Markus 12
Die gelykenis van die wingerd
(Ook Matt 21:33-42,45-46; Luk 20:9-19)
1 Jesus het begin om met die mense te praat en Hy het vir hulle tgelykenisse vertel. Hy het gesê: “’n Man het ’n klomp twingerdstokke op sy grond geplant. Hy het ’n muur rondom die twingerd gebou en ’n tparskuip gereedgemaak. En hy het ’n hoë ttoring gebou waarop iemand kon staan om die wingerd op te pas. Daarna het hy die wingerd verhuur aan ander mense. Toe het hy weggegaan. 2 Toe dit tyd word om die druiwe te pluk, het hy ’n tslaaf na die mense toe gestuur om die druiwe te gaan haal wat hy moes kry. 3 Die mense het sy slaaf gegryp, hulle het hom geslaan en hom weggejaag. Hulle het niks vir hom gegee nie. 4 Die eienaar van die wingerd het ’n ander slaaf na hulle toe gestuur. Die mense het hom op sy kop geslaan en baie slegte dinge gedoen aan hom.
5 Toe stuur die eienaar van die wingerd ’n ander slaaf, en die mense het hom doodgemaak. Die eienaar het nog baie ander slawe gestuur. Die mense het party van die slawe geslaan en hulle het party slawe doodgemaak.
6 “Die eienaar het toe nog net een gehad wat hy kon stuur. Dit was sy seun. Hy was baie lief vir die seun. Die eienaar het toe hierdie seun na die mense toe gestuur, dit was die laaste persoon wat hy gestuur het. Hy het gedink hulle sal sy seun respekteer. 7 Die mense het vir mekaar gesê: ‘Hierdie seun sal eendag al die eienaar se goed kry. Kom ons maak hom dood, dan kan ons alles kry.’ 8 Hulle het die seun gegryp, hulle het hom doodgemaak en hom uit die wingerd uitgegooi. 9 Wat dink julle? Wat sal die eienaar van die wingerd doen? Hy sal kom en hy sal daardie mense doodmaak en die wingerd vir ander mense gee.
10 Het julle hierdie woorde in die Ou Testament gelees?
“tDie klip wat die bouers
nie wou gebruik nie,
daardie klip het die belangrikste
klip in die hele gebou geword.
11 Dit is die Here se werk,
en dit is vir ons wonderlik.”
12 Die leiers van die Jode het toe probeer om Jesus te laat vang en toe te sluit. Hulle het geweet Hy het die gelykenis vertel om te wys hulle is soos daardie slegte mense. Maar die leiers van die Jode was bang vir die ander mense en daarom het hulle vir Jesus gelos en hulle het weggegaan van Hom.Aan wie die mense belasting moet betaal
(Ook Matt 22:15-22; Luk 20:20-26)
13 Die tFariseërs en tHerodiane het ’n paar mense na Jesus toe gestuur. Hulle wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, hulle wou hê Hy moet probleme kry.
14 Hulle kom toe na Jesus toe en sê vir Hom: “Meneer, ons weet jy praat altyd die waarheid. Jy is nie bang vir wat die mense sê van jou nie. Jy kyk nie wie mense is nie, jy doen dieselfde aan almal. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en wat jy vir hulle leer, is die waarheid. Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die tkeiser belasting te betaal of nie? Moet ons die belasting betaal of moet ons dit nie betaal nie?”
15 Jesus het geweet hulle is tskynheilig en Hy het vir hulle gevra: “Hoekom wil julle hê Ek moet iets sê wat vir My probleme kan gee? Bring vir My ’n tsilwer geldstuk sodat Ek dit kan sien.”
16 Hulle bring toe vir Jesus ’n silwer geldstuk en Hy vra vir hulle: “Wie se kop en wie se naam is op hierdie geld?”
Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.”
17 Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet aan die keiser betaal wat aan die keiser behoort, maar julle moet ook aan God betaal wat aan God behoort.”
Hulle was baie verbaas oor wat Jesus geantwoord het.Mense wat gesterf het, sal weer lewe
(Ook Matt 22:23-33; Luk 20:27-40)
18 ’n Paar tSadduseërs het na Jesus toe gekom. Die Sadduseërs het nie geglo dat die mense wat gesterf het, weer sal lewe nie. Hulle het vir Jesus gesê:
19 “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Hy het gesê: ‘tWanneer ’n man sterf en sy vrou lewe nog, en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se tnageslag wees.’
20 “Daar was sewe broers. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf, maar hy het nie kinders gehad nie. 21 Die tweede broer het met die oudste broer se weduwee getrou, maar hy het ook gesterf en hulle het ook nie kinders gehad nie. Dieselfde het gebeur met die derde broer. 22 Die sewe broers het almal met die vrou getrou, maar hulle het nie kinders gehad nie. Later het die vrou ook gesterf.
23 Nou vra ons: Wie se vrou sal sy wees wanneer almal wat dood is, weer lewe? Want die sewe broers was almal met haar getroud.”
24 Jesus het vir hulle gesê: “Julle is heeltemal verkeerd. Dit is omdat julle nie die Ou Testament en die krag van God ken nie. 25 Wanneer die mense weer lewe, dan sal hulle nie getroud wees nie, en hulle sal nie trou nie. Hulle sal dan wees soos die tengele in die hemel. 26 Julle vra oor mense wat gesterf het, wat weer sal lewe. Maar het julle nie in die boeke van Moses gelees nie? Moses het geskryf oor die bos wat gebrand het, en daar het God vir Moses gesê: ‘tEk is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.’
27 God is nie die God van dooie mense nie. Hy is die God van mense wat lewe. Julle is heeltemal verkeerd!”Die belangrikste wet in die Ou Testament
(Ook Matt 22:34-40; Luk 10:25-27)
28 Een van die tskrifgeleerdes het gehoor Jesus en die tSadduseërs praat met mekaar en hy het nader gekom. Toe hy hoor dat Jesus hulle goed geantwoord het, vra hy vir Jesus: “Wat is die belangrikste wet in die Ou Testament?”
29 Jesus het geantwoord: “Die belangrikste wet is: ‘tJulle moet luister, mense van Israel, die Here ons God is die enigste Here, 30 en jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand en met al jou krag.’
31 Die tweede belangrike wet is: ‘tJy moet lief wees vir jou tnaaste soos jy lief is vir jouself.’ Daar is nie ’n ander wet wat belangriker is nie.”
32 Die skrifgeleerde sê toe vir Jesus: “Jy het goed geantwoord, Meneer. Dit is waar wat jy sê: ‘tDaar is net een God, daar is nie ’n ander God nie.’
33 Dit is belangrik ‘tom vir God lief te wees met jou hele hart en met jou hele verstand en met al jou krag’ en ‘tom lief te wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.’ Dit is belangriker as al die tbrand-offers en al die ander toffers wat mense vir God gee.”
34 Toe Jesus hoor dat die skrifgeleerde goed geantwoord het, het Hy vir hom gesê: “Jy verstaan nou amper wat dit beteken dat God Koning is.”
Die mense wou toe nie weer vir Jesus iets vra nie.Is die Christus die Seun van Dawid?
(Ook Matt 22:41-45; 23:1-2,5-6,14; Luk 20:41-47)
35 Jesus het vir die mense in die ttempel geleer en Hy het vir hulle gevra: “Hoekom sê die tskrifgeleerdes dat tdie Christus die tSeun van Dawid is?
36 Dawid self het gesê wat die Heilige Gees vir hom gesê het:
“tDie Here het vir my Here,
die Koning, gesê:
Sit hier langs My,
op die belangrikste plek.
Ek sal jou vyande voor jou laat buig
en jy sal jou voete op hulle sit.
37 “Dawid self noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?”
Die groot klomp mense het graag na Jesus geluister.Jesus waarsku die mense teen die godsdienstige leiers
(Ook Matt 23:1-2,6-7,14; Luk 20:45-47; 11:39-52)
38 Toe Jesus vir hulle geleer het, het Hy gesê: “Pasop vir die skrifgeleerdes. Hulle wil graag met tdeftige klere rondloop en hulle wil hê almal moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom. 39 Hulle wil graag sit op die belangrikste plekke in die tsinagoges en by die tfeeste.
40 Maar die skrifgeleerdes is mense wat weduwees tbedrieg en wat hulle huise vat. En hulle is mense wat baie lank bid sodat ander mense dit moet sien. God sal hulle baie swaar straf.”Die arm weduwee se dank-offer
(Ook Luk 21:1-4)
41 Jesus het voor die tdankoffer-kis in die ttempel gaan sit en Hy het gekyk hoe al die mense tkoper geldstukke in die kis gooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi.
42 Daar kom toe ’n arm weduwee en sy gooi twee klein tgeldstukkies in. Dit was baie min geld.
43 Jesus het sy tdissipels geroep en vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat geld in die dankoffer-kis gegooi het. 44 Die ryk mense het baie geld om in te gooi en daarna het hulle nog baie geld. Hierdie vrou is baie arm, maar sy het alles ingegooi, sy het nie meer geld om kos te koop nie.”
Mark 12
The Story of the Renters
1 Jesus began to speak to the people by using stories. He said, "A man planted a vineyard. He put a wall around it. He dug a pit for a winepress. He also built a lookout tower. He rented the vineyard out to some farmers. Then he went away on a journey.
2 "At harvest time he sent a servant to the renters. He told the servant to collect from them some of the fruit of the vineyard.3 But they grabbed the servant and beat him up. Then they sent him away with nothing.4 So the man sent another servant to the renters. They hit this one on the head and treated him badly.5 The man sent still another servant. The renters killed him. The man sent many others. The renters beat up some of them. They killed the others.
6 "The man had one person left to send. It was his son, and he loved him. He sent him last of all. He said, 'They will respect my son.'
7 "But the renters said to each other, 'This is the one who will receive all the owner's property someday. Come, let's kill him. Then everything will be ours.'8 So they took him and killed him. They threw him out of the vineyard.
9 "What will the owner of the vineyard do then? He will come and kill those renters. He will give the vineyard to others.
10 "Haven't you read what Scripture says,
" 'The stone the builders didn't accept
has become the most important stone of all.
11 The Lord has done it.
It is wonderful in our eyes'?" (Psalm 118:22,23)
12 Then the religious leaders looked for a way to arrest Jesus. They knew he had told the story against them. But they were afraid of the crowd. So they left him and went away.
Is It Right to Pay Taxes to Caesar?
13 Later the religious leaders sent some of the Pharisees and Herodians to Jesus. They wanted to trap him with his own words.
14 They came to him and said, "Teacher, we know you are a man of honor. You don't let others tell you what to do or say. You don't care how important they are. But you teach the way of God truthfully. Is it right to pay taxes to Caesar or not?15 Should we pay or shouldn't we?"
But Jesus knew what they were trying to do. So he asked, "Why are you trying to trap me? Bring me a silver coin. Let me look at it."
16 They brought the coin.
He asked them, "Whose picture is this? And whose words?"
"Caesar's," they replied.
17 Then Jesus said to them, "Give to Caesar what belongs to Caesar. And give to God what belongs to God."
They were amazed at him.
Marriage When the Dead Rise
18 The Sadducees came to Jesus with a question. They do not believe that people rise from the dead.19 "Teacher," they said, "Moses wrote for us about a man who died and didn't have any children. But he did leave a wife behind. That man's brother must get married to the widow. He must have children to carry on his dead brother's name.
20 "There were seven brothers. The first one got married. He died without leaving any children.21 The second one got married to the widow. He also died and left no child. It was the same with the third one.22 In fact, none of the seven left any children. Last of all, the woman died too.23 When the dead rise, whose wife will she be? All seven of them were married to her."
24 Jesus replied, "You are mistaken because you do not know the Scriptures. And you do not know the power of God.25 When the dead rise, they won't get married. And their parents won't give them to be married. They will be like the angels in heaven.
26 "What about the dead rising? Haven't you read in the scroll of Moses the story of the bush? God said to Moses, 'I am the God of Abraham. I am the God of Isaac. And I am the God of Jacob.' (Exodus 3:6)27 He is not the God of the dead. He is the God of the living. You have made a big mistake!"
The Most Important Commandment
28 One of the teachers of the law came and heard the Sadducees arguing. He noticed that Jesus had given the Sadducees a good answer. So he asked him, "Which is the most important of all the commandments?"
29 Jesus answered, "Here is the most important one. Moses said, 'Israel, listen to me. The Lord is our God. The Lord is one.30 Love the Lord your God with all your heart and with all your soul. Love him with all your mind and with all your strength.' (Deuteronomy 6:4,5)31 And here is the second one. 'Love your neighbor as you love yourself.' (Leviticus 19:18) There is no commandment more important than these."
32 "You have spoken well, teacher," the man replied. "You are right in saying that God is one. There is no other God but him.33 To love God with all your heart and mind and strength is very important. So is loving your neighbor as you love yourself. These things are more important than all burnt offerings and sacrifices."
34 Jesus saw that the man had answered wisely. He said to him, "You are not far from God's kingdom."
From then on, no one dared to ask Jesus any more questions.
Whose Son Is the Christ?
35 Jesus was teaching in the temple courtyard. He asked, "Why do the teachers of the law say that the Christ is the son of David?
36 The Holy Spirit spoke through David himself. David said,
" 'The Lord said to my Lord,
"Sit at my right hand
until I put your enemies
under your control." ' (Psalm 110:1)
37 David himself calls him 'Lord.' So how can he be David's son?"
The large crowd listened to Jesus with delight.
38 As he taught, he said, "Watch out for the teachers of the law. They like to walk around in long robes. They like to be greeted in the market places.39 They love to have the most important seats in the synagogues. They also love to have the places of honor at dinners.40 They take over the houses of widows. They say long prayers to show off. God will punish those men very much."
The Widow's Offering
41 Jesus sat down across from the place where people put their temple offerings. He watched the crowd putting their money into the offering boxes. Many rich people threw large amounts into them.
42 But a poor widow came and put in two very small copper coins. They were worth much less than a penny.
43 Jesus asked his disciples to come to him. He said, "What I'm about to tell you is true. That poor widow has put more into the offering box than all the others.44 They all gave a lot because they are rich. But she gave even though she is poor. She put in everything she had. She gave all she had to live on."