previous next

LUKAS 8

Vrouedissipels van Jesus

1 Nie lank hierna nie het Jesus begin met 'n reis deur al die dorpe en kleiner plekkies om die Goeie Nuus oor die koningsheerskappy van God bekend te maak. Hy het sy twaalf dissipels saamgeneem,2 asook 'n paar vroue wat Hy gesond gemaak het en uit wie Hy bose geeste gedryf het. Onder hulle was Maria Magdalena uit wie Hy sewe bose geeste gedryf het,

3 Johanna, die vrou van Gusa, Herodes se sakebestuurder, Susanna en baie ander wat uit hulle eie middele bygedra het om Jesus en sy dissipels te onderhou.

Die gelykenis van die boer en sy saad

4 Eendag het Jesus hierdie gelykenis vertel aan 'n groot skare wat uit baie dorpe gekom het om na Hom te luister:
5 "'n Boer het uitgegaan om saad te saai. Terwyl hy dit oor die land gestrooi het, het 'n deel op 'n voetpad geval waarop getrap word en die voëls het dit kom eet.6 'n Ander deel het in vlak grond op 'n klipbank geval. Hierdie saad het begin groei, maar het gou verlep en verdroog omdat daar nie vog was nie.7 Nog 'n deel het geval waar dorings opgeskiet en die nuwe blare versmoor het.

8 En 'n ander deel het in vrugbare grond geval. Hierdie saad het gegroei en het 'n oes gelewer 100 maal soveel as wat geplant is." Toe Hy dit sê, roep Hy uit: "Enigeen wat wil hoor, moet luister en verstaan!"
9 Sy dissipels het Hom gevra wat die gelykenis beteken.10 Hy het geantwoord: "God het dit aan julle gegee om die geheime van sy koningsheerskappy te verstaan. Maar vir buitestanders is die gelykenisse raaisels, sodat dit waar word wat die Skrif sê:
'Hulle sien wat Ek doen,
maar eintlik sien hulle nie;
hulle hoor wat Ek sê,
maar hulle verstaan nie.'
11 "Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is God se boodskap.

12 Die saad wat op die harde pad geval het, is die mense wat die boodskap hoor, maar dan kom die duiwel en steel dit en verhoed hulle om te glo en verlos te word.

13 "Die klipperige grond is mense wat die boodskap met blydskap aanhoor. Maar soos jong plantjies in sulke grond het hulle nie diep wortels nie. Hulle glo wel vir 'n rukkie, maar hulle verlep wanneer die warm winde van beproewing waai.

14 "Die saad tussen die onkruid is mense wat die boodskap hoor en ook aanvaar, maar tog te gou word dit verdring deur die sorge en rykdom en plesiere van hierdie lewe. En só groei hulle nooit tot volwassenheid nie.

15 "Maar die saad wat in goeie grond val, is mense met 'n goeie en opregte hart wat God se boodskap hoor, daaraan vashou en konstant 'n groot oes oplewer."

Wat geheim is, sal bekend word

16 "Niemand steek 'n lamp op en maak dit dan met iets toe of sit dit onder 'n bed nie. Nee, lampe word op 'n lampstaander geplaas waar mense wat 'n huis binnekom, dit kan sien.17 Want alles wat weggesteek is, sal sigbaar word en alles wat geheim is, sal uiteindelik aan die lig kom vir almal om te sien.

18 Gee daarom aandag aan wat jy hoor. Aan dié wat hulle oopstel vir my lering, sal groter begrip gegee word. Maar dié wat nie luister nie, van hulle sal selfs dit wat hulle dink hulle het, weggeneem word."

Die nuwe geestelike gesinslede van Jesus

19 Eenkeer toe Jesus se ma en broers gekom het om Hom te besoek, kon hulle vanweë die skare nie by Hom uitkom nie.

20 Iemand het vir Jesus gesê: "U ma en broers is hier buite en wil U graag sien."

21 Jesus het geantwoord: "My ma en broers is al die mense wat die boodskap van God hoor en dit gehoorsaam."

Jesus kalmeer 'n storm

22 Eendag het Jesus vir sy dissipels gesê: "Kom ons vaar oor na die ander kant van die meer." Hulle het in 'n skuit geklim en begin oorvaar.

23 Op pad oorkant toe het Jesus gaan lê om te slaap, en terwyl Hy slaap, het die wind begin opsteek. 'n Hewige storm het losgebars wat hulle wou laat ondergaan. Hulle was in lewensgevaar.

24 Die dissipels het Hom wakker geskud en geskree: "Leermeester, ons is besig om onder te gaan!"
Jesus het die siedende wind en golwe bestraf. Die storm het bedaar en alles was weer kalm.
25 Toe vra Hy vir hulle: "Waar is julle geloof?"
En hulle was vervul met ontsag en verbasing. Hulle het vir mekaar gesê: "Wie is hierdie Man tog dat Hy selfs die wind en die golwe opdrag gee en hulle Hom gehoorsaam?"

Jesus genees 'n duiwelbesete man

26 Hulle het toe in die land van die Geraseners aangekom, aan die oorkant van die See van Galilea.27 Terwyl Jesus uit die skuit klim, het 'n man wat van duiwels besete was en vroeër in die plaaslike dorp gewoon het, na Hom toe gekom. Hy was kaal en het nie 'n huis gehad nie; hy het vir 'n lang tyd in 'n begraafplaas gebly.28 Net toe hy Jesus sien, het hy gegil en op die grond voor Hom geval en geskreeu: "Waarom steur U my, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Asseblief, ek smeek U, moet my nie martel nie!"

29 Want Jesus het alreeds die bose gees beveel om hom te verlaat. Die gees het hom dikwels beetgepak. Selfs al was hy met kettings geboei, het hy dit eenvoudig gebreek en in die woestyn ingehardloop, heeltemal in die mag van die bose gees.

30 "Wat is jou naam?" het Jesus gevra.
"Legio," het hy geantwoord, want hy was van baie bose geeste besete.
31 Die bose geeste het Jesus aanhou smeek om hulle nie na die onderaardse diepte te stuur nie.32 'n Groot trop varke het teen die berghang daar naby gewei, en die bose geeste het gesmeek om in die varke in te vaar. Jesus het hulle toegelaat.

33 Die bose geeste het toe uit die man uitgekom en in die varke gevaar, en die hele trop het teen die hang afgestorm die see in en versuip.
34 Toe die wagters dit sien, het hulle na die dorp daar naby en sy omliggende gebiede gehardloop en die nuus versprei so ver hulle gehardloop het.35 Daar het gou 'n skare rondom Jesus vergader, want hulle wou self sien wat gebeur het. Hulle het die man wat voorheen van duiwels besete was, by Jesus se voete sien sit, geklee en by sy volle verstand; en die hele skare het bang geword.36 Toe het die mense wat gesien het wat gebeur het, die ander vertel hoe die duiwelbesete man genees is.

37 En al die mense in daardie omgewing het Jesus gesmeek om weg te gaan en hulle uit te los, want groot vrees het hulle beetgepak.
Jesus het toe in die skuit geklim en na die oorkant van die meer teruggekeer.
38 Die man wat van duiwels besete was, het gesoebat om ook saam te gaan, maar Jesus het gesê:39 "Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het."
Hy het toe deur die hele dorp loop en vertel watter groot ding Jesus vir hom gedoen het.

Jesus maak 'n vrou gesond wat aan chroniese bloeding ly, en wek 'n dogtertjie op

40 By sy terugkeer het die skares Jesus met ope arms ontvang omdat hulle vir Hom gewag het.41 'n Man met die naam Jaïrus, 'n leier van die plaaslike sinagoge, het gekom en voor Jesus se voete neergeval en Hom gesoebat om saam met hom na sy huis te gaan.

42 Sy enigste kind, 'n dogter van twaalf, was sterwend.
Terwyl Jesus saam met hom gegaan het, is Hy deur skares omring.
43 Daar was 'n vrou in die skare wat twaalf jaar lank aan chroniese bloeding gely het. Sy het alles wat sy gehad het, aan dokters bestee, maar kon nie genees word nie.

44 Sy het van agter na Jesus gekom en die soom van sy kleed aangeraak. Onmiddellik het die bloeding gestop.
45 "Wie het My aangeraak?" het Jesus gevra.
Almal het dit ontken, en Petrus het gesê: "Meneer, die hele skare stoot en druk voortdurend teen U."

46 Maar Jesus het vir hom gesê: "Nee, iemand het My opsetlik aangeraak, want Ek het genesende krag uit My voel vloei."
47 Toe die vrou besef dat Jesus weet, het sy begin bewe en op haar knieë voor Hom neergeval. Die hele skare het haar hoor vertel waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.

48 "Dogter," het Hy vir haar gesê, "jou geloof het jou genees. Gaan in vrede."

49 Terwyl Hy nog met haar praat, het 'n boodskapper van Jaïrus se huis af gekom met die nuus: "Jou dogter is dood. Dis nie meer nodig om die Leermeester te pla nie."

50 Maar toe Jesus hoor wat gebeur het, sê Hy vir Jaïrus: "Moenie jou ontstel nie. Vertrou My net en dit sal goed gaan met haar."
51 Toe hulle by die huis aankom, wou Jesus niemand saam met Hom laat ingaan nie, behalwe Petrus, Jakobus en Johannes, en die dogtertjie se pa en ma.

52 Die huis was vol mense wat gehuil en getreur het, maar Jesus sê: "Hou op huil! Sy is nie dood nie; sy slaap net."
53 Die skare het Hom uitgelag, want almal het geweet sy is dood.

54 Jesus vat haar toe aan die hand en sê hardop: "Staan op, my kind!"
55 En op daardie oomblik het die lewe in haar teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan! Jesus vra hulle toe om haar iets te ete te gee.

56 Haar ouers was oorstelp, maar Jesus het daarop aangedring dat hulle niemand vertel wat gebeur het nie.

LUKE 8

Women Who Helped Jesus

1 Soon after this, Jesus was going through towns and villages, telling the good news about God's kingdom. His twelve apostles were with him, 2 t and so were some women who had been healed of evil spirits and all sorts of diseases. One of the women was Mary Magdalene, t who once had seven demons in her.

3 Joanna, Susanna, and many others had also used what they owned to help Jesust and his disciples. Joanna's husband Chuza was one of Herod's officials.t

A Story about a Farmer

(Matthew 13.1-9; Mark 4.1-9)


4 When a large crowd from several towns had gathered around Jesus, he told them this story:
5 A farmer went out to scatter seed in a field. While the farmer was doing this, some of the seeds fell along the road and were stepped on or eaten by birds. 6 Other seeds fell on rocky ground and started growing. But the plants did not have enough water and soon dried up. 7 Some other seeds fell where thornbushes grew up and choked the plants.

8 The rest of the seeds fell on good ground where they grew and produced a hundred times as many seeds.
When Jesus had finished speaking, he said, “If you have ears, pay attention!”

Why Jesus Used Stories

(Matthew 13.10-17; Mark 4.10-12)


9 Jesus' disciples asked him what the story meant.

10 t So he answered:
I have explained the secrets about God's kingdom to you. But for others I use stories, so they will look, but not see, and they will hear, but not understand.

Jesus Explains the Story //about a Farmer

(Matthew 13.18-23; Mark 4.13-20)


11 This is what the story means: The seed is God's message, 12 and the seeds that fell along the road are the people who hear the message. But the devil comes and snatches the message out of their hearts, so they will not believe and be saved.

13 The seeds that fell on rocky ground are the people who gladly hear the message and accept it. But they don't have deep roots, and they believe only for a little while. As soon as life gets hard, they give up.
14 The seeds that fell among the thornbushes are also people who hear the message. But they are so eager for riches and pleasures that they never produce anything.

15 Those seeds that fell on good ground are the people who listen to the message and keep it in good and honest hearts. They last and produce a harvest.

Light

(Mark 4.21-25)


16  t No one lights a lamp and puts it under a bowl or under a bed. A lamp is always put on a lampstand, so people who come into a house will see the light. 17 t There is nothing hidden that will not be found. There is no secret that will not be well known.

18 t Pay attention to how you listen! Everyone who has something will be given more, but people who have nothing will lose what little they think they have.

Jesus' Mother and Brothers

(Matthew 12.46-50; Mark 3.31-35)


19 Jesus' mother and brothers went to see him, but because of the crowd they could not get near him.

20 Someone told Jesus, “Your mother and brothers are standing outside and want to see you.”

21 Jesus answered, “My mother and my brothers are those people who hear and obey God's message.”

A Storm

(Matthew 8.23-27; Mark 4.35-41)


22 One day, Jesus and his disciples got into a boat, and he said, “Let's cross the lake.”t They started out,

23 and while they were sailing across, he went to sleep.
Suddenly a storm struck the lake, and the boat started sinking. They were in danger.

24 So they went to Jesus and woke him up, “Master, Master! We are about to drown!”
Jesus got up and ordered the wind and waves to stop. They obeyed, and everything was calm.

25 Then Jesus asked the disciples, “Don't you have any faith?”
But they were frightened and amazed. They said to each other, “Who is this? He can give orders to the wind and the waves, and they obey him!”

A Man with Demons in Him

(Matthew 8.28-34; Mark 5.1-20)


26 Jesus and his disciples sailed across Lake Galilee and came to shore near the town of Gerasa.t

27 As Jesus was getting out of the boat, he was met by a man from this town. The man had demons in him. He had gone naked for a long time and no longer lived in a house, but in the graveyard.t
28 The man saw Jesus and screamed. He knelt down in front of him and shouted, “Jesus, Son of God Most High, what do you want with me? I beg you not to torture me!”

29 He said this because Jesus had already told the evil spirit to go out of him.
The man had often been attacked by the demon. And even though he had been bound with chains and leg irons and kept under guard, he smashed whatever bound him. Then the demon would force him out into lonely places.

30 Jesus asked the man, “What is your name?”
He answered, “My name is Lots.” He said this because there were “lots” of demons in him.

31 They begged Jesus not to send them to the deep pit, t where they would be punished.
32 A large herd of pigs was feeding there on the hillside. So the demons begged Jesus to let them go into the pigs, and Jesus let them go.

33 Then the demons left the man and went into the pigs. The whole herd rushed down the steep bank into the lake and drowned.
34 When the men taking care of the pigs saw this, they ran to spread the news in the town and on the farms.

35 The people went out to see what had happened, and when they came to Jesus, they also found the man. The demons had gone out of him, and he was sitting there at the feet of Jesus. He had clothes on and was in his right mind. But the people were terrified.
36 Then all who had seen the man healed told about it.

37 Everyone from around Gerasat begged Jesus to leave, because they were so frightened.
When Jesus got into the boat to start back,
38 the man who had been healed begged to go with him. But Jesus sent him off and said,

39 “Go back home and tell everyone how much God has done for you.” The man then went all over town, telling everything that Jesus had done for him.

A Dying Girl and a Sick Woman

(Matthew 9.18-26; Mark 5.21-43)


40 Everyone had been waiting for Jesus, and when he came back, a crowd was there to welcome him. 41 Just then the man in charge of the synagogue came and knelt down in front of Jesus. His name was Jairus, and he begged Jesus to come to his home

42 because his twelve-year-old child was dying. She was his only daughter.
While Jesus was on his way, people were crowding all around him.

43 In the crowd was a woman who had been bleeding for twelve years. She had spent everything she had on doctors, t but none of them could make her well.

44 As soon as she came up behind Jesus and barely touched his clothes, her bleeding stopped.

45 “Who touched me?” Jesus asked.
While everyone was denying it, Peter said, “Master, people are crowding all around and pushing you from every side.”t
46 But Jesus answered, “Someone touched me, because I felt power going out from me.”

47 The woman knew that she could not hide, so she came trembling and knelt down in front of Jesus. She told everyone why she had touched him and that she had been healed at once.

48 Jesus said to the woman, “You are now well because of your faith. May God give you peace!”

49 While Jesus was speaking, someone came from Jairus' home and said, “Your daughter has died! Why bother the teacher anymore?”

50 When Jesus heard this, he told Jairus, “Don't worry! Have faith, and your daughter will get well.”
51 Jesus went into the house, but he did not let anyone else go with him, except Peter, John, James, and the girl's father and mother. 52 Everyone was crying and weeping for the girl. But Jesus said, “The child isn't dead. She is just asleep.”

53 The people laughed at him because they knew she was dead.
54 Jesus took hold of the girl's hand and said, “Child, get up!” 55 She came back to life and got right up. Jesus told them to give her something to eat. 56 Her parents were surprised, but Jesus ordered them not to tell anyone what had happened.