Markus 1
1 Die goeie nuus oor Jesus begin met Johannes wat mense gedoop het.2 Daaroor het God se boodskapper Jesaja jare gelede al geskryf:
"Ek stuur my boodskapper voor jou uit om alles reg te maak vir jou koms, sê God.3 In die wildernis skree iemand hard uit: Maak seker dat die pad reg is waarop die Here moet loop. Dit moet mooi gelyk wees."
4 Daar in die droë, verlate deel suid van Jerusalem het Johannes mense begin doop. In sy preke het hy mense mooi gevra om terug te draai na God toe. Om te wys hoe ernstig hulle daaroor voel, moes hulle hulle laat doop. Dan sou God nie meer kwaad wees oor hulle sondes nie, maar dit vergewe.5 Die mense het van alle kante af na hom toe gestroom, of hulle nou op die platteland gebly het of in die groot stad Jerusalem. Hierdie mense was spyt oor hulle sondes en het dit erken. Daarom is hulle deur Johannes in die Jordaanrivier gedoop.
6 Johannes se klere was gemaak uit materiaal van kameelhare wat hy met 'n breë leerbelt om sy middel vasgemaak het. Hy het aan die lewe gebly van sprinkane en heuning wat hy in die veld kon kry.
7 Johannes se boodskap was glashelder: "Moenie in my vaskyk asof ek iets is nie. Die Een wat regtig iets is, is op pad. As ek by Hom is, is ek niks. In vergelyking met Hom is ek so onbelangrik dat ek nie eens werd is om die kleinste ou dingetjie vir Hom te doen nie.8 Ek gebruik gewone water om julle mee te doop, maar Hy sal die Heilige Gees gebruik."
9 Op 'n dag kom Jesus ook daar aan. Hy het die hele pad van die noorde af gekom, van Nasaret in die provinsie Galilea. Daar gekom, het Johannes Hom in die Jordaan gedoop.10 Toe Jesus na sy doop uit die water kom, was dit of die hemel oopskeur. Iets wat soos 'n duif gelyk het, het van bo af op Hom neergesak. Dit was die Heilige Gees.11 Net toe weerklink 'n stem uit die hemel: "Jy is my Seun. Ek het Jou lief en Jy maak My bly."
12 Die stem was nog nie behoorlik weg nie of die Heilige Gees vat Jesus die woestyn in.13 Daar het Hy 40 dae gebly. Satan het Hom nie met rus gelaat nie. Satan wou kyk of hy Jesus iets kon laat doen waarvan God nie hou nie. Jesus was nie alleen nie. Die wilde diere van die veld was by Hom en die engele het gesorg dat Hy alles het wat nodig was.
14 'n Rukkie daarna is Johannes in die tronk gestop. Jesus is toe terug Galilea toe en het vir mense begin vertel watter goeie nuus God vir hulle het.15 "Die tyd is nou ryp," het Hy gesê. "Die nuwe wêreld van God is aan die kom. Almal sal God as die groot Heerser moet erken. Ruk julle reg en draai terug na God toe. Luister na die goeie nuus en maak dit julle eie."
16 Op 'n dag het Jesus langs die See van Galilea gestap. Daar kry Hy twee vissermanne wat besig was om hulle nette in die see te gooi. Dit was twee broers, Simon en Andreas.
17 "Kom saam met My. Ek sal julle wys om op 'n ander manier vissers te wees, nie van vis nie, maar van mense, sê Jesus toe."
18 Hulle los toe alles net so en is saam met Hom.19-20 'n Entjie verder sien hulle nog twee broers aan die werk om die nette reg te kry. Hulle was Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus. Jesus nooi hulle toe ook daar en dan saam. Sonder om te huiwer is hulle ook agter Jesus aan. Hulle pa, Sebedeus, en die mense wat vir hom gewerk het, het alleen in die boot agtergebly.
21 Van daar af is hulle Kapernaum toe. Op die sabbat het Jesus sinagoge toe gegaan en met mense oor godsdienstige dinge begin praat om hulle te help om dit beter te verstaan.22 Die mense se monde het oopgehang, want sy woorde was so anders. Hulle kon na Jesus luister, want hulle kon sien dat Hy weet waarvan Hy praat. Hulle eie geleerdes wat vir hulle moes verduidelik wat in die wet staan, het nie naastenby soveel gesag en respek afgedwing nie.
23 Jesus was nog aan die praat, toe gil 'n man hard. Hy was in die greep van 'n bose, duiwelse gees.24 "Wat kom soek Jy hier, Jesus van Nasaret? Het Jy gekom om vir ons moeilikheid te maak en ons te vernietig? Ek ken Jou; ek weet wie Jy is - Jy is die Heilige van God."
25 "Bly stil!" sê Jesus skerp. "Gee pad uit hierdie man uit."26 Die man het vreeslik begin ruk soos die duiwelse gees hom rondgepluk het. Toe is die gees skreeuend uit die man uit.
27 Die mense was toe eers verbaas. Hulle kon byna nie glo wat hulle sien nie en het onder mekaar begin praat. "Wat gaan hier aan? Ons sien en leer hier van dinge waarvan ons niks weet nie. En dit is nie sommer kinderspeletjies nie. Daar is gesag daaragter, want kyk hoe luister die bose geeste na Hom wanneer Hy iets sê."28 Hierdie nuus het soos 'n veldbrand versprei. Die mense in die hele provinsie van Galilea was aan die praat daaroor.
29 Na die episode in die sinagoge is Jesus saam met Jakobus en Johannes na Simon en Andreas se huis toe.
30 Simon se skoonma was baie siek in die bed. Sy het 'n hoë koors gehad. Hulle gaan vertel toe vir Jesus daarvan en31 Hy is dadelik na haar toe. Hy vat haar toe aan die hand en help haar op. Toe hulle weer sien, was die koors weg. Sy het opgestaan en vir hulle kos gemaak.
32-33 Die mense wou Jesus net nie met rus laat nie. Tot na donker was Hy nog besig. Die dorpsmense het voor die huis saamgedrom met al die siekes en mense wat in die greep van bose geeste was.34 Jesus het hulle gesond gemaak; dit het nie saak gemaak wat hulle makeer het nie. Hy het veral ook ontslae geraak van bose geeste. Hy het die geeste egter nie toegelaat om 'n woord te sê nie, want hulle het geweet wie Hy is.
35 Dit was nog donker toe Jesus die volgende môre na 'n stil plek toe is om rustig met God te gaan praat.36 Simon en die ander het Hom toe gaan soek.37 Toe hulle Hom eindelik kry, sê hulle vir Hom: "Almal wil weet waar U is."
38 Jesus sê toe vir hulle: "Kom ons gaan na die dorpies hier naby sodat Ek daar met die mense oor hulle godsdiens kan gaan praat. Daarvoor is Ek mos hier."39 Hulle is toe daar weg. Oral in Galilea het Jesus toe in die sinagoges met die mense gepraat en duiwelse geeste uit mense weggejaag.
40 Op pad het 'n melaatse man Hom op sy knieë kom smeek: "As U maar net wil, kan U my gesond maak."41 Dit het Jesus diep geraak. Uit meegevoel raak Hy aan die man en sê: "Ek wíl dit doen. Word gesond."42 Daar en dan het hy gesond geword. Sy vel was weer soos 'n normale mens s'n.43 Jesus vra die man toe dringend om nie daaroor te praat nie en stuur hom weg:44 "Moet asseblief nie by mense spog oor wat hier gebeur het nie. Gaan reguit na die priester toe en wys vir hom jy is gesond. As hy tevrede is dat jy gesond is, gaan offer wat Moses se wet voorskryf vir mense wat gesond geword het. Almal sal dan weet dat jy gesond is."
45 Hy het egter nie na Jesus geluister nie en vir almal wat hy teëgekom het, vertel wat gebeur het. So het die nuus vinnig versprei. Dit het beteken dat Jesus nie meer ongemerk in die dorpies kon gaan rondstap nie. Hy moes buite die dorpies in die omgewing bly waar dit stiller was. Dit het ook nie eintlik gehelp nie, want die mense het van oral af na Hom toe gestroom.
Mark 1
The Ministry of John the Baptist
1 The beginning of the gospels of Jesus Christ,t the Son of God.ss
2 As it is written in Isaiah the prophet,s
“Look, I am sending my messenger ahead of you,
who will prepare your way,s
3 the voice of one shouting in the wilderness,
‘Prepare the way for the Lord,
makeshis paths straight.’”s
4 In the wildernesst John the baptizert began preaching a baptism of repentance for the forgiveness of sins.s5 Peoplet from the whole Judean countryside and all of Jerusalems were going out to him, and he was baptizing themt in the Jordan River as they confessed their sins.6 John wore a garment made of camel’s hair with a leather belt around his waist, and he ate locusts and wild honey.s7 He proclaimed,t “One more powerful than I am is coming after me; I am not worthyts to bend down and untie the strapt of his sandals.
8 I baptize you with water, but he will baptize you with the Holy Spirit.”
The Baptism and Temptation of Jesus
9 Nowt in those days Jesus came from Nazareths in Galilee and was baptized by John in the Jordan River.t10 And just as Jesust was coming up out of the water, he saw the heavenst splitting apart and the Spirit descending on him like a dove.s11 And a voice came from heaven: “You are my one dear Son;t in you I take great delight.”ts12 The Spirit immediately drove him into the wilderness.
13 He was in the wilderness forty days,s enduring temptations from Satan. Het was with wild animals, and angels were ministering to his needs.t
Preaching in Galilee and the Call of the Disciples
14 Now after John was imprisoned,t Jesus went into Galilee and proclaimed the gospels of God.t15 Het said, “The time is fulfilled and the kingdom of Gods is near. Repent and believe the gospel!”16 As he went along the Sea of Galilee, he saw Simon and Andrew, Simon’s brother, casting a net into the sea (for they were fishermen).s17 Jesus said to them, “Follow me, and I will turn you into fishers of people.”ts18 They left their nets immediately and followed him.s19 Going on a little farther, he saw James, the son of Zebedee, and John his brother in theirt boat mending nets.
20 Immediately he called them, and they left their father Zebedee in the boat with the hired men and followed him.
Jesus’ Authority
21 Thent they went to Capernaum.ss When the Sabbath came,t Jesust went into the synagogues and began to teach.22 The people theret were amazed by his teaching, because he taught them like one who had authority,s not like the experts in the law.t23 Just then there was a man in their synagogue with an unclean spirit,s and he cried out,t24 “Leave us alone,ts Jesus the Nazarene! Have you come to destroy us? I know who you are – the Holy Ones of God!”25 Butt Jesus rebuked him:t “Silence! Come out of him!”s26 After throwing him into convulsions, the unclean spirit cried out with a loud voice and came out of him.27 They were all amazed so that they asked each other, “What is this? A new teaching with authority! He even commands the unclean spirits and they obey him.”
28 Sot the news about him spread quickly throughout all the region around Galilee.
Healings at Simon’s House
29 Nowt as soon as they left the synagogue,s they entered Simon and Andrew’s house, with James and John.30 Simon’s mother-in-law was lying down, sick with a fever, sot they spoke to Jesust at once about her.31 He came and raised her up by gently taking her hand. Then the fever left her and she began to servet them.32 When it was evening, after sunset, they brought to him all who were sick and demon-possessed.33 The whole town gathered by the door.
34 Sot he healed many who were sick with various diseases and drove out many demons.s Butt he would not permit the demons to speak,s because they knew him.s
Praying and Preaching
35 Thent Jesust got up early in the morning when it was still very dark, departed, and went out to a deserted place, and there he spent time in prayer.t36 Simon and his companions searched for him.37 When they found him, they said, “Everyone is looking for you.”38 He replied,t “Let us go elsewhere, into the surrounding villages, so that I can preach there too. For that is what I came out here to do.”t
39 Sot he went into all of Galilee preaching in their synagoguess and casting out demons.
Cleansing a Leper
40 Nowt a lepers came to him and fell to his knees, asking for help. “Ift you are willing, you can make me clean,” he said.41 Moved with compassion,s Jesust stretched out his hand and toucheds him, saying, “I am willing. Be clean!”42 The leprosy left him at once, and he was clean.43 Immediately Jesust sent the mant away with a very strong warning.44 He told him,t “See that you do not say anything to anyone,s but go, show yourself to a priest, and bring the offering that Moses commandeds for your cleansing, as a testimony to them.”t
45 But as the mant went out he began to announce it publicly and spread the story widely, so that Jesust was no longer able to enter any town openly but stayed outside in remote places. Stillt they kept comingt to him from everywhere.