previous next

MATTHÉÜS 13

Gelykenis van die saaier.

(Mk. 4:1-20; Lk. 8:4-15.)

1 EN op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en tby die see gaan sit.

2  tEn groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ’n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.

3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ’n Saaier het uitgegaan om te saai;

4 en terwyl hy saai, val ’n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.

5 En ’n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;

6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.

7 En ’n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.

8 En ’n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die teen honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.

9  tWie ore het om te hoor, laat hom hoor!

10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?

11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat tdit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

12  tWant hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.

14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: tMet die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.

17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, tbaie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

18  tLuister julle dan na die gelykenis van die saaier.

19 As iemand tdie woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is — dit is hy by wie langs die pad gesaai is.

20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is — dit is hy wat die woord hoor en dit tdadelik tmet blydskap aanneem;

21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ’n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.

22 En by wie in die dorings gesaai is — dit is hy wat die woord hoor, maar die tsorg van hierdie wêreld en die verleiding van die trykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

23 En by wie op die goeie grond gesaai is — dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.

Gelykenis van die onkruid.


24  ’n ANDER tgelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ’n man wat goeie saad in sy land gesaai het;

25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.

26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.

27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?

28 En hy antwoord hulle: ’n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?

29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.

30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

Gelykenisse van die mosterdsaad en van die suurdeeg.

(Mk. 4:30-34; Lk. 13:18-21.)


31  ’n ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: tDie koninkryk van die hemele is soos ’n tmosterdsaad wat ’n man neem en in sy land saai;

32 wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ’n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.

33 ’n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: tDie koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.

34  tAl hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;

35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: tEk sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.

Verklaring van die gelykenis van die onkruid.


36 NADAT Hy die skare weggestuur het, het Jesus thuis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die tgelykenis van die onkruid in die saailand.

37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,

38 en die saailand is tdie wêreld. Die goeie saad — dit is tdie kinders van die koninkryk, en die onkruid is tdie kinders van die Bose,

39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. tDie oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in tdie voleinding van hierdie wêreld:

41  tdie Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,

42 en sal hulle tin die vuuroond gooi. tDaar sal geween wees en gekners van die tande.

43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in tdie koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

Gelykenis van die verborge skat, van die pêrel en van die visnet.


44 VERDER is die koninkryk van die hemele soos ’n skat wat verborge is in die saailand, wat ’n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en tverkoop alles wat hy het, en tkoop daardie saailand.

45 Verder is die koninkryk van die hemele soos ’n koopman wat mooi pêrels soek;

46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

47 Verder is die koninkryk van die hemele tsoos ’n net wat in die see gegooi word en van telke soort bymekaarbring;

48 en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.

49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die tslegte mense onder die regverdiges uit afskei

50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

51 Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here!

52 Toe sê Hy vir hulle: Daarom is telke skrifgeleerde wat ’n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ’n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.

Jesus word in Násaret verag.

(Mk. 6:1-6.)


53 EN toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.

54  tEn Hy het in tsy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle tverslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?

55  tIs Hy nie tdie seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van tsy broers tJakobus en Joses en Simon en Judas nie?

56 En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?

57 En hulle het taanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: t’n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.
58 En Hy het daar tvanweë hulle ongeloof tnie baie kragtige dade gedoen nie.

Matthew 13

1  THAT SAME day Jesus went out of the house and was sitting beside the sea.2  But such great crowds gathered about Him that He got into a boat and remained sitting there, while all the throng stood on the shore.3  And He told them many things in parables (stories by way of illustration and comparison), saying, A sower went out to sow.4  And as he sowed, some seeds fell by the roadside, and the birds came and ate them up.5  Other seeds fell on rocky ground, where they had not much soil; and at once they sprang up, because they had no depth of soil.6  But when the sun rose, they were scorched, and because they had no root, they dried up and withered away.7  Other seeds fell among thorns, and the thorns grew up and choked them out.8  Other seeds fell on good soil, and yielded grain--some a hundred times as much as was sown, some sixty times as much, and some thirty.9  He who has ears [to hear], let him be listening and let him consider and perceive and comprehend by hearing.10  Then the disciples came to Him and said, Why do You speak to them in parables?11  And He replied to them, To you it has been given to know the secrets and mysteries of the kingdom of heaven, but to them it has not been given.12  For whoever has [spiritual knowledge], to him will more be given and he will be furnished richly so that he will have abundance; but from him who has not, even what he has will be taken away.13  This is the reason that I speak to them in parables: because having the power of seeing, they do not see; and having the power of hearing, they do not hear, nor do they grasp and understand.14  In them indeed is the process of fulfillment of the prophecy of Isaiah, which says: You shall indeed hear and hear but never grasp and understand; and you shall indeed look and look but never see and perceive.15  For this nation’s heart has grown gross (fat and dull), and their ears heavy and difficult of hearing, and their eyes they have tightly closed, lest they see and perceive with their eyes, and hear and comprehend the sense with their ears, and grasp and understand with their heart, and turn and I should heal them. 16  But blessed (happy, fortunate, and to be envied) are your eyes because they do see, and your ears because they do hear.17  Truly I tell you, many prophets and righteous men [men who were upright and in right standing with God] yearned to see what you see, and did not see it, and to hear what you hear, and did not hear it.18  Listen then to the [meaning of the] parable of the sower:19  While anyone is hearing the Word of the kingdom and does not grasp and comprehend it, the evil one comes and snatches away what was sown in his heart. This is what was sown along the roadside.20  As for what was sown on thin (rocky) soil, this is he who hears the Word and at once welcomes and accepts it with joy;21  Yet it has no real root in him, but is temporary (inconstant, lasts but a little while); and when affliction or trouble or persecution comes on account of the Word, at once he is caused to stumble [he is repelled and begins to distrust and desert Him Whom he ought to trust and obey] and he falls away.22  As for what was sown among thorns, this is he who hears the Word, but the cares of the world and the pleasure and delight and glamour and deceitfulness of riches choke and suffocate the Word, and it yields no fruit.23  As for what was sown on good soil, this is he who hears the Word and grasps and comprehends it; he indeed bears fruit and yields in one case a hundred times as much as was sown, in another sixty times as much, and in another thirty.24  Another parable He set forth before them, saying, The kingdom of heaven is like a man who sowed good seed in his field.25  But while he was sleeping, his enemy came and sowed also darnel (weeds resembling wheat) among the wheat, and went on his way.26  So when the plants sprouted and formed grain, the darnel (weeds) appeared also.27  And the servants of the owner came to him and said, Sir, did you not sow good seed in your field? Then how does it have darnel shoots in it?28  He replied to them, An enemy has done this. The servants said to him, Then do you want us to go and weed them out?29  But he said, No, lest in gathering the wild wheat (weeds resembling wheat), you root up the [true] wheat along with it.30  Let them grow together until the harvest; and at harvest time I will say to the reapers, Gather the darnel first and bind it in bundles to be burned, but gather the wheat into my granary.31  Another story by way of comparison He set forth before them, saying, The kingdom of heaven is like a grain of mustard seed, which a man took and sowed in his field.32  Of all the seeds it is the smallest, but when it has grown it is the largest of the garden herbs and becomes a tree, so that the birds of the air come and find shelter in its branches.33  He told them another parable: The kingdom of heaven is like leaven (sour dough) which a woman took and covered over in three measures of meal or flour till all of it was leavened. 34  These things all taken together Jesus said to the crowds in parables; indeed, without a parable He said nothing to them.35  This was in fulfillment of what was spoken by the prophet: I will open My mouth in parables; I will utter things that have been hidden since the foundation of the world. 36  Then He left the throngs and went into the house. And His disciples came to Him saying, Explain to us the parable of the darnel in the field.37  He answered, He Who sows the good seed is the Son of Man.38  The field is the world, and the good seed means the children of the kingdom; the darnel is the children of the evil one,39  And the enemy who sowed it is the devil. The harvest is the close and consummation of the age, and the reapers are angels.40  Just as the darnel (weeds resembling wheat) is gathered and burned with fire, so it will be at the close of the age.41  The Son of Man will send forth His angels, and they will gather out of His kingdom all causes of offense [persons by whom others are drawn into error or sin] and all who do iniquity and act wickedly,42  And will cast them into the furnace of fire; there will be weeping and wailing and grinding of teeth.43  Then will the righteous (those who are upright and in right standing with God) shine forth like the sun in the kingdom of their Father. Let him who has ears [to hear] be listening, and let him consider and perceive and understand by hearing. 44  The kingdom of heaven is like something precious buried in a field, which a man found and hid again; then in his joy he goes and sells all he has and buys that field.45  Again the kingdom of heaven is like a man who is a dealer in search of fine and precious pearls,46  Who, on finding a single pearl of great price, went and sold all he had and bought it.47  Again, the kingdom of heaven is like a dragnet which was cast into the sea and gathered in fish of every sort.48  When it was full, men dragged it up on the beach, and sat down and sorted out the good fish into baskets, but the worthless ones they threw away.49  So it will be at the close and consummation of the age. The angels will go forth and separate the wicked from the righteous (those who are upright and in right standing with God)50  And cast them [the wicked] into the furnace of fire; there will be weeping and wailing and grinding of teeth.51  Have you understood all these things [parables] taken together? They said to Him, Yes, Lord. 52  He said to them, Therefore every teacher and interpreter of the Sacred Writings who has been instructed about and trained for the kingdom of heaven and has become a disciple is like a householder who brings forth out of his storehouse treasure that is new and [treasure that is] old [the fresh as well as the familiar].53  When Jesus had finished these parables (these comparisons), He left there.54  And coming to His own country [Nazareth], He taught in their synagogue so that they were amazed with bewildered wonder, and said, Where did this Man get this wisdom and these miraculous powers?55  Is not this the carpenter’s Son? Is not His mother called Mary? And are not His brothers James and Joseph and Simon and Judas?56  And do not all His sisters live here among us? Where then did this Man get all this?57  And they took offense at Him [they were repelled and hindered from acknowledging His authority, and caused to stumble]. But Jesus said to them, A prophet is not without honor except in his own country and in his own house.58  And He did not do many works of power there, because of their unbelief (their lack of faith in the divine mission of Jesus).