Markus 3
Die man met ’n gebreklike hand
(Ook Matt 12:9-10,12-14; Luk 6:6-11)
1 Jesus het weer in die tsinagoge ingegaan. Daar was ’n man met ’n gebreklike hand. 2 Die mense het Jesus dopgehou om te sien of Hy die man op die tSabbatdag gesond sal maak. Hulle wou Hom beskuldig dat Hy verkeerd gedoen het.
3 Hy sê toe vir die man met die gebreklike hand: “Kom staan hier tussen die mense sodat almal jou kan sien.”
4 Jesus het vir die mense gevra: “Mag ’n mens op die Sabbatdag goed doen of verkeerd doen? Mag ’n mens iemand se lewe red, of mag ’n mens hom doodmaak?”
Maar die mense het stilgebly.
5 Jesus het na die mense rondom Hom gekyk. Hy was kwaad en ook hartseer omdat hulle hardkoppig was. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!”
Die man het sy hand uitgesteek, en toe was sy hand gesond.
6 Die tFariseërs het uitgegaan en hulle het dadelik saam met die tHerodiane planne gemaak om Jesus dood te maak.Baie mense kom na Jesus toe
(Ook Matt 12:15-16; 4:25; Luk 6:17-19)
7 Jesus en sy tdissipels het teruggegaan na die see en ’n klomp mense van die provinsie Galilea het saam met Hom gegaan. Daar het ook baie mense van die provinsie Judea gekom, 8 en van Jerusalem, en van die ander kant van die Jordaan-rivier en van die plekke rondom die stede Tirus en Sidon. Hulle het na Jesus toe gekom, want hulle het gehoor van die dinge wat Hy doen. 9 Jesus het vir sy dissipels gesê hulle moet vir Hom ’n bootjie kry. Daar was so baie mense dat Jesus bang was hulle druk teen Hom en maak Hom seer. 10 Jesus het baie mense gesond gemaak, en almal wat siek was, wou by Jesus kom en aan Hom raak. 11 Daar was ook mense wat tonrein geeste in hulle gehad het. Elke maal wanneer hulle Jesus gesien het, het hulle voor Hom op die grond geval en geskree: “U is die Seun van God,”
12 maar Jesus het gesê hulle mag glad nie sê wie Hy is nie.Jesus kies twaalf apostels
(Ook Matt 10:1-4; Luk 6:12-16)
13 Jesus het na die berg gegaan en Hy het die mense wat Hy daar wou hê, na Hom toe geroep. Hulle het na Hom toe gekom. 14 Hy het twaalf manne gekies en Hy het hulle tapostels genoem. Hulle moes by Hom bly. Hy wou hulle stuur sodat hulle kon gaan preek. 15 Hy het vir hulle krag gegee om tduiwels uit mense te jaag. 16 Jesus het twaalf apostels gekies en aangestel. Hy het vir Simon die naam Petrus gegee, 17 en Hy het vir Jakobus en Johannes, die twee seuns van Sebedeus, die naam Boanerges gegee. Dit beteken “Manne van die donderweer.” 18 Die ander apostels was: Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die tpatriot,
19 en Judas Iskariot wat later vir Jesus tverraai het.Die skrifgeleerdes sê Jesus is Beëlsebul
(Ook Matt 12:22-26,29-32; Luk 11:14-15,17-23; 12:10)
20 Daarna het Jesus huis toe gegaan. Daar het weer so baie mense bymekaargekom dat Hy en sy tdissipels nie kon eet nie.
21 Toe Jesus se familie dit hoor, het hulle gegaan om Hom daar weg te vat, want party mense het gesê: “Hy is mal!”
22 Die tskrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, het gesê: “tBeëlsebul, die leier van die tduiwels, is in hom. Beëlsebul help vir Jesus om die duiwels uit te jaag.”
23 Jesus het die mense geroep om nader te kom en Hy het vir hulle tgelykenisse vertel. Hy het gesê: “Hoe kan die tSatan homself uitjaag? Hy kan nie. 24 As die mense van ’n land nie met mekaar kan saamwerk nie, dan kan hulle nie aanhou lewe nie. 25 En as die mense van ’n huisgesin nie met mekaar kan saamwerk nie, dan sal daardie huisgesin nie bymekaar bly nie. 26 Wat julle sê, beteken dat die Satan teen homself baklei, en dat hy nie met homself kan saamwerk nie. As dit so is, dan kan hy niks meer doen nie, en dan is dit sy einde. 27 ’n Mens kan nie maklik in die huis van ’n sterk man ingaan en sy goed steel nie. Nee, jy moet eers die sterk man vasbind, dan kan jy alles in sy huis steel. 28 Ek sê vir julle, en dit is seker: God sal mense vergewe wanneer hulle sonde doen en sleg praat van iemand.
29 Maar as iemand iets sleg sê teen die Heilige Gees, dan sal God dit nooit vergewe nie. So iemand sal altyd tskuldig wees.”
30 Jesus het dit gesê omdat die mense gesê het: “Hy het ’n tonrein gees in hom.”Jesus se ma en sy broers
(Ook Matt 12:46-50; Luk 8:19-21)
31 Jesus se ma en sy broers het na Hom toe gekom. Hulle het buite bly staan, en hulle het ’n boodskap na Hom toe gestuur om Hom te roep.
32 Baie mense het rondom Jesus gesit. Hulle het vir Hom gesê: “Kyk, jou ma en jou broers en jou susters is daar buite en hulle soek jou.”
33 Jesus het vir hulle gevra: “Wie is my ma en my broers?”
34 Hy kyk toe na die mense wat in ’n kring rondom Hom sit, en Hy sê: “Hierdie mense is my ma en my broers. 35 Elkeen wat doen wat God wil hê, is my broer of my suster of my ma.”
Mark 3
1 Another time Jesus went into the synagogue. A man with a weak and twisted hand was there.2 Some Pharisees were trying to find fault with Jesus. They watched him closely. They wanted to see if he would heal the man on the Sabbath day.
3 Jesus spoke to the man with the weak and twisted hand. "Stand up in front of everyone," he said.
4 Then Jesus asked them, "What does the Law say we should do on the Sabbath day? Should we do good? Or should we do evil? Should we save life? Or should we kill?" But no one answered.
5 Jesus looked around at them in anger. He was very upset because their hearts were stubborn. Then he said to the man, "Stretch out your hand." He stretched it out, and his hand was as good as new.
6 Then the Pharisees went out and began to make plans with the Herodians. They wanted to kill Jesus.
Crowds Follow Jesus
7 Jesus went off to the Sea of Galilee with his disciples. A large crowd from Galilee followed.8 People heard about all that Jesus was doing. And many came to him. They came from Judea, Jerusalem, and Idumea. They came from the lands east of the Jordan River. And they came from the area around Tyre and Sidon.
9 Because of the crowd, Jesus told his disciples to get a small boat ready for him. This would keep the people from crowding him.10 Jesus had healed many people. So those who were sick were pushing forward to touch him.
11 When people with evil spirits saw him, they fell down in front of him. The spirits shouted, "You are the Son of God!"12 But Jesus ordered them not to tell who he was.
Jesus Appoints the Twelve Apostles
13 Jesus went up on a mountainside. He called for certain people to come to him, and they came.14 He appointed 12 of them and called them apostles. From that time on they would be with him. He would also send them out to preach.15 They would have authority to drive out demons.
16 So Jesus appointed the Twelve. Simon was one of them. Jesus gave him the name Peter.17 There were James, son of Zebedee, and his brother John. Jesus gave them the name Boanerges. Boanerges means Sons of Thunder.18 There were also Andrew, Philip, Bartholomew, Matthew, Thomas, and James, son of Alphaeus. And there were Thaddaeus and Simon the Zealot.19 Judas Iscariot was one of them too. He was the one who was later going to hand Jesus over to his enemies.
Jesus and Beelzebub
20 Jesus entered a house. Again a crowd gathered. It was so large that Jesus and his disciples were not even able to eat.21 His family heard about this. So they went to take charge of him. They said, "He is out of his mind."
22 Some teachers of the law were there. They had come down from Jerusalem. They said, "He is controlled by Beelzebub! He is driving out demons by the power of the prince of demons."
23 So Jesus called them over and spoke to them by using stories. He said, "How can Satan drive out Satan?24 If a kingdom fights against itself, it can't stand.25 If a family is divided, it can't stand.26 And if Satan fights against himself, and his helpers are divided, he can't stand. That is the end of him.27 In fact, none of you can enter a strong man's house and just take what the man owns. You must first tie him up. Then you can rob his house.
28 "What I'm about to tell you is true. Everyone's sins and evil words against God will be forgiven.29 But anyone who speaks evil things against the Holy Spirit will never be forgiven. His guilt will last forever."
30 Jesus said this because the teachers of the law were saying, "He has an evil spirit."
Jesus' Mother and Brothers
31 Jesus' mother and brothers came and stood outside. They sent someone in to get him.32 A crowd was sitting around Jesus. They told him, "Your mother and your brothers are outside. They are looking for you."
33 "Who is my mother? Who are my brothers?" he asked.
34 Then Jesus looked at the people sitting in a circle around him. He said, "Here is my mother! Here are my brothers!35 Anyone who does what God wants is my brother or sister or mother."