previous next

Markus 16

Jesus lewe weer

(Ook Matt 28:1,3,5-8; Luk 24:1-6,9; Joh 20:1-2)

1 Nadat die tSabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria, die ma van Jakobus, en ook Salome lekkerruik-olie gaan koop. Hulle wou dit op Jesus se liggaam gaan uitgooi. 2 Baie vroeg die Sondag-oggend, net nadat die son opgekom het, het hulle by die tgraf gekom.

3 Hulle het aangehou om vir mekaar te vra: “Wie sal vir ons die klip voor die graf wegrol?”
4 Die klip was baie groot, maar toe hulle kyk, sien hulle iemand het klaar die klip voor die graf weggerol. 5 Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle ’n jongman wat regs in die graf sit. Hy het lang wit klere aangehad. Die vroue was baie bang. 6 Die man het vir hulle gesê: “Moenie skrik nie. Julle soek vir Jesus van Nasaret wat tgekruisig is. Hy lewe weer, Hy is nie hier nie. Kyk, hier is die plek waar hulle sy liggaam gesit het.

7 Gaan sê vir sy tdissipels en vir Petrus: ‘Jesus gaan voor julle na Galilea, en julle moet ook gaan. Julle sal Hom daar sien. Dit is soos Hy vir julle gesê het.’ ”

8 Die vroue het uit die graf gegaan en weggehardloop. Hulle het gebewe, want hulle het groot geskrik. Hulle het vir niemand iets vertel nie, want hulle was baie bang.t

Jesus verskyn aan mense

(Ook Matt 28:9-10,16-20; Luk 24:10-11,13-43,50-51; Joh 20:14-29)


9 Jesus het vroeg die Sondag-oggend weer begin lewe. Hy het eerste aan Maria Magdalena tverskyn. Dit is die vrou uit wie Jesus voorheen sewe tduiwels uitgejaag het. 10 Sy het vir die tdissipels wat altyd saam met Hom was, gaan vertel dat Jesus aan haar verskyn het. Hulle was nog besig om te huil en te treur.

11 Toe hulle hoor Jesus lewe en Maria het Hom gesien, het hulle dit nie geglo nie.
12 Daarna het Jesus verskyn aan twee van sy dissipels wat buite die stad was. Jesus het toe anders gelyk.

13 Die twee dissipels het teruggegaan na die stad en hulle het vir die ander dissipels daarvan vertel, maar die ander dissipels het hulle ook nie geglo nie.
14 Later het Jesus verskyn aan die elf dissipels terwyl hulle besig was om te eet. Hy het met hulle geraas omdat hulle nie geglo het nie. Hulle was hardkoppig en wou nie die mense glo nie wat gesê het dat hulle Hom gesien het nadat Hy weer begin lewe het. 15 Jesus het vir hulle gesê: “Gaan na die hele wêreld en bring die goeie boodskap vir al die mense. 16 As iemand glo en gedoop is, dan sal God hom red, maar as iemand nie glo nie, dan sal God hom straf. 17 Die mense wat glo, sal twonderwerke kan doen: Hulle sal my Naam gebruik om duiwels uit te jaag en hulle sal nuwe tale kan praat.

18 Hulle sal slange met hulle hande optel, en as hulle iets drink wat giftig is, dan sal dit hulle nie siek maak nie. Hulle sal hulle hande op siek mense sit, en die siek mense sal gesond word.”
19 Nadat die Here Jesus met die dissipels gepraat het, het God Hom na die hemel geneem, en Jesus het langs God gaan sit, op die belangrikste plek. 20 Sy dissipels het oral die goeie boodskap gebring. Die Here het met hulle saamgewerk sodat hulle wonderwerke kon doen. So het God bewys dat die goeie boodskap waar is.

Mark 16

Jesus Rises From the Dead

1 The Sabbath day ended. Mary Magdalene, Mary the mother of James, and Salome bought spices. They were going to apply them to Jesus' body.
2 Very early on the first day of the week, they were on their way to the tomb. It was just after sunrise.3 They asked each other, "Who will roll the stone away from the entrance to the tomb?"
4 Then they looked up and saw that the stone had been rolled away. The stone was very large.
5 They entered the tomb. As they did, they saw a young man dressed in a white robe. He was sitting on the right side. They were alarmed.
6 "Don't be alarmed," he said. "You are looking for Jesus the Nazarene, who was crucified. But he has risen! He is not here! See the place where they had put him.7 Go! Tell his disciples and Peter, 'He is going ahead of you into Galilee. There you will see him. It will be just as he told you.' "

8 The women were shaking and confused. They went out and ran away from the tomb. They said nothing to anyone, because they were afraid.
9 Jesus rose from the dead early on the first day of the week. He appeared first to Mary Magdalene. He had driven seven demons out of her.10 She went and told those who had been with him. She found them crying. They were very sad.11 They heard that Jesus was alive and that she had seen him. But they did not believe it.
12 After that, Jesus appeared in a different form to two of them. This happened while they were walking out in the country.13 The two returned and told the others about it. But the others did not believe them either.
14 Later Jesus appeared to the Eleven as they were eating. He spoke firmly to them because they had no faith. They would not believe those who had seen him after he rose from the dead.
15 He said to them, "Go into all the world. Preach the good news to everyone.16 Anyone who believes and is baptized will be saved. But anyone who does not believe will be punished.17 Here are the miraculous signs that those who believe will do. In my name they will drive out demons. They will speak in languages they had not known before.18 They will pick up snakes with their hands. And when they drink deadly poison, it will not hurt them at all. They will place their hands on sick people. And the people will get well."
19 When the Lord Jesus finished speaking to them, he was taken up into heaven. He sat down at the right hand of God.
20 Then the disciples went out and preached everywhere. The Lord worked with them. And he backed up his word by the signs that went with it.