MATTEUS 10
Jesus stuur sy dissipels uit
1 Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep en aan hulle die volmag gegee om onrein geeste uit mense te dryf en elkeen met 'n siekte of kwaal gesond te maak.2 Hier volg die name van die twaalf apostels:
eerstens Simon (ook bekend as
Petrus),
en Andreas (sy broer),
vervolgens Jakobus (die seun van
Sebedeus)
en Johannes (sy broer),
3 Filippus en Bartolomeus,
Tomas en Matteus (die tollenaar),
Jakobus (die seun van Alfeus)
en Taddeus,
4 Simon (die Yweraar)
en Judas Iskariot (wat Jesus sou
uitlewer).
Jesus gee opdragte aan sy dissipels
5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur met die volgende instruksies: "Moenie afdraai na gebiede waar die nie-Jode woon of in 'n Samaritaanse dorp ingaan nie.6 Gaan liewer na die verdwaalde skape van die huis van Israel.7 Gaan kondig aan: 'God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!'
8 Maak siekes gesond, laat dooies opstaan, reinig dié met ernstige velsiektes, dryf duiwels uit. Julle het hierdie volmag verniet ontvang. Doen daarom julle werk ook verniet.
9 "Moenie enige kontant in julle beursies saamvat nie.10 Ook nie 'n reissak vir die pad of 'n ekstra drarok of ekstra sandale of selfs 'n kierie nie. 'n Werker verdien tog sekerlik om versorg te word.11 As julle in 'n dorp of kleiner plekkie ingaan, maak seker by wie julle welkom is en bly daar totdat julle weer vertrek.12 As julle in 'n huis ingaan, begroet sy inwoners met die vredesgroet.13 As julle in daardie huis welkom is, sal God se vrede daarop bly. Maar as julle nie welkom is nie, moet julle julle vredesgroet terugtrek.14 As hulle julle nie wil ontvang of wil luister na wat julle sê nie, gaan uit daardie huis of dorp uit en skud die stof van julle voete af.
15 Ek verseker julle, op die oordeelsdag sal dit met die sondige stede Sodom en Gomorra beter gaan as met daardie dorp."
Die dissipels sal vervolg word
16 "Let op, Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in. Wees dan waaksaam soos die slange, maar terselfdertyd opreg soos die duiwe.17 Pas op vir die mense! Hulle sal julle aan die howe oorgee en in hulle sinagoges met gésels slaan.18 Julle sal voor goewerneurs en konings gesleep word ter wille van My. Dit sal vir julle 'n geleentheid wees om voor hulle en die volke van My te getuig.19 Wanneer hulle julle oorgee, moenie julle bekommer oor wat julle ter verdediging moet sê nie, want die regte woord sal op die regte tyd vir julle gegee word.
20 Dit sal nie júlle wees wat die praatwerk doen nie, maar die Gees van julle Vader wat julle as sy spreekkanale sal gebruik.
21 "Die een broer sal die ander een oorgee om doodgemaak te word en 'n pa sy kind. Kinders sal teen hulle ouers optree en so hulle dood veroorsaak.22 Julle sal deur almal gehaat word omdat julle mý mense is. Maar elkeen wat sal volhou tot die einde toe, sal verlos word.
23 As hulle julle in die een dorp vervolg, vlug dan na die ander een toe. Ek verseker julle, julle sal nie klaarkry met die dorpe van Israel voordat Ek, die Seun van die Mens, kom nie.
24 "'n Leerling is nie verhewe bo sy onderwyser nie. 'n Slaaf ook nie bo sy baas nie.
25 'n Leerling behoort tevrede daarmee te wees as dit met hom gaan soos met sy onderwyser, en die slaaf soos met sy baas. As hulle My, die hoof van die huishouding, as die baasduiwel uitskel, watter nare dinge sal hulle dan nie van julle, my huismense, sê nie!"
Moenie vir ménse bang wees nie
26 "Moenie vir hulle bang wees nie! Die tyd kom wanneer alles wat op die oomblik nog weggesteek word, aan die lig sal kom en alles wat nou nog geheim is, bekendgemaak sal word.27 Wat Ek vir julle vertroulik sê, vertel dit vir almal. En wat in julle ore gefluister word, basuin dit van die dakke af.28 Moenie bang wees vir hulle wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak; aan julle eintlike menswees kan hulle nie raak nie. Wees veel eerder bang vir Hom wat julle liggaam én eintlike menswees in die hel kan vernietig.29 Julle weet dat twee mossies vir 'n skamele sent verkoop word. Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond sonder dat julle Vader daarby betrokke is nie.30 Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel.
31 Wees daarom nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as 'n hele swerm mossies.
32 "As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor my hemelse Vader.
33 Maar as julle My verloën voor die mense, sal Ek julle ook verloën voor my hemelse Vader."
Jesus bring nie vrede nie, maar stryd
34 "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie! Nee, Ek het nie vrede gebring nie, maar stryd.35 Ek het gekom om skeiding te bring
tussen 'n man en sy pa
en 'n dogter en haar ma,
tussen 'n skoondogter en haar
skoonma.
36 Selfs 'n mens se eie familie
sal jou vyande wees.
37 "As jy jou pa of jou ma liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of jou dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie.38 As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie.
39 As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe."
Belonings vir hulle wat God se gestuurdes goed behandel
40 "Elkeen wat julle verwelkom, verwelkom My. En wie My verwelkom, verwelkom die Vader wat My gestuur het.41 As jy 'n profeet verwelkom omdat hy God se boodskap bring, sal jy dieselfde beloning kry as 'n profeet. En as jy iemand wat reg lewe, verwelkom omdat hy reg lewe, sal jy dieselfde beloning as hy ontvang.
42 Selfs as jy 'n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee bloot omdat hy 'n dissipel is, verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie."
MATTHEW 10
Jesus Chooses His //Twelve Apostles
(Mark 3.13-19; Luke 6.12-16)
1 Jesus called together his twelve disciples. He gave them the power to force out evil spirits and to heal every kind of disease and sickness. 2 The first of the twelve apostles was Simon, better known as Peter. His brother Andrew was an apostle, and so were James and John, the two sons of Zebedee. 3 Philip, Bartholomew, Thomas, Matthew the tax collector, t James the son of Alphaeus, and Thaddaeus were also apostles.
4 The others were Simon, known as the Eager One, t and Judas Iscariot, t who later betrayed Jesus.Instructions for //the Twelve Apostles
(Mark 6.7-13; Luke 9.1-6)
5 Jesus sent out the twelve apostles with these instructions:
Stay away from the Gentiles and don't go to any Samaritan town. 6 Go only to the people of Israel, because they are like a flock of lost sheep. 7 t As you go, announce that the kingdom of heaven will soon be here.t 8 Heal the sick, raise the dead to life, heal people who have leprosy, t and force out demons. You received without paying, now give without being paid. 9 Don't take along any gold, silver, or copper coins.
10 t And don't carryt a traveling bag or an extra shirt or sandals or a walking stick.
Workers deserve their food. 11 So when you go to a town or a village, find someone able and willing to have you as their guest and stay with them until you leave. 12 When you go to a home, give it your blessing of peace. 13 If the home is deserving, let your blessing remain with them. But if the home doesn't accept you, take back your blessing of peace. 14 t If someone won't welcome you or listen to your message, leave their home or town. And shake the dust from your feet at them.t
15 t I promise you the day of judgment will be easier for the towns of Sodom and Gomorraht than for that town.Warning about Trouble
(Mark 13.9-13; Luke 21.12-17)
16 t I am sending you like lambs into a pack of wolves. So be as wise as snakes and as innocent as doves. 17 t Watch out for people who will take you to court and have you beaten in their synagogues. 18 Because of me, you will be dragged before rulers and kings to tell them and the Gentiles about your faith. 19 But when someone arrests you, don't worry about what you will say or how you will say it. At that time you will be given the words to say.
20 But you will not really be the one speaking. The Spirit from your Father will tell you what to say.
21 t Brothers and sisters will betray one another and have each other put to death. Parents will betray their own children, and children will turn against their parents and have them killed. 22 t Everyone will hate you because of me. But if you remain faithful until the end, you will be saved.
23 When people mistreat you in one town, hurry to another one. I promise you before you have gone to all the towns of Israel, the Son of Man will come.
24 t Students are not better than their teacher, and slaves are not better than their master.
25 t It is enough for students to be like their teacher and for slaves to be like their master. If people call the head of the family Satan, what will they say about the rest of the family?The One To Fear
(Luke 12.2-7)
26 t Don't be afraid of anyone! Everything is hidden will be found out, and every secret will be known. 27 Whatever I say to you in the dark, you must tell in the light. And you must announce from the housetops whatever I have whispered to you. 28 t Don't be afraid of people. They can kill you, but they cannot harm your soul. Instead, you should fear God who can destroy both your body and your soul in hell. 29 Aren't two sparrows sold for only a penny? But your Father knows when any one of them falls to the ground. 30 Even the hairs on your head are counted.
31 So don't be afraid! You are worth much more than many sparrows.Telling Others about Christ
(Luke 12.8,9)
32 If you tell others you belong to me, I will tell my Father in heaven you are my followers.
33 t But if you reject me, I will tell my Father in heaven you don't belong to me.Not Peace, but Trouble
(Luke 12.51-53; 14.26,27)
34 Don't think I came to bring peace to the earth! I came to bring trouble, not peace. 35 t I came to turn sons against their fathers, daughters against their mothers, and daughters-in-law against their mothers-in-law.
36 Your worst enemies will be in your own family.
37 t If you love your father or mother or even your sons and daughters more than me, you are not fit to be my disciples. 38 t And unless you are willing to take up your cross and follow me, you are not fit to be my disciples.
39 t If you try to save your life, you will lose it. But if you give it up for me, you will surely find it.Rewards
(Mark 9.41)
40 t Anyone who welcomes you welcomes me. And anyone who welcomes me also welcomes the one who sent me. 41 Anyone who welcomes a prophet, just because that person is a prophet, will be given the same reward as a prophet. Anyone who welcomes a good person, just because that person is good, will be given the same reward as a good person. 42 And anyone who gives one of my most humble followers a cup of cool water, just because that person is my follower, will be rewarded.