previous next

MARKUS 10

Jesus verduidelik God se wil oor die huwelik

1 Daarna het Jesus Kapernaum verlaat en suidwaarts vertrek na die omgewing van Judea en die gebied aan die oostekant van die Jordaan. Weereens het daar 'n groot skare mense by Hom vergader en soos altyd het Hy hulle weer onderrig.

2 'n Paar Fariseërs wat Jesus in 'n strik wou laat trap, kom toe na Hom toe met die volgende vraag: "Laat die wet 'n man toe om van sy vrou te skei?"

3 "Wat het Moses julle beveel?" was Jesus se reaksie.

4 Hulle het geantwoord: "Moses het dit wel toegelaat. 'n Man moes net eers 'n egskeidingsdokument opstel en dan kon hy van sy vrou skei."
5 Maar Jesus het vir hulle gesê: "Moses het hierdie reëling bloot getref as 'n toegewing aan die sondige verhardheid van julle harte.6 God se bedoeling is egter duidelik van die begin van die skepping af, want daar staan geskryf: 'Manlik en vroulik het Hy hulle geskep.'7 En: 'Daarom sal 'n man sy pa en ma agterlaat en hom by sy vrou voeg.8 So sal hulle tot een liggaam verenig word.' Hulle is dus nie meer twee nie, maar een liggaam.

9 Wat God so saamgevoeg het, mag 'n mens nie uitmekaar haal nie."
10 Toe hulle later weer alleen tuis is, het sy dissipels Hom verder oor hierdie onderwerp uitgevra.11 Hy sê toe vir hulle: "'n Man wat van sy vrou skei en met iemand anders trou, pleeg egbreuk teenoor sy vrou.

12 En as sy van haar man skei en met iemand anders trou, pleeg sy egbreuk."

Jesus seën kindertjies

13 Ouers het hulle kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak en seën, maar sy dissipels het hulle daaroor aangespreek.
14 Toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het vir hulle gesê: "Laat die kindertjies toe om na My toe te kom. Moenie hulle keer nie. Want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.15 Ek verseker julle, wie God se koninkryk nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie."

16 Toe het Hy sy arms om die kindertjies gesit, sy hande op hulle koppe gelê en hulle geseën.

'n Ryke sien nie kans vir die eis van dissipelskap nie

17 Toe Jesus weer op pad was, hardloop iemand Hom tegemoet, val voor Hom op sy knieë en vra Hom: "Goeie leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"
18 "Waarom noem jy My goed?" het Jesus hom gevra. "Net God is werklik goed.

19 Maar wat jou vraag betref - jy ken die gebooie: 'Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuienis gee nie; jy mag niemand benadeel nie; respekteer jou pa en ma.'"

20 "Leermeester," was sy reaksie, "ek het al hierdie gebooie van my kinderdae af nagekom."

21 Jesus het hom aandagtig aangekyk en liefgekry. "Jy kom net een iets kort," het Hy vir hom gesê. "Gaan verkoop alles wat jy het en gee die geld vir die armes. Dan sal jy 'n skat in die hemel hê. Kom dan en word my volgeling."

22 Hy was heeltemal verslae en het ontsteld weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23 Jesus het toe rondgekyk en vir sy dissipels gesê: "Hoe moeilik is dit nie vir ryk mense om in God se koninkryk te kom nie!"
24 Sy dissipels was verbaas hieroor. Jesus reageer toe en sê weer vir hulle: "Kinders, dit is bitter moeilik om in die koninkryk van God te kom.

25 Dit is makliker vir 'n kameel om deur 'n naald se oog te kom as vir 'n ryke om in God se koninkryk te kom."

26 Die dissipels was heeltemal verbysterd hieroor en het vir mekaar gesê: "As dit só is, wie kan dan verlos word?"

27 Jesus het hulle aangekyk en gesê: "Menslik gesproke is dit onmoontlik, maar tog nie by God nie. Alles is by God moontlik!"

28 Petrus begin toe ophaal wat hulle alles opgeoffer het: "U besef dat ons alles agtergelaat het om U te volg."
29 Daarop het Jesus geantwoord: "Ek verseker julle, elkeen wat 'n huis of broers of susters of ma of pa of kinders of eiendom ter wille van My en die Goeie Nuus prysgegee het,30 sal in hierdie tyd honderd maal soveel aan huise en broers en susters en ma's en kinders en eiendom ontvang; ook nog vervolging, maar in God se nuwe wêreld die ewige lewe!

31 Baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees."

Vir die derde keer kondig Jesus sy komende dood aan

32 Hulle was nou op pad na Jerusalem. Jesus het voor hulle uit geloop, en sy dissipels was vol angs. Ook die mense wat agter hulle aan gekom het, was met vrees vervul. Jesus het weer die twaalf eenkant geneem en vir hulle begin vertel wat met Hom sou gebeur:33 "Luister nou goed. As ons in Jerusalem kom, sal Ek, die Seun van die Mens, uitgelewer word aan die priesterhoofde en die skrifkenners. Hulle sal My tot die dood veroordeel. En hulle sal My uitlewer aan die nie-Jode.

34 Hulle sal My bespot en op My spoeg; hulle sal My gésel en doodmaak. Maar ná drie dae sal Ek opstaan."

Wie 'n leier wil wees, moet ander dien

35 Daarop het Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: "Leermeester, ons wil van U 'n guns vra."

36 "Wat moet Ek vir julle doen?" het Hy gevra.

37 "In u koninklike heerlikheid - mag ons op die ereplekke regs en links van U sit?" het hulle gevra.

38 Jesus het vir hulle gesê: "Julle besef nie wat julle vra nie. Sien julle kans om die bitter lydensbeker te drink wat Ek binnekort gaan drink? Sien julle kans vir die lydensdoop waarmee Ek gedoop moet word?"

39 Hulle sê vir Hom: "Ja, ons sien daarvoor kans."
"Dis waar," sê Hy vir hulle. "Julle sal inderdaad van my beker drink en met my doop gedoop word,

40 maar Ek beskik nie oor wie langs My op my troon sal sit nie. Daardie plekke is bestem vir hulle vir wie God dit gereedgemaak het."

41 Toe die ander tien dissipels hoor wat die twee wou hê, het hulle bitterlik verontwaardig teenoor Jakobus en Johannes geword.
42 Jesus roep hulle toe bymekaar en sê vir hulle: "Julle weet in hierdie wêreld tiranniseer die sogenaamde maghebbers die nasies, en die magtiges domineer hulle.43 Maar onder julle moet dit heeltemal anders wees. Wie onder julle 'n leier wil wees, behoort almal te dien.44 En wie eerste onder julle wil wees, moet almal se slaaf wees.

45 Selfs Ek, die Seun van die Mens, het immers nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en so selfs my lewe te gee as 'n losprys vir baie mense."

Jesus maak die blinde Bartimeus gesond

46 So het hulle Jerigo bereik. Later, toe Jesus en sy dissipels vergesel van 'n groot skare Jerigo verlaat, het 'n blinde bedelaar met die naam Bartimeus, die seun van Timeus, langs die pad gesit.

47 Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, het hy begin uitroep: "Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!"

48 Baie mense het hom toe aangespreek en gesê hy moet stilbly, maar hy het net nog harder aanhou roep: "Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!"
49 Jesus het toe gaan staan en gesê: "Roep hom." Hulle roep toe die blinde en sê vir hom: "Wees bly! Staan op, Jesus roep jou."

50 Hy het sy bo-kleed eenkant gegooi, opgespring en na Jesus toe gekom.

51 "Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?" het Jesus gevra. Hy het gesê: "O Leermeester, dat ek kan sien!"

52 Toe het Jesus vir hom gesê: "Gaan maar. Omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword." Dadelik kon hy sien en hy het op die pad agter Jesus aan gegaan.

MARK 10

Teaching about Divorce

(Matthew 19.1-12; Luke 16.18)

1 After Jesus left, he went to Judea and then on to the other side of the Jordan River. Once again large crowds came to him, and as usual, he taught them.
2 Some Pharisees wanted to test Jesus. So they came up to him and asked if it was right for a man to divorce his wife.

3 Jesus asked them, “What does the Law of Moses say about this?”

4  t They answered, “Moses allows a man to write out divorce papers and send his wife away.”
5 Jesus replied, “Moses gave you this law because you are so heartless. 6 t But in the beginning God made a man and a woman. 7 t That's why a man leaves his father and mother and gets married. 8 He becomes like one person with his wife. Then they are no longer two people, but one.

9 And no one should separate a couple that God has joined together.”
10 When Jesus and his disciples were back in the house, they asked him about what he had said. 11 t He told them, “A man who divorces his wife and marries someone else is unfaithful to his wife.

12 A woman who divorces her husbandt and marries again is also unfaithful.”

Jesus Blesses Little Children

(Matthew 19.13-15; Luke 18.15-17)


13 Some people brought their children to Jesus so he could bless them by placing his hands on them. But his disciples told the people to stop bothering him.
14 When Jesus saw this, he became angry and said, “Let the children come to me! Don't try to stop them. People who are like these little children belong to the kingdom of God.t 15 t I promise you that you cannot get into God's kingdom, unless you accept it the way a child does.”

16 Then Jesus took the children in his arms and blessed them by placing his hands on them.

A Rich Man

(Matthew 19.16-30; Luke 18.18-30)


17 As Jesus was walking down a road, a man ran up to him. He knelt down, and asked, “Good teacher, what can I do to have eternal life?”
18 Jesus replied, “Why do you call me good? Only God is good.

19 t You know the commandments. ‘Do not murder. Be faithful in marriage. Do not steal. Do not tell lies about others. Do not cheat. Respect your father and mother.’ ”

20 The man answered, “Teacher, I have obeyed all these commandments since I was a young man.”

21 Jesus looked closely at the man. He liked him and said, “There's one thing you still need to do. Go sell everything you own. Give the money to the poor, and you will have riches in heaven. Then come with me.”

22 When the man heard Jesus say this, he went away gloomy and sad because he was very rich.
23 Jesus looked around and said to his disciples, “It's hard for rich people to get into God's kingdom!” 24 The disciples were shocked to hear this. So Jesus told them again, “It's terribly hardt to get into God's kingdom!

25 In fact, it's easier for a camel to go through the eye of a needle than for a rich person to get into God's kingdom.”

26 Jesus' disciples were even more amazed. They asked each other, “How can anyone ever be saved?”

27 Jesus looked at them and said, “There are some things that people cannot do, but God can do anything.”

28 Peter replied, “Remember, we left everything to be your followers!”

29 Jesus told him:
You can be sure that anyone who gives up home or brothers or sisters or mother or father or children or land for me and for the good news
30 will be rewarded. In this world they will be given 100 times as many houses and brothers and sisters and mothers and children and pieces of land, though they will also be mistreated. And in the world to come, they will have eternal life.

31 t But many who are now first will be last, and many who are now last will be first.

Jesus Again //Tells about His Death

(Matthew 20.17-19; Luke 18.31-34)


32 The disciples were confused as Jesus led them toward Jerusalem, and his other followers were afraid. Once again, Jesus took the twelve disciples aside and told them what was going to happen to him. He said:
33 We are now on our way to Jerusalem where the Son of Man will be handed over to the chief priests and the teachers of the Law of Moses. They will sentence him to death and hand him over to foreigners, t

34 who will make fun of him and spit on him. They will beat him and kill him. But three days later he will rise to life.

The Request of James //and John

(Matthew 20.20-28)


35 James and John, the sons of Zebedee, came up to Jesus and asked, “Teacher, will you do us a favor?”
36 Jesus asked them what they wanted,

37 and they answered, “When you come into your glory, please let one of us sit at your right side and the other at your left.”t

38  t Jesus told them, “You don't really know what you're asking! Are you able to drink from the cupt that I must soon drink from or be baptized as I must be baptized?”t

39 “Yes, we are!” James and John answered.
Then Jesus replied, “You certainly will drink from the cup from which I must drink. And you will be baptized just as I must!

40 But it isn't for me to say who will sit at my right side and at my left. This is for God to decide.”
41 When the ten other disciples heard this, they were angry with James and John.

42 t But Jesus called the disciples together and said:
You know that those foreigners who call themselves kings like to order their people around. And their great leaders have full power over the people they rule.
43 t But don't act like them. If you want to be great, you must be the servant of all the others. 44 And if you want to be first, you must be everyone's slave.

45 t The Son of Man did not come to be a slave master, but a slave who will give his life to rescuet many people.

Jesus Heals Blind Bartimaeus

(Matthew 20.29-34; Luke 18.35-43)


46 Jesus and his disciples went to Jericho. And as they were leaving, they were followed by a large crowd. A blind beggar by the name of Bartimaeus son of Timaeus was sitting beside the road. 47 When he heard that it was Jesus from Nazareth, he shouted, “Jesus, Son of David, t have pity on me!”

48 Many people told the man to stop, but he shouted even louder, “Son of David, have pity on me!”

49 Jesus stopped and said, “Call him over!”
They called out to the blind man and said, “Don't be afraid! Come on! He is calling for you.”

50 The man threw off his coat as he jumped up and ran to Jesus.

51 Jesus asked, “What do you want me to do for you?”
The blind man answered, “Master, t I want to see!”

52 Jesus told him, “You may go. Your eyes are healed because of your faith.”
At once the man could see, and he went down the road with Jesus.