MARKUS 4
Gelykenis van die boer en sy saad
1 Jesus het toe weer die mense op die strand begin onderrig. Daar drom toe so 'n reuse skare om Hom saam dat Hy in 'n skuit wat op die water vasgemeer was, gaan sit het terwyl die hele menigte op die strand was.2 Hy het hulle toe breedvoerig deur middel van gelykenisse onderrig. Hier volg 'n tipiese gelykenis:3 "Luister nou goed," het Jesus gesê. "'n Boer het eendag lande toe gegaan om te saai.4 In die saaiproses het party van die saad op 'n voetpaadjie geval en die voëls het dit kom oppik.5 'n Ander deel het weer op klipperige aarde sonder enige diepte geval. As gevolg van die vlak grond het dit vinnig opgeskiet.6 Maar toe die son warm begin bak, het dit verlep en omdat dit nie diep wortelgeskiet het nie, het dit toe heeltemal verdroog.7 Nog 'n deel het tussen die dorings geval. Toe die dorings opkom, het dit die koring verstik en dit het geen oes voortgebring nie.8 Nog ander saad het op goeie grond geval. Dit het opgekom, gegroei en 'n oes voortgebring - tot 30 en 60 en 100 maal wat oorspronklik gesaai is.
9 Elkeen wat kan hoor," het Jesus gesê, "moet goed luister na wat Ek sê."
Waarom Jesus gelykenisse gebruik
10 Later, toe Jesus alleen was saam met die twaalf dissipels en sy ander mense, het hulle Hom uitgevra: "Wat beteken hierdie gelykenisse?"
11 Jesus het hulle geantwoord: "Julle word bevoorreg om die geheim van God se koningsheerskappy te verstaan. Maar vir die buitestanders bly hierdie dinge blote gelykenisse sodat die Skrifwoord vervul kan word:
12 'Sodat hulle sien wat Ek doen,
maar nie die bedoeling daarvan
verstaan nie;
sodat hulle my woorde hoor,
en dit tog nie begryp nie;
sodat hulle nie van hulle
sondes wegdraai
en vergewe word nie.'"
Jesus verklaar die gelykenis van die saaier
13 Hy sê toe vir hulle: "As julle nie hierdie gelykenis verstaan nie, hoe sal julle al die ander begryp wat Ek vir julle gaan vertel?14 Die boer waarvan Ek julle vertel het, is die een wat die saad van die woord uitstrooi.15 Hulle by wie die saad op die voetpaadjie val, staan vir die mense wat die woord hoor, maar dan kom Satan dadelik en vat die woord wat op hulle lewens gesaai is, weg.16 En hulle by wie op klipperige grond gesaai is, staan vir die mense wat die woord hoor en dit dadelik vol blydskap aanneem.17 Maar soos dit met jong plantjies in sulke grond gaan, skiet hulle nie diep wortel nie. Hulle hou net vir 'n rukkie. Sodra daar probleme of vervolging ter wille van die Goeie Nuus kom, struikel hulle dadelik in die geloof.18 Daardie mense by wie tussen die dorings gesaai is, staan vir die mense wat die woord hoor,19 maar die bekommernisse van hierdie lewe en die lokstem van die rykdom en die hunkering na allerhande goed verstik gou die woord, en dit bly sonder vrug.
20 Maar hulle by wie op die goeie grond gesaai is, is die mense wat die woord hoor en dit aanneem en 'n groot oes oplewer - party 30, party 60, party selfs 100 maal wat oorspronklik gesaai is."
'n Lamp wat brand, moet gesién word
21 Jesus het vir hulle gesê: "'n Lamp is tog sekerlik nie bedoel om onder 'n emmer of onder 'n bed gesit te word nie. Dis mos bedoel om op 'n lampstaander gesit te word waar dit sy lig kan versprei.
22 "Alles wat nou geheim is, sal bekendgemaak word. Alles wat nou verborge is, sal aan die lig kom.23 Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê."24 Hy het ook vir hulle gesê: "Maak seker dat julle goed aandag gee aan wat julle van My hoor. Hoe meer julle luister, hoe meer sal julle verstaan - en julle sal boonop nog meer ontvang.
25 Wie hulle oopstel vir my onderrig - vir hulle sal nog meer gegee word. Maar wie dit nie doen nie - van hulle sal selfs die bietjie wat hulle het, ook nog weggeneem word."
Die gelykenis van die saad wat stilweg groei
26 Jesus het ook gesê: "God se koningsheerskappy is soos 'n boer wat saad op sy land saai.27 Dan gaan hy voort met sy ander daaglikse aktiwiteite. Intussen ontkiem en groei die saad - hoe, weet hy self nie mooi nie.28 Die grond produseer die graan vanself: eers kom die eerste blaartjie uit, dan vorm die aar en uiteindelik sit die volgroeide koringkorrel in die aar.
29 En sodra die koring ryp is, steek die boer die sekel in, want die oestyd is daar."
Die gelykenis van die mosterdsaad
30 "Waarmee kan Ek die koningsheerskappy van God vergelyk?" het Jesus gevra. "En met watter gelykenis sal ons dit toelig?31 Dis soos 'n mosterdsaadjie wat wel die kleinste van alle sade is,
32 maar nadat dit geplant is, skiet dit op en word groter as al die plante in die tuin. Dit maak takke wat so groot word dat die voëls veilig daarin kan kom nes maak."
Jesus se onderrig bestaan uit gelykenisse
33 Jesus het baie sulke gelykenisse gebruik om die woord aan die mense te bedien volgens wat hulle kon verstaan.
34 Eintlik het Hy in sy openbare onderrig net gelykenisse gebruik, maar wanneer Hy agterna alleen was saam met sy dissipels, het Hy alles vir hulle verder verduidelik.
Jesus kalmeer die storm
35 Teen die aand sê Jesus vir sy dissipels: "Kom ons vaar oorkant toe."36 Hulle het die skare toe agtergelaat en Jesus - Hy was immers alreeds in die skuit - sommer net so saamgeneem (alhoewel daar ander skuite agternagekom het).
37 Daar het 'n hewige stormwind opgekom. Groot golwe het teen die skuit gebreek, met die gevolg dat dit alreeds vol water begin word het.
38 Jesus het agter in die skuit gelê en slaap met sy kop op 'n kussing. Sy dissipels maak Hom toe wakker en sê vir Hom: "Leermeester, gee U nie om dat ons besig is om te vergaan nie?"
39 Jesus het opgestaan, die stormwind ernstig aangespreek en vir die see gesê: "Bedaar! Word kalm!" Toe het die wind gaan lê en daar het 'n groot rustigheid gekom.
40 Hy vra toe vir hulle: "Hoekom is julle so verskrik? Vertrou julle My nog steeds nie?"
41 Hulle was heeltemal oorweldig en het vir mekaar gesê: "Wie is Hy werklik? Selfs die wind en die see luister na Hom!"
MARK 4
A Story about a Farmer
(Matthew 13.1-9; Luke 8.4-8)
1 t The next time Jesus taught beside Lake Galilee, a big crowd gathered. It was so large that he had to sit in a boat out on the lake, while the people stood on the shore.
2 He used stories to teach them many things, and this is part of what he taught:
3 Now listen! A farmer went out to scatter seed in a field. 4 While the farmer was scattering the seed, some of it fell along the road and was eaten by birds. 5 Other seeds fell on thin, rocky ground and quickly started growing because the soil wasn't very deep. 6 But when the sun came up, the plants were scorched and dried up, because they did not have deep roots. 7 Some other seeds fell where thornbushes grew up and choked out the plants. So they did not produce any grain.
8 But a few seeds did fall on good ground where the plants grew and produced 30 or 60 or even 100 times as much as was scattered.
9 Then Jesus said, “If you have ears, pay attention.”Why Jesus Used Stories
(Matthew 13.10-17; Luke 8.9,10)
10 When Jesus was alone with the twelve apostles and some others, they asked him about these stories.
11 He answered:
I have explained the secret about God's kingdom to you, but for others I can use only stories.
12 t The reason is,
“These people will look
and look, but never see.
They will listen and listen,
but never understand.
If they did,
they would turn to God
and be forgiven.”Jesus Explains the Story //about the Farmer
(Matthew 13.18-23; Luke 8.11-15)
13 Jesus then told them:
If you don't understand this story, you won't understand any others. 14 What the farmer is spreading is really the message about the kingdom. 15 The seeds that fell along the road are the people who hear the message. But Satan soon comes and snatches it away from them. 16 The seeds that fell on rocky ground are the people who gladly hear the message and accept it at once.
17 But they don't have roots, and they don't last very long. As soon as life gets hard or the message gets them in trouble, they give up.
18 The seeds that fell among the thornbushes are also people who hear the message. 19 But they start worrying about the needs of this life. They are fooled by the desire to get rich and to have all kinds of other things. So the message gets choked out, and they never produce anything.
20 The seeds that fell on good ground are the people who hear and welcome the message. They produce 30 or 60 or even 100 times as much as was planted.Light
(Luke 8.16-18)
21 t Jesus also said:
You don't light a lamp and put it under a clay pot or under a bed. Don't you put a lamp on a lampstand? 22 t There is nothing hidden that will not be made public. There is no secret that will not be well known.
23 If you have ears, pay attention!
24 t Listen carefully to what you hear! The way you treat others will be the way you will be treated—and even worse.
25 t Everyone who has something will be given more. But people who don't have anything will lose what little they have.Another Story about Seeds
26 Again Jesus said:
God's kingdom is like what happens when a farmer scatters seed in a field. 27 The farmer sleeps at night and is up and around during the day. Yet the seeds keep sprouting and growing, and he doesn't understand how. 28 It is the ground that makes the seeds sprout and grow into plants that produce grain.
29 t Then when harvest season comes and the grain is ripe, the farmer cuts it with a sickle.tA Mustard Seed
(Matthew 13.31,32; Luke 13.18,19)
30 Finally, Jesus said:
What is God's kingdom like? What story can I use to explain it? 31 It is like what happens when a mustard seed is planted in the ground. It is the smallest seed in all the world.
32 But once it is planted, it grows larger than any garden plant. It even puts out branches that are big enough for birds to nest in its shade.The Reason for Teaching //with Stories
(Matthew 13.34,35)
33 Jesus used many other stories when he spoke to the people, and he taught them as much as they could understand.
34 He did not tell them anything without using stories. But when he was alone with his disciples, he explained everything to them.A Storm
(Matthew 8.23-27; Luke 8.22-25)
35 That evening, Jesus said to his disciples, “Let's cross to the east side.” 36 So they left the crowd, and his disciples started across the lake with him in the boat. Some other boats followed along.
37 Suddenly a storm struck the lake. Waves started splashing into the boat, and it was about to sink.
38 Jesus was in the back of the boat with his head on a pillow, and he was asleep. His disciples woke him and said, “Teacher, don't you care that we're about to drown?”
39 Jesus got up and ordered the wind and the waves to be quiet. The wind stopped, and everything was calm.
40 Jesus asked his disciples, “Why were you afraid? Don't you have any faith?”
41 Now they were more afraid than ever and said to each other, “Who is this? Even the wind and the waves obey him!”