Markus 4
Die gelykenis van die saaier
(Ook Matt 13:1-9; Luk 8:4-8)
1 Jesus het weer vir die mense langs die see begin leer. Daar het ’n groot klomp mense na Hom toe gekom en hulle het by Hom kom staan. Daarom het Jesus in ’n boot geklim wat in die water gelê het, en Hy het gaan sit. Al die mense het op die strand langs die water gestaan. 2 Jesus het altyd vir hulle tgelykenisse vertel en vir hulle baie dinge geleer. Hy het gesê: 3 “Luister wat Ek vir julle sê: ’n Man het saad gaan saai, hy was die saaier. 4 Terwyl hy gesaai het, het party van die saad op die voetpad in die koringland geval. Die voëls het gekom en hulle het die saad opgepik. 5 Party van die saad het op vlak grond geval. Daar was klip onder die grond. Die saad het gou begin groei omdat die grond nie diep was nie. 6 Maar toe die son opkom en warm word, het die plante doodgebrand, omdat dit nie sterk wortels gehad het nie. 7 Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het gegroei en grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei. Die man het daar niks koring afgesny nie.
8 Party van die saad het in tvrugbare grond geval. Dit het opgekom en gegroei en daar was baie koring. Een plant het 30 maal meer gegee as die saad, ’n ander plant 60 maal meer, en ’n ander plant 100 maal meer.”
9 Jesus het gesê: “As iemand kan verstaan wat Ek sê, dan moet hy gehoorsaam wees!”Jesus sê hoekom Hy gelykenisse vertel
(Ook Matt 13:10-11,13; Luk 8:9-10)
10 Later was Jesus alleen. Die twaalf tdissipels en die ander mense by Hom het vir Hom gevra wat die tgelykenisse beteken. 11 Jesus het vir hulle gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy die Koning is en dat Hy regeer. Die ander mense wat nie aan My behoort nie, verstaan dit nie.
12 Ek vertel vir hulle die gelykenisse
“twant Ek wil hê hulle moet
kyk en kyk
maar niks sien nie,
en hulle moet hoor en hoor
maar niks verstaan nie.
As die ander mense
dit verstaan het,
dan sou hulle begin lewe het
soos God wil hê,
en dan sou God hulle sonde
vergewe het.”Jesus sê wat die gelykenis van die saaier beteken
(Ook Matt 13:18-23; Luk 8:11-15)
13 Jesus sê toe vir sy tdissipels: “Verstaan julle nie hierdie tgelykenis nie? As julle dit nie verstaan nie, dan sal julle die ander gelykenisse nog minder verstaan. 14 Die saad wat die saaier saai, is die boodskap wat van God kom. 15 Wanneer die saad op die voetpad val, dan is dit soos wanneer mense die woorde van die boodskap hoor, maar die tSatan kom dadelik en hy vat die woorde weg wat God in hulle harte gesaai het. 16 Wanneer die saad in vlak grond val waar daar klippe onder die grond is, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor en dadelik bly is daaroor. 17 Maar hulle is soos die plante wat nie diep wortels het nie en wat net ’n kort tydjie lewe. Hulle hoor die boodskap en hulle glo dit, maar wanneer die mense hulle daaroor verdruk, en hulle begin swaarkry, dan hou hulle op om te glo. 18 Wanneer die saad tussen die dorings val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor 19 maar hulle is bekommerd oor die dinge van hierdie wêreld. Hulle dink net aan geld en hulle wil baie ander dinge graag hê. Die dinge van die wêreld is soos die dorings wat die koringplantjies toegroei. Vir hierdie mense word ander dinge belangriker as die boodskap van God. Daarom kan die boodskap nie hulle lewe verander nie, soos die saad nie vrugte dra nie.
20 Wanneer die saad in tvrugbare grond val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor en dit glo, en dit verander hulle lewe. Dit dra vrugte, by party mense 30 maal meer as die saad wat die saaier gesaai het, by party mense 60 maal meer, en by party mense 100 maal meer.”Die dissipels moet goed luister na die boodskap van God
(Ook Matt 5:15; 10:26; 7:2; 13:12; Luk 8:16-18; 11:33)
21 Jesus het ook vir hulle gesê: “Niemand sit ’n tlamp onder ’n emmer of onder ’n bed nie. Nee! ’n Mens sit ’n lamp op die lampstaander. 22 God is Koning. Niemand kan hierdie geheim wegsteek nie. Almal sal daarvan weet en almal sal dit kan sien. Daar is dinge wat mense nou nie ken nie, maar God sal dit vir hulle wys.
23 As iemand kan verstaan wat Ek sê, dan moet hy gehoorsaam wees!”
24 Jesus het ook vir hulle gesê: “Julle moet goed luister na die boodskap van God. God sal luister na julle soos julle luister na Hom. Hy sal nog beter luister na julle.
25 As iemand klaar die boodskap ’n klein bietjie verstaan, dan sal God hom help om nog beter te verstaan. Maar as iemand dit nie verstaan nie, dan sal God hom nie help nie, hy sal niks verstaan nie.”Die gelykenis van die saad wat self groei
26 Jesus het gesê: “Wanneer God Koning is, dan is dit soos wanneer ’n man saad in die grond saai, 27 en dan in die aand gaan slaap en in die oggend opstaan. Die saad begin groei en die plante word groter. Die man weet nie hoe dit gebeur nie. 28 Die grond laat die koring self groei. Eers groei ’n klein plantjie, dan kom die tkoring-aar uit en daarna word dit ’n groot koring-aar.
29 Wanneer die koring ryp is, dan sny die man dit dadelik af met ’n tsekel, want dan is dit die tyd om dit te doen.”Die gelykenis van die mosterd-saad
(Ook Matt 13:31-32; Luk 13:18-19)
30 Jesus het gesê: “Hoe kan Ek vir julle verduidelik hoe dit is wanneer God Koning is? Watter tgelykenis kan Ek gebruik? 31 Dit is soos ’n mosterd-saad. Iemand plant dit, en dit is die kleinste saadjie op die aarde.
32 Maar wanneer hy dit geplant het en die plant klaar gegroei het, dan is dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit kry groot takke en die voëls maak neste in sy skaduwee.”Hoekom Jesus gelykenisse vertel het
(Ook Matt 13:34)
33 Jesus het baie tgelykenisse soos hierdie vertel wanneer Hy met die mense gepraat het. Hy het gelykenisse vertel wat hulle kon verstaan.
34 Hy het altyd gelykenisse gebruik wanneer Hy met die mense gepraat het. Wanneer Hy alleen was saam met sy tdissipels, dan het Hy vir hulle verduidelik wat die gelykenisse beteken.Jesus maak die storm stil
(Ook Matt 8:23-27; Luk 8:22-25)
35 Daardie aand het Jesus vir sy tdissipels gesê: “Kom ons gaan oor na die ander kant van die see.”
36 Die dissipels het weggegaan van die groot klomp mense. Jesus was nog in die boot en die dissipels het Hom saamgeneem. Daar was ook ander bote saam met hulle. 37 ’n Sterk stormwind het begin waai en die branders het so hoog teen die boot begin slaan dat die boot vol water begin word het.
38 Jesus het agter in die boot op ’n kussing gelê en slaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en hulle vra vir Hom: “Meneer, is U nie bekommerd oor ons nie? Ons sal verdrink!”
39 Jesus het opgestaan en Hy het kwaai met die wind gepraat. Hy het vir die see gesê: “Bly stil! Word kalm!”
Die wind het opgehou waai en die see het stil en kalm geword.
40 Jesus vra toe vir hulle: “Hoekom is julle bang? Glo julle nou nog nie in My nie?”
41 Die dissipels het baie bang geword. Hulle sê toe vir mekaar: “Wie is hierdie Man? Ook die wind en die see luister na Hom.”
Mark 4
The Story of the Farmer
1 Again Jesus began to teach by the Sea of Galilee. The crowd that gathered around him was very large. So he got into a boat. He sat down in it out on the lake. All the people were along the shore at the water's edge.2 He taught them many things by using stories.
In his teaching he said,3 "Listen! A farmer went out to plant his seed.4 He scattered the seed on the ground. Some fell on a path. Birds came and ate it up.5 Some seed fell on rocky places, where there wasn't much soil. The plants came up quickly, because the soil wasn't deep.6 When the sun came up, it burned the plants. They dried up because they had no roots.7 Other seed fell among thorns. The thorns grew up and crowded out the plants. So the plants did not bear grain.8 Still other seed fell on good soil. It grew up and produced a crop 30, 60, or even 100 times more than the farmer planted."
9 Then Jesus said, "Those who have ears should listen."
10 Later Jesus was alone. The Twelve asked him about the stories. So did the others around him.11 He told them, "The secret of God's kingdom has been given to you. But to outsiders everything is told by using stories.12 In that way,
" 'They will see but never know what they are seeing.
They will hear but never understand.
Otherwise they might turn and be forgiven!' " (Isaiah 6:9,10)
13 Then Jesus said to them, "Don't you understand this story? Then how will you understand any stories of this kind?14 The seed the farmer plants is God's message.15 What is seed scattered on a path like? The message is planted. The people hear the message. Then Satan comes. He takes away the message that was planted in them.16 And what is seed scattered on rocky places like? The people hear the message. At once they receive it with joy.17 But they have no roots. So they last only a short time. They quickly fall away from the faith when trouble or suffering comes because of the message.18 And what is seed scattered among thorns like? The people hear the message.19 But then the worries of this life come to them. Wealth comes with its false promises. The people also long for other things. All of those are the kinds of things that crowd out the message. They keep it from producing fruit.20 And what is seed scattered on good soil like? The people hear the message. They accept it. They produce a good crop 30, 60, or even 100 times more than the farmer planted."
A Lamp on a Stand
21 Jesus said to them, "Do you bring in a lamp to put it under a large bowl or a bed? Don't you put it on its stand?22 What is hidden is meant to be seen. And what is put out of sight is meant to be brought out into the open.23 Everyone who has ears should listen."
24 "Think carefully about what you hear," he said. "As you give, so you will receive. In fact, you will receive even more.25 If you have something, you will be given more. If you have nothing, even what you have will be taken away from you."
The Story of the Growing Seed
26 Jesus also said, "Here is what God's kingdom is like. A farmer scatters seed on the ground.27 Night and day the seed comes up and grows. It happens whether the farmer sleeps or gets up. He doesn't know how it happens.28 All by itself the soil produces grain. First the stalk comes up. Then the head appears. Finally, the full grain appears in the head.29 Before long the grain ripens. So the farmer cuts it down, because the harvest is ready."
The Story of the Mustard Seed
30 Again Jesus said, "What can we say God's kingdom is like? What story can we use to explain it?31 It is like a mustard seed, which is the smallest seed planted in the ground.32 But when you plant the seed, it grows. It becomes the largest of all garden plants. Its branches are so big that birds can rest in its shade."
33 Using many stories like those, Jesus spoke the word to them. He told them as much as they could understand.34 He did not say anything to them without using a story. But when he was alone with his disciples, he explained everything.
Jesus Calms the Storm
35 When evening came, Jesus said to his disciples, "Let's go over to the other side of the lake."36 They left the crowd behind. And they took him along in a boat, just as he was. There were also other boats with him.
37 A wild storm came up. Waves crashed over the boat. It was about to sink.38 Jesus was in the back, sleeping on a cushion. The disciples woke him up. They said, "Teacher! Don't you care if we drown?"
39 He got up and ordered the wind to stop. He said to the waves, "Quiet! Be still!" Then the wind died down. And it was completely calm.
40 He said to his disciples, "Why are you so afraid? Don't you have any faith at all yet?"
41 They were terrified. They asked each other, "Who is this? Even the wind and the waves obey him!"