al die dorpe en klein plekkies gestap waar mense gebly het, en vir hulle die goeie nuus vertel dat God se nuwe wêreld hier is. Die twaalf dissipels het oral saam met Hom gegaan.2 'n Klompie vroue wat deur Jesus van bose geeste vrygemaak is en 'n paar ander wat deur Hom gesond gemaak is, het ook saam met hulle van plek tot plek gestap. Een van hierdie vroue se naam was Maria. (Sy is ook Magdalena genoem omdat sy van die dorp Magdala afkomstig was.) Jesus het sewe duiwels uit haar verdryf.3 Johanna, die vrou van Gusa, een van die belangrike amptenare in Herodes se paleis, was ook onder hulle. So ook Susanna en 'n klompie ander vroue. Met hulle eie geld het hierdie vroue vir Jesus en sy dissipels kos gekoop en ook gesorg dat hulle slaapplek het.
4 'n Groot klomp mense het van oral af na Jesus toe gestroom. Hy het toe vir hulle die volgende verhaal vertel:5 "Eendag was daar 'n boer wat saad in sy land gaan saai het. Hy het die saad oor die grond uitgestrooi. 'n Deel van die saad het toe op die voetpad beland wat deur die land loop. Dit is deur mense stukkend getrap. Die voëls het toe haastig daarop toegesak en alles opgeëet.6 Van die ander saad het op die groot klippe in die land geval. In die holtes van hierdie klippe was daar 'n bietjie grond. Die saad wat hier beland het, het vinnig opgekom, maar die plantjies kon nie behoorlik wortelskiet in die vlak grond nie. Daarom het die son hulle gou doodgebrand.7 Van die ander saad wat die boer gesaai het, het tussen die doringbosse beland wat in die land gegroei het. Soos die doringbosse groter geword het, het dit die plantjies heeltemal doodgedruk.8 Dan het daar ook saad in die land self geval waar die grond goed voorberei was. Dit het goed gegroei en 'n groot oes gegee wat die boer se stoutste verwagtings oortref het.
"Julle moet julle ore oopmaak en luister na wat Ek vir julle sê," sê Jesus toe vir die mense.
9 Toe vra sy dissipels Hom: "Wat beteken hierdie verhaal wat U nou vir ons vertel het?"
10 Jesus sê toe vir hulle: "As julle mooi na al my verhale luister, sal julle sommer baie oor God leer. Dan sal julle agterkom hoe dinge in sy splinternuwe wêreld werk. Julle sal dinge hoor wat julle nog nie geweet het nie. Maar daardie mense wat nie wil luister na wat Ek oor God se nuwe wêreld vertel nie, sal dit nooit verstaan nie. Vir hulle is my verhale maar net 'n klomp leë stories. Hulle kyk, maar sien nie. En hulle hoor, maar begryp niks nie."
11 "Laat Ek nou eers vir julle verduidelik hoe julle die verhaal van die boer wat gaan saai het, moet verstaan: Die saad ... Dit is die boodskap oor God se nuwe wêreld.
12 "Die saad wat op die voetpad geval het ... Wel, dit is die mense wat na die boodskap oor God se nuwe wêreld luister, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Die duiwel sorg dat hulle baie gou vergeet wat hulle gehoor het sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. Net soos die voëls met die saad gedoen het, kom 'pik' die duiwel die goeie saad uit hulle gedagtes uit.
13 "Daar het ook saad in die holtes van die groot klippe geval ... Wel, party mense hoor die boodskap van God en is dan baie opgewonde daaroor, maar net vir 'n rukkie. Sodra hulle geloof iets van hulle vra, sodra hulle moet nee sê vir die sonde, is hulle skielik nie meer so opgewonde nie. Dan is hulle sogenaamde nuwe geloof ook daarmee heen.
14 "Ander saad het tussen die doringbosse beland ... Dit is daardie mense wat God se woord aanvaar. Maar kort voor lank word die eise van hierdie wêreld vir hulle belangriker as hulle geloof. Bo en behalwe al hulle bekommernisse, kry die alewige gejaag na geld en plesier dan voorkeur in hulle lewens. Dan het hulle later niks meer tyd of krag oor om vir die Here te werk nie. Al hierdie dinge verdring hulle geloof uit hulle lewens uit.
15 "En dan die saad wat in die goeie grond geval het ... Dit is daardie mense wat die boodskap van God gehoor het en diep daardeur geraak is. Hulle begin dadelik leef soos God dit wil hê. In alles wat hulle sê of doen, borrel hulle geloof eenvoudig uit. Hulle geloof lewer van dan af heeltyd vrugte op."
16 Jesus sê toe: "Julle weet tog baie goed dat 'n mens nie 'n lig aanskakel en dit dan met 'n kombers toegooi nie. 'n Mens vat ook nie 'n lamp en gaan steek dit onder jou bed weg nie. Natuurlik nie. Nee, 'n mens sit 'n lamp in die middel van 'n kamer waar dit die beste lig kan gee. Dan kan almal sien wat om hulle aangaan.
17 "'n Mens kan niks wegsteek wat jy doen nie. Geen woord of daad is so 'n groot geheim dat God nie daarvan weet nie. Alles sal aan die lig kom. Alles wat mense doen, sal uiteindelik bekend wees.
18 "Luister na dit wat julle oor God hoor, en gaan doen dit. Hoe meer julle doen wat God sê, hoe meer sal sy ongelooflike goedheid in julle lewens instroom. Aan die ander kant, as julle nie luister na wat God sê nie, sal julle lewens op die ou end in chaos eindig. Dit help nie julle dink julle saak met God is in orde net omdat julle allerlei godsdienstige dinge doen nie. As julle lewens nie heeltemal verander nie, gaan julle alles verloor wat julle dink julle het."
19 Jesus was nog aan die praat toe sy ma en broers daar aankom. Hulle wou iets vir Hom sê. Maar daar was so baie mense dat hulle nie naby Hom kon kom nie.20 Iemand het hulle herken en gou vir Jesus gaan sê: "U ma en broers is daar buite. Hulle wil graag met U praat."
21 Jesus sê toe: "Weet julle wie regtig my familie is? Almal wat luister na wat Ek oor God se nuwe wêreld sê, en dit gaan doen. Hulle is my ma, my broers, my susters."
22 Op 'n dag het Jesus vir sy dissipels gesê: "Kom ons gaan daar na die oorkant van die See van Galilea toe." Hulle almal het toe in 'n boot geklim en na die oorkant toe begin vaar.23 Jesus het rustig in die boot gaan lê en aan die slaap geraak. Later het 'n groot storm op die see opgesteek. Die wind het kwaai begin waai en die see het skielik baie onstuimig geword. Kort voor lank het groot golwe oor die boot geslaan sodat dit vol water begin word het. Later het die dissipels gedink die boot gaan sink.
24 Toe hulle rondkyk waar Jesus is, kom hulle agter Hy lê nog vas aan die slaap. Baie benoud het hulle Hom wakker geskud: "Here, Here, word wakker! Ons is besig om te vergaan en U lê en slaap! Kom help ons!"
Jesus het opgestaan en vir die wind en die woeste golwe gesê: "Bedaar! Hou op met waai!" Hy het ook vir die water gesê om kalm te word. En toe, skielik, was alles oor. Die wind het bedaar en die see was weer spieëlglad. Alles was doodstil.
25 Toe draai Jesus na sy dissipels en vra vir hulle: "Waar is julle geloof heen?" Maar hulle was te bang en te verbaas om enigiets te sê.
Hulle het onderlangs vir mekaar gefluister: "Wat 'n ongelooflike wonderwerk! Wie is Jesus regtig? Hy gee net 'n bevel, dan luister selfs die wind en die water na Hom."
26 Daarna het hulle met die boot in die rigting van die land van die Geraseners, aan die oorkant van Galilea, geseil.27 Daar aangekom, het 'n man sonder 'n draad klere aan vinnig op Jesus afgestap. Hy was al 'n lang tyd in die mag van 'n klomp duiwels; daarom dat hy nie meer klere gedra het nie. Hy het sommer daar buite tussen die grafte gebly. Die duiwels het hierdie arme man omtrent verrinneweer. Baiekeer het hulle hom soos 'n mal mens laat rondhardloop en skree. Ander mense het tevergeefs probeer om hom in toom te hou. Hulle het sy hande met swaar kettings vasgebind en dik boeie om sy voete gesit, maar hy het dit gebreek en dan weggehardloop. Later het hy omtrent heeltyd in die woestyn rondgeswerf.
28-29 Toe hierdie man naby Jesus kom, het hy skielik aan die skree gegaan en op die grond neergeval. Hy roep toe kliphard uit: "Vir wat kom U hier na my toe, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek smeek U: moet my asseblief nie seermaak nie."
30 Toe vra Jesus vir die man: "Wat is jou naam?"
"Legio," het hy geantwoord. (Dit was die naam wat die mense hom gegee het omdat daar so baie duiwels in hom gebly het.)
31 Toe begin die duiwels wat binne-in hom was Jesus smeek om hulle nie terug te stuur na die onderwêreld toe nie.32 Hulle vra toe of Hy hulle nie liewer in die groot trop varke wou instuur wat daar naby hulle op die berg gewei het nie. Jesus het ingestem.33 Daar en dan het die duiwels uit die man padgegee en in die varke ingevaar. Toe breek daar chaos los. Die hele trop varke het skielik oor die kant van die berg gestorm en in die see geval. Daar het hulle almal verdrink.
34 Die mans wat die varke opgepas het, het hulle morsdood geskrik toe hulle sien wat gebeur. Hulle het dadelik teruggehardloop na hulle dorp toe. So ver as wat hulle gehardloop het, het hulle vir almal langs die pad vertel wat gebeur het. Kort voor lank was almal in rep en roer.35 'n Klomp mense het vinnig na die plek toe gekom waar Jesus die duiwels uit die man verjaag het. Hulle wou sien wat aan die gang was. Toe hulle daar aankom, sien hulle die man wat vol duiwels was aan Jesus se voete sit. Hy het klere aangehad en rustig geluister na wat Jesus sê. Toe het die mense bang geword.36 Terwyl hulle so staan en kyk, het diegene wat gesien het wat gebeur opgewonde vir hulle vertel hoe Jesus die duiwels uit die man verdryf het.
37 Die mense van Gerasa het toe vir Jesus gevra om liewer pad te gee. Hulle was baie bang en het nie kans gesien dat nog sulke dinge daar by hulle gebeur nie. Jesus het toe in die boot geklim en teruggegaan na die oorkant toe.
38 Net voordat Jesus vertrek het, het die man uit wie Hy die duiwels verdryf het Hom gevra of hy nie by Hom kon bly nie. Jesus het gesê:39 "Gaan terug na jou eie mense toe en vertel hulle watter wonderlike dinge God vir jou gedoen het." Daarna het die man vir almal in sy dorp gaan vertel watter wonderlike dinge Jesus vir hom gedoen het.
40 Toe Jesus weer in Galilea aankom, het 'n skare mense Hom ingewag. Hulle was baie bly om Hom te sien.41 'n Man met die naam Jaïrus, een van die hoofde van die sinagoge waar die Jode God aanbid het, het haastig tussen die mense deurgevleg en voor Jesus op die grond kom neerval.42 Hy het Jesus gesmeek om dadelik na sy huis toe te kom omdat sy twaalfjarige dogter op sterwe gelê het. Dit was sy enigste dogter. Jesus het ingestem, maar daar was so baie mense om Hom dat Hy skaars kon beweeg.
43 Intussen was daar ook 'n vrou in die skare wat al twaalf jaar lank aan 'n menstruele kwaal gely het. Dit het gemaak dat sy nie kon deelneem aan die normale godsdienstige aktiwiteite nie omdat sy as onrein beskou is. Geen dokter kon die arme vrou gesond kry nie.
44 Hierdie vrou het tussen die skare deurgeskuur totdat sy reg agter Jesus was. Toe steek sy haar hand vinnig uit en vat aan die soom van sy klere. Daar en dan was sy gesond.
45 Jesus het dit dadelik agtergekom en gevra: "Wie het nou net aan My geraak?" Maar almal het net die kop geskud en gesê: "Nie ek nie."
Petrus was so 'n bietjie uit die veld geslaan deur Jesus se vraag. "Here, daar is baie mense om U. Hulle almal skuur tog teen U verby en stamp teen U."
46 "Kyk, iemand het met 'n baie spesifieke rede aan My gevat," het Jesus geantwoord. "Ek kon voel hoe krag uit My vloei."
47 Nou was die vrou in 'n hoek. Sy kon nie langer stilbly nie. Doodbang het sy voor Jesus kom neerval. Daar voor almal vertel sy toe hoekom sy aan Jesus kom raak het. "En," het sy gesê, "ek was op die plek gesond."
48 Toe sê Jesus vir die vrou: "Jy het gewys hoe groot jou geloof is toe jy aan My kom raak het. Daarom is jy nou gesond. Gaan in vrede."
49 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, kom daar iemand van die huis van die hoof van die sinagoge af en sê vir hom: "Ek het baie slegte nuus: jou dogter is nou net dood. Los maar die Leermeester uit. Hy kan nou niks meer vir haar doen nie."
50 Maar Jesus het dit gehoor. Hy sê toe vir die hoof van die sinagoge: "Moenie jou ontstel nie. Hou maar net aan glo. Jou dogter sal regkom."
51 Toe Jesus daar by sy huis aankom, het Hy vir die mense wat saam met Hom gestap het, gesê om buite te wag. Hy het net vir Petrus, Johannes en Jakobus toegelaat om saam met Hom na die dogter toe gaan; ook haar pa en ma.
52 Toe Jesus in die huis kom, was almal aan die huil. Hy sê toe vir hulle: "Toemaar, dis nie nodig om te huil nie. Die dogtertjie is glad nie dood nie. Sy slaap maar net."
53 Die mense het Jesus uitgelag: "Jy weet nie waarvan jy praat nie. Ons het met ons eie oë gesien sy is dood."
54 Maar Jesus het hulle geïgnoreer en na die dogtertjie toe gestap. Hy het haar hand gevat en uitgeroep: "Dogtertjie, staan op! Word lewendig!"
55 Dadelik het die lewe in haar teruggekom. Sy het opgestaan. Toe sê Jesus vir die omstanders:56 "Gee vir haar iets om te eet." Haar ouers was stom van verbasing oor wat gebeur het. Maar Jesus wou nie hê dat hulle vir ander mense daarvan moes vertel nie.
Luke 8
Jesus’ Ministry and the Help of Women
1 Some timet afterwardt he went on through townst and villages, preaching and proclaiming the good newss of the kingdom of God.s Thet twelve were with him,2 and also some womens who had been healed of evil spirits and disabilities:t Marys (called Magdalene), from whom seven demons had gone out,
3 and Joanna the wife of Cuzas (Herod’ss household manager),t Susanna, and many others who provided for thems out of their own resources.
The Parable of the Sower
4 While a large crowd was gathering and people were coming to Jesust from one town after another,t he spoke to themt in a parable:5 “A sower went out to sows his seed.t And as he sowed, some fell along the path and was trampled on, and the wild birdst devoured it.6 Other seed fell on rock,s and when it came up, it withered because it had no moisture.7 Other seed fell among the thorns,s and they grew up with it and chokeds it.
8 Butt other seed fell on good soil and grew,t and it produced a hundred times as much grain.”s As he said this,t he called out, “The one who has ears to hear had better listen!”t
9 Thent his disciples asked him what this parable meant.t
10 Het said, “You have been givent the opportunity to knowt the secretsts of the kingdom of God,s but for others they are in parables, so that although they see they may not see, and although they hear they may not understand.s
11 “Now the parable meanst this: The seed is the word of God.12 Those along the path are the ones who have heard; then the devils comes and takes away the words from their hearts, so that they may not believet and be saved.13 Thoset on the rock are the ones who receive the word with joy when they hear it, but they have no root. They believe for a while,s butt in a time of testingt fall away.s14 As for the seed thatt fell among thorns, these are the ones who hear, butt as they go on their way they are chokeds by the worries and riches and pleasures of life,s and their fruit does not mature.t
15 But as for the seed that landed on good soil, these are the ones who, after hearingt the word, cling to its with an honest and goods heart, and bear fruit with steadfast endurance.s
Showing the Light
16 “No one lightst a lamps and then covers it with a jar or puts it under a bed, but puts it on a lampstand so that those who come in can see the light.t17 For nothing is hiddens that will not be revealed,t and nothing concealed that will not be made known and brought to light.
18 So listen carefully,t for whoever has will be given more, butt whoever does not have, even what he thinks he hass will be taken from him.”
Jesus’ True Family
19 Now Jesus’t mother and his brotherss came to him, butt they could not get near him because of the crowd.20 Sot he was told, “Your mother and your brothers are standing outside, wanting to see you.”
21 But he repliedt to them, “My mother and my brothers are thoset who hear the word of God and do it.”s
Stilling of a Storm
22 Onet day Jesust got into a boats with his disciples and said to them, “Let’s go across to the other side of the lake.” Sot they set out,23 and as they sailed he fell asleep. Now a violent windstormt came down on the lake,s and the boatt started filling up with water, and they were in danger.24 Theyt camet and woke him, saying, “Master, Master,t we are about to die!” Sot he got up and rebukedt the wind and the raging waves;s they died down, and it was calm.
25 Thent he said to them, “Where is your faith?”s But they were afraid and amazed,s saying to one another, “Who then is this? He commands even the winds and the water,s and they obey him!”
Healing of a Demoniac
26 Sot they sailed over to the region of the Gerasenes,ss which is opposites Galilee.27 Ast Jesust stepped ashore,t a certain man from the townt met him who was possessed by demons.t For a long time this mant had worn no clothes and had not lived in a house, but amongt the tombs.28 When he sawt Jesus, he cried out, fellt down before him, and shouted with a loud voice, “Leave me alone,t Jesus, Son of the Most Highs God! I beg you, do not torments me!”29 For Jesust had started commandings the evilt spirit to come out of the man. (For it had seized him many times, sot he would be bound with chains and shacklest and kept under guard. Butt he would break the restraints and be driven by the demon into desertedt places.)s30 Jesus thent asked him, “What is your name?” Het said, “Legion,”s because many demons had entered him.31 And they began to begt him not to ordert them to depart into the abyss.t32 Now a large herd of pigs was feeding there on the hillside,t and the demonic spiritst begged Jesust to let them go into them. He gave them permission.s33 Sot the demons came out of the man and went into the pigs, and the herd of pigst rushed down the steep slope into the lake and drowned.34 Whent the herdsmen saw what had happened, they ran off and spread the newst in the townt and countryside.35 Sot the people went out to see what had happened, and they came to Jesus. Theyt found the man from whom the demons had gone out, sitting at Jesus’ feet, clothed and in his right mind, and they were afraid.36 Thoset who had seen it told them how the man who had been demon-possessed had been healed.t37 Thent all the people of the Gerasenesss and the surrounding regiont asked Jesust to leave them alone,t for they were seized with great fear.s Sot he got into the boat and left.t38 The man from whom the demons had gone out begged to got with him, but Jesust sent him away, saying,
39 “Return to your home,t and declaret what God has done for you.”s Sot he went away, proclaiming throughout the whole townt what Jesuss had done for him.
Restoration and Healing
40 Now when Jesus returned,ts the crowd welcomed him, because they were all waiting for him.41 Thent a man named Jairus, who was a rulert of the synagogue,s came up. Fallingt at Jesus’ feet, he pleadedt with him to come to his house,
42 because he had an only daughter, about twelve years old, and she was dying.t
As Jesus was on his way, the crowds presseds around him.43 Nowt a woman was there who had been suffering from a hemorrhaget for twelve yearss but could not be healed by anyone.44 Shet came up behind Jesust and touched the edges of his cloak,t and at once the bleedingts stopped.45 Thent Jesus asked,t “Who was it who touched me?” When they all denied it, Peters said, “Master, the crowds are surrounding you and pressings against you!”46 But Jesus said, “Someone touched me, for I know that power has gone outt from me.”47 Whent the woman saw that she could not escape notice,t she came trembling and fell down before him. Int the presence of all the people, she explained whyt she had touched him and how she had been immediately healed.
48 Thent he said to her, “Daughter, your faith has made you well.t Go in peace.”
49 While he was still speaking, someone from the synagogue ruler’st house came and said, “Your daughter is dead; do not trouble the teacher any longer.”50 But when Jesus heard this, he toldt him, “Do not be afraid; just believe, and she will be healed.”t51 Now when he came to the house, Jesust did not let anyone go in with him except Peter, John,t and James, and the child’s father and mother.52 Now they were alls wailing and mourningt for her, but he said, “Stop your weeping; she is not dead but asleep.”53 And they began making funt of him, because they knewt that she was dead.t54 But Jesust gently took her by the hand and said,t “Child, get up.”55 Hert spirit returned,s and she got up immediately. Thent he told them to give her something to eat.
56 Hert parents were astonished, but he ordered them to tell no ones what had happened.