MARKUS 12
Gelykenis van die slegte druiweboere
1 Toe het Jesus vir hulle begin gelykenisse vertel: Daar was 'n man wat 'n wingerd geplant het. Hy het 'n klipmuur daar rondom gebou, 'n parskuip uitgekap en 'n uitkyktoring opgerig. Toe het hy die wingerd aan boere verhuur en na die buiteland vertrek.2 Met oestyd het hy 'n slaaf na die boere toe gestuur om 'n deel van die druiwe-oes te gaan haal.
3 Maar hulle het hom gegryp en geslaan en met leë hande teruggestuur.
4 Die eienaar het toe nog 'n slaaf gestuur, maar hulle het dié oor die kop geslaan en beledig.
5 Die volgende een het hulle doodgemaak. Hy het nog baie ander gestuur - sommige het hulle geslaan en ander vermoor.
6 Uiteindelik was daar nog net een persoon oor - sy seun vir wie hy innig lief was. Einde ten laaste stuur hy hom na hulle toe met die gedagte: "Hulle sal tog sekerlik my seun spaar."
7 Maar toe sê daardie boere vir mekaar: "Hy is mos die erfgenaam. Kom ons maak hom dood, dan is die erfdeel ons s'n."
8 Hulle het hom doodgemaak en sy liggaam buitekant die wingerd weggegooi.
9 "Wat dink julle sal die eienaar van die wingerd doen?" vra Jesus. "Ek sal vir julle sê: Hy sal kom en hulle om die lewe bring en die wingerd aan ander mense verhuur.10 Julle het tog sekerlik al in die Skrif gelees:
'Juis daardie klip
wat die bouers afgekeur het,
Hý het die hoekklip
van die gebou geword.
11 Dit is die Here wat dit gedoen het
en dit is vir ons wonderlik!'"
12 Die Joodse leiers wou Jesus toe arresteer, want hulle het besef dat Hy hierdie gelykenis op hulle gemik het. Maar hulle was lugtig vir die skare en het Hom toe daar gelaat en weggegaan.
Behoort mense belasting te betaal?
13 Die leiers het 'n aantal Fariseërs en ondersteuners van Herodes gestuur om Jesus in 'n strik te laat trap.
14 Hulle kom vra Hom toe: "Leermeester, ons weet hoe absoluut eerlik u is. U ontsien niemand nie, want u word nie beïnvloed deur mense se belangrikheid nie. Inteendeel, u leer mense wat God van ons verwag sonder om doekies om te draai. Sê nou vir ons: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of nie?"
15 Jesus het egter deur hulle onderduimsheid gesien en sê vir hulle: "Hoekom probeer julle My uitvang? Bring vir My 'n Romeinse muntstuk dat Ek daarna kan kyk."16 Toe hulle dit vir Hom bring, vra Hy vir hulle: "Wie se kop en titel is hierop afgedruk?"
Hulle het Jesus geantwoord: "Die keiser s'n."
17 "Wel," het Hy gesê, "gee dan aan die keiser wat hom toekom. Maar gee aan God alles wat Hóm toekom." Hulle was stomverbaas oor Hom.
Daar is beslis 'n opstanding
18 Toe kom die Sadduseërs na Hom toe. Hulle is 'n groep Jode wat die opstanding uit die dood ontken. Hulle vra Hom toe die volgende:19 "Leermeester, Moses het vir ons 'n wet gegee wat bepaal dat as iemand sterf en sy vrou kinderloos agterlaat, sy broer met die weduwee moet trou en so vir hom 'n nageslag verwek.20 Nou was daar sewe broers. Die eerste een het getrou en kinderloos gesterf.21 Die tweede een het toe met haar getrou, maar ook kinderloos gesterf. So ook die derde een.22 So het dit aangegaan totdat al sewe gesterf het sonder om kinders agter te laat. Laaste van almal is die vrou ook dood.
23 Sê nou vir ons wie se vrou sal sy by die opstanding wees. Al sewe was tog met haar getroud."
24 Jesus het hulle geantwoord: "Julle probleem is dat julle nie die Skrif ken nie. Julle besef ook nie hoe magtig God is nie.25 Want ná die opstanding uit die dood sal daar nie meer huwelike bestaan nie. Mense sal soos engele in die hemel wees.26 En wat die kwessie van die opstanding van die dooies betref - het julle nie raakgelees wat daar in die boek van Moses staan, by die gedeelte oor die brandende doringbos nie? Lank nadat Abraham en Isak en Jakob reeds dood was, het God immers vir Moses gesê: 'Ek is die God van Abraham en Isak en Jakob.'
27 Hy is duidelik die God van lewende mense, nie van dooies nie. Julle is dus totaal verkeerd."
Liefde is die heel belangrikste opdrag
28 Een van die skrifkenners het nadergestaan en geluister na die argument. Beïndruk deur Jesus se goeie antwoord aan die Sadduseërs, vra hy Hom toe: "Watter gebod is die heel belangrikste?"
29 Jesus het hom geantwoord: "Die belangrikste gebod is die volgende: 'Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here.30 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.'
31 Die tweede gebod is net so belangrik: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag."
32 Die skrifkenner sê toe vir Hom: "Leermeester, u het dit pragtig gestel. U het tereg gesê dat daar net een God is.
33 En ek stem volkome saam dat ek Hom moet liefhê met my hele hart, met my volle denke en met al my krag, en my naaste soos myself. Dit is belangriker as al die brandoffers en ander offers."
34 Beïndruk deur die man se insig het Jesus vir hom gesê: "Jy is inderdaad naby aan God se koninkryk!" Hierna het niemand Hom weer met 'n strikvraag in 'n hoek probeer dryf nie.
Jesus stel ook 'n strikvraag
35 Later, toe Jesus besig was om die mense by die tempel te onderrig, het Hy die volgende vraag gestel: "Hoe is dit dan dat die skrifkenners beweer dat die Messias die seun van Dawid is?36 Dawid het tog self deur die Heilige Gees gesê:
'Die Here het vir my Here gesê:
Sit aan my regterhand
totdat Ek jou vyande
heeltemal aan jou
onderwerp het.'
37 "Dawid noem Hom tog self Here. Hoe kan Hy terselfdertyd sy seun wees?"
Die groot skare het dit geniet om na Hom te luister.
Jesus waarsku teen die skrifkenners
38 In sy onderrig het Jesus ook nog gesê: "Oppas vir die skrifkenners! Hulle hou daarvan om met swierige klere te paradeer en om op die dorpspleine begroet te word.39 En hoe verlustig hulle hulle nie in die ereplekke in die sinagoges en by feesmaaltye nie!
40 Hulle beroof die weduwees skaamteloos van hulle huise en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal hulle ekstra swaar gestraf word."
'n Brandarm weduwee se kosbare gawe
41 Jesus het regoor die offerkis gaan sit en gekyk hoe die skare hulle geld in die kis gooi. In die proses het baie welgesteldes groot bedrae geld ingegooi.
42 Toe kom daar 'n brandarm weduwee en sy gooi net twee klein geldstukkies in.43 Daarop roep Jesus sy dissipels na Hom toe en sê vir hulle: "Weet vir seker, hierdie arm weduwee het meer in die offerkis gegooi as al die ander.
44 Julle sien, almal het ingegooi vanuit hulle oorvloed, maar sy het, arm soos sy is, alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe."
MARK 12
Renters of a Vineyard
(Matthew 21.33-46; Luke 20.9-19)
1 t Jesus then told them this story:
A farmer once planted a vineyard. He built a wall around it and dug a pit to crush the grapes in. He also built a lookout tower. Then he rented out his vineyard and left the country.
2 When it was harvest time, he sent a servant to get his share of the grapes.
3 The renters grabbed the servant, beat him up, and sent him away without a thing.
4 The owner sent another servant, but the renters beat him on the head and insulted him terribly.
5 Then the man sent another servant, and they killed him. He kept sending servant after servant. They beat some of them and killed some.
6 The owner had a son he loved very much. Finally, he sent his son to the renters because he thought they would respect him. 7 But they said to themselves, “Someday he will own this vineyard. Let's kill him! That way we can have it all for ourselves.”
8 So they grabbed the owner's son, killed him, and threw his body out of the vineyard.
9 Jesus asked, “What do you think the owner of the vineyard will do? He will come and kill those renters and let someone else have his vineyard.
10 t You surely know that the Scriptures say,
‘The stone the builders
tossed aside
is now the most important
stone of all.
11 This is something
the Lord has done,
and it is amazing to us.’ ”
12 The leaders knew that Jesus was really talking about them, and they wanted to arrest him. But because they were afraid of the crowd, they let him alone and left.Paying Taxes
(Matthew 22.15-22; Luke 20.20-26)
13 The Pharisees got together with Herod's followers.t Then they sent some men to trick Jesus into saying something wrong.
14 They went to him and said, “Teacher, we know that you are honest. You treat everyone with the same respect, no matter who they are. And you teach the truth about what God wants people to do. Tell us, should we pay taxes to the Emperor or not?”
15 Jesus knew what they were up to, and he said, “Why are you trying to test me? Show me a coin!”
16 They brought him a silver coin, and he asked, “Whose picture and name are on it?”
“The Emperor's,” they answered.
17 Then Jesus told them, “Give the Emperor what belongs to him and give God what belongs to God.” The men were amazed at Jesus.Life in the Future World
(Matthew 22.23-33; Luke 20.27-40)
18 t The Sadducees did not believe that people would rise to life after death. So some of them came to Jesus and said:
19 t Teacher, Moses wrote that if a married man dies and has no children, his brother should marry the widow. Their first son would then be thought of as the son of the dead brother. 20 There were once seven brothers. The first one married, but died without having any children. 21 The second brother married his brother's widow, and he also died without having children. The same thing happened to the third brother, 22 and finally to all seven brothers. At last the woman died.
23 When God raises people from death, whose wife will this woman be? After all, she had been married to all seven brothers.
24 Jesus answered:
You are completely wrong! You don't know what the Scriptures teach. And you don't know anything about the power of God. 25 When God raises people to life, they won't marry. They will be like the angels in heaven. 26 t You surely know about people being raised to life. You know that in the story about Moses and the burning bush, God said, “I am the God worshiped by Abraham, Isaac, and Jacob.”t
27 He isn't the God of the dead, but of the living. You Sadducees are all wrong.The Most Important //Commandment
(Matthew 22.34-40; Luke 10.25-28)
28 t One of the teachers of the Law of Moses came up while Jesus and the Sadducees were arguing. When he heard Jesus give a good answer, he asked him, “What is the most important commandment?”
29 t Jesus answered, “The most important one says: ‘People of Israel, you have only one Lord and God. 30 You must love him with all your heart, soul, mind, and strength.’
31 t The second most important commandment says: ‘Love others as much as you love yourself.’ No other commandment is more important than these.”
32 t The man replied, “Teacher, you are certainly right to say there is only one God.
33 t It is also true that we must love God with all our heart, mind, and strength, and that we must love others as much as we love ourselves. These commandments are more important than all the sacrifices and offerings that we could possibly make.”
34 When Jesus saw that the man had given a sensible answer, he told him, “You are not far from God's kingdom.” After this, no one dared ask Jesus any more questions.About David's Son
(Matthew 22.41-46; Luke 20.41-44)
35 As Jesus was teaching in the temple, he said, “How can the teachers of the Law of Moses say the Messiah will come from the family of King David?
36 t The Holy Spirit led David to say,
‘The Lord said to my Lord:
Sit at my right sidet
until I make your enemies
into a footstool for you.’
37 If David called the Messiah his Lord, how can the Messiah be his son?”t
The large crowd enjoyed listening to Jesus teach.Jesus Condemns the Pharisees //and the Teachers of the Law of Moses
(Matthew 23.1-36; Luke 20.45-47)
38 As Jesus was teaching, he said:
Guard against the teachers of the Law of Moses! They love to walk around in long robes and be greeted in the market. 39 They like the front seats in the synagogues and the best seats at banquets.
40 But they cheat widows out of their homes and pray long prayers just to show off. They will be punished most of all.A Widow's Offering
(Luke 21.1-4)
41 Jesus was sitting in the temple near the offering box and watching people put in their gifts. He noticed that many rich people were giving a lot of money. 42 Finally, a poor widow came up and put in two coins worth only a few pennies.
43 Jesus told his disciples to gather around him. Then he said:
I tell you that this poor widow has put in more than all the others. 44 Everyone else gave what they didn't need. But she is very poor and gave everything she had. Now she doesn't have a cent to live on.