Markus 4
1 Jesus het mense weer langs die see van God begin vertel. Die mense het so om Hom saamgedrom dat Hy in 'n skuit moes klim wat effens van die strand af weggestoot is.
Die mense het al langs die strand gesit.2 Jesus het hulle baie dinge van God en sy nuwe wêreld geleer deur vir hulle stories met 'n les in te vertel. Hy het gesê:3 "Daar was 'n boer wat saad in sy land gaan saai het. Hy het die saad met sy hand oor die grond uitgestrooi.4 Met die strooiery het van die saad op die voetpad geval wat deur die land geloop het. Die voëls was dadelik by en gou was daar nie 'n korreltjie saad meer oor nie.5 Van die ander saad het op die rotse geval wat in die land gelê het. In die holtes van die rotse was daar grond. Die saad het gou opgekom, maar kon nie eintlik wortels in die vlak grond maak nie en kon dus nie grootword nie.6 Die son het die plantjies sommer gou doodgebrand.7 Van die saad het ook tussen die lae doringbosse beland. Soos die bosse groter geword het, het dit die plantjies heeltemal doodgedruk voordat dit enige saad kon maak.8 Dan was daar ook saad wat in die land self met die goeie grond geval het. Daardie saad het goed gegroei en 'n oes gegee wat alle verwagtings oortref het.
9 "Hoor julle wat Ek sê? Asseblief, luister mooi daarna."
10 Later, toe die groot klomp mense weg was, het Jesus se twaalf getrouste volgelinge en die paar ander mense wat nog oor was, Hom uitgevra oor die verhale wat Hy vertel om hulle te leer.11-12 Jesus het hulle so geantwoord: "As julle mooi na die verhale luister, sal julle baie oor die geheime van God se heerskappy in die wêreld leer. Julle gaan dinge hoor wat julle nog nooit oor God se nuwe wêreld gehoor het nie. Julle wat My ken, sal die verhale reg verstaan, maar vir die mense wat die verhale nie in die lig van my boodskap wil verstaan nie, sal alles net blote verhale bly. Die gevolg is dat die verhale vir hulle maar net stories sal wees. Hulle sal die stories hoor, maar nie 'n woord verstaan wat aangaan nie. As hulle iets verstaan het, sou hulle na God toe teruggedraai het en Hy sou hulle alles vergewe het wat hulle verkeerd gedoen het."
13 Jesus sê toe verder vir hulle: "Julle verstaan nie eens hierdie verhaal van die man wat saai nie. Hoe sal julle dan enige verhaal verstaan wat Ek julle vertel? Laat Ek nou eers vir julle verduidelik hoe julle die verhaal moet verstaan van die boer wat gaan saai het.14 Die boer saai die boodskap van God.
15 "Party mense is soos die saad wat op die voetpad geval het ... Hulle hoor die boodskap van God, maar dit sink nie in nie. Sodra hulle dit hoor, sorg Satan dat hulle dit baie gou vergeet. Satan pik as't ware daardie woorde uit hulle gedagtes uit.
16 "Ander mense is weer soos die saad wat op die rotse geval het ... Ook hulle hoor die boodskap van God en is dan baie opgewonde daaroor, maar net 'n rukkie.17 Sodra hulle geloof iets van hulle begin vra of hulle opofferings moet begin maak, is hulle skielik nie meer so opgewonde en oortuig van alles nie. Gou bly daar niks meer van hulle sogenaamde nuwe geloof oor nie.
18 "Daar is ook mense wat soos die saad is wat in die doringbosse beland het ... Hulle het ook die boodskap van God gehoor en dit gretig aanvaar.19 En tog, in die alledaagse lewe word die eise wat hulle beroep stel en al die ander dinge waarmee hulle besig is, ja, selfs die gejaag na geld, vir hulle belangriker as die geloof. Hulle het nie meer tyd of krag oor om vir die Here te werk nie. Later kan 'n mens nie eens meer agterkom dat dit iemand is wat God se woord so gretig aanvaar het nie.
20 "Daar is ook mense wat soos die saad is wat in goeie grond geval het ... Hulle hoor die boodskap van God en word diep daardeur getref. Hulle begin in oorgawe reg leef en in alles wat hulle doen, borrel hulle Christenskap eenvoudig uit. Daar is geen keer aan hulle nie."
21 Jesus gesels toe verder: "Sal jy 'n lamp in die donker aanskakel en dit dan met 'n emmer of so iets toemaak of dit onder die bed inskuif? Sit 'n mens nie eintlik 'n lamp op die tafel om mooi lig te maak nie?22 Wat mense nie nou verstaan nie, sal hulle nooit verstaan nie. Wat hulle nog nie weet nie, sal vir hulle vertel word.23 Elkeen wat ore het om te luister moet mooi luister na wat Ek sê.
24 "Luister mooi na hierdie dinge wat julle by My hoor," gaan Jesus aan. "God sal kyk hoe goed julle luister. Hoe beter julle luister, hoe beter sal God julle help verstaan. Hy sal julle help om selfs meer te verstaan.25 Wat dit betref, sal die een wat baie het meer kry, maar die een wat niks het nie, sal verloor wat hy ook al het."
26 Jesus het nog 'n verhaal vertel: "God se nuwe wêreld kan vergelyk word met 'n man wat saad saai.27 Die saad kom op en groei vanself, terwyl die boer maar sy gewone gang gaan. Die boer self kan dit nie presies verklaar nie. Al wat hy weet, is dat dit gebeur.28 Die saad groei self uit die grond uit. Eers kom die plantjie uit. Daarna maak dit 'n klein vruggie en uiteindelik hang die ryp vrug daar.29 As die vrug ryp is, oes die boer dit af omdat die oestyd daar is.
30 "Waarmee kan Ek God se nuwe wêreld nog vergelyk of met watter voorbeelde kan Ek dit nog verder vir julle verduidelik?" het Jesus gevra.31 "Dit is soos 'n mosterdsaadjie. Dit is seker die kleinste saadjie wat 'n mens kan saai.32 Tog, as 'n mens dit plant, word dit die grootste van al die plante in die tuin. Die takke is so groot dat die voëls dit tussen ander uitsoek om daar nes te maak."
33 Jesus het nog baie ander voorbeelde vir hulle gegee, meer as genoeg vir hulle om oor na te dink.34 Alles het Hy vir hulle met sulke voorbeelde uiteengesit. Wanneer Hy saam met sy dissipels alleen was, het Hy mooi vir hulle verduidelik wat Hy met die verhale bedoel.
35 Toe dit begin skemer word, sê Jesus vir sy dissipels: "Kom ons gaan na die oorkant van die meer toe."36 Die dissipels is toe saam met Jesus, wat nog in die skuit was, daar weg. Die ander mense het op die strand agtergebly, hoewel party wel met skuitjies saam oorkant toe is.37 Daar bars toe 'n woeste storm los. Die golwe het tot binne-in die skuit geslaan en die skuit het vol water begin word.38 Jesus het agter in die skuit op 'n kussing gelê en slaap. Die dissipels skud Hom toe wakker en sê: "Gee U nie om dat ons besig is om te sink nie?"
39 Jesus staan toe op en praat streng met die wind en die golwe: "Stil! Word rustig." Dadelik het die wind gaan lê en alles was heeltemal kalm.40 Toe draai Hy na sy dissipels toe: "Vir wat was julle so bang? Vertrou julle My dan nie?"41 Hulle was heeltemal verslae en het klein gevoel in sy teenwoordigheid. "Wie is Hy werklik? Selfs die wind en die see doen wat Hy sê," het hulle onder mekaar gewonder.
Mark 4
The Parable of the Sower
1 Again he began to teach by the lake. Such a large crowd gathered around him that he got into a boat on the lake and sat there whilet the whole crowd was on the shore by the lake.2 He taught them many things in parables,s and in his teaching said to them:3 “Listen! A sower went out to sow.s4 And as he sowed, some seedt fell along the path, and the birds came and devoured it.5 Other seed fell on rocky grounds where it did not have much soil. It sprang up at once because the soil was not deep.t6 When the sun came up it was scorched, and because it did not have sufficient root,t it withered.7 Other seed fell among the thorns,s and they grew up and choked it,s and it did not produce grain.8 Butt other seed fell on good soil and produced grain, sprouting and growing; some yielded thirty times as much, some sixty, and some a hundred times.”
9 And he said, “Whoever has ears to hear had better listen!”t
The Purpose of Parables
10 When he was alone, those around him with the twelve asked him about the parables.
11 He said to them, “The secretts of the kingdom of God has been givent to you. But to those outside, everything is in parables,
12 so that although they look they may look but not see,
and although they hear they may hear but not understand,
so they may not repent and be forgiven.”s
13 He said to them, “Don’t you understand this parable? Thent how will you understand any parable?14 The sower sows the word.15 These are the ones on the path where the word is sown: Whenever they hear, immediately Satans comes and snatches the words that was sown in them.16 These are the ones sown on rocky ground: As soon as they hear the word, they receive it with joy.17 Butt they have no root in themselves and do not endure.t Then, when trouble or persecution comes because of the word, immediately they fall away.18 Others are the ones sown among thorns: They are those who hear the word,19 butt worldly cares, the seductiveness of wealth,t and the desire for other things come in and choke the word,s and it produces nothing.
20 Butt these are the ones sown on good soil: They hear the word and receive it and bear fruit, one thirty times as much, one sixty, and one a hundred.”
The Parable of the Lamp
21 He also said to them, “A lamps isn’t brought to be put under a baskett or under a bed, is it? Isn’t it to be placed on a lampstand?22 For nothing is hidden except to be revealed,t and nothing concealed except to be brought to light.23 If anyone has ears to hear, he had better listen!”t24 And he said to them, “Take care about what you hear. The measure you use will be the measure you receive,t and more will be added to you.
25 For whoever has will be given more, butt whoever does not have, even what he has will be taken from him.”s
The Parable of the Growing Seed
26 He also said, “The kingdom of God is like someone who spreads seed on the ground.27 He goes to sleep and gets up, night and day, and the seed sprouts and grows, though he does not know how.28 By itself the soil produces a crop, first the stalk, then the head, then the full grain in the head.
29 And when the grain is ripe, he sends in the sicklet because the harvest has come.”s
The Parable of the Mustard Seed
30 He also asked, “To what can we compare the kingdom of God, or what parable can we use to present it?31 It is like a mustard seeds that when sown in the ground, even though it is the smallest of all the seeds in the ground –
32 when it is sown, it grows up,t becomes the greatest of all garden plants, and grows large branches so that the wild birdst can nest in its shade.”s
The Use of Parables
33 Sot with many parables like these, he spoke the word to them, as they were able to hear.
34 He did not speak to them without a parable. But privately he explained everything to his own disciples.
Stilling of a Storm
35 On that day, when evening came, Jesust said to his disciples, “Let’s go across to the other side of the lake.”t36 Sot after leaving the crowd, they took him along, just as he was, in the boat,ts and other boats were with him.37 Nowt a great windstormts developed and the waves were breaking into the boat, so that the boat was nearly swamped.38 Butt he was in the stern, sleeping on a cushion. They woke him up and said to him, “Teacher, don’t you care that we are about to die?”39 Sot he got up and rebukedt the wind, and said to the sea,s “Be quiet! Calm down!” Thent the wind stopped, and it was dead calm.40 And he said to them, “Why are you cowardly? Do you still not have faith?”
41 They were overwhelmed by fear and said to one another, “Who then is this?s Even the wind and sea obey him!”s