Matteus 10
Jesus stuur die twaalf dissipels om te gaan preek
(Ook Mark 6:7; 3:13-19; 6:8-11; Luk 9:1; 6:13-16; 9:2-5; 10:2-12)
1 Jesus het sy twaalf tdissipels na Hom toe geroep. Hy het vir hulle krag gegee om tonrein geeste uit mense te jaag en om al die siek mense gesond te maak. 2 Hier is die name van die twaalf tapostels: Simon, sy ander naam was Petrus, en sy broer Andreas, Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes, 3 Filippus en Bartolomeus, Tomas en Matteus die ttollenaar, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus,
4 Simon die tpatriot, en Judas Iskariot wat later vir Jesus tverraai het.
5 Jesus het hierdie twaalf tdissipels gestuur om te gaan preek. Hy het vir hulle gesê: “Moenie gaan na die theidene en moenie gaan na ’n stad van die tSamaritane nie. 6 Maar gaan na die mense van Israel, hulle is soos skape wat weggeraak het. 7 Gaan preek vir hulle en sê: ‘Die tyd is naby wanneer julle sal weet dat God wat in die hemel is, Koning is.’ 8 Julle moet siek mense gesond maak en julle moet mense wat gesterf het, weer laat lewe. Julle moet tmelaatse mense gesond maak en julle moet tduiwels uit mense jaag. Julle het nie betaal om hierdie krag te kry nie. Ander mense moet ook nie betaal wanneer julle vir hulle help nie. 9 Moenie geld saamneem in julle beursies nie, niks goue of silwer of koper geld nie. 10 Moenie ’n rugsak saamneem wanneer julle gaan nie, en moenie nog klere of nog sandale of ’n kierie saamneem nie. Wanneer iemand werk, dan moet ’n mens hom tbeloon. 11 Wanneer julle in ’n stad of dorp inkom, dan moet julle uitvind by wie julle welkom is. Julle moet by daardie mense bly totdat julle weer weggaan uit daardie stad. 12 Wanneer julle inkom in ’n huis, dan moet julle die mense groet en bid dat God sy vrede vir hulle sal gee. 13 As die mense sê julle is welkom, dan moet julle sê dat die Here se vrede daar sal bly. Maar as hulle sê julle is nie welkom nie, dan moet julle nie sê dat die Here se vrede daar sal bly nie. 14 As iemand sê julle mag nie daar bly nie en as hulle nie vir julle wil luister nie, dan moet julle weggaan van daardie huis of stad en julle moet die tstof van julle voete afskud.
15 Ek sê vir julle, en dit is seker: Dit sal baie sleg gaan met daardie mense op die dag wanneer God almal sal toordeel. Dit sal beter gaan met die stede tSodom en Gomorra as met daardie stad.”Mense wat glo, sal swaarkry
(Ook Mark 13:9-13; Luk 10:3; 12:11-12; 6:40; 21:12-19; Joh 13:16)
16 Jesus het ook gesê: “Ek stuur julle na die mense in die wêreld, en julle sal soos skape wees wat tussen gevaarlike wolwe is. Daarom moet julle versigtig wees soos die slange, en soos duiwe moet julle niks verkeerd doen nie. 17 Julle moet oppas vir die mense, want hulle sal julle vang en hof toe vat. Hulle sal julle met tswepe slaan in die tsinagoges. 18 Die mense sal julle hof toe sleep voor tgoewerneurs en konings omdat julle aan My behoort. Dan sal julle vir die konings en die mense wat nie Jode is nie, kan sê wie Ek is. 19 En wanneer die mense julle hof toe vat, dan moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet sê nie, want God sal vir julle sê wat julle dan moet sê. 20 Dit sal nie júlle wees wat praat nie, dit sal die Gees van julle Vader wees wat sal sê wat julle moet praat. 21 Een broer sal ’n ander broer hof toe vat en vra dat die hof hom moet straf en doodmaak, en so sal ’n pa ook sy kind hof toe vat. Kinders sal topstandig wees teen hulle ouers en hulle sal hulle ouers laat doodmaak. 22 Almal sal julle haat omdat julle aan My behoort. Maar as julle tot die einde aanhou om My te volg, dan sal God julle red. 23 Wanneer die mense in een stad slegte dinge doen aan julle, dan moet julle na ’n ander stad vlug. Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle sal nog nie klaar wees nie met die werk wat julle moet doen in al die stede van Israel, dan sal Ek kom, Ek, die tSeun van die mens. 24 ’n tDissipel is nie belangriker as sy meneer nie. ’n tSlaaf is ook nie belangriker as sy eienaar nie.
25 ’n Dissipel moet tevrede wees wanneer dit met hom gaan soos met sy meneer. ’n Slaaf moet tevrede wees wanneer dit met hom gaan soos met sy eienaar. As die mense vir die hoof van die huis sê hy is tBeëlsebul, dan moet die mense in sy huis weet dat die mense vir hulle nog slegter dinge sal sê.”Die dissipels moet vir God bang wees, nie vir mense nie
(Ook Mark 4:22; Luk 12:2-7; 8:17)
26 “Julle moenie bang wees vir daardie mense nie. God is Koning, niemand kan hierdie geheim wegsteek nie. Almal sal dit sien en daarvan weet.
27 Alles wat Ek vir julle in die geheim sê, moet julle vir almal vertel. Ek het baie dinge net vir julle gesê, maar julle moet op die huise se dakke staan en dit vir almal vertel.
28 “Julle moenie bang wees vir mense nie. As hulle julle doodmaak, dan sal dit net julle liggame wees wat dood is. Nee, julle moet net vir God bang wees. As Hy julle in die hel laat brand, dan sal julle waarlik dood wees.
29 “’n Mens kan twee mossies verkoop vir een sent. Hulle is baie goedkoop. Maar nie een van hulle val dood op die grond as julle Vader dit nie wil hê nie.
30-31 Julle is vir God baie belangriker as baie mossies. God weet presies hoeveel hare op elke mens se kop is. Daarom moet julle nie bang wees vir mense nie.”Hoe om Jesus se dissipel te wees
(Ook Matt 10:21; 16:24-25; Mark 8:38,34-35; 9:37,41; 10:29-30; Luk 12:8-9; 9:26; 12:51-53; 9:23-24; 14:26-27; 17:33; 9:48; 10:16; Joh 12:25; 13:20; 5:23; 12:44)
32 Jesus het gesê: “As iemand nie bang is om vir mense te sê hy behoort aan My nie, dan sal Ek vir my Vader in die hemel ook sê daardie persoon behoort aan My.
33 Maar as iemand bang is om vir mense te sê hy behoort aan My, dan sal Ek vir my Vader in die hemel ook sê daardie persoon behoort nie aan My nie.
34 “Julle moenie dink daar sal vrede wees op die aarde omdat Ek gekom het nie. Ek het gekom, maar daar sal nie vrede wees tussen mense nie, hulle sal mekaar se vyande wees. 35 Ek het gekom, ten nou sal ’n man teen sy pa wees, ’n dogter teen haar ma, en ’n skoondogter teen haar skoonma. 36 Ja, julle eie familie in julle huise sal julle vyande wees. 37 As iemand meer lief is vir sy pa of sy ma as vir My, dan kan hy nie my tdissipel wees nie. As iemand vir sy seun of sy dogter meer lief is as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie. 38 As iemand My wil volg, dan moet hy lewe soos iemand wat weet hy sal aan ’n tkruis hang en sterf. Dan kan hy my dissipel wees.
39 As iemand my dissipel wil wees, maar hy wil aanhou lewe en hy wil nie sterf omdat hy My dien nie, dan sal hy sy lewe verloor. Maar iemand wat sterf omdat hy My dien, sal aanhou lewe.
40 “As die mense sê julle is welkom by hulle, dan is Ek welkom by hulle. En as Ek by mense welkom is, dan is my Vader wat My gestuur het, ook welkom by hulle.
41 God het vir die tprofete alles gegee wat hulle nodig gehad het. Hy sal ook goed wees vir elkeen wat vir ’n profeet sê hy is welkom omdat hy ’n profeet is. God gee goeie dinge vir iemand wat goed doen. God sal ook goeie dinge gee vir elkeen wat vir ’n goeie man sê hy is welkom omdat hy goed doen.
42 “Daar is mense wat dink party van my dissipels is nie belangrike mense nie. Maar iemand wat vir een van hulle ’n beker koue water gee net omdat hy my dissipel is, vir hom sal God baie goeie dinge gee. Ek sê dit vir julle, dit is baie seker.”
Matthew 10
Jesus Sends Out the Twelve Disciples
1 Jesus called for his 12 disciples to come to him. He gave them authority to drive out evil spirits and to heal every illness and sickness.
2 Here are the names of the 12 apostles. First are Simon Peter and his brother Andrew. Then come James, son of Zebedee, and his brother John.3 Next are Philip and Bartholomew, and also Thomas and Matthew the tax collector. Two more are James, son of Alphaeus, and Thaddaeus.4 The last are Simon the Zealot and Judas Iscariot. Judas is the one who was later going to hand Jesus over to his enemies.
5 Jesus sent these 12 out with the following orders. "Do not go among those who aren't Jews," he said. "Do not enter any town of the Samaritans.6 Instead, go to the people of Israel. They are like sheep that have become lost.7 As you go, preach this message, 'The kingdom of heaven is near.'8 Heal those who are sick. Bring those who are dead back to life. Make those who have skin diseases 'clean' again. Drive out demons. You have received freely, so give freely.
9 "Do not take along any gold, silver or copper in your belts.10 Do not take a bag for the journey. Do not take extra clothes or sandals or walking sticks. A worker should be given what he needs.
11 "When you enter a town or village, look for someone who is willing to welcome you. Stay at that person's house until you leave.12 As you enter the home, greet those who live there.13 If that home welcomes you, give it your blessing of peace. If it does not, don't bless it.
14 "Some people may not welcome you or listen to your words. If they don't, shake the dust off your feet when you leave that home or town.15 What I'm about to tell you is true. On judgment day it will be easier for Sodom and Gomorrah than for that town.
16 "I am sending you out like sheep among wolves. So be as wise as snakes and as harmless as doves.
17 "Watch out! Men will hand you over to the local courts. They will whip you in their synagogues.18 You will be brought to governors and kings because of me. You will be witnesses to them and to those who aren't Jews.
19 "But when they arrest you, don't worry about what you will say or how you will say it. At that time you will be given the right words to say.20 It will not be you speaking. The Spirit of your Father will be speaking through you.
21 "Brothers will hand over brothers to be killed. Fathers will hand over their children. Children will rise up against their parents and have them put to death.22 Everyone will hate you because of me. But anyone who stands firm to the end will be saved.
23 "When people attack you in one place, escape to another. What I'm about to tell you is true. You will not finish going through the cities of Israel before the Son of Man comes.
24 "A student is not better than his teacher. A servant is not better than his master.25 It is enough for the student to be like his teacher. And it is enough for the servant to be like his master. If the head of the house has been called Beelzebub, what can the others who live there expect?
26 "So don't be afraid of your enemies. Everything that is secret will be brought out into the open. Everything that is hidden will be uncovered.27 What I tell you in the dark, speak in the daylight. What is whispered in your ear, shout from the rooftops.28 Do not be afraid of those who kill the body but can't kill the soul. Instead, be afraid of the One who can destroy both soul and body in hell.
29 "Aren't two sparrows sold for only a penny? But not one of them falls to the ground without your Father knowing it.30 He even counts every hair on your head!31 So don't be afraid. You are worth more than many sparrows.
32 "What about someone who says in front of others that he knows me? I will also say in front of my Father who is in heaven that I know him.33 But what about someone who says in front of others that he doesn't know me? I will say in front of my Father who is in heaven that I don't know him.
34 "Do not think that I came to bring peace to the earth. I didn't come to bring peace. I came to bring a sword.
35 I have come to turn
" 'sons against their fathers.
Daughters will refuse to obey their mothers.
Daughters-in-law will be against their mothers-in-law.
36 A man's enemies will be the members of his own family.' (Micah 7:6)
37 "Anyone who loves his father or mother more than me is not worthy of me. Anyone who loves his son or daughter more than me is not worthy of me.38 And anyone who does not pick up his cross and follow me is not worthy of me.39 If anyone finds his life, he will lose it. If anyone loses his life because of me, he will find it.
40 "Anyone who welcomes you welcomes me. And anyone who welcomes me welcomes the One who sent me.41 Suppose someone welcomes a prophet as a prophet. That one will receive a prophet's reward. And suppose someone welcomes a godly person as a godly person. That one will receive a godly person's reward.42 Suppose someone gives even a cup of cold water to a little one who follows me. What I'm about to tell you is true. That one will certainly be rewarded."