MARKUS 3
Jesus maak iemand op die Sabbat gesond
1 Jesus het weer na die sinagoge toe gegaan. Daar was 'n man met 'n misvormde hand.2 Omdat dit op die Sabbat was, het Jesus se vyande Hom fyn dopgehou. Sou Hy die man se hand op die Sabbat gesond maak? Indien wel, sou hulle Hom kon aankla.3 Hy sê toe vir die man met die misvormde hand: "Kom staan hier in die middel."
4 Daarna sê Hy vir sy teenstanders: "Mag 'n mens goeddoen op die Sabbat of kwaad? Is hierdie dag bedoel om 'n lewe te red of te vernietig?" Maar hulle wou Hom nie antwoord nie.
5 Terwyl hulle so rondom Hom staan, het Hy hulle die een na die ander met verontwaardiging aangekyk, diep bedroef oor die gevoelloosheid van hulle harte. Toe sê Hy vir die man: "Steek uit jou hand."
Hy het dit uitgesteek, en sy hand het gesond geword.
6 Dadelik het die Fariseërs uitgegaan en saam met Herodes se ondersteuners gaan beplan hoe hulle Jesus gaan doodmaak.
Groot skares kom na Jesus toe
7 Jesus het saam met sy dissipels na die see toe gegaan. 'n Groot skare het agter Hom aangekom - van Galilea, Judea,
8 Jerusalem, Idumea, oorkant die Jordaan, en selfs van so ver as Tirus en Sidon. Die nuus van wat Hy gedoen het, het wyd versprei en 'n groot menigte mense het na Hom toe gekom.
9 Jesus het aan sy dissipels opdrag gegee om 'n bootjie vir Hom gereed te hou om te voorkom dat die skare Hom vertrap.
10 Hy het daardie dag baie mense gesond gemaak met die gevolg dat almal met die een of ander kwaal Hom oorval het sodat hulle aan Hom kon raak.
11 Telkens wanneer dié wat van onrein geeste besete was Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskree: "Jy is die Seun van God!"
12 Maar Jesus het hulle streng gewaarsku om nie te sê wie Hy is nie.
Jesus kies twaalf apostels om koninkrykswerk te doen
13 Hierna het Jesus teen 'n berg opgegaan en dié na Hom toe geroep wat Hy by Hom wou hê. En hulle het na Hom toe gekom.14 Hy het twaalf gekies om gereeld by Hom te wees en hulle apostels genoem. Hy wou hulle stuur om te gaan preek,
15 en om met volmag duiwels uit te dryf.
16 Hier volg die name van die twaalf wat Hy gekies het:
Simon (Jesus het sy naam verander
na Petrus),
17 Jakobus en Johannes (die seuns
van Sebedeus, maar Jesus het hulle
die bynaam "Seuns van die
Donder" gegee),
18 Andreas,
Filippus,
Bartolomeus,
Matteus,
Tomas,
Jakobus (die seun van Alfeus),
Taddeus, Simon (die Yweraar),
19 Judas Iskariot (wat Hom later
uitgelewer het).
Jesus se vyande beweer Hy is van die duiwel besete
20 Toe Jesus huis toe gaan, het daar weer 'n skare saamgedrom sodat Hy en sy dissipels nie eers meer tyd kon kry om te eet nie.
21 Toe Jesus se familie daarvan hoor, wou hulle Hom wegvat, want hulle het gesê: "Hy is skoon van sy verstand af."
22 Die skrifkenners wat van Jerusalem af gekom het, het egter gesê: "Beëlsebul, die baasduiwel, is in hom. Dit is deur hierdie baasduiwel dat hy die bose geeste uitdryf."
23 Jesus het die mense nadergeroep en deur middel van gelykenisse op hierdie beskuldiging gereageer. "Hoe kan Satan homself uitdryf?" het Hy gevra.24 "'n Koninkryk wat teen homself stryd voer, kan tog nie staande bly nie!25 En as daar onderlinge stryd in 'n huisgesin heers, kan daardie huisgesin dit tog nie oorleef nie!26 Net so, as Satan teen homself in opstand kom en verdeeld raak, kan hy nie bly staan nie; dit sal klaar wees met hom.
27 Jy kan tog sekerlik nie sommer in die huis van 'n sterk man ingaan om sy besittings te roof tensy jy hom vooraf vasbind nie. Eers as jy dit gedoen het, sal jy hom kan beroof.
28 "Ek verseker julle, elke sonde, ja, selfs elke lastering wat mense uitspreek, sal hulle vergewe word,29 maar wie teen die Heilige Gees laster, sal tot in ewigheid nie vergifnis kry nie. So iemand sal vir altyd skuldig bly."
30 Dit het Jesus gesê omdat hulle beweer het dat daar 'n onrein gees in Hom was.
Jesus se ware gesinslede is hulle wat aan God gehoorsaam is
31 Jesus se ma en broers het juis toe daar aangekom. Hulle het buite bly staan en vir Hom laat weet dat Hy na hulle toe moes kom.
32 Daar het 'n skare rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: "Kyk, u ma en u broers en u susters staan buite en vra na U!"
33 Jesus het geantwoord: "Wie is regtig my ma en my broers?"34 Daarop kyk Hy na dié wat so rondom Hom sit, en Hy sê: "Julle is my ma en my broers.
35 Elkeen wat aan God gehoorsaam is, is my eintlike gesinslede."
MARK 3
A Man with a Paralyzed Hand
(Matthew 12.9-14; Luke 6.6-11)
1 The next time Jesus went into the synagogue, a man with a paralyzed hand was there.
2 The Phariseest wanted to accuse Jesus of doing something wrong, and they kept watching to see if Jesus would heal him on the Sabbath.
3 Jesus told the man to stand up where everyone could see him.
4 Then he asked, “On the Sabbath should we do good deeds or evil deeds? Should we save someone's life or destroy it?” But no one said a word.
5 Jesus was angry as he looked around at the people. Yet he felt sorry for them because they were so stubborn. Then he told the man, “Stretch out your hand.” He did, and his bad hand was healed.
6 The Pharisees left. And at once they started making plans with Herod's followerst to kill Jesus.Large Crowds Come to Jesus
7 Jesus led his disciples down to the shore of the lake. Large crowds followed him from Galilee, Judea, 8 and Jerusalem. People came from Idumea, as well as other places east of the Jordan River. They also came from the region around the towns of Tyre and Sidon. All of these crowds came because they had heard what Jesus was doing.
9 t He even had to tell his disciples to get a boat ready to keep him from being crushed by the crowds.
10 After Jesus had healed many people, the other sick people begged him to let them touch him. 11 And whenever any evil spirits saw Jesus, they would fall to the ground and shout, “You are the Son of God!”
12 But Jesus warned the spirits not to tell who he was.Jesus Chooses //His Twelve Apostles
(Matthew 10.1-4; Luke 6.12-16)
13 Jesus decided to ask some of his disciples to go up on a mountain with him, and they went. 14 Then he chose twelve of them to be his apostles, t so they could be with him. He also wanted to send them out to preach 15 and to force out demons. 16 Simon was one of the twelve, and Jesus named him Peter. 17 There were also James and John, the two sons of Zebedee. Jesus called them Boanerges, which means “Thunderbolts.” 18 Andrew, Philip, Bartholomew, Matthew, Thomas, James son of Alphaeus, and Thaddaeus were also apostles. The others were Simon, known as the Eager One, t
19 and Judas Iscariot, t who later betrayed Jesus.Jesus and the Ruler //of Demons
(Matthew 12.22-32; Luke 11.14-23; 12.10)
20 Jesus went back home, t and once again such a large crowd gathered that there was no chance even to eat.
21 When Jesus' family heard what he was doing, they thought he was crazy and went to get him under control.
22 t Some teachers of the Law of Moses came from Jerusalem and said, “This man is under the power of Beelzebul, the ruler of demons! He is even forcing out demons with the help of Beelzebul.”
23 Jesus told the people to gather around him. Then he spoke to them in riddles and said:
How can Satan force himself out? 24 A nation whose people fight each other won't last very long. 25 And a family that fights won't last long either.
26 So if Satan fights against himself, that will be the end of him.
27 How can anyone break into the house of a strong man and steal his things, unless he first ties up the strong man? Then he can take everything.
28 I promise you that any of the sinful things you say or do can be forgiven, no matter how terrible those things are.
29 t But if you speak against the Holy Spirit, you can never be forgiven. That sin will be held against you forever.
30 Jesus said this because the people were saying that he had an evil spirit in him.Jesus' Mother and Brothers
(Matthew 12.46-50; Luke 8.19-21)
31 Jesus' mother and brothers came and stood outside. Then they sent someone with a message for him to come out to them.
32 The crowd sitting around Jesus told him, “Your mother and your brothers and sisterst are outside and want to see you.”
33 Jesus asked, “Who is my mother and who are my brothers?” 34 Then he looked at the people sitting around him and said, “Here are my mother and my brothers. 35 Anyone who obeys God is my brother or sister or mother.”