previous next

Markus 1

Johannes die Doper is die profeet in die woestyn

(Ook Matt 3:1-6,11; Luk 3:1-6,16; Joh 1:23,26-28)

1 Die goeie boodskap oor Jesus Christus, die Seun van God,

2 begin soos dit in die boek van die tprofeet Jesaja geskryf is:
tEk, die Here,
stuur my tboodskapper.
Hy sal voor jou gaan en die pad
vir jou gereedmaak.

3  tIemand skree in die woestyn
en hy sê:
Julle moet die pad gereedmaak
vir die Here,
julle moet sy paaie reguit maak.”
4 Dit is wat Johannes die Doper in die woestyn gepreek het. Hy het gesê die mense moet verander en lewe soos God wil hê en hulle moet hulle laat doop. Dit sal beteken dat God hulle sondes vergewe het. 5 Al die mense van Judea en Jerusalem het na Johannes toe gegaan. Hulle het gesê hulle is jammer oor hulle sonde, en Johannes het hulle gedoop in die Jordaan-rivier. 6 Johannes se klere was van kameelhare gemaak en hy het ’n belt van leer om sy heupe gedra. Hy het sprinkane geëet en ook heuning wat hy in die woestyn gekry het. 7 Johannes het gepreek en gesê: “Later sal Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie.

8 Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.”

Johannes doop vir Jesus

(Ook Matt 3:13,16-17; Luk 3:21-22; Joh 1:29,32-34)


9 In dieselfde tyd het Jesus van die stad Nasaret gekom. Nasaret is in die provinsie Galilea. Johannes het vir Jesus in die Jordaan-rivier gedoop. 10 En dadelik toe Jesus uit die water opstaan, het Hy gesien die hemel skeur oop en die Heilige Gees kom af na Hom toe soos ’n duif uit die lug afkom.

11 Jesus het ook gehoor Iemand sê uit die hemel: “Jy is my Seun. Ek is lief vir Jou. Jy maak My bly.”

Die Satan probeer om Jesus verkeerd te laat doen

(Ook Matt 4:1-2,11; Luk 4:1-2,13)


12 Dadelik daarna het die Heilige Gees vir Jesus weggestuur in die woestyn in.

13 Jesus het 40 dae lank in die woestyn gebly, en die tSatan het probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die tengele het vir Hom gesorg.

Jesus kies sy eerste dissipels

(Ook Matt 4:12-13,17-22; Luk 4:14-15; 5:8-11; Joh 1:40-42)


14 Koning tHerodes het vir Johannes laat vang en hy het Johannes in die tronk toegesluit. Daarna het Jesus na Galilea gekom en Hy het vir die mense God se goeie boodskap gebring.

15 Jesus het gesê: “God het besluit dit is nou die regte tyd. God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet. Julle moet begin lewe soos God wil hê en julle moet die goeie boodskap glo.”

Jesus kies vier dissipels

(Ook Matt 4:18-22; Luk 5:1-11)


16 Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy het gesien Simon en sy broer Andreas gooi hulle visnette in die see, want hulle was vissermanne. 17 Jesus sê toe vir hulle: “Kom hier, kom saam met My, Ek sal julle lewens verander: Julle sal nog vissermanne wees, maar julle sal nie meer visse vang nie, julle sal mense bymekaarmaak vir God.” 18 Simon en Andreas het dadelik hulle visnette gelos en hulle het saam met Jesus gegaan. 19 Toe Jesus ’n bietjie verder geloop het, sien Hy vir Jakobus en sy broer Johannes. Hulle was die seuns van Sebedeus. Hulle was in hulle boot besig om die visnette reg te maak.

20 Jesus het hulle ook dadelik geroep om saam te kom. Hulle het hulle pa, Sebedeus, en die vissermanne wat vir hom gewerk het, in die boot gelos, en hulle het saam met Jesus gegaan.

Die man in wie ’n onrein gees was

(Ook Luk 4:31-37)


21 Jesus en sy tdissipels het in die stad Kapernaum gekom. Op die tSabbatdag daarna het Jesus reguit na die tsinagoge gegaan en Hy het daar begin om vir die mense te leer. 22 Die mense was baie verbaas oor hoe Jesus vir hulle geleer het, want hulle het besef dat dit van God kom. Jesus het vir hulle nie geleer soos hulle tskrifgeleerdes dit gedoen het nie. 23 Skielik kom daar toe in hulle sinagoge ’n man, daar was ’n tonrein gees in hom, en die gees het geskree:

24 “Jesus van Nasaret, wat wil U met ons doen? Het U gekom om ons dood te maak? Ek weet wie U is: U is die tHeilige wat van God kom.”

25 Jesus het met die onrein gees geraas en gesê: “Bly stil en gaan uit die man uit!”
26 Die onrein gees het die man op die grond laat val en die man het geruk en geskop. Die gees het hard geskree en hy het toe uit die man uitgegaan.

27 Almal was baie verbaas en hulle het aangehou praat daaroor. Hulle het vir mekaar gesê: “Wat het gebeur? Hierdie man leer vir die mense iets wat anders is. Dit kom van God. Hy sê ook vir die onrein geeste wat hulle moet doen, en hulle is gehoorsaam aan hom.”

28 Die mense het oral in die hele provinsie Galilea gepraat oor wat Jesus gedoen het.

Jesus maak Simon se skoonma gesond

(Ook Matt 8:14-15; Luk 4:38-39)


29 Jesus en sy tdissipels het uit die tsinagoge na die huis van Simon en Andreas gegaan. Jakobus en Johannes was ook by hulle. 30 Simon se skoonma was siek in die bed. Sy het ’n hoë koors gehad en die mense het dadelik vir Jesus vertel dat sy siek is.

31 Jesus het na haar toe gegaan, Hy het haar hand geneem en Hy het haar gehelp om op te staan. Die koors het weggegaan, en sy het vir hulle kos gegee.

Jesus maak baie mense gesond en Hy preek in Galilea

(Ook Matt 8:16-17; 4:23; Luk 4:40-44)


32 In die aand toe die son al onder was en die tSabbatdag verby was, het hulle aangehou om baie mense na Jesus toe te bring, siek mense en mense wat tduiwels in hulle gehad het. 33 Al die mense van die stad het bymekaargekom by die deur van die huis.

34 Jesus het baie mense gesond gemaak wat verskillende soorte siektes gehad het. Hy het ook baie duiwels uit die mense gejaag. Jesus het gesê die duiwels mag nie praat nie, want die duiwels het geweet wie Hy is.
35 Baie vroeg die volgende oggend, toe dit nog donker was, het Jesus opgestaan en uitgegaan. Hy het na ’n stil plek gegaan om alleen te wees en Hy het daar gaan bid. 36 Simon en sy vriende het vir Jesus gaan soek

37 en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: “Almal soek U.”

38 Maar Jesus antwoord hulle: “Kom ons gaan weg na die stede hier naby, want Ek wil daar ook gaan preek. Dit is hoekom Ek gekom het.”

39 Jesus het toe deur die hele provinsie Galilea gegaan en Hy het in hulle tsinagoges gepreek. Hy het ook duiwels uit mense uitgejaag.

Jesus maak ’n melaatse man gesond

(Ook Matt 8:2-4; Luk 5:12-16)


40 ’n tMelaatse man het na Jesus toe gekom. Hy het voor Jesus gekniel en vir Hom gesoebat: “As U wil, dan kan U my gesond maak.”

41 Jesus was baie jammer vir die man. Hy het sy hand uitgesteek en Hy het aan hom geraak en gesê: “Ek wil dit vir jou doen. Ek maak jou gesond.”
42 Dadelik was die man nie meer melaats nie, hy het gesond geword.

43-44 Jesus het ernstig met die man gepraat en vir hom gesê: “Jy mag vir niemand hiervan vertel nie. tGaan wys vir die tpriester jy is gesond, en doen dan wat Moses in die wette geskryf het. Bring die toffers omdat jy trein geword het. Dan sal die priesters weet jy is rein.”
Daarna het Jesus die man weggestuur.
45 Maar die man het gegaan en hy het oral vir al die mense vertel dat Jesus hom gesond gemaak het. Daarom kon Jesus nie meer in ’n stad inkom waar almal Hom kon sien nie. Hy het buite in die veld gebly, maar die mense het nog van oral na Hom toe gekom.

Mark 1

John the Baptist Prepares the Way

1 This is the beginning of the good news about Jesus Christ, the Son of God.

2 Long ago Isaiah the prophet wrote,
"I will send my messenger ahead of you.
He will prepare your way." (Malachi 3:1)

3 "A messenger is calling out in the desert,
'Prepare the way for the Lord.
Make straight paths for him.' " (Isaiah 40:3)
4 And so John came. He baptized people in the desert. He also preached that people should be baptized and turn away from their sins. Then God would forgive them.5 All the people from the countryside of Judea went out to him. All the people from Jerusalem went too. When they admitted they had sinned, John baptized them in the Jordan River.6 John wore clothes made out of camel's hair. He had a leather belt around his waist. And he ate locusts and wild honey.
7 Here is what John was preaching. "After me, one will come who is more powerful than I am. I'm not good enough to bend down and untie his sandals.8 I baptize you with water. But he will baptize you with the Holy Spirit."

Jesus Is Baptized and Tempted

9 At that time Jesus came from Nazareth in Galilee. John baptized him in the Jordan River.10 Jesus was coming up out of the water. Just then he saw heaven being torn open. He saw the Holy Spirit coming down on him like a dove.11 A voice spoke to him from heaven. It said, "You are my Son, and I love you. I am very pleased with you."
12 At once the Holy Spirit sent Jesus out into the desert.13 He was in the desert 40 days. There Satan tempted him. The wild animals didn't harm Jesus. Angels took care of him.

Jesus Chooses the First Disciples

14 After John was put in prison, Jesus went into Galilee. He preached God's good news.15 "The time has come," he said. "The kingdom of God is near. Turn away from your sins and believe the good news!"
16 One day Jesus was walking beside the Sea of Galilee. There he saw Simon and his brother Andrew. They were throwing a net into the lake. They were fishermen.17 "Come. Follow me," Jesus said. "I will make you fishers of people."
18 At once they left their nets and followed him.
19 Then Jesus walked a little farther. As he did, he saw James, son of Zebedee, and his brother John. They were in a boat preparing their nets.20 Right away he called out to them. They left their father Zebedee in the boat with the hired men. Then they followed Jesus.

Jesus Drives Out an Evil Spirit

21 Jesus and those with him went to Capernaum. When the Sabbath day came, he went into the synagogue. There he began to teach.22 The people were amazed at his teaching. He taught them like one who had authority. He did not talk like the teachers of the law.
23 Just then a man in their synagogue cried out. He was controlled by an evil spirit. He said,24 "What do you want with us, Jesus of Nazareth? Have you come to destroy us? I know who you are. You are the Holy One of God!"
25 "Be quiet!" said Jesus firmly. "Come out of him!"
26 The evil spirit shook the man wildly. Then it came out of him with a scream.
27 All the people were amazed. So they asked each other, "What is this? A new teaching! And with so much authority! He even gives orders to evil spirits, and they obey him."28 News about Jesus spread quickly all over Galilee.

Jesus Heals Many People

29 Jesus and those with him left the synagogue. Right away they went with James and John to the home of Simon and Andrew.30 Simon's mother-in-law was lying in bed. She had a fever. They told Jesus about her.31 So he went to her. He took her hand and helped her up. The fever left her. Then she began to serve them.
32 That evening after sunset, the people brought to Jesus all who were sick. They also brought all who were controlled by demons.33 All the people in town gathered at the door.34 Jesus healed many of them. They had all kinds of sicknesses. He also drove out many demons. But he would not let the demons speak, because they knew who he was.

Jesus Prays in a Quiet Place

35 It was very early in the morning and still dark. Jesus got up and left the house. He went to a place where he could be alone. There he prayed.36 Simon and his friends went to look for Jesus.37 When they found him, they called out, "Everyone is looking for you!"
38 Jesus replied, "Let's go somewhere else. I want to go to the nearby towns. I must preach there also. That is why I have come."39 So he traveled all around Galilee. He preached in their synagogues. He also drove out demons.

Jesus Heals a Man Who Had a Skin Disease

40 A man who had a skin disease came to Jesus. On his knees he begged Jesus. He said, "If you are willing to make me 'clean,' you can do it."
41 Jesus was filled with deep concern. He reached out his hand and touched the man. "I am willing to do it," he said. "Be 'clean'!"42 Right away the disease left him. He was healed.
43 Jesus sent him away at once. He gave the man a strong warning.44 "Don't tell this to anyone," he said. "Go and show yourself to the priest. Offer the sacrifices that Moses commanded. It will be a witness to the priest and the people that you are 'clean.' "
45 But the man went out and started talking right away. He spread the news to everyone. So Jesus could no longer enter a town openly. He stayed outside in lonely places. But people still came to him from everywhere.